Klank Kompas
Kerkbode Kollig
Gereelde podcasts gevul met insetsels oor kerknuus, geloofstories en gesprekke om jou in te lig, laat nadink en inspireer. Kerkbode is die amptelike nuusblad van die NG Kerk.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kollig episode 65 | Trauma se onsigbare wonde – hoe lyk die kerk se sorg? 25.06.2026 26:34
’n Klomp goed het gebeur na die moord op sy skoonouers. ’n Polisie-ondersoek, hofsaak, media. Maar toe raak dit stil, ook vanaf die kerk. “Toe sit ons nog met die verwonding …” Só vertel ds Gerhard Pietersen wie se skoonouers in 2016 op hulle Suid-Kaapse kleinhoewe vermoor is. Hy is die skrywer van die boek, Wond: Plaasmoorde – dis my mense en een van Kollig se gaste in hierdie episode waarin gepr...
Kollig episode 64 | Sinodegangers deel indrukke by Bothaville 11.06.2026 21:43
Hoe het afgevaardigdes en gassprekers die NG Kerk Vrystaat se sinodesitting van 7-10 Junie beleef? Kerkbode-redakteur Le Roux Schoeman praat op die laaste dag met afgevaardigdes Daleen Deacon en Hansie van Niekerk, asook ds Ulrich Ohlhoff, dr Nina Müller van Velden en dr Marinda van Niekerk van PEN en die nuwe Respond SA. Vir meer beriggewing oor die nuwe leierskap wat verkies is, gassprekers, wer...
Kollig episode 63 | Gesprek met Nioma Venter en ander oor die kerk se ramprespons 20.05.2026 26:31
Mense is dood, families is huisloos, plase en besighede het weggespoel, miljarde rande se skade is gely … so klink nuusopskrifte na swaar reën en vloede in Mei. Ons kyk in hierdie gesprek eenvoudig na wat die onlangse ekstreme weer vir gemeentes en spesifiek sleutelrolspelers geleer het in terme van ramprespons. Hieroor gesels ek met dr Marinda van Niekerk van die interkerklike ramphulpnetwerk Res...
Kollig episode 62 | Waarom moes Jesus weggaan? - Gesprek met dr Coenie Burger oor Hemelvaart 14.05.2026 23:57
In Handelinge 1 lees ons Jesus het 40 dae na sy opstanding voor sy dissipels se oë in ’n wolk weggeraak. In hierdie episode van Kerkbode Kollig gesels Heléne Meissenheimer met die teoloog en skrywer dr Coenie Burger oor Hemelvaart. Burger is die skrywer van verskeie boeke oor Jesus se lewe, onder meer ‘Waar is Jesus nou?’. Ook ‘Ons wil Jesus sien’ saam met prof. Marius Nel. In hierdie gesprek gese...
Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop 08.05.2026 25:09
’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy ’n fikse pelgrim kan met die Pelgrimstog van Hoop deesdae van Jeffreysbaai tot in Kaap Agulhas stap. Op 30 April het hy die...
Episode 60 | Hoekom moet ons steeds oor die Belhar-belydenis praat? - Gesprek met prof Allan Boesak 29.04.2026 22:52
Die Belydenis van Belhar se uitkringeffek is veel wyer as die woongebied op die Kaapse Vlakte waarna die dokument vernoem is. Veertig jaar later praat hierdie geloofsverklaring se sentrale tema van versoening in Christus steeds met die harte van kerkleiers regoor die wêreld. In hierdie episode van Kollig herbesoek Heléne Meissenheimer die ontstaansgeskiedenis en die teologie van die Belydenis van...
Episode 59 | Hoe praat ons oor oorlog? - Gesprek met prof Stephan Joubert 15.04.2026 23:18
Die gemak waarmee sommige in die VSA sowel as elders oorlogsverwysings uit die Bybel aanhaal om die huidige konflik in die Midde-Ooste te regverdig, laat vele Christene die wêreld oor ongemaklik... Ons praat hieroor met die teoloog en skrywer, prof Stephan Joubert.
Episode 58 | Oor ‘getuienis’ agter die stuurwiel + ’n gebedsgids vir Paastyd 01.04.2026 24:38
In die kerk hoor ons baie oor wat dit beteken om oor jou geloof te getuig, maar wat van geloof op die pad? Met Paasnaweek om die draai, een van die besigste tye op ons paaie, fokus ons in hierdie Kollig-episode op wat agter die stuurwiel gebeur. Sielkundige Erich Schoeman verduidelik van die oorsake van padwoede en deel wenke vir hoe om stresvolle situasies op die pad anders te hanteer. Ons gesels...
Kollig Episode 57 | Hoe praat ons oor Christelike geloofstyle? - Nico Simpson 13.03.2026 25:16
Die ideale gemeente is een waar gebroke mense voel hulle kan behoort. Só vertel dr Nico Simpson, uitvoerende hoof van Bybel-Media. In hierdie gesprek vir Kerkbode Kollig vertel hy meer oor wat ’n vraelys oor geloofstyle vir hom duidelik gemaak het oor wat lidmate in ’n gemeente soek. Ook wat hulle nie soek nie. Hy sê uit 900 mense se terugvoer is dit vir hom baie helder predikante moet mense ontmo...
