RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

MOOI MENSE deur Helena Hugo - Episode 9 11.06.2014

Die woonstel wat Frankie betrek, is Zonja se modeldogter, Yolanda, s'n maar sy woon en werk jarelank al oorsee en kom nooit meer huis toe nie. Aretha is bekommerd oor Ilonka. Sy deel dit, ook haar bekommernis oor die tydskrif Mooi Mense met Zonja wat geen simpatie toon nie.

MOOI MENSE deur Helena Hugo - Episode 8 10.06.2014

Die woonstel wat Frankie betrek, is Zonja se modeldogter, Yolanda, s'n maar sy woon en werk jarelank al oorsee en kom nooit meer huis toe nie. Aretha is bekommerd oor Ilonka. Sy deel dit, ook haar bekommernis oor die tydskrif Mooi Mense met Zonja wat geen simpatie toon nie.

MOOI MENSE deur Helena Hugo - Episode 7 09.06.2014

Frankie kry die pos by Zonja en sy bied hom haar tuinwoonstel aan. Hy moet dadelik begin werk en Aretha moet hom touwys maak. Zonja stuur hom na haar haarkapper om sy voorkoms te verbeter tot die verbasing van sy ma wat nie kan glo dat hy eindelik die huis gaan verlaat nie. Aretha probeer byhou met haar roman. Ilonka bel, sy werk laat, maar klink deur die blare. Louis en Aretha maak 'n skokkende o...

MOOI MENSE deur Helena Hugo - Episode 6 05.06.2014

George en Frankie begin die dag met een van hulle vele konfrontasies. Jimmy het 'n koper vir sy gim. Frankie lê Aretha in die parkeerarea van die sentrum voor en smeek haar om sy ma van Zonja af weg te hou. George is steeds besig om vir sy seun werk te soek. Jenelle bel en bevestig haar afspraak met Zonja by Aretha wat besluit om Jenelle te ondersteun.

MOOI MENSE deur Helena Hugo - Episode 5 05.06.2014

Zonja konsulteer mev. Haman en haar dogter Tamara. Frankie daag op vir sy werksonderhoud waarvoor hy hom uitstekend voorberei het. Dis nie nodig nie, want Zonja oordeel hom meer op sy voorkoms as sy intelligensie. Aretha sit Frankie gou op sy plek. Tuis ontdek hy dat sy ma 'n afspraak met Zonja het en dit wil hy tot elke prys vermy.

MOOI MENSE deur Helena Hugo - Episode 4 04.06.2014

Zonja speel elke tweede Woensdag gholf en Aretha kry kans om aan haar roman te werk. Louis, wat 'n Harley ry, pas sy doktersvriend Alex se meisie, Elaine, vir hom op. Die volgende dag moet Aretha onder andere vir Zonja help om werksaansoeke wat deur die loop van die week ingekom het, uit te sorteer. Ilonka Flowers, redakteur van Mooi Mense, bel om vir Aretha vryskutwerk te gee en Zonja is nie beïn...

MOOI MENSE deur Helena Hugo - Episode 3 03.06.2014

George is nie so seker dat Frankie werk soek nie en reël vir hom 'n pos by een van sy vriende. Aretha kom net betyds, maar omgekrap, by die werk aan. Zonja het geen simpatie nie en laai net meer op. George en Frankie eet saam. Dit blyk dat Jenelle 'n yslike gewigsprobleem het en dat pa en seun oor min dinge saamstem. Zonja reken dat Aretha haar voorkoms verwaarloos en botox nodig het.

MOOI MENSE deur Helena Hugo - Episode 2 02.06.2014

Dis Aretha se eerste dag by Zonja se spreekkamers in 'n groot winkelsentrum. Hulle het nog nie oopgesluit nie of Frankie wat die assistentpos geadverteer gesien het, daag op. Tuis vertel Louis vir Aretha dat Jimmy gaan aftree en hul gunsteling-gim in die mark is. Zonja bel Aretha en beveel haar om voor werk die volgende dag voorraad in Alberton te gaan haal.

MOOI MENSE deur Helena Hugo - Episode 1 30.05.2014

Twee jarelange vriendinne kuier oor 'n glasie wyn. Zonja Bianchi is 'n kosmetiese konsultant en Aretha Hartog 'n gewese tydskrifredakteur. Hulle het baie in gemeen met mekaar en Zonja vra Aretha om tydelik haar assistent te wees. Louis, Aretha se seun, hou niks van die idee nie en ook nie van Zonja nie. Die welgestelde Jenelle en George Robbins het net een kind, Frankie, wat gruwelik bederf word e...

