Kosmos 94.1
Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...
Author
Kosmos 94.1
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 11, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Motsoaledi sê swakplekke moet aandag kry 09.07.2026 0:21
Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê langdurige swak plekke in die openbare gesondheidstelsel moet dringend aangespreek word. Dit volg nadat die Gesondheidsombud bevind het die dood van ses gesondheidswerkers by mediese instellings in KwaZulu-Natal was nie die gevolg van swak werksomstandighede of afknouery en viktimisasie in die werkplek nie. Die ondersoek het wel aansienlike sistemi...
Karasburg-laerskool soek jou! 09.07.2026 0:37
Karasburg-laerskool vier vanjaar met groot trots 50 jaar van gehalte-onderwys, groei en gemeenskapsbou! Alle oudleerders, voormalige en huidige onderwysers, oudhoofde, ondersteuningspersoneel, beheerliggaamlede en elke persoon wat 'n bydrae gelewer het tot die geskiedenis van Karasburg-laerskool word genooi om saam die besonderse mylpaal te vier. Kosmos 94.1 Nuus het met die skoolraad se voorsitte...
Die hoofnuus om 07:00 09.07.2026 4:03
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Parlement het aanspreeklikheidskrisis 09.07.2026 0:37
Die bestuurskenner Pius Dunaiski het kommer uitgespreek oor wat hy beskryf as 'n groeiende aanspreeklikheidskrisis in die parlement, en gewaarsku dat honderde onbeantwoorde vrae aan ministers die parlement se vermoë om die uitvoerende gesag aanspreeklik te hou, verswak. Met 383 parlementêre vrae wat nog onbeantwoord is, blameer opposisiepartye ministers dat hulle nie vraagsessies gereeld bywoon ni...
Pensioen: Uitbetalings van verhoging kom in fases 09.07.2026 0:40
Vele pensioenarisse het hul frustrasie uitgespreek nadat hulle nie die terugwerkende betaling ontvang het na die 100 Namibiese dollar verhoging in die ouderdomstoelaag nie. Die maatskaplike welsyn-ministerie sê egter dat die betalings in fases uitgerol word, met alle kwalifiserende begunstigdes wat na verwagting teen September hul terugwerkende bedrae sal ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met die mini...
Die 06:00 nuus 09.07.2026 3:26
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Gedagte vir die dag met Johan Els 9 Julie 2026 09.07.2026 1:12
Luister na vandag se boodskap met Ds. Johan Els
Stad Kaapstad misluk in Khayelitsha 09.07.2026 0:18
Die Khayelitsha-ontwikkelingsforum verwelkom die bevinding van die Openbare Beskermer dat Stad Kaapstad nie voldoende basiese munisipale dienste in dele van Khayelitsha en Langa verskaf nie. Die voorsitter, Mawande Jara, het aan die SABC gesê inwoners sukkel met swak sanitasie, lekkende waterinfrastruktuur en gebrekkige dienste. Hy sê die bevindings ontbloot die werklikheid van gemeenskappe wat mi...
Wêreld hou asem op, kommer oor hervatting van oorlog 09.07.2026 0:31
Amerikaanse president Donald Trump wat Iranse leiers beledig en met meer aanvalle gedreig het, het wyd reaksie uitgelok. Kazem Gharibabadi, Iran se adjunkminister van buitelandse sake, het gesê Trump se opmerkings “is nie 'n teken van krag nie, maar eerder 'n erkenning van die mislukking van 'n beleid wat jare lank op brute geweld, sanksies en dreigemente gebou is, wat nie die Iranse nasie op sy k...
Op'ie Kantlyn, 8 Julie 2026 08.07.2026 3:05
Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
Die dag wat was, 8 Julie 2026 08.07.2026 5:37
Kry die nuus soos dit breek.
Die 18:00 nuus 08.07.2026 3:20
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die hoofnuus om 17:00 08.07.2026 4:15
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
LLPB kondig nuutste vleispryse aan 08.07.2026 0:34
Die Lewendehawe en Lewendehaweprodukteraad het hul nuutste vleispryse vir die week aangekondig. Desmond Cloete, die bemarkingbestuurder, het aan Kosmos 94.1 Nuus meer inligting oor die veilingspryse gegee.
Meer padveiligheidsveldtogte nodig 08.07.2026 0:38
'n Man het Dinsdag met geringe beserings daarvan afgekom nadat sy voertuig van 'n brug op die Westelike Verbypad gery en op die pad daaronder geval het. Beeldmateriaal van die ongeluk is wyd op sosiale media gedeel. Tydens 'n vorige onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Horst Heimstadt, uitvoerende hoof van die Namibiese Padveiligheidsforum, beklemtoon dat padveiligheidsveldtogte nie net tydens die K...