Kollig episode 56 | | Wie gee om vir die een wat omgee? 04.03.2026 10:36
Onderwysers, maatskaplike werkers en predikante moet so opgelei word dat hulle weerbaar is vir trauma. “Ons moet hulle die toerusting gee om ’n veilige hawe te wees en nie self uit te brand nie.” Só sê die rektor van Hugenote Kollege, prof Retha Bloem. Sy vertel in hierdie episode van Kerkbode Kollig meer oor wat bedoel word met ’n trauma-ingeligte kurrikulum asook hoe sy meen ’n Christelike etos...
Kollig episode 55 | ‘Gebed is vir my soos my GPS' - Dewald Hoffman, samesteller van nuwe gebedsbundel 13.02.2026 23:13
Vroeër was sy benadering tot gebed dalk anders, maar deesdae wil hy spasies daarvoor in sy lewe skep, waar gebedsritmes as anker te midde van onsekerheid dien. Só vertel ds Dewald Hoffman, samesteller van die 'Gebedsboek vir tye wat tel' wat Bybel-Media in 2025 uitgegee het. Die boek bevat 365 gebede wat ingedeel is volgens die seisoene van die kerkjaar. Onder die wye spektrum tel gebede deur al d...
Kollig episode 54 | Kerkwees in krisistye: Marinda van Niekerk van Respond SA in gesprek met ander 02.02.2026 42:05
Ons is besig om dié vliegtuig in die lug te bou. Só vertel dr Marinda van Niekerk oor Respond SA, die interkerklike ramphulporganisasie wat in Februarie 2024 formeel op die been gebring is en waarvan sy hoof is. In hierdie wydlopende gesprek vertel twee gemeenteleraars van hulle ervaring van die goed én sleg wat tydens ramphulp kan gebeur. Vanuit die kantoor van die Algemene Sinode vertel dr Nioma...
Kollig episode 53 | Vroue in leierskaprolle by die kerk – die gesprek bly relevant 16.01.2026 36:50
Dit was nie “Die Kerk” wat haar meer as twee dekades gelede gekeer het om teologie te gaan studeer nie … Dit was sy sélf. Só vertel dr Nioma Venter in ’n gesprek oor vroue as leiers in die kerk. Venter is algemene sekretaris van die NG Kerk en een van drie paneellede wat gesels het oor Skrifverstaan, hoe kerkwees lyk as ’n mens van mekaar verskil en hoekom hierdie onderwerp relevant bly. Saam met...
Kollig episode 52 | Aftrede – Dr Thys Smith vertel meer oor hierdie lewensfase 15.12.2025 14:36
Die lewensfase na aftrede trek wêreldwyd aandag. Mense leef langer en werk langer. Dit het “statuur gekry” sê dr Thys Smith van Wellington. Hy het self al drie keer afgetree en op 79 het hy ook ’n boek geskryf oor die tema van sinvol aftree. Hy sê een van die belangrike dinge wat hy ontdek het ’n mens met aftrede moet weet is dat jy aftree nie om te gaan stil sit nie, maar om aan te tree vir ’n nu...
Kollig Episode 51 | ‘Ons as kerke kan mekaar nie los nie’ – Jan Lubbe en Nioma Venter 12.11.2025 30:00
Om saam met gelowiges uit kerke in ander lande te bid, sing (ook in isiXhosa!) en gesels oor brandpunte soos ekonomiese geregtigheid, kommer oor militarisering en meer was vir hom verrykend. “Ons is ’n geskenk vir mekaar.” Dit is vir hom die waarde van deel wees van ’n ekumeniese netwerk, vertel ds Jan Lubbe in hierdie aanlyn gesprek vir Heléne Meissenheimer. Hy en dr Nioma Venter was deel van ’n...
Episode 50 | Yolanda Dreyer oor hoe ’n mens met jou eie stukkendheid kan werk en die krag van pastorale sorg 07.11.2025 23:40
Niemand van ons is heel nie, maar hoe werk jy met jou eie stukkendheid? Dit is die vraag wat aan die hart lê van ’n reeks gesprekke wat prof Yolanda Dreyer by die onlangse vergadering van die sinode NG Kerk in Oos-Kaapland gelei het. Skep ons deur heethoofdigheid, vervreemding van ons eie emosies en gekose onkunde oor die voortdurende invloed van ons kinderjare, nadelige uitkomste in ons lewens? E...
Episode 49 | ‘Hoe dink ons oor hulp?’ - Jan Lubbe in gesprek met ander oor Gasa-skenking 22.08.2025 38:33
Hoekom het die NG Kerk se leierskap juis nou besluit om R250 000 te skenk vir humanitêre hulp in Gasa? Wie kry die geld en kan ons vertrou die geld kom wel by noodlydendes uit? Hoekom het hierdie skenking soveel reaksie ontlok? Jan Lubbe en dr Nioma Venter gee breedvoerig toeligting op dié vrae in hierdie episode van Kerkbode Kollig. Ds Lubbe is moderator van die NG Kerk en Venter is die algemene...
