Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.kosmos.com.na

Author

Kosmos 94.1

Category

Uncategorized

Podcast website

www.kosmos.com.na

Latest episode

Oct 18, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

07:00 Hoofnuus 01.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Donderdag, 1 Oktober 2026 01.10.2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Stadig, maar seker: Dis hoe Namibië sy ontluikende oliebedryf moet ontwikkel, sê 'n professor Jenik Radon van die toonaangewende Columbia-universiteit in Amerika. Ook in vanoggend se KosmosKapitaal-nuus: Paratus Namibië het in sy afgelope boekjaar miljoene belê, maar moes die prys daarvoor betaal.

NNN: Nuut-ontginde 176,29-karaat diamant 'n groot prestasie vir Namibië 01.10.2026

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê die natuurlike diamant van 176,29 karaat wat deur Namdeb by sy Suidkus-myn in Oranjemund ontgin is, is 'n groot prestasie vir Namibië. Sy sê die diamant bied 'n geleentheid om Namibië se reputasie vir sy natuurlike diamante te versterk en die ekonomiese waarde wat uit die land se minerale hulpbronne verkry word, te verhoog.

Madlanga-kommissie begin met verhore agter geslote deure 01.10.2026

Die Madlanga-kommissie sal vir die volgende twee weke sittings agter geslote deure hou om getuienis aan te hoor wat nie in die openbaar bekendgemaak kan word nie weens hangende ondersoeke en vertroulike materiaal. Openbare sittings sal op 9 November hervat, ná die plaaslike verkiesing op 4 November. Jeremy Michaels van die kommissie sê 'n tweedaagse seminaar sal vandeesmaand gehou word ter voorber...

NLU: Daar is steeds onsekerheid oor BKS-reëls en regulasies 01.10.2026

Intussen sê die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius, dat daar 30 spanne in die Karasburg-distrik ontplooi is om die siekte se verspreiding na te spoor. Pretorius sê die spanne werk om die uur om die bron en presiese verspreiding van die siekte te bepaal. Hy sê hoewel die beperkings wat aanvanklik aangekondig is, ‘n week gelede verslap is, bly daar egter steeds onsekerheid oo...

06:00 Nuus 01.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Gedagte vir die dag met Johan Els 1 Oktober 2026 01.10.2026

Luister na vandag se boodskap met Ds. Johan Els

Britse regering glo Iran het 'n rol gespeel in RAF Fairford-voorval 01.10.2026

Die Britse regering glo dat Iran 'n rol gespeel het in die RAF Fairford-voorval waarin vyf mans in hegtenis geneem en toe borgtog toegestaan is, volgens premier Andy Burnham. Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat een van die vyf mans self die noodnommer 999 geskakel het voordat die groep in hegtenis geneem is. 'n Inwoner van die area het ook die nommer geskakel, sowat 'n uur-en-'n-half late...

SA en Frankryk versterk ekonomiese samewerking 01.10.2026

Suid-Afrika en Frankryk versterk hul ekonomiese samewerking en fokus op infrastruktuur, industrialisering en inklusiewe groei. Die minister van Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, sê Frankryk is Suid-Afrika se grootste regstreekse buitelandse belegger. Meer as 480 Franse maatskappye in die land bied werk aan meer as 65 000 mense. Dertig Franse maatskappye het beleggingsverbin...

Op'ie Kantlyn, 30 September 2026 30.09.2026

Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.

Die dag wat was, 30 September 2026 30.09.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Die 18:00 nuus 30.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Engelse Premierliga lê Man City se gekonkel bloot 30.09.2026

Sokker: Die Engelse Premierliga sê Manchester City het "skynkontrakte" met verskeie van sy kommersiële vennote aangegaan as deel van 'n verbloemde finansieringskema om die klub se inkomste met ongeveer 18-miljard Namibiese dollar te vermeerder. 'n Onafhanklike kommissie het City skuldig bevind aan alle aanklagte wat verband hou met oortredings van die Premierliga se finansiële reëls tussen die 200...