Inheemse kennis se rol in bewaring in die kollig 08.07.2026 0:35
Namibië loods môre sy publikasie "National Outlook on Indigenous and Local Knowledge of Biodiversity" om inheemse kennis formeel in nasionale bewaringsraamwerke te integreer. Kosmos 94.1 Nuus het met Kombada Mhopjeni, die landprogrambeampte vir Natuurwetenskap by Unesco gepraat, wat sê die publikasie evalueer die huidige stand van inheemse kennis en beklemtoon die noodsaaklike rol daarvan in die a...
Die 16:00 nuus 08.07.2026 3:34
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Staatsprokureurs spring om Job se aansoek af te weer 08.07.2026 0:22
Die staatsprokureurs het dokumente aan alle lede van die Nasionale Vergadering vrygestel wat die president se getekende aanbevelings bevat vir die aanstelling van die voorsitter en kommissarisse van die Verkiesingskommissie. AR-leier Job Amupanda het die ontwikkeling verwelkom, maar bygevoeg dat sy regspan steeds die dokumente hersien. Dit kom na Amupanda gedreig het om 'n dringende hofbevel te ve...
Savanna Beef-aandeelprys styg weens goeie aanvraag 08.07.2026 0:21
Savanna Beef-aandele verhandel stewig op die Namibiese Sekuriteitebeurs teen een Namibiese dollar en sewentien sent per aandeel, 'n styging vanaf sowat 1 dollar en 5 sent aan die begin van Junie. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus se medestigter Romé Mostert gepraat, wat sê die onlangse styging, gerugsteun deur 32 000 aandele wat verhandel is, weerspieël versterkende beleggersvertroue namate die maat...
Trump dreig Iran-aanvalle, olieprys spring 5% 08.07.2026 0:22
Dit blyk asof die skietstilstand tussen Amerika en Iran iets van die verlede is, met Amerikaanse president Donald Trump wat by die Navo-beraad in Turkye gedreig het om Iran vanaand weer hard met lugaanvalle te slaan. Hy het ook gedreig om Khargh-eiland in te neem en die haweblokkade weer in te stel. Hy het ook gesê die Iranse leierskap is skuim en bose mense, en sover dit hom aangaan is die skiets...
FNB Namibia kry beste SME-bank in Namibië-toekenning 08.07.2026 0:33
FNB Namibia is aangewys as die beste SME-bank in Namibië by die gesogte Global Banking & Finance Awards. Die bank bedien tans SME's in al 14 streke en handhaaf 'n geraamde aandeel van 35 tot 40 persent van Namibië se SME-bankmark. Nesdha de Jongh, hoof van SME-bankdienste by FNB Namibia, sê hierdie nasionale voetspoor het die bank as die land se toonaangewende SME-bankvennoot geposisioneer.
SA munisipaliteite moet skuldplanne maak: Tesourie 08.07.2026 0:18
Die Nasionale Tesourie sê munisipaliteite moet eers ooreenkomste oor volhoubare betalingsplanne met hul skuldeisers bereik voordat teruggehoue fondse vrygestel word. Gister is aangekondig befondsing aan 69 munisipaliteite sal tydelik teruggehou word weens oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur. Ogalaletseng Gaarekwe van die Tesourie het vanoggend op 'n nuuskonferensie gesê die reë...
Die 15:00 nuus 08.07.2026 3:06
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
NV nogmaals ontwrig deur uitstappe 08.07.2026 0:17
Die parlement is weereens in prosedurele onrus gedompel nadat opposisielede uit die Nasionale Vergadering gestap het, wat die Huis sonder 'n kworum gelaat het. Die jongste dooiepunt kom net dae na 'n soortgelyke dispuut oor die genomineerdes vir die Staatsdienskommissie, voordat Swapo uiteindelik op sy meerderheid staatgemaak het om hul goedkeuring te verseker. Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila h...
Baba-Bokke het nog werk voor Wêreldkampioenskap-halfeindronde 08.07.2026 0:15
Rugby: Die Junior Springbokke se afrigter, Kevin Foote, sê daar is steeds ruimte vir verbetering voor hulle Engeland Maandag pak in die halfeindronde van die Junior Wêreldkampioenskap in Georgië. Suid-Afrika was 14 punte agter, maar het ingehaal en Wallis uiteindelik 52-33 verslaan na agt drieë teenoor vyf om die voorlaaste ronde te haal. Foote sê hulle moet veral werk aan hulle verdediging en bal...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.