Klank Kompas
Kerkbode Kollig
Gereelde podcasts gevul met insetsels oor kerknuus, geloofstories en gesprekke om jou in te lig, laat nadink en inspireer. Kerkbode is die amptelike nuusblad van die NG Kerk.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Episode 39 | Hoe praat ons oor slagofferskap? 07.03.2025 41:06
Hoekom hoor ’n mens by soveel wit Afrikaanse mense dat hulle ’n gevoel van slagofferskap ervaar? En hoe praat ons hieroor? In ’n tyd wat vele komplekse gesprekke oor hierdie tema in ons land gevoer word, nooi Heléne Meissenheimer twee NG predikante in vir ’n gesprek in dié aflewering van Kerkbode se podsending, Kollig. Die skrywer en predikant Schalk van Heerden van Fontainebleau Gemeenskapskerk i...
Episode 38 | Polarisasie, Trump en openbare getuienis 21.02.2025 42:21
Polarisasie oor onlangse wêreldgebeure en die openbare getuienis van die NG Kerk is van die onderwerpe wat hanteer word tydens hierdie onderhoudende paneelgesprek. Ds Jan Lubbe en nog twee gaste, die historikus dr Lindie Koorts en ds Anandie Greyling, voorsitter van ’n kerklike taakspan met die naam “Miga 6:8 – Versoening en Geregtigheid” sluit hiervoor aan by Kollig-aanbieder, Heléne Meissenheime...
Episode 37 | Die belydenis van Nicea - die kerkbelydenis wat ‘almal vir 1 700 jaar saam bely’ 16.02.2025 14:39
Toe hy grootgeword het, het hy gedink Christene is Afrikaanse mense soos hy, want hy het nie baie kontak met ander mense gehad nie. Mettertyd het hy egter verstaan dat daar ander mense is wat die Here net so lief het soos hy, maar dalk op ’n ander manier. So vertel dr Leon Foot van die NG Kerk in die Vrystaat. Helene Meissenheimer hoor by hom hy hoop die Belydenis van Nicea, een van die vroegste C...
Episode 36 | ‘Ons is verslaaf aan besig wees’ - Ronell Bezuidenhout 24.01.2025 25:22
Agt jaar terug het die skrywer dr Ronell Bezuidenhout die besige lewe van ’n stadspredikant agtergelaat. Met demissiestatus onder die arm het sy na haar ouers op Groot Brakrivier se strandhuis gekom vir wat sy gehoop het is ’n sabbatsjaar. Een met tyd vir skryf en skilder. Toe verloop dinge anders … Haar bejaarde ouers het haar sorg nodig gehad. Sy het besef sy sal moet maniere vind vir ’n volhoub...
Episode 35 | 'Skielik stap jy uit met ’n ‘ons’ storie’ - Dr Braam Hanekom oor 100DorpeDialoog 09.12.2024 25:35
Trauma, bitterheid en seer onverwerkte gevoelens lê onder die vernis van elke gemeenskap in Suid-Afrika. Dan gebeur daar ’n insident, soos gebeur het in Senekal in 2020, en bars die hele ding uit. Dit is een van die grootste lesse wat hy geleer het met die 100DorpeDialoog-inisiatief, vertel dr Braam Hanekom, direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis, ’n projek van Getuienisaksie. Hy vertel...
Episode 34 | ‘My eie ma het my nie herken nie … ’ - Johnny Davids 01.12.2024 13:33
Toe Johnny Davids as jong man sy ma en ouma gaan op soek het op die Kaapse Vlakte na hy jare tevore as seuntjie van daar af weggeloop het, het sy ma hom nie herken nie. “Dit het baie seer gemaak,” vertel dié Kwêla-programaanbieder, SuperSport-omroeper en gospelsanger wat vir die eerste keer oor sy moeilike grootwordjare saam met sy dowe arm ouma oopmaak in sy biografiese boek, Boytjie. Dié naam he...
