Kosmos 94.1
Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.kosmos.com.na
Author
Kosmos 94.1
Category
Podcast website
Latest episode
Oct 18, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Christa Pike on hospitaal na teregstelling faal 01.10.2026 0:18
'n Dodesel-inwoner van Tennessee, Christa Pike, is in die hospitaal nadat Woensdagaand se teregstelling in Nashville misluk het. Haar teregstelling het voortgegaan ná 'n hofbevel, nadat dit vroeër op die nippertjie uitgestel is. Die 50-jarige is in 1996 ter dood veroordeel vir die moord op die 19-jarige Colleen Slemmer. Sy sou die eerste vrou sedert 1820 wees om in Tennessee tereggestel te word. W...
COSATU verheug dat werkers se geld veilig is 01.10.2026 0:14
Die werkersvakbond, COSATU het die Nasionale Bedingingsraad vir die Padvrag- en Logistieke Bedryf se uitspraak verwelkom dat werkers se geld veilig is. In nuusberigte is beweer die raad het werkers se fondse vir siekte-, vakansie- en verlofbetalings in sy finansiële state as sy eie bates voorgestel. COSATU se woordvoerder, Zanele Sabela, sê die raad het verduidelik dat sy grondwet nie vereis dat a...
CAN: Vroue moet vroeg vir kanker toets 01.10.2026 0:37
Die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, Rolf Hansen, het vroue aangespoor om vroeë sifting te prioritiseer en onthul dat meer as 700 Namibiese vroue elke jaar met borskanker gediagnoseer word. Met die begin van borskankerbewustheidsmaand het Hansen opgemerk dat CAN se vennootskap met die ministerie van gesondheid borskliniekprogramme op distriksvlak in groot hospitale gevestig h...
Sport-forum open deure by The Dome 01.10.2026 0:37
Die kontinentale forum van die Afrika-vereniging van Sportprestasiesentrums het vandag amptelik by The Dome in Swakopmund geopen. Die forum bring sportadministrateurs van regoor Afrika byeen en fokus op die mobilisering van hulpbronne, die volhoubaarheid van befondsing en langtermyn-mededingendheid op kontinentale vlak. Freddy Mwiya, hoofadministrateur van die Namibiese Sportkommissie, verskaf mee...
13:00 Hoofnuus 01.10.2026 4:00
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Jaarlikse Whk-skou vuurwerke - hou jou dierekinders veilig! 01.10.2026 0:40
Oudergewoonte is dit weer vanaand tyd vir die Windhoek Skou se vuurwerkvertoning. Kosmos 94.1 Nuus het met die Dierebeskermingsvereniging gesels, wat troeteldier-eienaars daaraan herinner dat vuurwerke aansienlike angs by diere kan veroorsaak, wat soms daartoe lei dat hulle weghardloop of hulself beseer. Silke van der Merwe, nasionale direkteur van die DBV is aan die woord.
Nog 'n nat en bewolkte naweek op die spyskaart 01.10.2026 0:23
Dit kan dalk weer ‘n nat en koel naweek wees met nog ‘n bolugstelsel wat nader aan die suid- en suid-westelike dele van Namibië beweeg, met bewolkte toestande wat more regoor die land verwag word. Weerkenner George van der Merwe sê buie kan veral in die Kharas en Hardap streek verwag word:
Trustco Group kry tussentydse hofbevel teen Riskowitz-groep 01.10.2026 0:15
Trustco Group het 'n tussentydse hofbevel teen die Riskowitz-groep verkry. Die Amerikaanse groep het in Februarie en Augustus vanjaar onsuksesvol probeer om die Trustco-direksie te vervang. Trustco se adjunk-hoofuitvoerende beampte, Quinton van Rooyen jr., sê aandeelhouers het voorheen die transaksie van 468 miljoen Namibiese dollar goedgekeur, waarvolgens Trustco 'n verdere belang van 11,35 perse...
Aanhoudende bekgevegte in NV kan in 'n politieke skouspel verander 01.10.2026 0:40
Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah waarsku dat toenemende botsings in die Nasionale Vergadering parlementêre politiek in 'n politieke skouspel kan verander en openbare vertroue kan ondermyn. Sy waarskuwing volg op voorvalle waartydens Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila opposisielede uit die parlement-gebou laat verwyder het, nadat hulle na bewering die verrigtinge ontwrig het. Hy het met Kosmos 9...
12:00 Nuus 01.10.2026 3:24
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Swapo se Vroueraad reg vir 19de kongres in Katima Mulilo 01.10.2026 0:23
Die sekretaris van Swapo se Vroueraad, Fransina Kahungu, en haar adjunk, Maria Ntusi, sal onbestrede staan vir die raad se twee top-posisies by die komende 19de kongres in Katima Mulilo. Ntusi sê die enkele nominasies weerspieël strukturele vertroue reg oor die party en dring daarop aan dat vroue met eenheid lei voor die Desember-byeenkoms. Die kongres is geskeduleer vir 9 tot 11 Desember in Katim...