Episode 48 | Dr Frikkie Coetzee vertel oor sy pad met evangelisasie 06.08.2025 19:15
Dr Frikkie Coetzee is ’n predikant van Pretoria en hy lei die NG Kerk se Algemene Taakspan Evangelisasie. In dié episode van Kollig vertel hy vir Heléne Meissenheimer meer van sy eie geloofspad en die werk van dié taakspan. Van die onderwerpe wat hy bespreek is ’n “holistiese kyk” na wat evangelisasie is asook die regstel van wanpersepsies en ’n entoesiasme rondom wat hy as Goddelike avontuur best...
Episode 47 | Maartje van der Westhuizen gesels met Barnard Beukman 14.07.2025 18:09
As ons oor die kerk dink, dan kyk ons dikwels na die kerkbesluite wat die koerantopskrifte haal, maar die hart van die kerk lê eintlik op gemeentevlak. So sê Maartje van der Westhuizen, assessor (ondervoorsitter) van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen. Barnard Beukman, oud-redakteur en joernalis, het in nog ’n spesiale uitgawe vir Kerkbode Kollig met haar gesels oor die welstand van die kerk...
Episode 46 | Jan Lubbe in gesprek met Barnard Beukman 10.07.2025 20:54
"Hy dink nie ons ag die krag van ons woorde genoeg nie." So sê Jan Lubbe, moderator van die NG Kerk, met verwysing na die vlak van debat wêreldwyd, maar ook plaaslik in ons land se konteks sowel as in kerklike gesprekke. Lubbe het vroeër vanjaar in ’n rubriek aan Kerkbode, met verwysing na die sesde gebod ‘jy mag nie doodslaan nie’, geskryf oor wat God in hierdie gebod van gelowiges vra soos verwo...
Episode 45 | ‘Siekte het my ’n beter predikant gemaak’ 18.06.2025 11:40
Bennie Janse van Rensburg het ’n oorerflike spierkwynende siekte waarvoor daar nie genesing is nie. FSH-spierdistrofie, wat in 2007 by hom gediagnoseer is, het hom oor jare so verswak dat sy stewige paar bene hom nie meer kan vat waar hy wil wees nie. Hy kan nou nie eens meer uit die bed opstaan sonder dat Susan, sy ‘engel’ soos hy sy vrou noem, of sy versorger hom help nie. Die gebore Vrystater w...
Episode 44 | Dr Barry Tolmay oor ’n teologie van ekologie - harmonie met God, mens en natuur 05.06.2025 15:31
Dr Barry Tolmay vertel vandat hy ‘n klein seuntjie was is die natuur vir hom die plek waar hy met God kon ontmoet. As voorsitter van die NG Kerk se nuwe Ekologietaakspan is sy visie dat hulle groen voetspoor in gemeentes oral in die land sigbaar sal word oor die volgende drie jaar. So vertel hy vir Heléne Meissenheimer tydens die span se eerste bymekaarkom in Mei 2025 op die Dolfynkus naby Durban....
Episode 43 | 'Afrikaners' as slagoffers - Hoe praat ons daaroor? 21.05.2025 25:14
Hoe praat ons oor slagofferskap binne die konteks dat (net wit?) Afrikaanse boere (?) vir vlugtelingstatus mag aansoek doen by die VSA? In ’n tyd waarin wyd oor hierdie sensitiewe, komplekse en kontroversiële kwessie gepraat word, nooi Kerkbode vir ’n veelvlakkige gesprek hieroor die ervare kerkjoernalis en skrywer Neels Jackson asook Oos-Kaapse kerkleier, ds Danie Mouton, wat ook by interessante...
Episode 42 | Boeke, geloof en ’n prysfonds wat 'hulle net wyer wil span' - Bettina Wyngaard 02.05.2025 26:10
Die skrywer Bettina Wyngaard sê sy dink nie ’n mens kan die toekoms van Afrikaanse boeke in die breë skei van Afrikaanse boeke wat spesifiek oor geloof en teologie gaan nie. “Ek dink nie in dit wat ons lees, moet ons noodwendig ’n onderskeid maak tussen geloofsboeke en ‘ander boeke’ nie,” sê die Anglikaanse nuwe voorsitter van die Andrew Murray Desmond Tutu-prysfonds. Heléne Meissenheimer gesels m...
Episode 40 | Gemeentes met gebroke verhale van hoop – Dr Marelize Maritz 08.04.2025 30:08
Hoe lyk ’n gemeente wat kwalifiseer as ’n “baken” vir die toekoms van die NG Kerk? Só ’n gemeente se storie is dikwels vol gebrokenheid, maar hulle verhaal van aanpas by veranderde omstandighede skets ’n prentjie van hoop. Só vertel dr Marelize Maritz, ’n akademiese navorser van die Vrystaat wat spesialiseer in praktiese en missionale teologie. Sy is mederedakteur van die boek, Bakengemeentes: Nag...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.