Kosmos 94.1
Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.kosmos.com.na
Author
Kosmos 94.1
Category
Podcast website
Latest episode
Oct 18, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
NNN prys One Economy Foundation vir sy jeug-bemagtiging 02.10.2026 0:34
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die One Economy Foundation geprys vir die bemagtiging van Namibiese jeug en mikro-ondernemings tydens hul 11de jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid in Windhoek. Nandi-Ndaitwah het beklemtoon dat sosiale transformasie 'n noodsaaklike nasionale bate is, tesame met ekonomiese groei, en die stigting geprys vir die voorsiening van jongmense van noodsaaklike vaardig...
Ramaphosa sê onderwysers en skole moet GBV help beveg 02.10.2026 0:18
Die Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sê opvoeders en die breër onderwysgemeenskap moet meer doen in die geveg teen geslagsgeweld en vrouemoord. Ramaphosa sê skole het 'n rol om te speel om geweld te voorkom voordat dit plaasvind. Hy het gister ’n toespraak gelewer by die 26ste Nasionale Onderwystoekennings in Ekurhuleni. Hy sê skole moenie seksuele teistering, mishandeling of uitbuiting d...
11:00 Nuus 02.10.2026 4:11
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Kobus Laubscher prys Namibië se vinnige BKS-reaksie 02.10.2026 0:28
Die landboukundige Kobus Laubscher sê die feit dat vervoer- en handel-inperkings so vinnig aangekondig is, wys hoe ernstig die regering die bek-en-klouseer-uitbreking opneem. Laubscher het Namibiese owerhede geprys vir hul vinnige reaksie en veral melding gemaak van deursigtige kommunikasie en die onmiddellike isolasie van die //Kharas-streek. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en beklemtoon dat...
City Power herstel 45% van sentrale-Johannesburg krag 02.10.2026 0:15
City Power sê hy het 45-persent van die elektrisiteitstoevoer herstel wat deur 'n brand by sy sentrale substasie in Johannesburg geraak is. Volgens die nutsmaatskappy is die herstel vroeër as die verwagte tydperk van sewe dae voltooi. Krag is na die Carlton-sentrum en Standard Bank herstel, terwyl Selby deur 'n alternatiewe roete voorsien word. Isaac Mangena van City Power sê daar is nog geen beve...
10:00 Nuus 02.10.2026 4:04
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Nuwe brandstofpryse vandag aangekondig 02.10.2026 0:19
Met die minister van myne en energie, Modestus Amutse, wat vanmiddag om 12-uur ‘n perskonferensie gaan hou, moet Namibiërs hulself maar gereed maak vir ‘n moontlike brandstofprysverhoging. Oliepryse bly hemelhoog en onsekerheid oor die veiligheidsituasie in die Rooi See het daartoe bygedra dat die Suid Afrikaanse Sentrale Energiefonds ook vandag genoem het dat petrolpryse in die buurland met tot s...
09:00 Nuus 02.10.2026 4:05
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Trump erken Iran-oorlog kan sy party in November-verkiesings benadeel 02.10.2026 0:20
President Donald Trump van Amerika erken dat die sewe maande lange oorlog teen Iran die Republikeinse Party se kanse in die November-middeltermyn-verkiesing kan belemmer. Hy het voorheen gewaarsku Teheran wil nie voor die verkiesing ʼn ooreenkoms bereik nie. Iran het onlangs ʼn skietstilstand van sewe dae voorgestel, en dat die Straat van Hormoes in fases heropen word. Amerika het ʼn teenaanbod gema...
SA regering se vierpunt-herstelplan wil stryd teen GBV versterk 02.10.2026 0:20
Die regering sê sy vierpunt-herstelplan sal die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord versterk. Die plan beoog om polisiëring, ondersoeke, forensiese werk en vervolgings te verbeter, en sal fokus op onopgeloste moorde, verkragtings en ernstige seksuele misdrywe waarby vroue en kinders betrokke is. Mans en seuns word ook aangemoedig om hulle uit te spreek teen geweld en skadelike gedrag. Die adjun...
Solidariteit waarsku teen rasgebaseerde tenders 02.10.2026 0:19
Die vakbond Solidariteit het verskeie staatsinstellings en munisipaliteite gewaarsku om nie bepalings van die Wet op Openbare Verkryging, wat tans ongeldig is, in tenderprosesse te gebruik nie. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof gelas het die wet is onregmatig verorden. Theuns du Buisson van Solidariteit sê ras-, geslags- of gestremdheidsvereistes wat verbind word met die ongeldige wet, moenie...
Old Mutual Namibië vra Namibiërs om nie Fima-wet te ignoreer nie 02.10.2026 0:30
Andreas Shaanika, hoof van konsultasie by Old Mutual Namibië, doen 'n beroep op gewone Namibiërs om nie die Wet op Finansiële Instellings en Markte, of Fima te ignoreer nie, aangesien dit hul geld raak. Hy sê die wetgewing is relevant vir werkers wat tot aftreefondse bydra, mense wat vir mediese dekking betaal, polishouers en beleggers. Shaanika sê hoewel Fima kompleks lyk, moet almal moeite te do...
