Klank Kompas
Kerkbode Kollig
Gereelde podcasts gevul met insetsels oor kerknuus, geloofstories en gesprekke om jou in te lig, laat nadink en inspireer. Kerkbode is die amptelike nuusblad van die NG Kerk.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Episode 14: ‘Oom dominee Freddie’ gryp op 84 die kans om sy roeping uit te leef 19.05.2024 18:21
Kerkbode het vandeesweek gesels met ’n afgetrede boer Freddie Faul wat in Februarie as standplaasleraar bevestig is by die NG Gemeente Mariental in Namibiё. Dit gebeur tydens ons storietoer in die maand van Mei deur hierdie land wat die kleinste-in-lidmaattal-en-grootste-in-grondgebied-streeksinode van die NGK se “tien samestellende kerke” het. Kyk ook gerus hierdie video: https://youtu.be/JoYCvh7...
Episode 13: Twee stories: Gesonde baba na kankerdiagnose + hoe kies jy vir wie om te stem? 12.05.2024 10:45
Ds Arina Zandberg van Kimberley was skaars twee maande swanger toe sy en haar man Dirk die skoknuus kry dat sy Hodgkins-limfoon het. Dit is ’n kanker wat die limfklierstelsel aanval wat deel vorm van jou liggaam se immuunstelsel. Hulle eerste gedagte was dat hulle die baba gaan verloor, maar in April vanjaar is klein Jana gebore. ‘n Gesonde baba van 3.1kg. Kerkbode het Arina gevra om hulle storie...
Episode 12: Twee skrywervriende gesels oor nuwe boeke in Pinkstertyd 05.05.2024 26:04
Donderdag 9 Mei is Hemelvaart. Nou in verkiesingstyd in ons land wonder Cas Wepener hoeveel vernuwingswerk die Gees van God by hom kan bring as hy bereid is om te luister eerder as kla. So vertel hierdie Stellenbosse professor vir sy jarelange vriend, emeritus-prof Chris van der Merwe. Dié twee skrywers het elk ’n nuwe boek uit wat oor geloofstema’s handel. Aan die hand daarvan gesels die liturg e...
Episode 11: 'n Verhaal van omkeer uit die Paarl 28.04.2024 23:30
Aletia Grundling vertel die verhaal van hoe sy en vroue soos Cathy Ross en Jenny Arendse met liefde en omgee vir bendekinders ‘n drama-en skryfskool kon begin. Sy is die hoof van Monte Christo Miqlat of MCM, ‘n NGO wat deur hulle veeldoelige sentrum al vir jare ‘n veilige tuiste bied vir voorskoolse klasse en ‘n naskool. Luister ook na die volledige onderhoud met Aletia Grundling op Klank Kompas:...
Episode 10: Hoe moet lidmate ‘goedkoop versoening’ verstaan? 21.04.2024 23:00
Is verhoudings tussen wit en bruin en swart Christene in die banke van kerke soos die NG Kerk en die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) 30 jaar ná apartheid aan ’t versterk en verdiep? Is daar grondige versoening tussen rasse en op strukturele vlak binne die NG Kerk die soort “herstellende geregtigheid” waarvan teoloë praat? In hierdie Kollig-episode berig ons vanuit Durban oor ’n onlangse inter...
Episode 9: 'Ek is nou genees van te gou opgee' - Red 'n plaas camino-stappers vertel 14.04.2024 13:10
Kollig Episode 9: Wanneer geloof tekkies dra Kollig reis vandeesweek binneland toe. Karoo toe. DJ Muller van Kaapkerk se kommunikasiespan is saam. Hier op Victoria-Wes kry ons twee stories wat iets vertel van hoe geloof lyk wat hande en voete kry. Die Red n Plaas naam is welbekend. Vanjaar se caminostap vir hierdie Noord- Kaapse inisiatief was in die omgewing van Victoria-Wes. Kobus en Zelda Groen...
Episode 8: #imagine en Pelgrimstog van Hoop se staproetes bied mense hoop 07.04.2024 30:50
Tien jaar. Dit is hoe lank die #imagine-jeugkampe sowel as die Pelgrimstog van Hoop aan die gang is - altwee buitelugervarings wat vanuit die kerk ontstaan het. Tussen die meer as 2000 tieners uit sowat 212 dorpe van regoor die land en selfs uit Namibie, wat vanjaar se #imagine-kampe bygewoon het, was daar weer, soos elke jaar, kinders vir wie hierdie hulle eerste kamp ooit was. Ds Anriëtte de Rid...
