RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 40 20.02.2015

Felicity en Leanne kry weer rusie omdat Felicity insinueer dat die ou mense vermoor is as gevolg van Leanne se trekkery. Marijke kom by die kothuis in die berg aan en voor sy weet, word die huisie voor haar oë opgeblaas. Met Denise daarin...

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 39 19.02.2015

Frans en Marijke arriveer in die Bainskloofpas en begin die soektog na 'n afgeleë huisie op die berg waar Madder moontlik vir Denise aanhou. Denise probeer met Madder onderhandel om haar lewe te spaar, met ironiese gevolge.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 38 18.02.2015

Felicity maak vir Arlo ontbyt, en as Hadley gee hy voor dat hy kwaad is omdat sy hom nie wakker gemaak het ná die moord nie. Oscar en Frans is onder toenemende druk om Denise op te spoor. Frans los die raaisel van die Death Metal Band se naam op, en hy dink hy weet waar Denise aangehou word.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 37 17.02.2015

Frans daag by die moordtoneel op by die huis waar Leanne sou woon en is net so geskok oor die wrede moord. Hy voel Marijke fokus nie op haar werk nie. Oscar vat Leanne terug huis toe waar Felicity hulle onskuldig meedeel dat Hadley reeds by haar ingetrek het, en vroeg gaan slaap het.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 36 15.02.2015

Arlo keer terug om vir Denise aandete te bring. Hy vertel haar van sy plan om permanent Hadley te wees. Oscar help Leanne om haar goed na die tuinwoonstel te trek, en hulle kom af op 'n grusame toneel by haar nuwe blyplek.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 35 13.02.2015

Frans besoek Marijke om te hoor of hulle enige vordering gemaak het met die soektog na Denise. Leanne vertel haar ma dat sy 'n geskikte woonstel gekry het en die volgende dag gaan uittrek. Hadley is ontsteld oor 'n konfrontasie met Frans, en huil op Marijke se skouer.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 34 12.02.2015

Hadley daag op by die restaurant waar Denise ontvoer is, en help Marijke om 'n verdere leidraad te kry. Felicity vertel Leanne dat sy aangebied het dat Hadley tydelik by haar kom woon nadat Leanne uitgetrek het. Oscar plaas druk op Marijke om uit te vind waar Madder Denise aanhou, voor dit te laat is.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 33 11.02.2015

Marijke daag by die restaurant op waar Denise ontvoer is, en kom ook tot die gevolgtrekking dat dit Arlo Madder se werk is. Madder hou Denise aan in 'n vertrek op 'n afgeleë plek buite Kaapstad en stel vir haar 'n angswekkende strik wat sal verhoed dat sy ontsnap.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 32 10.02.2015

Frans en Oscar kry die nuus dat Denise ontvoer is, en haas hulle na die restaurant in Houtbaai. Felicity verras Leanne met 'n waterblommetjiebredie. Leanne is teleurgesteld wanneer Oscar bel en hulle fliekafspraak kanselleer.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 31 09.02.2015

Marijke gee Leanne die versekering dat sy nie vir Hadley hoef bang te wees nie. Denise is kwaad vir Frans omdat hy Oscar gevra het om met haar te kom praat oor hulle verhouding. Oscar vra Frans of hy sou belangstel in 'n klandestiene ondersoek in Ierland.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 30 06.02.2015

Leanne is vasbeslote om haar eie blyplek te kry, ten spyte van Felicity se pogings om haar tuis te hou. Oscar vra Denise om Frans ruimte te gee en verwittig haar ook dat hy iemand anders gaan aanstel om haar op te pas. Marijke kom vorendag met 'n oortuigende teorie wat Hadley se vreemde gedrag verklaar.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 29 05.02.2015

Leanne wil op haar eie gaan woon, maar Felicity is glad nie gelukkig hieroor nie, en waarsku haar dat Arlo Madder steeds op vrye voet is. Frans vra Oscar om met Denise te praat, aangesien hy voel sy is besig om hulle professionele verhouding te vertroebel.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 28 04.02.2015