BKS nou op 5 plase aangemeld: Zaamwani 30.09.2026

Bek-en-klouseer is nou op vyf plase in die Karasburg-distrik aangemeld. Landbouminister Inge Zaamwani het tydens haar parlementêre toespraak vanmiddag gesê die uitbreking bly beperk tot 'n spesifieke gebied, terwyl amptenare met die Europese Unie in gesprek tree oor lewende hawe, asook vleis wat reeds onderweg is. Sy het 'n beroep op die publiek gedoen om by vee-bewegingsbeperkings te hou. Sy het...

BKS nou op 5 plase aangemeld: Zaamwani 30.09.2026

Bek-en-klouseer is nou op vyf plase in die Karasburg-distrik aangemeld. Landbouminister Inge Zaamwani het tydens haar parlementêre toespraak vanmiddag gesê die uitbreking bly beperk tot 'n spesifieke gebied, terwyl amptenare met die Europese Unie in gesprek tree oor lewende hawe, asook vleis wat reeds onderweg is. Sy het 'n beroep op die publiek gedoen om by vee-bewegingsbeperkings te hou. Sy het...

Die hoofnuus om 17:00 30.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Regering moet LGBT-Namibiërs betrek by menseregte-konsultasies 30.09.2026

Die regering se reaksie op aanbevelings in sy jongste VN-menseregte-oorsig het kommer laat ontstaan by die LGBT-regte organisasie Equal Namibia. Van die 21 aanbevelings oor seksuele oriëntasie, gender-identiteit en -uitdrukking, asook seksuele kenmerke, het die regering vier ondersteun en 17 "aangeteken". Justisieminister Wise Immanuel sê die aanbevelings sal uitgebreide konsultasie vereis, maar K...

Help boere en stel grondbelasting uit: Schlettwein 30.09.2026

Oud-landbouminister Calle Schlettwein doen 'n beroep op die regering om onmiddellike verligting aan boere te bied deur die sperdatum vir die indiening van grondbelasting uit te stel. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê Schlettwein dat boere onder geweldige druk verkeer weens die bek-en-klouseer uitbreking en die dreigende El Niño. Hy waarsku dat bykomende finansiële druk hul boerderybedrywighede...

Unam sit uitvoerende kunste in die kollig by NTN 30.09.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Unam sit uitvoerende kunste in die kollig by NTN 30.09.2026

Opkomende uitvoerende kunstenaars gaan in die kollig tree wanneer die Nasionale Teater van Namibië en die Universiteit van Namibië die "Unam Performing Arts Showcase Week" van 2026 aanbied. Desiree Mentor, woordvoerder van die NTN, sê die tweedaagse vertoonreeks wat op 9 en 10 Oktober om 6-uur die aand by die NTN Backstage plaasvind, sal musiek, drama, dans en beweging insluit. Dit sal aan senior...

Die 16:00 nuus 30.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Burnham wil Brittanje in nuwe rigting stuur 30.09.2026

Die Britse eerste minister, Andy Burnham, sê sy agenda gaan die patroon van die afgelope 40 jaar verbreek en Brittanje in 'n nuwe rigting stuur. In sy eerste toespraak as eerste minister tydens die Arbeidersparty se konferensie het hy onderneem om die weg te baan vir groter openbare beheer oor behuising, water en energiedienste. Burnham het verder onderneem om Brittanje se verkiesingstelsel te her...

Ambassdeur vra geduld oor EU se reaksie op BKS 30.09.2026

Die Europese Unie vra vir geduld terwyl die implikasies van die uitbreking van bek-en-klouseer op beesvleisuitvoere na die Europese mark beoordeel word. Die EU se ambassadeur in Namibië, Ana Beatriz Martins, het plaaslike owerhede geprys vir wat sy as 'n vinnige, deursigtige en professionele reaksie beskryf, midde vrae oor berigte dat 'n besending Namibiese beesvleis vanuit Europa teruggestuur is.

Die 15:00 nuus 30.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Cosatu bly oor Cyril se geslagsgeweld-ingrypings 30.09.2026

Die vakverbond Cosatu verwelkom president Cyril Ramaphosa se aankondiging van verdere ingryping om geslagsgeweld en vrouemoord te takel. Die president het ʼn multidissiplinêre nasionale strategie uiteengesit wat ʼn gekoördineerde feitesending en verslag oor agterstande wat hierdie saak betref, insluit. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die Mediumtermyn-begroting-beleidsverklaring moet die polisie...

Listen to the Kosmos 94.1 podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.