Episode 33 – ‘Dit gaan dieper as wat jy van buite sien …’ – maatskaplike werker vertel oor werk met haweloses 20.10.2024 12:09
Dit is die verskil wat sy in hulle oë sien. Die hartseer, selfs leë, oë wat lewe kry. Dit is wat maak dat sy bly. So vertel Ntateng Poni, ’n maatskaplike werker by ’n ‘safe space’ van MES. Hier werk sy saam met ’n span kundiges wat hawelose mense wil help om weer hulle menswaardigheid te vind. Sy vertel hoe nou probleme met geestesgesondheid loop met hierdie dikwels tydsame helingsproses. Die werk...
Episode 32 | ‘Ek het amper doodgegaan …' – vrou wat sewe jaar op straat geleef het, vertel 04.10.2024 15:50
“Die mens wat ek nou in die spieël sien, is nie dieselfde mens voor ek dwelms begin gebruik het nie … maar ek glo dit is God wat my geplaas het waar ek nou is,” vertel Elize Felton (47) wat tot so onlangs as ’n paar maande terug nog gebly het in ’n hokkie onder ’n brug in Bellville in die Kaap. Haar blyplek vir sewe jaar na slegte goed in haar lewe gebeur het en haar huwelik uitmekaar geval het. D...
Episode 31 | Oud-polisievrou vertel haar storie tot op die kansel 29.09.2024 11:10
Thea Wait was vir 26 jaar ’n administratiewe klerk in die polisie en dolgelukkig in haar werk. Vandag is sy skriba en koster van die enigste NG gemeente op die Karoodorp Tarkastad. Hierdie eens skaam ma van twee tienerseuns is ook besig met verdere teologiese studie om predikant te word. Sy vertel meer oor hierdie geloofsreis wat sy nooit sien kom het nie. ‘Ek was ’n agterbanker in die kerk …’ Oud...
Episode 30 | ‘Die Bybel is vir my ’n genadeboek’ 22.09.2024 20:50
Die biblioteek van geskrifte wat ons ken as die Bybel is na 2000 jaar steeds ’n boek wat mense wil lees. Is dit vreemd? Nee, hy dink nie dit is vreemd nie. Die Bybel is ’n boek vir alle tye. Alle geleenthede. Maar dit is ’n Boek wat mens verantwoordelik wil lees. So vertel die bekende predikant en skrywer, Barend Vos. Vir hom sê hy is die Bybel ’n lig op sy pad. ’n Genadeboek. Hy het pas klaar gem...
Episode 29 | 'Jy moes 'n testament opstel ... op ouderdom 18' - Bun Booyens oor diensplig 15.09.2024 1:03:08
"Ek dink daar is baie mense wat afsluiting soek," sê Bun Booyens in 'n onderhoud vir dié Kollig-episode oor sy nuwe boek TROEP, wat eersdaags by Penguin verskyn. Booyens het uiteenlopende vertellings ná gesprekke met meer as 100 oud-dienspligtiges opgeteken en georden. Só klink van die temas: INKLAAR – My ma was banger as ek ’N KAPELAAN ONTHOU – Genade tussen die ongenade PT – Julle wil mos n...
Episode 28 | ‘Ek ervaar God in die natuur’ 08.09.2024 9:00
So sê langafstandatleet ds Alex Clark van die NG Gemeente Op-die-berg in Ceres. Ek gesels met hom en Kerkbode se redakteur, Le Roux Schoeman, oor hulle deelname aan ’n langasemprojek deur die Karoo wat hulle in die winter aangepak het om Kerkbode se 175ste bestaansjaar te vier. Kliek, luister en ondersteun ons hier: https://kerkbode.christians.co.za/article/werwingsprojek-ons-benodig-sowat-r25-000...
