RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 9 20.08.2014

Katryn se sterk persoonlikheid en vreesloosheid ontsenu sowel sersant Koekemoer as regter Te Doorn.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 8 19.08.2014

Sersant Koekemoer lewer verdoemende getuienis. Katryn kan haar woede nie beteuel nie en die regter se vrees vir sterk vroue knak sy selfvertroue.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 7 18.08.2014

Die hofsaak begin. Katryn behartig haar eie verdediging, maar trap klei.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 6 15.08.2014

Katryn steek haar advokaat in die pad omdat hy nie onvoorwaardelik in haar onskuld glo nie. Sy is van mening dat dit voldoende sal wees as sy bloot die waarheid aan die hof vertel.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 5 14.08.2014

Sersant Koekemoer van Port Nolloth arresteer Katryn vir die moord op Koos Klink. Sy vertel wat die dag gebeur het.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 4 13.08.2014

Katryn vertel haar storie vir advokaat De Villiers op 'n bandopnemer. Fluitjie gaan bly by Doempies Pieterse, maar Katryn weier om hulle toestemming te gee om te trou.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 3 12.08.2014

Katryn weier om Abraham se kleinkind op te praat en die kindjie sterf. Die haat groei op Grootderm. Katryn se advokaat besoek haar in die tronk.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 2 11.08.2014

In haar tronksel, waar sy wag dat sy verhoor word op 'n aanklag van moord, herleef Katryn die liefde vir haar man, haar kinders en hulle eie plaas. Sy onthou hoe sy ontdek het dat sy die Namas se nuwe opprater is, wat sterwende kinders weer lewendig kan maak.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 1 08.08.2014

Rustig en breed vloei die Oranjerivier verby groentelanderye en spelende boklammers in die droë Richtersveld. Wie sou kon dink dat hier soveel haat en onderstrominge kon wees? Maak kennis met Katryn Jonis, Abraham Klink en 'n geskiedenis van diepgesetelde wrok.

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 50 (slot) 07.08.2014

Zonja en Erik praat openhartig en ou geheime word oopgevlek. Clara sê haar eerste woorde. Aretha het 'n ete-afspraak met die man van haar drome. Alex en Elaine ontferm hulle oor Louis. Hierdie sluit MOOI MENSE dan af.. Druk gerus op die skakel hieronder en luister na RSG se volgende opwindende reeks, KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen.

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 49 06.08.2014

Jenelle en George se gas maak vir hulle ontbyt om hulle vir hulle goedheid te bedank. Sy hoor hulle hartseerstorie en besluit om die prys vir haar oortredings te betaal.

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 48 05.08.2014

Clara is uiters siek. Aretha se werk by MOOI MENSE is afgehandel. Sy vertel vir Zonja van Erik.

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 47 04.08.2014

Jenelle en George ontdek 'n plakker in hulle seehuis. Erik vertel Aretha die volle waarheid. Die Robbinses ontferm hulle oor die "wegloopkind", sonder om te besef wie sy is.

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 46 01.08.2014

Zonja en Louis troos mekaar. George besluit hy en Jenelle moet wegbreek see toe. Ilonka soek weer hulp by Yolanda.

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 45 31.07.2014

Zonja gaan saam met Yolanda na die wondkliniek. Alex vertel vir Louis dat hy en Elaine verloof gaan raak. Aretha wys vir Zonja die foto's wat Louis van Clara geneem het.

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 44 30.07.2014

Louis verstaan nie Aretha se skielike stugheid nie. Yolanda wonder oor haar pa se selfmoord. Ilonka word in Durban in hegtenis geneem. 'n Roudiens bring min troos.

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 43 29.07.2014

Zonja se gesindheid jeens Yolanda verander. Aretha nooi Erik uit vir ete. Die waarheid oor sy verlede skok.

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 42 28.07.2014

Zonja troos Jenelle. Alex stel Louis gerus, maar daar lê 'n lang hersteltyd voor vir Clara. Erik kuier by Aretha en vra baie vrae.

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 41 25.07.2014

George en Jenelle is verpletter, hulle stry teen die werklikheid. Zonja maak uiteindelik vrede met Louis. Aretha is by toe George sy slegte nuus meedeel.

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 40 24.07.2014

Aretha doen haar bes om tot Zonja deur te dring. Louis en Frankie kuier in 'n kroeg naby die hospitaal. Louis kom veilig tuis.

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 39 23.07.2014

Louis is platgeslaan. Frankie ly steeds aan skok. Erik lees die berig in die koerant en dit ontstel hom uitermatig. Zonja is ontroosbaar, sy wil Louis nie by Clara toelaat nie.

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 38 22.07.2014

Zonja is gebroke, selfs sy word eers nie by Clara en Yolanda toegelaat nie. Frankie bring ook die nag in die hospitaal deur.

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 37 21.07.2014

Yolanda en Ilonka beplan moeilikheid vir Clara. Dit loop uit op 'n ramp.

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 36 18.07.2014

Clara speel model. Zonja nooi Alex uit vir ete. Clara ontmoet Alex op Jimmy se afskeidpartytjie. Aretha en Erik dans asof hulle mekaar lankal ken.

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 35 17.07.2014

Ilonka en Yolanda stook mekaar op. Louis en Clara hou piekniek. Frankie verklaar sy liefde.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.