Swaar reën beskadig Ruben Makaranga-gekombineerde Skool in Rundu 01.10.2026 0:26
Bestuur van die Ruben Makaranga-gekombineerde Skool in Rundu sê swaar reën vanoggend het die skool se personeelkamer aansienlik beskadig. Departementshoof vir Handel en Voorberoeps-vakke, Paul Malembo, het met Nampa gepraat en gesê die gebou het in die vroeë oggend ure verspoel wat dinge, so ná aan die jaar-eindeskamen vir leerders en onderwysers moelik maak:
11:00 Nuus 01.10.2026 4:10
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
SABC wil Parlement-TV op sy uitsaaikanale en digitale platforms aanbied 01.10.2026 0:20
Die SABC het sy voorstel herhaal om Parlement-TV op sy uitsaaikanale en digitale platforms aan te bied. Die openbare uitsaaier het aan die Parlement se portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë gesê sy televisie-, radio- en stromingsplatforms, insluitend SABC Plus, kan toegang tot nasionale wetgewing uitbrei. Die uitvoerende hoof, Nomsa Chabeli, sê albei instellings deel 'n manda...
Venaani wil hoë koste van lenings vir ontwikkelende lande bespreek 01.10.2026 0:40
Die leier van die PDM, McHenry Venaani, sal volgende week die hoë koste van lenings vir ontwikkelende lande onder parlementêre ondersoek bring. Venaani sal 'n mosie vir debat indien oor strukturele ongelykhede in die internasionale finansiële stelsel, en hoe dit Namibië se fiskale ruimte, ekonomiese ontwikkeling en vermoë om noodsaaklike nasionale prioriteite te finansier, beïnvloed.
10:00 Nuus 01.10.2026 4:20
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
SA Jeugwerkloosheidsbeweging bekommerd oor werkloosheid onder jeug 01.10.2026 0:20
Die Suid Afrikaanse Nasionale Jeugwerkloosheidsbeweging is bekommerd oor kwartaallikse werkstatistiek wat toon dat die aantal werkende mense gedaal het van 10,43 miljoen in Maart tot 10,42 miljoen in Junie – 'n afname van 14-duisend. Woordvoerder Lindokuhle Yende sê elke verlore werksgeleentheid raak inkomste en voortbestaan. Hy is bekommerd dat jongmense struikelblokke ondervind soos beperkte erv...
Zaamwani sê waterverbindingpojek van Kavangorivier na Windhoek in gevorderde stadium 01.10.2026 0:35
Die Minister van landbou en water, Inge Zaamwani, sê die projek vir 'n waterverbinding van die Kavangorivier na Windhoek is tans in ‘n gevorderde stadium, met die projek se omgewingsimpak-beoordeling wat tans aandag geniet. Dié fase van die projek sluit in konsultasies met gemeenskappe, tradisionele leiers, streeks- en plaaslike owerhede en ander belanghebbendes. Minister Zaamwani sê sodra die uit...
09:00 Nuus 01.10.2026 4:11
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Forum for South Africa: Ramaphosa se GBV-toespraak bied min nuuts 01.10.2026 0:20
Forum for South Africa sê president Ramaphosa se toespraak oor geslagsgeweld bied min nuuts, hoewel die groep die verbintenisse verwelkom. Leier Tebogo Mashilompane sê Suid-Afrikaners het al voorheen beloftes gehoor terwyl vroue steeds sterf. Hy vra besliste optrede om reg-skuiwergate te vul, wetstoepassing te versterk en te verseker dat oortreders vervolg word. Mashilompane dring op openbare bewu...
OM lei meer as 30 finansiële adviseurs en makelaars op 01.10.2026 0:25
Old Mutual se korporatiewe afdeling het onlangs sy noordelike forum vir uitnemendheid onder tussenganger-adviseurs in Oshakati aangebied aan meer as 30 deelnemers reg oor die noordelike streke. Old Mutual se Kaarina Nambinga sê finansiële adviseurs en makelaars van Oshakati, Ongwediva, Ondangwa, Opuwo en Outapi was teenwoordig.
08:00 Nuus 01.10.2026 3:48
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Netanyahu: Dis te gou om te weet of Iran by Flydubai-gebeure betrokke was 01.10.2026 0:13
Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu sê dis te gou om weet of Iran by gister se Flydubai-gebeure betrokke was. 'n Medevlieënier op 'n vlug van Dubai na Tel Aviv het die vlieënier in die stuurkajuit met 'n mes gesteek in 'n klaarblyklike poging om die vliegtuig te laat val. Passasiers en die kajuitpersoneel het die aanvaller oorrompel en twee ander vlieëniers van Flydubai wat aan boord w...
Meer as een-miljoen toeriste besoek SA in Augustus 01.10.2026 0:22
Suid-Afrika het in Augustus meer as 'n miljoen internasionale toeriste verwelkom, 'n toename van 7,4-persent vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die minister van toerisme, Patricia de Lille, sê die toename dui op 'n sterk belangstelling in Suid-Afrika en behoort gebruik te word om meer werksgeleenthede, beleggings en geleenthede te skep. Die ministerie se woordvoerder, Aldrin Sampear, sê d...
NSA: Namibië se vrugbaarheidsyfer toon skerp daling 01.10.2026 0:39
Die Namibiese Statistieke-agentskap het die jongste nasionale projeksies vir vrugbaarheid, mortaliteit, migrasie en bevolking vrygestel. Dit toon dat die land se vrugbaarheidsyfer 'n skerp daling ondergaan het, van 6,1 geboortes per vrou in 1991 tot 4,1 in 2001, en uiteindelik tussen 2011 en 2023 op 3,9 geboortes per vrou gestabiliseer het. Die statistiekagentskap se woordvoerder, Esther Simasiku,...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.