Episode 27 | ‘Ons sal mekaar waarskynlik nie oortuig nie’ – Frits Gaum 01.09.2024 19:10
Dr Frits Gaum, die prominentste lid van die groep lidmate wat die NG Kerk in 2017 hof toe gevat het, praat met Kerkbode oor die kerk, die hof en die kanker wat by hom gediagnoseer is. Die 84-jarige afgetrede dominee, wat Kerkbode in sy termyn as redakteur tot nuwe sirkulasiehoogtes geneem het, het met Le Roux Schoeman gepraat en ons speel ’n uittreksel uit hulle gesprek as hierdie week se afleweri...
Episode 26 | Jaco Strydom - Stories, nagstukkies en doegongs 23.08.2024 26:30
Hy is al lankal gefassineer deur die doegong, ’n rare en misterieuse seedier van die Ooskus van Afrika. So vertel predikant en skrywer Jaco Strydom wat pas sy eerste storieboek, Daka, gepubliseer het. Hy het hierdie soogdier, wat verbind word met die legendes oor meerminne, ingebring as ’n mistieke element in sy fiksiedebuut, vertel die NG dominee wat reeds verskeie geestelike boeke agter sy naam...
Episode 25 | Dís hoekom die kerkargief jou storie soek 14.08.2024 10:55
Die NG Kerkargief op Stellenbosch is die grootste van sy soort bergplek vir die argivalia van die land se grootste en oudste Afrikaanse kerk. Argiefbestuurder dr Andrew Kok en sy span het in die afgelope sewe jaar ook geslaag om van hierdie instansie ’n publikasiehuis te maak. Die argief se boekereeks is een manier om die wonderlike bronne in hulle besit ontsluit sodat mense dit kan gebruik en dat...
Episode 24 | Oor roeping, seerkry en genade | DJ en Nadia Muller 11.08.2024 23:00
Die een het sy roeping gehoor onder ’n boom in Mosambiek. Die ander hare tydens ’n erediens in ’n kerkgebou. Na ’n paar interessante ompaaie het ds Nadia Muller haar man, DJ, onlangs as tentmakerleraar bevestig – boonop by die einste gemeente waar sy leraar is. DJ werk ook as inhoudskepper by Kaapkerk en neem troufoto’s en video’s terwyl Nadia ook netbal afrig. Hulle is ook die ouers van twee prag...
Episode 23 | ‘Die Bybel troos my’ | Blinde veeltalige afgetrede prokureur (76) vertel sy storie 04.08.2024 12:30
André Steyn van Worcester is blind gebore. Na hy sy regsgraad by Universiteit Stellenbosch verwerf het, het hy eers as advokaat en daarna vir baie jare as prokureur gepraktiseer. Hy vertel die Bybel was vir hom altyd ’n troos. Op 76 hou hierdie inwoner van die organisasie Innovation for the Blind homself deesdae veral besig met Bybelstudie. Sy een groot gemis al die jare was ’n Afrikaanse Bybel in...
Episode 22 | Ma van twee vertel hoekom sy uithouwedlope doen vir goeie doel 28.07.2024 14:30
Sanja Steyn van Darling het Race4Grace begin omdat sy lief is vir hardloop en ’n hart het vir die kwesbare weeskinders van Zimbabwe. Die land waar haar ouers sendelinge was en sy grootgeword het. Na haar pa, ds Henry Murray, se dood in 2014, het sy besluit sy gaan met uithouwedlope fondse insamel vir die fonds wat haar ouers begin het om kinders wat swaarkry te help. Verlede jaar het sy met SkyRun...
Episode 21 | ‘As angs in jou lyf is’ – oor ’n projek gemik op klein kinders met groot emosies 19.07.2024 14:00
Adrie Jurgensen het dadelik aan hulle Engelse bulhond, Max gedink toe sy hoor dat haar werkplek ‘n nuwe projek soek. Dié projek moes jong kinders wat sukkel met boeliegedrag, angstigheid en trauma, help. Sy werk vir die organisasie 1000 Women Trust. Hulle fokus is op geslagsgebaseerde geweld. Hierdie ma van twee vertel hoe Max die inspirasie geword het vir die Max & Me: Paws and Peace Corners-proj...
