Kosmos 94.1
Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.kosmos.com.na
Author
Kosmos 94.1
Category
Podcast website
Latest episode
Oct 18, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Alte Feste-restourasie vorder goed 02.10.2026 0:40
Befondsing van 11 miljoen Namibiese dollar is tot dusver verkry vir die restourasie van Windhoek se historiese Alte Feste. Die projek is nou in sy tweede fase. Die restourasie van die gebou se Wesvleuel vorder goed en werk aan nuwe vloere, elektriese infrastruktuur, strukturele versterking en die herstel van vensters is reeds aan die gang. Projekkoördineerder Shareen Thude sê restourasie-werk het...
SA Openbare Beskermer-kantoor kry skoon oudit 2de jaar in 'n ry 02.10.2026 0:20
Die Suid Afrikaanse Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, het haar kantoor se prestasie geprys, nadat hy vir 'n tweede agtereenvolgende jaar 'n skoon oudit behaal het. Gcaleka sê die instelling se saakafhandeling het tot 89% verbeter, terwyl sake wat deur die howe hersien is, met 87% afgeneem het. Sy sê die implementering van regstellende maatreëls het tot 67% gestyg. Gcaleka sê die instelling het...
NLU vra inwoners om nie vleis te vervoer of adverteer nie 02.10.2026 0:35
Intussen sê die Namibiese Landbou-unie dat die BKS-uitbreking steeds beperk bly tot vyf plase in die //Kharas-streek, soos deur die landbou-ministerie aangemeld is. NLU-president, Thinus Pretorius sê die Direktoraat Veeartsenydienste werk nou daaraan om te bepaal presies wanneer die siekte die grens oorgesteek het:
06:00 Nuus 02.10.2026 4:13
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Vrydag, 2 Oktober 2026 02.10.2026 2:46
In jou finansiële nuus vanoggend: ReconAfrica gaan sy jagtog na gas in Kavango-Wes met tegnologie aanpak wat 'n eerste vir die groep en vir Namibië gaan wees. ReconAfrica se uitvoerende hoof, Brian Reinsborough, vertel ons meer. En: Die prysmonster is besig om op te warm om 'n inflasiekoers van meer as 6 persent te jaag.
Gedagte vir die dag met Johan Els 2 Oktober 2026 02.10.2026 2:25
Luister na vandag se boodskap met Ds. Johan Els
SA Staatsdienskommissie-voorsitter waarsku korrupsie is nie toevallig nie 02.10.2026 0:19
Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, Somadoda Fikeni, waarsku korrupsie en ingewortelde mislukkings in Suid-Afrika is nie toevallig nie. Hy het die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Openbare Administrasie en Bestuur in Durban toegespreek. Fikeni sê ondoeltreffendheid kan 'n winsmodel word vir diegene wat daarby baat vind. Hy beskryf dit as 'n politieke ekonomie van ondoeltreffendheid, waarin...
NamPower vier 30ste bestaansjaar met strategiese sakeplan 02.10.2026 0:22
NamPower het ter viering van sy 30ste bestaansjaar sy geïntegreerde strategiese sakeplan vir 2026 tot 2030 bekendgestel, om plaaslike kragopwekking te bevorder, invoerafhanklikheid te verminder en bekostigbare elektrisiteit te verseker. Besturende direkteur Kahenge Haulofu sê bates het gegroei van 'n aanvanlike 3,8 miljoen Namibiese dollar tot 59 miljard dollar. 'n Netto wins van 1,4 miljard dolla...
Op'ie Kantlyn, 1 Oktober 2026 01.10.2026 3:34
Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
Die dag wat was, 1 Oktober 2026 01.10.2026 4:36
Kry die nuus soos dit breek.
Die 18:00 nuus 01.10.2026 4:10
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Outa juig omdat huis-sonkrag registrasie verleng is 01.10.2026 0:21
Die Organisasie teen Belastingmisbruik verwelkom Eskom se besluit om sy kwytskelding van registrasiekoste vir klein sonkragstelsels van tot 50 kilovolt-ampère tot verdere kennisgewing te verleng. Die organisasie sê Eskom dring egter steeds aan dat registrasie verpligtend is, selfs vir veilige huishoudelike stelsels wat nie krag na die netwerk invoer nie. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, s...
Wibooi vra vir robuuste ontwikkelingstrategieë vir Afrika 01.10.2026 0:40
Visepresident Lucia Witbooi vra 'n verskuiwing van korttermynoplossings na robuuste, nasionaalgeleide ontwikkelingstrategieë wat plaaslike hulpbron-benefisiasie en impak op grondvlak dryf. Sy het by die opening van die 2026 Africa's Future-konferensie gesê dat oorbrugging van die kontinent se ekonomiese gaping sterk vennootskappe, institusionele veerkragtigheid en multidissiplinêre navorsing verei...
