Lig en Lewe Sentrum Paarl

Lig en Lewe Sentrum SERMON PODCAST

Religion AF ↓ 200 episodes

Afrikaans SERMON PODCAST:At Lig & Lewe Sentrum we believe that the Word of God can change your Life. The word of God is a lamp to guide our feet and a light for our path. (Ps 119:105) JOHN 8:12 Jesus spoke to the people once more and said, “I am the light of the world. If you follow me, you won’t have to walk in darkness, because you will have the light that leads to life.”As you listen with your heart, let God change the way you think so that you can know His will.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.ligenlewe.com

Author

Lig en Lewe Sentrum Paarl

Category

Religion

Podcast website

www.ligenlewe.com

Latest episode

Apr 27, 2025

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Words have Power 03.12.2023

Woorde dra krag en die woorde wat ons praat beinvloed baie van ons resultate. Woorde speel 'n groot rol in ons gesondheid tot verhoudings. Maar hoe moet ons praat en watter voorbeeld kan ons volg? "JESUS SPOKE" is woorde wat Jesus met ons deel deur Sy Woord die Bybel, en ons sal dwaas wees om dit nie te volg nie.

Verander jou lewe deur Dankbaarheid 26.11.2023

Dankbaarheid in ons lewe het die vermoë om ons lewe te verander. Mense wat dankbaarheid uitleef is meer gelukkig en gesond. Ons Dankbaarheid is heel eerste in God. Om dankbaar te wees vir alles wat God in ons lewe doen. Ons hele bestaan is agv Hom. Sonder God in ons lewe sou ons geen lewe gehad het nie. Ons so werklik net deel van 'n evolusie wees met geen doel, geen toekoms en geen rede vir d...

7 Eienskappe van die Restrainer 19.11.2023

Past Morne gesels oor die 7 Eienskappe van die Restrainer. Ons is nader as ooit aan die eind tyd, die tyd wanneer Jesus Sy Bruid gaan kom haal. Jesus kom weer!!!! As jy graag wil saai in ons bediening is jy meer as welkom. Dit stel ons instaat om meer en meer te doen in die Koninkryk van God. Bank Besonderhede: FNB  Lig en Lewe Sentrum Rek no: 624 682 989 24 Takkode: 250 655

Kan God se Geduld opraak met my? 12.11.2023

Die vraag word gevra, of God se geduld met ons kan opraak. Daar is so baie mense wat met sonde speel en nie kyk na wat in hul geestelike lewe aangaan nie. God se genade is daar, maar daar gaan 'n tyd kom wat daardie genade gaan stop. Hoekom wil jy probeer kyk op God se geduld met jou sal opraak? Hoekom leef ons nie maar net soos wat God se Woord ons leer nie?

Hoor jy God? 05.11.2023

Gehoor is baie belangrik. Jy kan makliker reageer wanneer die Here praat wanneer jy Hom hoor. Die afgelope tyd praat ons van konneksies. Konneksies met God, met mekaar en ons het gehoor dat die Here praat met ons in die volgende lynne, Waar aan is jy verbind, waar is jou hart en het jy dieselfde mindset of attitude as Jesus? Deur net hierdie 3 boodskappe hoor ons ‘n lyn en ek praat nie eers van di...

Connections - Have the same mind and heart as JESUS 29.10.2023

Connections is belangrik in die liggaam van Christus. Die een probleem wat ons het met hierdie konneksies is die gedagte rondom ons gedagtes, die manier hoe ons dink en redeneer en die uitvloei van ons harte. Ons gedagtes en woord word op die einde beheer deur ons harte. So wanneer die liggaam van Christus verskillende mindsets het en uit verskillende harte leef, dan is dit baie maklik om onder me...

Connections - Waar is jou hart? 22.10.2023

Ons harte is die bron van alles wat ons doen. Ons het seer harte, stukkende harte heel harte en passievolle harte. die manier hoe ons praat en reageer is 'n goeie aanduiding van wat in ons harte aan die gang is. Die bybel waarsku ons om ons harte te beskerm met alles wat ons het. Waar is jou hart?

Connections_Aan wat is jy verbind? 15.10.2023

Konneksies is baie belangrik in ons lewens. Dit waaraan jy verbind is, gaan 'n impak in jou lewe hê en ook in die manier hoe jy groei en ontwikkel. Ons leer dat ons 'n liggaam is en dat ons mekaar moet help om te funksioneer in ons geestelike lewe, en ook in die ontwikkeling van ons karakter. #preek #connections #konneksies #Jesus #gemeente #liggaam #diensbaarheid #serve #Dreamteam #betrok...

Jesus - The WORD from the beginning 08.10.2023

Jesus is van die begin af. Voor tyd bestaan het, is Jesus. Jesus het wel op 'n dag in ons kalender as mens onder ons kom woon, om ons te verlos van Sonde en die dood. Jesus is die Alpha en Omega, die begin en die einde. Ons almal en alles wat op aarde is, is deur Hom gemaak en bestaan niks sonder Hom nie. Dink jy nie dit is 'n goeie plan om jou lewe in Sy hande te plaas nie?

Konflik tussen vlees en gees 01.10.2023

Ons almal het apteit. ons raak honger en ons raak lus vir sekere lekernye. Die vlees het baie begeerlikhede en dit is alles tydelik. Ons geesmens het ook 'n apteit. Maar dit is 'n honger en 'n lus na God en Sy teenwoordigheid.