Episode 20 | ‘In my andersheid het God my geroep’: Farren Cloete oor dominee en jou eie mens wees 14.07.2024 16:45
Kerkbode Kollig het die pad gevat Weskus toe. Ons gesels met die flambojante jong dominee van die VGK-gemeente op Lambertsbaai. Farren Cloete. Haar “bediening” sluit ook in meer as 260 000 wat haar op TikTok volg. Sy is ’n anderster dominee, vertel hierdie gebore Namakwalander wat pas ’n boek uit het wat haar storie vertel, getitel Geroep vir ’n tyd soos hierdie.
Episode 19: Oor balans vind met kinders se skermtyd en ‘n nuwe storiekanaal 23.06.2024 11:31
Kenners waarsku al meer dat skermtyd bestuur moet word met jong kinders. Dog mens kan vra of in ons skermgedrewe samelewing ’n mate van skermblootstelling nie onvermydelik geword het nie en in sulke gevalle, wat kan kinders kyk? Met juis hierdie vrae ingedagte het Maryke Hansen, ’n jong ma van twee begin droom oor ’n kanaal ‘met inhoud in Afrikaans met sterk Bybelse waardes waarna kinders, wanneer...
Episode 18: Dr Coenie Burger vertel meer oor sy eie geloofstorie en van sy nuwe boek 16.06.2024 24:45
Hy het min pak gekry, maar dit was die keer wat sy pa hom nie pak gegee het nie wat hom met ander oё na sy pa laat kyk het. Dat hy sy pa as mens begin raaksien het. Iets soortgelyk het oor jare met hom gebeur in sy verhouding met God en hoe hy oor God voel. ’n Ontdekking dat God hom liefhet en omgee en na hom wil luister. “Dit maak dat ek glo vandag,” vertel dr Coenie Burger wie se nuutste boek Ve...
Episode 17: Jeug-tot-jeugaksie wou jongmense inspireer oor Jesus 09.06.2024 21:50
Hy dink die NG Kerk is ryker as 50 jaar gelede. En hy dink die kerk sien groter prentjies raak, maar die Jeug tot Jeugaksie van 1974 was verbeeldingryk vir sy tyd. So meen prof Malan Nel wat onlangs saam met so 18 van die oorspronklike leierskapgroep reünie gehou het in die Vrystaat om die 50ste herdenking te vier van hierdie inisiatief wat die bedieningsfilosofie wou vestig dat jongmense toegerus...
Episode 16 – ‘Gee aandag al raak ’n mens soms vuisvoos’ – Lizelle de Bruin oor groen stories en hoekom dit belangrik is 02.06.2024 13:00
Voor die NG Moedergemeente op George was ’n groot eikeboom. Toe word dit afgekap na ’n kewer die dorp se akkerbome besmet het. Vandag groei op dieselfde plek ’n paar jong eikeboompies wat van hierdie boom se akkers gekweek is. Dit is vir haar ’n ongelooflike storie van hoop, vertel Lizelle de Bruin, vanjaar die ontvanger van die Andrew Murray-Prysfonds se Elise Tempelhoff-toekenning vir Omgewingsb...
Episode 15: ‘Ek wil dieselfde liefde in hierdie tieners belê as in ons seun wat op 21 dood is’ 26.05.2024 9:30
Elaine Pienaar en haar predikantman het ’n seun verloor op 21. Sy vertel sy voel die Here gee vir haar, deur haar werk as maatskaplike werker by die Christelike organisasie, Wildernis Therapy Namibia, ’n kans om dieselfde liefde en omgee te belê in hierdie tieners as in haar seun. Sy het gevoel haar lewe het ’n pragtige vol sirkel geloop toe sy vanjaar as ervare maatskaplike werker kon inskakel by...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.