Jan Oosthuizen

JanOosthuizen

Religion EN ↓ 358 episodes

Om tot eer van Sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid aan God te bring. (Rom 1:6)

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.harvestercederberg.co.za

Author

Jan Oosthuizen

Category

Religion

Latest episode

Sep 13, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.7+ rating iOS soon

Episodes

Ek kyk op na die berge 02.02.2025

Ek kyk op na die berge Kom my hulp daarvandaan? Nee, my hulp kom van die Here, wat hemel en aarde gemaak het. Psalm 121:1-2 Hou jy ook daarvan om op 'n hoogte, 'n berg te gaan sit en die uitsig te bewonder? Sedert die begin van menslike geskiedenis het berge ‘n simboliese betekenis gedra van mag, gesag en die woning van die gode. Van die hoë pieke van die Himalajas tot die piramides van an...

Herontdek die KUNS om te WAG - Die geheim tot Sy KRAG. 26.01.2025

Herontdek die KUNS om te WAG - Die geheim tot Sy KRAG. Die meeste mense hou glad nie van wag nie. Geestelike mense, daarenteen, is geoefen in 'n houding van geduldige afwagting op die Here. Hulle leer om in afhanklikheid te wag totdat Hy die teken gee, en beweeg dan met oortuiging en krag in Sy wil en tydsberekening . #oorwin #Sukses #akkuraatheid #Heiligmaking #Ootmoed #meekness

Hoe Lyk die Tuin van Jou Hart? 12.01.2025

Hoe Lyk die Tuin van Jou Hart? Een van die grootste misleidings in die lewe is om so besig te raak met dinge wat onbelangrik is, maar skynbaar dringend lyk, dat ons die werklik belangrike aspekte van die lewe verwaarloos. Neem byvoorbeeld die opvoeding van kinders—dit behoort die nommer een prioriteit te wees vir regerings en sakelui, aangesien dit die fondament van ons samelewing en toekoms vorm....

5 wesenlike vaardighede om te FLOREER in Christus 05.01.2025

"The world has yet to see what God can do with a man fully consecrated to Him." Dwight L Moody Soos ons gereed maak vir 'n nuwe jaar, vol belofte en uitdagings, moet ons ons prioriteite eerste reg kry! Om te leef vanuit SY geregtigheid is die absolute deurbraak en oorwinning vir elke gelowige! Trotseer elke uitdaging, krisis, onsekerheid, donker boosheid in jou lewe IN SY GEREGTIGHEID! Ons gaan in...

Laaste Samekoms in persoon van 2024! Vrolikheid | Vreugde | Blydskap Die beste ontspanning te wêreld IN CHRISTUS! 15.12.2024

Last Gathering in person of 2024 ! “Cheerfulness” “Joy” “Gladness” The best relaxation in the world IS IN CHRIST! The Lord does not want us to serve Him like slaves without joy. (Deut 28:47) That is why the Jewish Calendar was filled with 7 festivals. God wants us to be able to celebrate! (Ezra 6:22) Who doesn't like PLEASURE and FUN? However, it is sad to see, how few people are "happy" and "stay...

#6 Breaking down the barriers that prevent me from hearing God's voice. 01.12.2024

Breaking down the barriers that prevent me from hearing God's voice. Our victory in this life begins with hearing God's voice. When we, like Jesus, just do and say what we hear from the Lord, we will never commit mistakes. The ability to listen deeply is becoming a lost art! In this sermon, learn how to break down the barriers that prevent you from hearing God's voice. Preeknotas :

#5 Leef in oorwinning- VAN SMEEKGEBEDE TOT PROFETIESE VERKLARINGS 24.11.2024

Gebede vanuit ‘n regeerders-posisie Soms klink gebede soos desperate pleidooie van bedelaars—asof Hy onwillig is om te antwoord. Maar die Bybel openbaar ’n ander benadering tot gebed, een wat diep gewortel is in die begrip van God se wil. In Jakobus 5:16-18 lees ons van Elia, ’n man wat "soos ons aan gevoelens onderworpe was," maar wat met oortuiging en gesag gebid het, en die hemel het gereageer....

