RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 15 16.01.2015

Arlo Madder besoek 'n plastiese chirurg en onthul sy skokkende plan om by sy geliefde Marijke uit te kom en so sy reis saam met haar na die Paradiso voort te sit. Hadley probeer Felicity oortuig om af te sien van haar plan om Madder te vang en in te meng met hulle ondersoek. Frans neem hartseer afskeid van sy dogter, Sandra.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 14 15.01.2015

Frans bieg teenoor Oscar dat hy nog gevoelens vir Marijke het. Leanne Geduld is bekommerd oor haar ma, veral nadat Felicity aankondig dat sy Arlo Madder op eie houtjie gaan vastrek uit weerwraak vir sy aanval op haar geliefde dokter Adams. Madder vermoor ʼn gastehuiseienaar en Hadley besluit om sy en Marijke se wittebrood af te stel.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 13 14.01.2015

Felicity bieg teenoor haar dogter dat sy verlief is op dokter Adams vir wie Madder aangeval het tydens sy ontsnapping. Madder daag by Marijke se woonstel op, of is dit net haar verbeelding? Sandra lig Frans in dat sy en Tinus in Ierland gaan woon.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 12 13.01.2015

Marijke begin soortgelyke terugflitse as Hadley ervaar, en Sandra staan haar by met die voorbereiding vir haar en Hadley se troue. Hadley besoek die hospitaal en ontmoet Felicity Geduld, die matrone wat aan diens was tydens Madder se ontsnapping. Frans en Oscar wonder of Hadley enigsins vir sy eie troue gaan opdaag.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 11 12.01.2015

Marijke is bekommerd oor Hadley se nagmerries en dink hy ly aan posttraumatiese stres sindroom. Arlo Madder ontwaak intussen uit sy koma en ontsnap uit die hospitaal. Oscar bied Frans werk aan as lyfwag vir die Wes-Kaapse Openbare Beskermer, Denise Morkel.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 10 09.01.2015

Frans vra Oscar om hom by te staan wanneer Marijke deur Arlo Madder ontbied word om hom op Duiwelspiek te ontmoet. Madder word tydens die lokval geskiet en Hadley skrik weer eens wakker uit 'n nagmerrie en verneem tot sy verbasing van Marijke dat Brenda Gouws dood is.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 9 08.01.2015

Arlo Madder vermoor Koot van Tonder en sy lyk word teen Tafelberg gelaat as lokaas vir Marijke. Frans vertel Oscar dat Madder een van Koot van Tonder se groot finansiële ondersteuners is en daarom met die verregses se terreurplanne verbind kan word.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 8 07.01.2015

Hadley en Marijke besoek weer die hospitaal waar Arlo Madder in 'n koma lê. Hadley is oortuig dat Madder op een of ander manier sy nagmerries beheer. Dit lei weer na 'n terugflits waartydens Brenda en Dewald vir Koot van Tonder gevange neem.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 7 06.01.2015

Hadley word deur Brenda en Dewald in 'n lokval op Tafelberg gelei. Sandra wil weet of daar iets romanties tussen Hadley en Marijke broei. Hadley besef te laat dat Brenda nog die hele tyd met Arlo Madder saamwerk. Of is alles maar net deel van Hadley se nagmerries en terugflitse?

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 6 05.01.2015

Marijke is emosioneel oor kolonel September se begrafnis en vererg haar as Hadley dit weens die ondersoek nie wil bywoon nie. Frans vertel Giel dat Koot hom uitverkoop het en vra of hy teen Koot sal getuig.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 5 02.01.2015

Majoor Hadley Maritz en kaptein Marijke Louw is op die spoor van Dewald Gerber, Arlo Madder se wag by die inrigting waar hy aangehou word, in 'n poging om die verbintenis tussen hom en Madder te probeer vasstel. Hulle keer terug na die hotel by Hangklip om 'n foto van Gerber aan die kroegmeisie te wys. Dalk herken sy hom? Intussen verdwyn Brenda uit die huis van veiligheid. Is sy dalk deur Gerber...

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 4 31.12.2014

Frans Malan en Oscar Jacobs begin met die operasie om Tinus Laubscher te red uit 'n kelder waar Koot van Tonder se manne hom aanhou. Brenda Gouws verneem van kaptein Marijke Louw dat sy en die reeksmoordenaar, Arlo Madder, broer en suster is. Brenda veins verbasing om haar ware identiteit te verdoesel.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 3 31.12.2014

Frans Malan probeer met Koot van Tonder onderhandel en bied aan om hom te help vlug na Australië as hy vir hulle inligting gee oor waar Tinus Laubscher is. Majoor Hadley Maritz skrik wakker uit sy slaap en besef dat alles wat hy ervaar het, net 'n nagmerrie is. Of is dit?

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 2 30.12.2014

Majoor Hadley Maritz begin toenemend terugflitse ervaar en gebeure uit die verlede herleef. Oscar Jacobs probeer by Giel Rademeyer uitvind waar hulle Tinus Laubscher, Sandra Malan se verloofde, aanhou. Frans Malan probeer om Koot van Tonder te oortuig om van sy plan af te sien om 'n bom by 'n politieke konferensie te laat ontplof.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 1 29.12.2014

Die reeksmoordenaar, Arlo Madder, lê in die hospitaal in 'n koma nadat hy teen die einde van die vorige vervolgverhaal, Purgatorio, geskiet is. Majoor Hadley Maritz en kaptein Marijke Louw besoek die hospitaal en Hadley maak 'n grap oor Madder se toestand wat hom duur te staan sal kom.

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 60 (slot) 25.12.2014

Sal Marius en Ansie mekaar weer vind na al die jare? Is Yvette en Rikus vir mekaar bestem?

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 59 24.12.2014

Wie gaan Rikus oortuig om sy pa te ontmoet? Die sandglas is besig om leeg te loop.

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 58 23.12.2014

Is Ansie hier om Rikus terug te vat Johannesburg toe? Het sy dalk 'n versteekte agenda?

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 57 22.12.2014

Ansie vra Yvette om verskoning. Yvette moet by Marius bieg.

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 56 19.12.2014

Yvette moet haar optrede aan Marius verduidelik. Sal hy haar vergewe?

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 55 18.12.2014

Rikus kry 'n onverwagse besoeker op Bergplaas. Grant doen 'n goeie daad. Yvette loop op dun ys.

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 54 17.12.2014

Susan bak en brou en koop vir 'n vale. Henri probeer keer, maar dit help nie. Rikus besoek Yvette.

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 53 15.12.2014

Henri en Nita besoek die Botaniese tuin in Nelspruit. Dis duidelik dat hy besonder baie van haar hou, dalk meer as wat hy aan homself sal erken. Die vraag is: Hou sy genoeg van hom om nie pad te gee voordat sake ernstig raak nie.

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 52 15.12.2014

Daar is bouers by Errol en Veronica se huis, en Errol moet verduidelik wat hulle daar doen. Henri kry 'n etiketles.

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 51 12.12.2014

Grant is in die moeilikheid, en Henri word ook deur die polisie ingeroep om te verduidelik wat sy onlangse bewegings was. Henri is in gedagte en ry in iemand se motor vas. Kan dit dalk sy hele toekoms verander?

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.