Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...

Author

Kosmos 94.1

Category

Uncategorized

Podcast website

www.kosmos.com.na

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Die 14:00 nuus 08.07.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Die hoofnuus om 13:00 08.07.2026

Kry die nuus soos dit breek.

DA sê voldoende toilette by skole is 'n reg, nie 'n doelwit nie 08.07.2026

Die DA doen ʼn beroep op alle provinsiale onderwysdepartemente om dringend skole wat nog sanitasieprobleme het, te identifiseer en duidelike planne en tydlyne te verskaf oor hoe hulle dit gaan hanteer. Dit volg nadat die Departement van Basiese Onderwys al 3 372 sanitasieprojekte by skole afgehandel het wat in die 2018-oudit oor sanitasie geïdentifiseer is. Desiree van der Walt van die DA sê veilig...

Badenoch verduidelik onttrekking by Clacton 08.07.2026

Nie die Arbeiders nog die Tories sal 'n kandidaat vir die Clacton-tussenverkiesing daarstel nie. Die verkiesing is veroorsaak deur die bedanking uit die parlement van Reform UK se Nigel Farage, en hy sal weer staan vir die pos. Hy sal na verwagting wen en dan terugkeer na die parlement en dan kan die ondersoek na sy befondsing hervat word. Tory-leier Kemi Badenoch het verduidelik hoekom hulle nie...

Dagga-aktiviste op hete kole, uitspraak môre verwag 08.07.2026

Daar is nog geen uitsluitsel in die Grondwetlike dagga saak deur aktiviste Brian Jaftha en Borro Ndungula nie. Uitspraak was Maandag verwag maar regter Claudia Claasen het die indiening van verdere dokumente geëis. Die staat het 'n aansoek vir 'n spesiale pleit gedoen om die saak van die rol te skrap, omdat hulle meen dit is 'n beleidskwessie en nie 'n regskwessie nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Jaf...

IPC eis rekord van Amutse se ondersoek na Nasan en Vivo 08.07.2026

Die IPC het die regering se hantering van 'n omstrede brandstof-mededingingsbesluit na die parlement geneem. Die party eis antwoorde van die energieminister oor die opskorting van sleutelvoorwaardes wat deur die Mededingingskommissie opgelê is vir die samesmelting van Vivo Energy Namibia met Engen. Dit raak ook Nasan Energies wat verhoed is om vir vyf jaar brandstof by Vitol aan te koop ná sy verk...

Nabta stel maatreëls vir langafstand taxi's voor 08.07.2026

Die sekretaris-generaal van die Namibiese Bus- en Taxivereniging, Pendapala Nakathingo, stel voor dat alle openbare vervoervoertuie handmatige passasiersregistrasies deur middel van kontroleboeke moet hê om owerhede na ongelukke by te staan, sowel as outomatiese brandblusserstelsels. Hy het gepraat tydens die Nasionale Raad se staande komitee oor vervoer se verhore oor padongelukke:

Die 12:00 bulletin 08.07.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Gerhard Steyn vertel die storie agter sy nuwe enkelsnit “Vra Net Vir Jou” 08.07.2026

Gerhard Steyn is terug met nuwe musiek! In hierdie gesprek gesels hy oor sy jongste enkelsnit “Vra Net Vir Jou”, ’n opregte liefdesliedjie wat geïnspireer is deur sy eie liefdesverhaal met sy vrou.

EU sê oor gryslysverwydering, sy stelsel sal nog tyd neem 08.07.2026

Die Europese Unie het die land gelukgewens met sy verwydering van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys, asook die vrystelling van die Finansiële Intelligensiesentrum se 2025/2026 jaarverslag. Die EU se ambassadeur na Namibië, Ana Beatriz Martins, het die stappe vorentoe aangedui vir die EU om ook sy wetgewing aan te pas. Namibië se nuwe status sal teen die einde van die jaar tot sy verwydering...

Boumafia beheer R63 miljard se openbare projekte 08.07.2026

Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê daar is meetbare vordering in optrede teen afpersing en intimidasie in die boubedryf. Volgens die bedryf word ongeveer 180 openbare infrastruktuurprojekte ter waarde van 63 miljard Suid-Afrikaanse rand weens afpersing, intimidasie of geweld vertraag. Die bou-mafia is veral bedrywig in KwaZulu-Natal, Gauteng en die Oos-Kaap. Mac...