Die hoofnuus om 17:00 01.10.2026 4:17
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Eiseb neem amptelik ACC-teuels oor by Noa 01.10.2026 0:35
Bryan Eiseb het amptelik die amp as direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie aanvaar en Paulus Noa opgevolg wat 20 jaar in die pos gedien het. Tydens 'n seremonie het Noa simbolies die sleutels van sy kantoor aan Eiseb oorhandig, wat die oorgang van die kommissie se stigtingsleierskap na sy nuwe administrasie gemerk het. Noa is aan die woord.
SME's 'moet hul huis in orde kry vir finaniering' 01.10.2026 0:38
SMEs Compete doen 'n beroep op eienaars van kleinbesigheide om groter verantwoordelikheid te aanvaar om te verseker dat hul ondernemings professioneel bestuur en geposisioneer word om finansiering te bekom. Direkteur Danny Meyer sê daar is te veel heen-en-weer-kommunikasie tussen kleinsakeondernemings en finansiers. Hy sê leners wys op swak bestuur, terwyl kleinbesigheid-eienaars aanvoer dat hulle...
IPC se Nashinge beaam Swapo-ministers se vertragingstaktieke 01.10.2026 0:22
Die IPC se parlementêre leier, Imms Nashinge, steun die LPM se bewerings dat Swapo-ministers doelbewus vertragingstaktieke gebruik om aanspreeklikheid in die Nasionale Vergadering te ontduik. Nashinge sê dat ministers doelbewus laat opdaag sodat vraagtyd uitloop voordat hulle vrae kan beantwoord. Hy het ook voorsittende beamptes gekritiseer vir die sensuur van opposisie-navrae en ministers daarvan...
Slangteengif nou genoeg, maar nie ander teengiwwe 01.10.2026 0:40
Die land se voorraad slangteengif het gestabiliseer danksy die Pan African Premium-polivalente teengif, wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie goedgekeur is, wat in die land aangekom het. Kosmos 94.1-nuus het met die slangkenner Francois Theart gesels, wat sê daar's nog ander teengif-tekorte:
Die 16:00 nuus 01.10.2026 3:24
Kry die nuus soos dit breek.
Die 15:00 nuus 01.10.2026 3:50
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Nie seker of Iran in Fludubai-chaos betrokke was: Bibi 01.10.2026 0:13
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê dis nog nie seker of Iran betrokke was by gister se Flydubai-gebeure nie. 'n Medevlieënier op 'n vlug na Tel Aviv het die vlieënier met 'n mes gesteek in 'n klaarblyklike poging om die vliegtuig te laat neerstort. Passasiers en bemanningslede het hom oorrompel en twee ander vlieëniers aan boord het in Saoedi-Arabië geland. Netanyahu sê daar word on...
Maak seker jou huweliksrekords is reg, vra minister 01.10.2026 0:14
Binnelandse sake-minister Lucia Iipumbu versoek getroude paartjies om hul naaste ministeriekantoor te besoek om hul huweliksrekords te verifieer en te bekragtig. Iipumbi verwys na wydverspreide teenstrydighede wat veroorsaak word deur onvolledige registers. Iipumbu het paartjies aangespoor om hul status reg te stel terwyl beide partye leef, om ernstige administratiewe komplikasies vir oorlewende g...
Alcaraz hewig gekant teen Grand Slam-veranderinge 01.10.2026 0:20
Tennis: Die Spanjaard Carlos Alcaraz sê om van vyfstel-wedstryde ontslae te raak sal die nalatenskap van Grand Slam-toernooie uitwis. Daar is 'n toenemende debat oor werkslading, die laat voltooing van wedstryde en die eise van die speelskedules. Dit het stukrag gekry tydens verlede maand se Amerikaanse Ope-kwarteindronde toe die Amerikaner Ben Shelton vir Alcaraz, die verdedigende kampioen, eers...
Die 14:00 nuus 01.10.2026 3:48
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Christa Pike on hospitaal na teregstelling faal 01.10.2026 0:18
'n Dodesel-inwoner van Tennessee, Christa Pike, is in die hospitaal nadat Woensdagaand se teregstelling in Nashville misluk het. Haar teregstelling het voortgegaan ná 'n hofbevel, nadat dit vroeër op die nippertjie uitgestel is. Die 50-jarige is in 1996 ter dood veroordeel vir die moord op die 19-jarige Colleen Slemmer. Sy sou die eerste vrou sedert 1820 wees om in Tennessee tereggestel te word. W...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.