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 50 (slot) 29.05.2014

Roman en Arend beland in 'n groot onderonsie. Louis stel Michelle voor 'n ultimatum. Sal Michelle vir Arend kies of by haar verloofde bly?

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 49 28.05.2014

Letitia begin glo dat Roman haar gaan verneuk. Roman wil net almal kalm hou tot hulle geld inbetaal word. Engel besluit om teen Roman te draai. Michelle en Arend span saam om die hele bedrogspul te ontbloot.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 48 27.05.2014

Lulu praat met Meisie oor die toekoms. Arend kom af op sy oopgebreekte duiwehokke en besluit hy kan nie meer apaties staan teenoor wat aangaan nie. Arend, Lulu en Michelle maak 'n plan om die Hokke te red.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 47 26.05.2014

Louis en Roman besluit om saam te werk. Letitia vind dit moeilik om haar gesig enige plek in die Hokke te wys. Arend is besig om sy duiwe reg te kry vir die groot wedvlug.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 46 23.05.2014

Daar is 'n groot vergadering in die Hokke waar die munisipaliteit 'n besluit sal neem oor die voortbestaan van die Hokke. Arend maak dit duidelik aan Michelle dat hy nie meer vriende wil wees nie. Lulu is op die oorlogspad en Roman het 'n plan vir Arend se duiwe.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 45 22.05.2014

Arend gaan kyk of daar enige oorlewendes is na die ontploffing. Michelle en Lulu help die beseerdes. Arend konfronteer vir Roman oor sy afwesigheid gedurende die ontploffing.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 44 21.05.2014

Dis die dag van die basaar. Letitia is op haar senuwees en Lulu geniet haar gate uit. Roman gebruik vir Engel om Dice vas te keer in sy woonstel. Tydens die burgemeester se toespraak is daar 'n groot ontploffing...

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 43 20.05.2014

Louis maak 'n offer aan Arend waarvoor hy nie kan nee sê nie. Roman, Engel en Dice probeer by die basaar se voedselvoorraad uitkom.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 42 19.05.2014

Dis die dag voor die groot basaar. Almal is besig met hulle laaste reëlings. Arend en Michelle werk op mekaar se senuwees. Lulu begin rondkrap in Letitia se sake.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 41 16.05.2014

Michelle se verloofde, Louis du Preez, maak sy opwagting by die Hokke. Roman verduidelik aan Letitia presies wat sy plan is vir die dag van die basaar.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 40 15.05.2014

Arend en Michelle bestee die dag by 'n duiwewedvlug. Engel lok vir Merlot oor na haar woonstel waar Roman vir hom wag. Lulu het nog geld nodig om die basaar behoorlik te laat vlot, maar Roman is steeks met die begroting.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 39 14.05.2014

Merlot gaan bieg by Arend dat Roman en Dice hom in 'n hoek gedryf het. Engel raak ongeduldig met die lang wag en Roman verseker haar sy bedoelings is opreg. Michelle kan nie meer laataande oefen nie, want haar verloofde begin kla.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 38 13.05.2014

Dice konfronteer vir Merlot oor wat hulle verwag hy vir hulle moet doen. Letitia se gewete begin haar pla en sy gaan praat met Lulu. Michelle geniet die repetisies van die kindertoneelstuk te veel en Lulu begin agterkom daar is 'n gevoel wat broei tussen Michelle en Arend.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 37 12.05.2014

Dice oorreed vir Merlot om by sy en Roman se planne betrokke te raak. Arend en Michelle moet saam die kindervermaak vir die basaar beplan.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 36 09.05.2014

Almal is hard aan die werk aan die basaar reëlings. Roman verduidelik aan Engel wat sy groot plan is. Letitia maak haar stem dik en Dice maak die voorstel dat hulle Merlot Dippenaar by hulle planne moet betrek.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 35 08.05.2014

Michelle en Arend het die dag, wat Barend vir die twee beplan het, dalk meer geniet as wat hulle wil toegee. Annetjie en Wilhelm se tasse is gepak. Hulle gaan Mosambiek toe om hulle geld terug te kry.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.