RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 34 16.07.2014 13:50
Louis wil vrede maak met Clara. Erik Schnell neem oor by Jimmy's Jim. Hy en Aretha ontmoet mekaar.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 33 15.07.2014 13:04
Louis en Clara maak rusie. Ilonka soek losies. Sy en Yolanda konfronteer Aretha met die waarheid oor Louis.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 32 14.07.2014 13:06
Zonja vertel vir Clara dat sy gekies is as model vir MOOI MENSE se lenteuitgawe. Yolanda is terug van haar fotosessie in die Bosveld. Zonja en Louis se donker geheim kom uit.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 31 11.07.2014 13:54
Clara vind uit wat Zonja van Louis dink. Louis is gefrustreerd omdat hy nie die naweek by haar kon uitkom nie. Hy oornag in Alex se huis en Ronda, die hond, sorg vir 'n yslike misverstand.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 30 10.07.2014 12:37
Louis kan die maskerspel met Ilonka nie meer verduur nie, maar Aretha smeek hom om nog 'n rukkie aan te hou. Zonja kan nie wag om Clara se vriend te ontmoet nie.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 29 09.07.2014 13:21
Yolanda probeer Ilonka oortuig dat Louis vir haar lieg. George gaan saam met Jenelle na dokter Keyser en vra die verkeerde vrae. Frankie is op pad na sy vriende, toe Yolanda aan sy woonsteldeur klop.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 28 08.07.2014 13:43
Louis kuier die hele naweek en Maandag en Dinsdag in Pretoria. Aretha raak bekommerd oor hom en Clara. Yolanda kry 'n fotosessie met Wilhelm Essbach. In ruil daarvoor moet Zonja Clara ompraat om MOOI MENSE se lente-meisie te wees.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 27 07.07.2014 12:30
Yolanda laat val dat sy 'n oulike fotograaf by Aretha ontmoet het en Zonja praat haar mond verby. Ilonka verlang na Louis. Yolanda is dringend op soek na werk.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 26 04.07.2014 12:33
Dis duidelik dat Alex 'n ogie op Clara het. George en Frankie gaan vir toetsritte op motorfietse. George is opgewonde, maar Frankie nie.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 25 03.07.2014 12:48
Louis is by Aretha op kantoor toe Yolanda daar inbars met haar portfolio. Hy kies blitsvinnig die hasepad. Jenelle baklei met George oor motorfietse. Louis en Aretha maak rusie oor Clara.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 24 02.07.2014 12:26
Zonja pers Aretha af om werk vir Yolanda te gee. Aretha dink daaraan om Zonja van haar planne vir Clara te vertel en waarsku Louis om uit Yolanda se pad te bly.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 23 01.07.2014 12:48
Ilonka is bekommerd omdat sy niks van Louis hoor nie. Yolanda is kwaad omdat Frankie haar kritiseer.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 22 30.06.2014 13:17
Alex en Louis is by Alex se huis vir nabetragting oor 'n Harley-naweek. Terwyl hy gaan drinkgoed haal, lees Louis SMS'e van Ilonka en raak doodsbenoud. Frankie en George eet weer saam. Louis en Clara maak afsprake.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 21 27.06.2014 12:30
Aretha smeek Louis om Ilonka enduit by te staan en selfs vir Clara in te lig. Clara kom die naweek huis toe, maar hy voel dis te vroeg om daar saam te kuier en buitendien hou Zonja nie van hom nie. Zonja vertel Clara dat Yolanda haar werk verloor het en vra haar om te help om Yolanda minder stief te laat voel.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 20 26.06.2014 14:12
Yolanda soek werk en sy sal selfs Frankie s'n oorneem. Zonja stel voor dat sy Aretha nader. Jenelle is steeds onseker oor die vetsuigingprosedure. Yolanda is kwaad omdat Aretha nie vir haar werk het nie en Zonja probeer help. Yolanda kuier by Ilonka wat haar vertel dat sy en Louis Hartog 'n ernstige verhouding het. George probeer Jenelle opbeur.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 19 25.06.2014 13:05
Zonja betrap Yolanda in die middel van die nag in haar kombuis. Die volgende dag op pad werk toe sê Frankie dat hy die woonstel sal prysgee, maar Zonja weier. Yolanda is terug omdat haar loopbaan oorsee verby is. Aretha is in haar skik met Louis se vordering, maar jaag hom aan om Clara van die modelwerk te vertel. Teen sluitingstyd wil Zonja nie huis toe gaan nie en nooi Frankie vir ete. Aretha ma...
