RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 34 23.09.2014

Doempies vlug. Hy weet sy dae is getel. Hy probeer op alle maniere wegkom, maar Daaimint bly meedoënloos op sy spoor.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 33 23.09.2014

Regter Te Doorn en sy vrou maak vrede langs hulle slapende dogtertjie, en in die hof word Doempies se ergste vrese bewaarheid.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 32 22.09.2014

Regter Te Doorn is terug en gereed om voort te gaan met Katryn se verhoor, maar in die houthut op die Kaapse Vlakte is Doempies en Abraham gespanne oor die hofsaak uit vrees dat die waarheid oor hulle betrokkenheid by Vlok se sindikaat sal uitkom.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 31 18.09.2014

Die hof staan leeg. Waar is regter Te Doorn? Intussen vrees Doempies dat sy troefkaart nie sterk genoeg sal wees om Katryn se doodsvonnis te bewerkstellig nie.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 30 18.09.2014

Die verhoor eis sy tol van regter te Doorn. Na 'n lelike rusie tuis, klim hy in sy motor en ry net weg.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 29 17.09.2014

Dit is Doempies teen Katryn en Katryn teen Doempies in die hof, maar die verloorder is regter Te Doorn.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 28 16.09.2014

Katryn staan in die beskuldigdebank. Doempies glo hy weet iets wat sal bewys dat sy die moord op Koos Klink gepleeg het.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 27 15.09.2014

Abraham vertel Doempies hoe, na die Prinses se ontvoering, die Nama-gemeenskap uitmekaar geval het, en dat maande daarna eers 'n ekspedisie op die been gebring is om haar te probeer bevry.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 26 12.09.2014

Terwyl hulle wag vir die verhoor om te hervat, vertel Abraham verder aan Doempies hoe Dirk Beeslaar se drank die Namas smoordronk buite hulle hutte laat bly lê het. 'n Hartseer Abraham beskryf hoe hy uit skaamte gaan wegkruip het in die veld, en hoe hy wakker geword het van die geluid van gille en perdepote, en die skokkende gebeure daarna.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 25 11.09.2014

Spanning oor die verhoor en Katryn se vreemde houvas op hom, het regter Te Doorn 'n hewige angsaanval besorg, wat hom in die hospitaal laat beland het. Dit gaan boonop nie goed tussen hom en sy vrou, Leona nie. Abraham vertel Doempies van die keer toe Dirk Beeslaar met 'n handperd, belaai met kanne wyn, by die Namas opgedaag het.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 24 10.09.2014

Abraham vertel Doempies verder van die Namas se agteruitgang onder Dirk Beeslaar se invloed. Sersant Snyders daag by die gevangenis op om Katryn in te lig dat die hofsaak tydelik onderbreek gaan word omdat regter Te Doorn in die hospitaal opgeneem is vir waarneming.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 23 09.09.2014

Dirk Beeslaar skiet sommer twee gemsbokke en die Namas vier fees. Die mense drink en dans tot hulle neerval. Dirk het sy oog op die skone Prinses.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 22 08.09.2014

Die slang maak sy opwagting in Abraham se Nama-paradys: Dirk Beeslaar verskyn met sy perde, sy geweer en sy kanne wyn.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 21 05.09.2014

Katryn word verneder deur haar oupa se wit kinders. Abraham begin wonder of Katryn werklik skuldig is aan die moord op sy seun.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 20 04.09.2014

Meneer Vlok kom agter dat van die diamante wegraak en ondervra Doempies nadat hy hom aangerand het. Doempies waarsku Koos.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 19 03.09.2014

Abraham onthou sy gesprekke met die Prinses. Doempies vertel Abraham dat sy seun, Koos, 'n paar dae voor sy moord 'n bekentenis gemaak het.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 18 02.09.2014

Die geheimsinnige Daaimint hou Doempies steeds dop. Katryn vrees vir Maandag, wanneer die verhoor sal voortgaan.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 17 01.09.2014

Regter Te Doorn verloor sy selfbeheer wanneer sy vrou en skoonma hom treiter. Abraham en Doempies word geïnspireer deur te veel wyn.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 16 29.08.2014

Katryn raak bevriend met sersant Saartjie Snyders. Abraham vertel Doempies van sy idilliese jeugjare en die Nama Prinses.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 15 28.08.2014

Doempies hoor hoe Abraham Klink deur meneer Vlok by die diamantsmokkelary betrek is.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 14 27.08.2014

Meneer Vlok, die plaasvoorman, lewer vleis en groente aan 'n diamantmaatskappy, maar terselfdertyd is hy betrokke by sluikhandel. Hy werf Doempies vir die sindikaat.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 13 26.08.2014

Abraham en Doempies gesels in hulle tydelike houthut op die Kaapse Vlakte. Abraham vertel van die Namas se luiperdjag. Daaimint, die geheimsinnige man met die tronk-tatoeëermerke, raak 'n dreigende teenwoordigheid.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 12 25.08.2014

Doempies Pieterse getuig teen Katryn en vertel hoe 'n ongenaakbare mens sy is. Hy en Abraham Klink word egter albei ontsenu deur 'n man met tronk-tatoeëermerke wat hulle dophou.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 11 22.08.2014

Katryn vertel aan die hof hoe sy Koos Klink betrap het waar hy in die proses was om haar dogter te verkrag. Sy het hom met 'n mes agterna gehardloop met die doel om hom dood te steek. 'n Dokter getuig vir die Staat dat die oorsprong van die bloed op Katryn se rok die oorledene is.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 10 21.08.2014

Regter Te Doorn is besig om sy beheer oor die hofverrigtinge voor Katryn se aanslag te verloor.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.