08:00 Nuus 02.10.2026 4:09
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Hof hoor van grafiese beeldmateriaal tussen Sibiya en beweerde slagoffers 02.10.2026 0:27
Die Randburgse Landdroshof het aantygings gehoor oor 'n aand toe die geskorste adjunk nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, en twee meisies, van onderskeidelik 16- en 18-jaar-oud jaar oud saam was. 'n Ondersoekbeampte, bekend as sersant Ndlovu, het getuig Sibiya het die meisies na bewering na 'n ontkleeklub geneem voor hul teruggekeer het na 'n hotel, waar hy glo voorgestel het hul moet '...
Naretu & AA wil bestuursvernuf van vragmotorbestuurders verbeter 02.10.2026 0:36
Die Namibian Revolutionary Transport Union, Naretu, neem sy inisiatief om bestuurders in defensiewe bestuur op te lei, 'n stap verder. Die vakbond en die Automobielvereniging van Namibië het 'n ooreenkoms onderteken om vragmotorbestuurders toe te rus om gevare op die pad te identifiseer, potensiële gevare te voorsien en gepas daarop te reageer om ongelukke te voorkom. Kosmos 94.1-nuus het met Nare...
07:00 Hoofnuus 02.10.2026 3:44
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Namibië slaggereed vir ICC-Krieketwêreldbeker vir mans in 2027 02.10.2026 0:36
Krieket Namibië is slaggereed om die wêreld in 2027 na die land te verwelkom! Namibië tree as gasheer op vir die ICC-krieketwêreldbeker vir mans in 2027, met die groot toernooi wat op 2 Oktober 2027 afskop. Die Uitvoerende Direkteur van die Ministerie van onderwys en sport, Gerard Vries, sê hy is opgewonde en dat die toernooi baie voordele vir die land inhou:
Alte Feste-restourasie vorder goed 02.10.2026 0:40
Befondsing van 11 miljoen Namibiese dollar is tot dusver verkry vir die restourasie van Windhoek se historiese Alte Feste. Die projek is nou in sy tweede fase. Die restourasie van die gebou se Wesvleuel vorder goed en werk aan nuwe vloere, elektriese infrastruktuur, strukturele versterking en die herstel van vensters is reeds aan die gang. Projekkoördineerder Shareen Thude sê restourasie-werk het...
SA Openbare Beskermer-kantoor kry skoon oudit 2de jaar in 'n ry 02.10.2026 0:20
Die Suid Afrikaanse Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, het haar kantoor se prestasie geprys, nadat hy vir 'n tweede agtereenvolgende jaar 'n skoon oudit behaal het. Gcaleka sê die instelling se saakafhandeling het tot 89% verbeter, terwyl sake wat deur die howe hersien is, met 87% afgeneem het. Sy sê die implementering van regstellende maatreëls het tot 67% gestyg. Gcaleka sê die instelling het...
NLU vra inwoners om nie vleis te vervoer of adverteer nie 02.10.2026 0:35
Intussen sê die Namibiese Landbou-unie dat die BKS-uitbreking steeds beperk bly tot vyf plase in die //Kharas-streek, soos deur die landbou-ministerie aangemeld is. NLU-president, Thinus Pretorius sê die Direktoraat Veeartsenydienste werk nou daaraan om te bepaal presies wanneer die siekte die grens oorgesteek het:
06:00 Nuus 02.10.2026 4:13
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Vrydag, 2 Oktober 2026 02.10.2026 2:46
In jou finansiële nuus vanoggend: ReconAfrica gaan sy jagtog na gas in Kavango-Wes met tegnologie aanpak wat 'n eerste vir die groep en vir Namibië gaan wees. ReconAfrica se uitvoerende hoof, Brian Reinsborough, vertel ons meer. En: Die prysmonster is besig om op te warm om 'n inflasiekoers van meer as 6 persent te jaag.
Gedagte vir die dag met Johan Els 2 Oktober 2026 02.10.2026 2:25
Luister na vandag se boodskap met Ds. Johan Els
SA Staatsdienskommissie-voorsitter waarsku korrupsie is nie toevallig nie 02.10.2026 0:19
Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, Somadoda Fikeni, waarsku korrupsie en ingewortelde mislukkings in Suid-Afrika is nie toevallig nie. Hy het die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Openbare Administrasie en Bestuur in Durban toegespreek. Fikeni sê ondoeltreffendheid kan 'n winsmodel word vir diegene wat daarby baat vind. Hy beskryf dit as 'n politieke ekonomie van ondoeltreffendheid, waarin...
NamPower vier 30ste bestaansjaar met strategiese sakeplan 02.10.2026 0:22
NamPower het ter viering van sy 30ste bestaansjaar sy geïntegreerde strategiese sakeplan vir 2026 tot 2030 bekendgestel, om plaaslike kragopwekking te bevorder, invoerafhanklikheid te verminder en bekostigbare elektrisiteit te verseker. Besturende direkteur Kahenge Haulofu sê bates het gegroei van 'n aanvanlike 3,8 miljoen Namibiese dollar tot 59 miljard dollar. 'n Netto wins van 1,4 miljard dolla...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.