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 18 24.06.2014 14:01
Aretha is teleurgesteld omdat sy reken Louis het nie hard genoeg probeer nie. Hy vererg hom en besluit om die meisie te kry, kom wat wil. Yolanda is smoorkwaad omdat Zonja haar woonstel uitverhuur het. Sy wil nie in die huis in een van die gastekamers bly nie. Sy hoor dat haar beste vriendin, Ilonka, opgeneem is vir dwelmrehabilitasie. Louis en Clara ontmoet mekaar. Dit is liefde met die eerste aa...
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 17 23.06.2014 13:28
Louis vertel vir sy ma dat hy Pretoria toe gaan om van Ilonka af weg te kom. Zonja is vies vir Yolanda wat nie met haar en Clara kommunikeer nie. Clara het die naweek in Frankie se geselskap geniet. Aretha bel Zonja om haar te bedank vir die geld wat sy vir Ilonka inbetaal het. Zonja verseker haar dat sy elke sent sal terugkry. Jenelle maak kennis met die plastiese chirurg, Alex Keyser, wat haar v...
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 16 20.06.2014 13:36
Louis se vriend, Alex, is terug van Amerika, hulle gim saam. Dit blyk dat Alex sy verhouding met Elaine verbreek het en dat sy hom nou teister. Louis moet Ilonka weer eens besoek. Sy kan nie wag om by hom in te trek nie. Hy skrik en vertel haar hy is op pad om drie maande lank foto's in Afrika te neem, maar belowe om kontak te behou. Hy bekla sy lot by Alex wat aan die hand doen dat hy die mooi me...
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 15 19.06.2014 13:18
Aretha leen geld by Zonja om Ilonka te help. Louis wil steeds nie met Clara gaan vriende maak nie. Jimmy het nou twee kopers vir die gim. Ene meneer Robbins stel ook belang. Jenelle is omgekrap oor George se planne om 'n gim te koop. Hy lok haar verder uit toe hy aankondig dat hy 'n motorfiets sal koop, as hy nie die gim kan kry nie.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 14 17.06.2014 12:35
Aretha en Zonja speel saam gholf tot Zonja se frustrasie. Sy waarsku Aretha teen Ilonka, maar willig in om haar te besoek met negatiewe resultate, boonop verneem sy dat dit sleg gaan met haar stiefdogter, Yolanda. Sy kom kwaad by die huis, waar Frankie sy Porsche was dat die seepskuim haar blombolle oorstroom. George bel en wil kom kuier, maar Frankie stel voor dat hulle eerder vir ete uitgaan. Zo...
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 13 17.06.2014 12:14
Frankie is op sy senuwees oor sy ma se afspraak met Zonja, meer nog indien sy pa skielik sou opdaag. Aretha en Louis skrik vir die toestand van Ilonka se woonstel. Jenelle kom Bianchi's toe vir haar afspraak. Zonja hanteer haar so professioneel soos sy haar ander kliënte hanteer. Aretha besoek Ilonka in die psigiatriese saal en vind uit dat Ilonka hopeloos verlief is op Louis.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 12 16.06.2014 13:17
Aretha vra Louis om Clara op te soek en foto's van haar te neem as 'n voorlegging vir Mooi Mense se lente-uitgawe. Hy weier. Aretha werk hard om die redaksiekantoor reg te ruk. Sy bel Zonja om te verneem of sy of Yolanda kontak het met Ilonka se ouers. Louis kuier weer by Ilonka, met kommerwekkende resultate. Aretha moet van Ilonka se persoonlike besittings in haar Hillbrow-woonstel gaan haal.
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 11 13.06.2014 14:12
Op pad werk toe pols Zonja vir Frankie oor sy menings en besef dat hy naïef is oor meisies en vroue. Hy erken aan haar dat sy ma hulp soek. Jenelle sien uit na Frankie se besoek. Sy bel Bianchi's en ontdek dat hy daar werk. Louis bring 'n rondloperkatjie huis toe en hy help Jimmy by die gim. George en Jenelle hoor dat Zonja 'n dogter het wat medies swot. Aretha wil Ilonka se ouers opspoor en ontho...
MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 10 12.06.2014 15:08
Aretha kry tydelik haar ou pos by Mooi Mense terug en floreer. Sy beplan die lente-uitgwae en vra Louis as fotograaf om haar te help om 'n nuwe gesig te soek, en ook om vir Ilonka in die hospitaal te gaan kuier. Hy doen dit om sy ma te help en Ilonka beskou hom as haar redder. Dit blyk dat haar verslawing 'n lang pad kom en dat Aretha hard sal moet werk om die tydskrif van ondergang te red. Zonja...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.