RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 25 06.11.2014

Yvette hoor die storie agter die storie wat Zaunda en Rikus se verlede betref. Henri loop hom vas met 'n vrou van die wêreld.

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 24 05.11.2014

Die TV-span kom op die plaas aan, en Henri is in sy element. 'n Ou vriendin van Rikus maak haar verskyning. Hy protesteer, maar sy hou vol hulle ken mekaar intiem.

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 23 04.11.2014

Susan is nie baie gelukkig dat sy vervang word nie, maar toe die plaasvervanger 'n oulike jong meisie is, begin 'n plan stadig maar seker in haar kop vorm.

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 22 03.11.2014

Veronica het slegte nuus, en Rikus loop hom vas. Yvette kry 'n plaasvervanger vir Susan.

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 21 30.10.2014

Yvette kry 'n verrassing op pad terug van Bergplaas af en nie noodwendig 'n aangename een nie. Is daar dalk 'n ridder op 'n wit perd wat haar te hulp gaan snel?

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 20 30.10.2014

Henri het groot planne vir Bergplaas en betrek die TV. Maar hoe voordelig is dit vir die renosterkalfie?

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 19 29.10.2014

Daar is 'n belangrike vergadering op Bergplaas en Errol en Susan kla om die beurt by Yvette. In die parkeergarage wag daar 'n verassing op haar.

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 18 28.10.2014

Susan maak 'n belangrike ontdekking. Of is dit nie regtig so belangrik soos sy dink nie? Rikus kom doen inkopies in die beskawing en loer by Yvette in.

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 17 27.10.2014

Susan tree in die bresse vir Henri. Gaan Koos weer die onderspit delf? Is Yvette werklik opgewasse teen Henri se aanslae? Marius dink nogal so.

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 16 24.10.2014

Koos probeer alles om sy nuwe vrou tevrede te stel, maar sy wil die spreekwoordelike Johannes-die-doper-se-kop-op-'n-skottel van hom hê. Gaan hy dit vir haar gee?

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 15 23.10.2014

Dit kom aan die lig dat Henri ook 'n goeie kant het. Sou die aand in die tronk iets daarmee te doen hê?

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 14 22.10.2014

Yvette pols Rikus weer vir 'n DNS-toets. Dalk het sy 'n plan van haar eie om vas te stel of hy Marius se biologiese seun is.

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 13 21.10.2014

Hoe goed is die kanse dat Marius uit die koma sal wakker word en heeltemal herstel? Hoe groot is die risiko dat hy iets kan oorkom? En sou daar iets verkeerd gaan, is daar iemand wat dadelik kan help?

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 12 20.10.2014

Veronica het 'n probleem. Sy bespreek dit met Marius waar hy in 'n koma in die hospitaal lê. Kan hy ooit hoor wat sy vir hom sê? Yvette erken sy is nie haarself nie.

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 11 17.10.2014

'n Helikopter vlieg onverwags oor Bergplaas. Wie sou dit wees? Dalk wilddiewe? Rikus is bekommerd. Susan neem haar kans waar om haar in te grawe in die kantoor by Bergmans.

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 10 16.10.2014

Dit lyk of 'n skietstilstand tussen en Yvette en Veronica in die vooruitsig is. Susan en Henri sien vir die eerste keer sy pa, Koos Bester, saam met sy nuwe en jonger vrou in die openbaar. Susan het haar situasie aanvaar, maar Henri voel dalk anders oor die saak.

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 9 15.10.2014

Henri kom met 'n slinkse slenter by Yvette aan en wanneer hy besef sy sien deur hom, wys hy sy ware kleure.

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 8 14.10.2014

Henri raak desperaat en speel grootmeneer. Hy voel bedreig deur Rikus. Susan probeer Yvette oortuig dat sy Henri moet toelaat om voort te gaan met sy planne.

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 7 13.10.2014

Veronica stel Marius gerus oor wat by die werk aangaan. Errol gee Yvette iets om oor na te dink. Sy en Veronica kruis steeds swaarde.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 40 (slot) 02.10.2014

Die identiteit van Koos Klink se moordenaar word onthul nadat Katryn Jonis reeds skuldig bevind is aan sy moord. Intussen is regter Te Doorn se dogtertjie, Tinkie, besig om te sterf, maar is hy bereid om 'n laaste uitweg te probeer?

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 39 01.10.2014

Die hofuitspraak word onderbreek met die nuus dat regter Te Doorn se twaalfjarige dogtertjie in 'n koma is nadat sy van haar perd afgeval het. Abraham het diep berou oor wat hy gedoen het, en maak 'n verrassende oproep.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 38 30.09.2014

Abraham knak onder kruisverhoor en lap die waarheid oor sy haat jeens Katryn uit. Het hy maar vroeër gepraat, kon dit soveel onnodige lyding gespaar het.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 37 29.09.2014

Regter Te Doorn maak 'n skokkende ontdekking. Abraham Klink se haat vir Katryn en haar oupa kook oor in die hof.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 36 26.09.2014

Die hof word ingelig dat Doempies Pieterse vermoor is, en die Staat roep Abraham Klink om te getuig teen Katryn Jonis.

KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 35 25.09.2014

Abraham maak 'n belofte aan sy oorlede ma. Twee besope boemelaars maak in die nag 'n skokkende ontdekking in 'n murasie in Distrik Ses.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.