#4 Leef in Oorwinning - 'n goddelike verbeelding 17.11.2024

Jesus het die mees ondenkbare lyding verduur, deurdat Hy alreeds die heerlikheid en oorwinning gesien het. Droom weer opnuut nuwe drome saam met die Here, en laat toe dat Hy jou verbeelding vernuwe en heilig om te sien wat Hy sien. Preek Notas : #geloof #sien #droom #openbaring #heerlikheid

#3 Leef in oorwinning -Die Outoriteit van die Gelowige 03.11.2024

Die kerk geskiedenis is ryk aan uitstaande geloofshelde wat nie net onverskrokke in God se roeping en woord geglo het nie, maar presidente en konings getrotseer het, en selfs regeringsbesluite help verander het. Dink aan William Wilberforce, Hans Hauge, David Livingstone, Moeder Sabrina en onlangse figure soos Reinhardt Bonke en Billy Graham. Die teendeel is ongelukkig ook waar, Christene is 'n re...

#2 Leef in oorwinning - Geestelike Gimnasium 27.10.2024

Deel 2 van die reeks oor LEEF IN OORWINNING Ons leef in ’n tyd met al hoe meer mense wat worstel met geestesgesondheidskwessies ten spyte van al die tegnologiese uitvindsels van die moderne wêreld. In hierdie boodskap beklemtoon Jan Oosthuizen die geestelike praktyke soos gebed, meditasie, gemeenskap en selfrefleksie, en nog baie meer wat volgens studies 'n beduidende afname in spanning en angs to...

#1 Leef in Oorwinning - 'n Jesus identiteit en bewussyn 20.10.2024

#1 Leef in Oorwinning - 'n Jesus identiteit en bewussyn Ons oorwinning oor die buite wêreld vind eers plaas wanneer ons, ons binnewêreld onder beheer het.  In die Bybel word ons identiteit, bewussyn, emosies, begeertes, gedagtes, wil en bedoelings dikwels met die woord "hart" geassosieer en vertaal wat sentraal tot 'n persoon se verhouding met God en ander staan.    Hoe ons, ons HART bestuur en or...

Jesus, die Lig in ‘n donker werêld 💡 29.09.2024

Chantál Oosthuizen bedien die Woord van die Here.“Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”” JOHANNES 8:12 AFR83

Hoekom die regte vriende saak maak 22.09.2024

HOEKOM DIE REGTE VRIENDE NOODSAAKLIK IS. Hoe om die regte vriende te maak en hulle te behou! Onlangs op ’n internasionale platform saam met Trevor Noah, het die bekende spreker en leierskap spesialis Simon Sinek verras met sy huidige fokus. Hy het beklemtoon hoe belangrik "die behoud van kwaliteit vriendskappe" vir hom geword het, veral namate sy lewe met roem besiger geword het. Wat ver...

Die oorwinning wat die wêreld oorwin het - jou GELOOF 16.09.2024

Dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. 1 John 5:4 Ons leef in ’n tyd van groot vertwyfeling en skeptisisme. Alles word bevraagteken – van ons geloofsoortuigings tot die basiese waarhede wat eens onwrikbaar was. Ons oorwinning in die lewe, oor sonde en omstandighede, is deur geloof. Om swak in geloof te wees, is dus 'n geleentheid vir sonde om in te sluip. Om '...

Hoe om reg te oordeel 08.09.2024

In 'n wêreld vol misverstande, verskille en oppervlakkige aannames, het ons as Christene 'n verantwoordelikheid om anders te oordeel as wat die wêreld doen. Ons word geroep om met wysheid, regverdigheid en liefde te oordeel, en nie op grond van voorkoms of vinnige gevolgtrekkings nie. Jesus waarsku teen die gevare van oppervlakkige oordeel en daag ons uit om die hart en motiewe van mense t...

“Die Here se definisie van Seën” #4 Bergpredikasie Reeks 01.09.2024

Die wêreld dink hulle is geseënd as hulle iewers bietjie geld verniet kry, of ’n groot geskenk, ’n nuwe motor of huis bekom, of sukses, aansien of status verkry! Jesus het heeltemal ’n ander definisie van die seën van die Here! Kom leer vanoggend saam met Chantál Oosthuizen wat God as geseënd beskou, en word verryk met Sy genade en guns!! #Seën #Blessing #Genade #Guns #Waarheid

Hoe het die Saligsprekinge die Wêreld Verander? 25.08.2024

#3 Hoe het die Saligsprekinge die Wêreld Verander? 🕊️ Bergpredikasie Reeks In die tyd van Jesus was die Romeinse Ryk die toonbeeld van mag, oorheersing en beheer. Dit was ’n ryk gebou op politieke magsbeheer, militêre oorheersing, ekonomiese uitbuiting en die ideologie van meerderwaardigheid. Rome se visie van vrede, of die "Pax Romana", was vrede wat deur geweld en vrees afgedwing is—’n...

