Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...

Author

Kosmos 94.1

Category

Uncategorized

Podcast website

www.kosmos.com.na

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Die 15:00 nuus 09.07.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Publiek kan insette lewer oor CFAO Healthcare-Nampharm samesmelting 09.07.2026

Meer inligting is bekend oor die Namibiese Mededingingskommissie se uitnodiging aan die publiek wat uitgereik is vir môre. Die kommissie sal 'n belanghebbendes-konferensie rakende die voorgestelde samesmelting tussen CFAO Healthcare en Nampharm hou. Die Franse maatskappy is 'n toonaangewende pan-Afrikaanse farmaseutiese verspreider en logistieke verskaffer. Dina //Gowases, die kommissie se woordvo...

Geskorste Ekurhuleni regsdienste-hoof gearresteer 09.07.2026

Die geskorste hoof van Ekurhuleni se regsdienste, Kemi Behari, en nog drie mense is in hegtenis geneem deur die Madlanga-kommissie se aanbevelings-taakspan. Behari is voor die kommissie betrek dat hy na bewering die hoof van Ekurhuleni se Metropolisie, Julius Mkhwanazi, teen tugoptrede beskerm het. Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die verdagtes is gisteraand aangetree tydens optrede...

Die 14:00 nuus 09.07.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Sokkerwêreldbeker: Die Moderne Spel van Binne Af 09.07.2026

Jean-Louis Knouwds gesels met Christopher Freygang oor die Sokkerwêreldbeker en alles wat die moderne spel so uitdagend maak. As voormalige Namibiese jeuginternasionaal en aktiewe ligaspeler deel Christopher sy unieke perspektief oor die spel, die fisiese eise wat vandag aan spelers gestel word en wat ondersteuners tydens die wêreld se grootste sokkertoernooi kan verwag. Moontlik gemaak deur Debon...

Bonnie Tyler sterf op 75 09.07.2026

Die legendariese Walliese rocksangeres Bonnie Tyler is in Portugal op 75-jarige ouderdom oorlede. In 'n verklaring op haar Facebook-blad sê haar familie dat sy onverwags Woensdagaand in die hospitaal oorlede is. Sy is in intensiewe sorg behandel nadat sy in Mei in 'n geïnduseerde koma geplaas is na 'n nood-dermoperasie tydens haar Jubileumtoer om haar loopbaan te vier. Tyler is bekend vir haar 80'...

Administrateur van studente-hulpskema mors blykbaar geld 09.07.2026

Die vakbond Nehawu sê hy is bekommerd oor bewerings dat die administrateur van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente geld mors. Volgens berigte het professor Hlengani Mathebula vier tegniese raadgewers teen 10 miljoen Suid-Afrikaanse rand per jaar gehuur en 200 000 rand aan huisvesting en reiskoste bestee. Die woordvoerder van Nehawu, Lwazi Nkolonzi, sê dis glo gedoen sonder die toestemm...

Kavango, Zambezi neem voortou in ietermagô-smokkel 09.07.2026

Die stropery van ietermagô’s duur onverpoosd voort met onlangse berigte van individue wat in hegtenis geneem is vir die onwettige besit van ietermagôvelle. Kosmos 94.1 Nuus het met Kelsey Prediger, die stigter van die Pangolin Conservation and Research Foundation, gepraat, wat sê dit is kommerwekkend dat die saak nie meer ondersteuning op 'n nasionale vlak kry nie. Sy sê die voorvalle is meer alge...

Kenner sê oor hoë werkloosheid onder landbou-graduandi 09.07.2026

Reaksie word ontvang oor landbougegradueerdes wat die meeste werkloosheid ervaar, volgens 'n ondersoek deur die Nasionale Raad se Staande Komitee oor Onderwys. Werkloosheid onder landbou-graduandi het ingekom op 47 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Wallie Roux gepraat.

NNN sê sakelui moet Chinese vennote soek 09.07.2026

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibiese sakeleiers moet die geleentheid in China gebruik om bankbare projekte te soek wat nywerhede, werkgeleenthede en waardetoevoeging van produkte in Namibië skep. Nandi-Ndaitwah het meer as 200 verteenwoordigers van die Namibiese privaatsektor en staatsbeheerde ondernemings by die Namibië-China Sakeforum in Beijing toegespreek.

Peter Bridgeford oor "Conservation & Tourism: The Early Days" 09.07.2026

Elmero Strauss gesels met Peter Bridgeford oor sy nuwe boek, Conservation & Tourism: The Early Days. As 'n ervare skrywer op die gebied van bewaring en toerisme deel hy die inspirasie agter die boek, die geskiedenis van hierdie belangrike bedrywe en waarom die lesse uit die verlede steeds vandag relevant is. Luister na 'n insiggewende gesprek oor bewaring, toerisme en die nalatenskap wat dit vir t...