Die nuus om 11:00 08.07.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor A. Vogel Echinaforce 08.07.2026

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor A. Vogel Echinaforce en waarom dit belangrik is om vroeg op te tree wanneer die eerste tekens van 'n verkoue of griep opduik.

Die 10:00 nuus 08.07.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

GRN se energiebesteding onder die loep 08.07.2026

Globale energiebesteding is op koers om vanjaar 3,4 triljoen Amerikaanse dollar te bereik, volgens 'n verslag van die Internasionale Energie-agentskap. Ongeveer 2,2 triljoen dollar hiervan sal aangewend word vir kragnetwerke, berging, brandstowwe met lae emissies, kernenergie, hernubare energie, doeltreffendheid en elektrifisering. Net sowat 1,2 triljoen dollar gaan na olie, aardgas en steenkool....

Rusland se atlete mag aan die Spele deelneem 08.07.2026

Die Internasionale Olimpiese Komitee het die Russiese Olimpiese Komitee se skorsing voorwaardelik opgehef en Russiese atlete kan nou aan sommige span-items en kwalifiserende kompetisies deelneem voor 2028 se Olimpiese Spele in Los Angeles. Die Russiese vlag en volkslied word steeds verbied. Die IOK se president, Kirsty Coventry, sê ʼn atleet se deelname aan internasionale kompetisies moenie beperk...

Sokkerkoors: Micky Kaapama ontleed die Wêreldbeker 08.07.2026

Jean-Louis gesels met Micky Kaapama, 'n Namibiese sportkommentator, uitsaaier en sokkerontleder, oor die jongste verwikkelinge by die Sokkerwêreldbeker. Met haar kundige ontleding en passie vir die spel deel sy waardevolle insigte oor die wedstryde, spelers en die stories wat die toernooi vorm. Sokkerkoors is moontlik gemaak deur Debonairs Pizza.

Action Society eis misdaadondersoek wanneer kinders kraam 08.07.2026

Action Society sê die 292 geboortes wat tussen April en Desember verlede jaar onder meisies van 10 tot 14 jaar in die Wes-Kaap aangeteken is, behoort elk tot 'n misdaadondersoek te lei. Die organisasie sê elke kinderswangerskap moet as 'n kinderbeskermingsaak behandel word om te bepaal of seksuele misbruik of uitbuiting plaasgevind het. Juanita du Preez van Action Society sê kinders moet beskerm w...

Reform UK se Farage bedank as LP 08.07.2026

Die leier van die Reform UK, Nigel Farage, het skielik bedank as die parlementslid vir Clacton, wat 'n hoërisiko-tussenverkiesing veroorsaak het waarin hy onmiddellik wil deelneem.

Die nuus om 09:00 08.07.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Handelsyfers lê lae Afrika-handel bloot 08.07.2026

Die handelstatistieke vir Mei is bekend en soos gewoonlik is streekshandel gesentreer in die Sacu-gebied. Namibië het 'n handelsurplus van 1,3 miljard Namibiese dollar met Botswana aangeteken terwyl 'n handelstekort van 2,5 miljard dollar met Suid Afrika aangeteken is. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gekry oor die lae vlakke van handel met die vasteland buite die...

VN se weeragentskap het kommer oor El Nino 08.07.2026

El Nino-toestande ontwikkel tans in die Stille Oseaan en die Wêreld Meteorologiese-organisasie van die VN sê die warmer toestande in die oseaan het 'n groot impak op weerpatrone wat hittegolwe, droogtes en uiters swaar reën en oorstromings kan veroorsaak. Celeste Saulo van die organisasie.

Die nuus om 08:00 08.07.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Trump vaar weer uit teen Navo 08.07.2026

President Donald Trump van Amerika het weereens die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie gekritiseer omdat die organisasie nie Amerika met sy oorlog teen Iran help nie. Trump woon tans Navo se jaarlikse beraad in Ankara, Turkye, by. Hy dreig om Amerikaanse soldate aan Europa te onttrek. Trump sê hy is baie teleurgesteld in Navo:

Los eerder wilde sampioene uit 08.07.2026

Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand waarsku inwoners om nie wilde sampioene te eet nie. Dit volg na 'n toename in dodelike gevalle van sampioenvergiftiging. Die departement sê selfs een byt van 'n Duiwelsbrood-sampioen kan lewerversaking en die dood veroorsaak. Die direkteur van Gifstowwe by Tygerberg, Carine Marks, raai enigiemand wat 'n wilde sampioen geëet het aan om onmiddell...

Listen to the Kosmos 94.1 podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.