Episode 7: Twee vertel hoe Jesus se lyding hulle dieper geraak het 31.03.2024 37:00
Emeritus-prof Pieter Carstens van Pretoria wou in Februarie 2019 weens ’n terminale kankerdiagnose sy lewe waardig afeindig. Hy wou dit doen met bystanddood by die Dignitas-kliniek in Switserland soos wat Carol de Swardt van George (ook gediagnoseer met aggressiewe velkanker) vroeër vanjaar gedoen het. Toe gebeur in sy woorde “net ’n wonderwerk”. Danksy ‘n toe nog redelik nuwe kankermedikasie is s...
Episode 6: ‘Ses jaar as gyselaar maak my geloof sterker’ 24.03.2024 33:20
Gerco van Deventer was vir ses jaar as gyselaar aangehou in Noord-Afrika. Eers in ’n huis, toe ’n tent en daarna onder ’n boom iewers tussen die sandduine van die Sahara met net ’n kombers as beskerming. Vir hierdie episode van Kerkbode Kollig vertel hy sy geloofstorie - van die dag van sy ontvoering tot sy vrylating einde laasjaar toe hy met sy gesin herenig is. Ons bly in Afrika en luister ook n...
Episode 5: God se hart vir weerloses 17.03.2024 27:00
Dinsdag 19 Maart is internasionale Maatskaplike Werkerdag. Regoor die land is baie maatskaplike hulporganisasies wat uit die kerk ontstaan het. In hierdie episode van Kerkbode Kollig fokus ons op van hierdie organisasies in Gauteng wat nou saam met ander deur ‘n bestaanskrisis bedreig word omdat die provinisiale regering hulle subsidies drasties wil besnoei. Ds Yolandi Kok is ringvoorsitter vir di...
Episode 4: Op reis met God 10.03.2024 28:29
Dr Tom Smith van Fontainebleau Gemeenskapskerk in Randburg neem op 1 April oor by dr Andre Bartlett as hoof van Excelsus, die NG Kerk se Sentrum vir Voortgesette Bedieningsontwikkeling in Pretoria. Hy het met Kerkbode Kollig gesels oor sy eie jarelange geloofsavontuurreis asook waarna hy uitsien in sy nuwe pos en hy het so bietjie vertel oor sy nuwe boek, Vind God in die gewone. Ons maak ook ’n dr...
Episode 3: In saamloop lê hoop 01.03.2024 25:21
Nie net ons land is stukkend nie. Ook binne die kerk is daar stukkendheid. Daar is gemeentes wat sê hulle maak hulle los van strukture soos die Algemene Sinode, ringe en streeksinodes maar hulle wil NG Kerk bly. Ons gesels hieroor met Jan Lubbe, ’n NG dominee van Bloemfontein en tans voorsitter van die Algemene Sinode van die NG Kerk. Hy vertel ondermeer hy hoop dat as kerk ons maniere sal vind om...
Episode 2: Oor grense na hoop 24.02.2024 26:46
In hierdie episode van Kerkbode Kollig gesels ons oor die oorsteek van grense. Ds Deon van der Berg van Stella in Noordwes is ondervoorsitter van die Red ‘n Plaas Red ‘n Gemeenskap Rampfondsprojek. Hy vertel meer daaroor asook die verskillende kreatiewe maniere waarop mense die camino-fondsinsameling daarvoor kan ondersteun. Die moderator van die Algemene Sinode van die NG Kerk, ds Jan Lubbe, was...
Episode 1 - Kerkbode Kollig: Van trane na hoop 17.02.2024 25:20
In hierdie episode van Kerkbode Kollig, gesels ons oor geloof in tye van tragedie en verlies. Ds Christo Nel van Welkom vertel van die hartseer, maar ook verstommende ondersteuning wat hulle as gemeenskap ervaar het na ‘n busongeluk waarin ses tieners dood is. Die nuwe moderator van die Wes-Kaapland, ds Marinus Theron, deel ‘n paar gedagtes oor gemeentes se uitdaging met roeping. Die Stellenbosse...
Inleiding 09.02.2024 1:01
Heléne Meissenheimer van Kerkbode vertel kortliks waaroor Kollig gaan. Ons skop amptelik op 18 Februarie 2024 af!
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.