Hoe om toksiese mense met liefde te neutraliseer 18.08.2024

Ons almal ken die natuurlike neiging: As iemand jou seermaak, wil jy terugseermaak. As iemand onreg teenoor jou pleeg, wil jy geregtigheid hê. Dis hoe die wêreld werk—daar is 'n sterk gevoel van "oog vir 'n oog." Maar Jesus kom en stel 'n totaal ander beginsel voor: Liefde vir jou vyand. Hoe radikaal is dit nie? Jesus sê in Matteus 5:44 : "Maar Ek sê vir julle: Julle moe...

Die een karakter eienskap waarsonder ons samelewing nie kan bestaan nie - BETROUBAARHEID 11.08.2024

Jesus se benadering is eenvoudig: Heilig die mens-tot-mens, van aangesig-tot-aangesig interaksie. Elke mens wat in die beeld van God geskape is kyk mekaar in die oë en onderhandel met mekaar totdat 'n ooreenkoms bereik is - dan word daar 'n besluit geneem wat vir elkeen wederkerig reg en waar is. Hierdie interaksie is heilig en bindend! "Sorg dat julle ja altyd ja bly en julle nee alt...

#7 Vraatsug - DISSIPLINE 04.08.2024

Die liggaam is soos 'n ongetemde dier: Ons moet leer om elkeen ons eie liggame te leer ken, sy seine en siklusse te verstaan, en soos 'n sportsman/vrou onsself te ontwikkel om voluit in Sy volheid die potensiaal wat die Here ons gegee het te ontsluit. Ons het ALMAL by ’n sekere lekker-eet-geleentheid te veel voedsel verorber!! BRASSERY!! Maar vraatsug kan ’n lewenstyl raak, en sodoende ’n...

#6 Wellus - HEILIGE INTIMITEIT 29.07.2024

'n Mens sou dink dat, met die samelewing se tegnologiese vooruitgang en toegang tot meer inligting en hulpbronne as ooit tevore, ons seksuele immoraliteit sou kon beheer deur beter ingeligte besluite te neem. Maar die teendeel is waar – seksuele immoraliteit neem drasties toe!'n bad sonder die propWat my die meeste verras oor die mensdom, is dat ons verveeld raak met ons kinderjare en haas...

#5 Woede - SELFBEHEERSING 21.07.2024

#5 Woede - SELFBEHEERSING Die wêreld is vol van verkeerde woede. Verbale aggressie met afbrekende en neerhalende woorde het al menige lewens verwoes. Gesinsgeweld, aanranding en gereelde woedeuitbarstings verander die huis wat bedoel is as ʼn plek van veiligheid in ʼn oorlogsveld. Ons is meestal negatief ingestel teenoor enige vorm van woede. As iemand sy of haar stem verhef, begin ons dadelik om on...

#4 Hebsug - VERGENOEGDHEID 15.07.2024

Van die dodelike Sondes, word afguns die meeste weggesteek en geheim gehou, omdat dit so gruwelik lelik en moorddadig is. Sekerlik beleef elke mens van tyd tot tyd jaloesie, al is dit vir 'n vlietende oomblik. Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. (Exo 20:17 )...

#3 Luiheid - PLIGSGETROUHEID 08.07.2024

Luiheid is soos 'n parasitiese kanker wat moderne mense verlam, met 'n voorliefde vir toenemende gerief en luuksheid. Moderne geriewe en tegnologie, bedoel om take te vereenvoudig en fisiese arbeid te verminder, lei dikwels tot inaktiwiteit. Soos samelewings gewoond raak aan gerief en luuksheid, ontwikkel mense 'n afkeer teen pyn en handearbeid. Dit verminder veerkragtigheid en werkver...

#2 Gierigheid - VRYGEWIGHEID 30.06.2024

Ons nooi jou hartlik uit na 'n besondere geleentheid waar Chantal Oosthuizen ons uit die Woord van die Here gaan bedien. Ons gaan ons harte ondersoek en fokus op die dodelike sonde van gierigheid. Gierigheid, hebsug, suinigheid, begerigheid, onvergenoegdheid en ontevredenheid is almal deel van dieselfde familie, gebore uit vrees en vleeslike ambisie. Die Bybelse teenmiddel hierteen is vrygewig...

Listen to the JanOosthuizen podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.