Marijke is nie gelukkig met Hadley (in werklikheid Arlo Madder) se optrede nie, en vra hom om homself reg te ruk voor hy terugkom na hulle woonstel. Frans en Oscar besluit om 'n ogie oor Hadley te hou. Denise verras Frans met 'n uitspattige aandete.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 27 03.02.2015

Frans en Marijke kom af op 'n verkoolde lyk in die skuur van die oorlede Koot van Tonder se plaas op die Weskus. Arlo Madder se voorkoms en rolspel as Hadley Maritz flous almal, en niemand is daarvan bewus dat die gevaarlike reeksmoordenaar in hulle midde is nie…

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 26 02.02.2015

Marijke vra Frans om saam met haar na Koot van Tonder se ou plaas te gaan, want sy glo die sleutel wat Arlo Madder in die pakkie by Denise gelos het, is 'n leidraad en sal die skuur oopsluit. Felicity kry 'n onverwagse besoek van Hadley Maritz.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 25 30.01.2015

Denise kry 'n onverwagse middernagtelike besoek van Arlo Madder, wat by haar huis inbreek en 'n pakkie vir Frans laat. Marijke daag by haar woonstel op en vind Hadley in die stort. Maar is dit Hadley?

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 24 29.01.2015

Denise trap Marijke uit omdat sy Frans ontstel het en daarom indirek haar veiligheid bedreig. Leanne kry 'n onverwagse besoek van Madder by die gym, wat hom steeds voordoen as Hadley.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 23 28.01.2015

Leanne is geskok wanneer sy uitvind Felicity het Hadley na hulle huis genooi om die nag oor te slaap. Albei sou egter met afgryse vervul gewees het as hulle die ware identiteit van hulle gas moes weet...

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 22 27.01.2015

Frans vergesel Denise na 'n dinee by die Franse ambassade. Op pad daarheen gaan hulle na Vlaeberg, en Frans sien Hadley Maritz, min wetende dat dit eintlik Arlo Madder is.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 21 26.01.2015

Leanne is bekommerd oor Felicity wat dink dat daar afluisterapparate in hulle huis is. Frans kuier by Marijke en verneem dat Hadley steeds vermis word. Hy probeer haar troos.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 20 23.01.2015

Frans bevind hom in ’n komiese penarie tussen Denise en Marijke. Leanne is agterdogtig oor haar ma se optrede en konfronteer Felicity oor die feit dat sy gejok het dat sy weer by die hospitaal begin werk het. Marijke bieg teenoor Frans dat sy al lankal bekommerd is oor Hadley en vermoed dat hy aan posttraumatiese stres sindroom ly.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 19 22.01.2015

Hadley probeer desperaat om Madder van sy plan te laat afsien om homself as kolonel Hadley Maritz voor te doen. Marijke probeer vasstel of Felicity iets met Hadley se skielike verdwyning te make het. Marijke daag ongenooid by Denise Morkel se huis op om met Frans te praat en die vonke spat behoorlik!

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 18 21.01.2015

Madder neem Hadley gevange en vertel hom van sy plan om sy reis na die sogenaamde Paradiso saam met Marijke voor te sit. Oscar besoek Felicity en vind ʼn parate ou vrou wat hom in sy mou laat lag. Marijke is bekommerd oor Hadley wat spoorloos verdwyn het en bel Oscar om te help soek na hom.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 17 20.01.2015

Hadley vra Oscar om met Felicity Geduld te gaan praat en haar te oortuig om haar neus uit hulle ondersoek te hou. Frans ontmoet Denise Morkel en is onkant betrap deur haar skoonheid. Hadley kry 'n anonieme oproep om iemand te ontmoet wat inligting vir hom het oor Arlo Madder, en maak 'n skokkende ontdekking wanneer hy die persoon ontmoet.

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 16 19.01.2015

Die plastiese chirurg onthul aan Arlo Madder sy nuwe voorkoms. Felicity is kwaad vir haar dogter, Leanne, omdat sy Hadley Maritz gebel het om te help keer dat haar ma haar plan uitvoer om Madder vas te trek. Oscar gee Frans meer inligting oor die Openbare Beskermer, Denise Morkel, aan wie Frans beskerming moet verleen.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.