Die 12:00 nuus 09.07.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Die nuus om 11:00 09.07.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Cosatu het kommer oor weerhouing van fondse aan plaaslike owerhede 09.07.2026

Die vakverbond Cosatu vra dringende ingryping om die krisis aan te spreek by die land se munisipaliteite met finansiële probleme. Dit volg nadat die Nasionale Tesourie tydelik 13,5 miljard Suid-Afrikaanse rand se befondsing aan 69 munisipaliteite weerhou het weens nienakoming. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê hulle erken die noodsaaklikheid om finansiële dissipline by hierdie munisipaliteite i...

Trump sê Iran wil praat 09.07.2026

President Donald Trump het op Air Force One met joernaliste gepraat na Woensdagaand se aanvalle wat sy weermag op Iran uitgevoer het. Hy sê Iran het kontak met die VSA gemaak wil blykbaar 'n ooreenkoms bereik.

Die 10:00 nuus 09.07.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Trump is sat vir Iran 09.07.2026

President Donald Trump van Amerika dreig met nog aanvalle op Iran en waarsku dat noodsaaklike burgerlike infrastruktuur geteiken kan word. Amerika se Sentrale Bevel het bevestig dat die weermag Dinsdagnag meer as 80 teikens getref het. Dit sluit meer as 60 klein bote van die Islamitiese Rewolusionêre Wagkorps in die Straat van Hormuz in. In reaksie het Iran Amerikaanse militêre terreine in Bahrein...

Parlement se werkstempo is maar traag 09.07.2026

Volgens die Nasionale Vergadering se jongste ordelys is ses wetsontwerpe tans in die tweede leesfase en word gedebatteer. Dit sluit in die grond-wetsontwerp en die petroleum-wysigingswetsontwerp. Na die tweede leesfases gefinaliseer is, sal die wetsontwerpe na die komitee-fase gaan en dan na die derde leesfase, voordat dit na die Nasionale Raad gaan. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige Speaker...

Kommer oor herroepte gewigsverlies medisyne 09.07.2026

Suid-Afrika se gesondheidsreguleerders waarsku die publiek en gesondheidsorgpersoneel om nie herroepte iDEXIS Semaglutide- en Tirzepatide-medisyne te gebruik, voor te skryf of uit te reik nie. Die reguleerders het gewaarsku aptekers en mediese praktisyns wat voortgaan om die herroepte medisyne in voorraad hou, voor te skryf of uit te reik, kan gedissiplineer word. Rodgers Baloyi van die Suid-Afrik...

Kom maak pot met 'n doel! 09.07.2026

Die jaarlikse liefdadigheidsgeleentheid en kookkompetisie, “Potjies with Purpose”, is terug en hierdie keer word fondse ingesamel vir die Namibiese o.18-meisiehokkiespan. Die geleentheid, wat in samewerking met die Namibiese Hokkie-unie gehou word, samel fondse in vir hul toer na Zimbabwe in Augustus. By die geleentheid op 25 Julie ding die spanne mee in korporatiewe en sosiale kategorieë by Affie...

Die 09:00 nuus 09.07.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Ten spyte van uitdagings is Lüderitz bedrywig 09.07.2026

Lüderitz ervaar 'n toename in aktiwiteit namate werk vorder aan verskeie groot ontwikkelings, insluitend die land se vlagskip groenwaterstofprojek, Hyphen Hydrogen Energy, die uitbreiding van die Lüderitz-hawe, en Fase 3 van die Lüderitz Waterfront Development Company-projek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met voormalige burgemeester van Lüderitz en nou landsleier vir die globale logistieke maatskap...

SA se plaaslike regering beleef 'n krisis 09.07.2026

United Africans Transformation sê die Nasionale Tesourie se besluit om befondsing vir 69 munisipaliteite te bevries, ontbloot 'n toenemende plaaslike regeringskrisis wat veroorsaak word deur finansiële wanbestuur, korrupsie en swak regering. Die party voer aan gemeenskappe dra die las van mislukte basiese dienste en groeiende munisipale skuld. Mighty Mabule van die organisasie vra herstelplanne, l...

Die 08:00 nuus 09.07.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Bibi sê Turkse regering is radikaal 09.07.2026

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy het president Donald Trump van Amerika gewaarsku om nie F-35 Stealth-vegvliegtuie aan Turkye te verkoop nie. Hy sê dit sal die magsbalans in die Midde-Ooste “vernietig”. Trump het vroeër die week aangedui hy is bereid om ʼn verbod op die vliegtuie se verkope aan Ankara wat hy in sy eerste termyn ingestel het, om te keer. Netanyahu het aan CNN ges...

Listen to the Kosmos 94.1 podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.