Wat Kwalifiseer my - LifeKids (Familiediens) 24.09.2023

Jonathan vra die vraag, "Wat kwalifiseer my?" God wil ons gebruik maar ons eerste opmerking is gewoonlik een van, "ons kan nie". God leer ons deur die storie van Moses dat ons kan enige iets doen wat Hy ons vra om te doen. God is die een wat ons kwalifiseer deur die krag van die Heilige Gees. Moenie meer verskonings maak nie, leer, groei en doen wat God jou vra.

Dreams is God's Business 17.09.2023

Ons almal gaan deur valleie en woestyne wat nie so lekker deel van die lewe is nie. Die op en af van die lewe is ook nie altyd maklik nie en wonder ons soms waar God is. God is altyd daar en belowe Hy in Sy woord dat Hy ons nooit alleen sal los nie. Ons is Sy kinders en wil Hy ons voetstappe rig. My vraag is, gaan ons toelaat dat God deel vorm van ons storie, of gaan ons ons rug op Hom draai? Jer...

Lewe as 'n Gunsgenoot 10.09.2023

Deel van die reeks waarmee Past Morne besig is oor die GUNS van God. In hierdie deel praat hy oor die beginsels van God en hoekom die teenwoordigheid van God belangrik is.

Releasing the Fragrance of Jesus 03.09.2023

In ons lewe maak ons baie besluite. Die grootste en belangrikste is om by die voete van Jesus te wees. Soos ons Hom aanbid, is daar 'n aroma wat vrygestel word. Our Worship releases a fragrance. En wanneer ons daardie aroma voor die Here bring, begin ons daardie selfde arome uitleef. Wanneer ons Jesus anoint met ons aanbidding, dan smeer daardie geur ook op ons af. Are you smelling like Jesus?

Jy moet Kies 27.08.2023

Die lewe is vol keuses en ons moet leer om die regte besluite te neem. God se woord is vir ons 'n kompas en help die Here ons om in elke deel van ons lewe, die beste keuses te maak.

Die Sleutel tot Guns 20.08.2023

God se GUNS oor ons lewe kom met voorwaardes. Dit is nie soos vergifnis wat sonder voorwaardes is nie. Vergifnis is gratis. Guns kos gewoonlik 'n prys. Guns: Gewone Mense Uitroep tot God Noodsaaklikheid van Herdenking Sy Soewereine werk in jou lewe Hierdie elemente is sleutels tot Guns.

Verander jou Posisie 13.08.2023

Ons perspektief word beinvloed deur jou posisie. Hoe nader jy aan jou probleem is, hoe meer gaan jou probleem jou beinvloed. Daarom is dit nodig dat ons in dieselfde posisie kom as Jesus, sodat ons Sy perspektief kan hê.

Het jy Jou SING verloor? 06.08.2023

Wanneer ons verlief is dan sing ons onwillekeurig. Die liefde in ons maak dat ons hartsnare soos 'n harp begin speel en ons die ritme van liefde begin ervaar. God is veronderstel om ons eerste liefde te wees, maar hoeveel keer verloor ons daardie gevoel van sing wanneer ons die geleentheid het om Hom liefde te gee. Is jy regtig nog lief en verlief op God?

Herstel jou Toekoms 23.07.2023

Ons gaan voort met die storie van Elia en hoe sy lewe vir ons kan help om die regte besluite te maak... maak vandag jou besluit, dien God of nie.

Beweeg van Krit na Sarfat 16.07.2023

Deur die Lewe van Elia sien ons hoe die Here voorsien en wat ons kan doen om ons geloof te versterk in die Here as ons bron.

Skep 'n Gesindheid tot Gehoorsaamheid 09.07.2023

Elia was 'n man net soos ons. Deur die lewe van Elia leer ons om ons harte te ondersoek, ons gesindheid te rig tot gehoorsaamheid en dan toegerus te word. Waar bevind jy jouself vandag? is jou hart gerig op God? Is jou gesindheid gerig tot gehoorsaamheid en is jy bereid om geleer te word tot volwassenheid?

The Kingdom of God - Hier & Nou 02.07.2023

Die Koninkryk is 'n uitgebreide Koninkryk vol geleenthede en oorwinnings. Ons lewe soms hier en nou nie as die burgers van 'n Koninkryk wat heers oor alles nie. Ons hier en nou word nog teveel gekoppel aan ons omstandighede en ons hedendaagse uitdagings. Dis tyd om ons lewe so te leef dat Jesus weer die Koning van ons lewe moet wees. Ons moet weer betrokke raak in ie funksionering van die...

Kingdom of God - Die rol van die Bruid 25.06.2023

Ons hoor so baie die term "KINGDOM OF GOD", maar wat beteken dit vir ons as bruid van Jesus? Wat is ons rol in die Koninkryk van God? Die Koninkryk is onsigbaar hier op aarde en ons as wedergebore mense moet Jesus vir mense kan wys.

Rein Bruid vs Vaal Bruid 18.06.2023

As bruid van die Here is dit belangrik om rein te wees. Die teenoorgestelde van 'n rein bruid is 'n vaal bruid. Waar bevind jy jouself op die oomblik? Is jou lewe vaal voor die Here? Of is jy besig om die Here so te soek dat jou lewe Jesus weerspieël?

Kerk Is... 11.06.2023

Kerk. Wat is dit werklik? Kerk in Grieks is EKKLESIA. The called out people. Dis is die samekoms van mense. In ons geval is dit die samekoms van Christene. Dis wanneer ons saam beweeg wat ons "kerk" vorm. Daar is baie maniere hoe die kerk beskryf kan word. Maar bo almal, is ons die BRUID VAN CHRISTUS.

Listen to the Lig en Lewe Sentrum SERMON PODCAST podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.