Jan Oosthuizen
JanOosthuizen
Om tot eer van Sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid aan God te bring. (Rom 1:6)
Author
Jan Oosthuizen
Category
Podcast website
Latest episode
Jun 14, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Verslaan die draak deur HEILIGMAKING en NAASTELIEFDE 24.08.2025 47:04
'n verklarende skrifuitleg verduideliking van 1 Petrus 1:13-25 Ons leef in ’n wêreld vol storms: Suid-Afrika staar 30% tariewe op sy uitvoere in die gesig, wat armoede en werkloosheid verdiep. Die oorloë in Israel en Oekraïne ruk die wêreldorde uitmekaar. Christene word brutaal vervolg in Nigerië, Iran en Sirië. Hier by die huis sien ons hoe mense wat hulleself “Christene” noem, maar God nie k...
Die oorwinning is 'n WEG 17.08.2025 45:48
Ons almal soek daardie geheime resep vir sukses – die kortpad wat al ons probleme oplos. Maar die waarheid is: daar is nie een “magiese sleutel” vir elke slot nie. Die lewe is te kompleks. Tog belowe God: daar is ’n weg – ’n pad wat na lewe lei. Moses bid: “Here, maak my tog U weg bekend, dat ek U kan ken” (Eks. 33:13). En uiteindelik openbaar Jesus daardie weg volkome: “Ek is die Weg, die Waarhei...
Die Krag van die Evangelie-Sy vermoë om te kán. 10.08.2025 41:40
Voel jy leeg, moeg of vasgevang? Jou foon het battery nodig, jou motor brandstof—en jou siel het geestelike energie nodig. Depressie, angs, moedeloosheid en self-kritiek is energie-rowers. Maar die Evangelie skaam jou nie-dit dra jou. "Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo" (Romeine 1:16). En: "God wer...
🌟 Herontdek die Geestelike Waarde van die Heilige Samekoms! 🌟 06.07.2025 47:33
Van die begin af was dit God se begeerte om saam met Sy mense te wees — om saam met hulle te wandel, sodat ons Sy stem sal hoor, en Sy heerlikheid beleef. Maar te dikwels het ons die heilige samekomste van gelowiges vervlak tot blote rituele en vervelige godsdienspleging van sing dieselfde liedjie, preek ’n bietjie, en gee ’n tikkie oor en oor. Dit is tyd om weer honger te word vir die werklike te...
Hoe om kop te hou in tye van onsekerheid en geweldadigheid? 16.06.2025 45:35
Hoe om kop te hou in tye van onsekerheid en geweldadigheid? 'n Goddelike OPROEP tot BEKERING!! Nou is die TYD!!! Is jou saak reg met die Here? Is jy gereed? Is jy ’n volgeling van Jesus? Is jy waaragtig ’n kind van die Here? Het jy innerlike VREDE? Die tye waarin ons leef — met oorlog, ramp, morele verval en massasterftes — is nie ‘n tyd vir stilte nie . #eindtye #nuusgebeure #rampe #oorlog #v...
Die Alchemis – Hoe Jesus ons gebrokenheid in GOUD verander 08.06.2025 30:14
Ons leef in ’n wêreld wat mal is oor “formules vir sukses.” Van dieetplanne tot beleggingstrategieë, van geestelike oorwinning tot emosionele genesing – oral soek mense na die perfekte geheime resep. in hierdie Eksegetiese oordenking uit 2 Korintiërs 3 & 4 gaan ons leer dat God se WENRESEP - Gehoorsaamheid aan JESUS is! So bid mense dat die Here hulle huwelik of finansies deur ’n towerwoord sa...
Immigreer of nie? Dit is 'n kwessie v.d. HART. 18.05.2025 48:20
Onlangs, tydens Dr. Braam Hanekom se besoek, het hy vermaan dat immigrasie nie maklik is nie en teen ’n groot prys kom. Baie mense kan ook nie immigreer nie… maar ’n groter tragedie is om in RSA te bly, terwyl jy in jou hart alreeds geëmigreer het! Die teendeel is ook hartseer: hoe baie Suid-Afrikaners is tans in vreemde lande, maar hulle hart is eintlik hier! “Want ons weet dat as ons aardse huis...
Meer as LIEFDE... ingestel om te harmoniseer 27.04.2025 41:16
In ’n wêreld waar mense elke dag nader aan mekaar behoort te leef, voel dit soms asof ons verder en verder uitmekaar dryf… 🧍♂️ Oud en jonk. 🧍🏾♀️ Verskillende kulture en etnisiteite. 🧍🏿 Verskillende ekonomiese klasse. 🧍🏼♂️ Geslote klieks en harde harte. Ware sosiale kohesie is op ’n laagtepunt. Ons sê ons is gekonnekteer — maar hoeveel mense voel regtig gesien, verstaan en aanvaar? Hoe vi...
Herdenk die Nagmaal as jou Bevrydingsmaaltyd 20.04.2025 56:39
Die volk Israel, vasgevang as slawe in Egipte. Hulle werk hulleself dood, kry geen respek, geen regte, niks. Toe stuur God vir Moses om hulle uit slawerny te lei. Net voor hulle vry kom, gee God vir hulle ’n spesiale ete: die Pasga. Hulle moes ’n perfekte lam slag, die bloed aan hulle deurposte smeer, en die ete eet soos mense wat reg is om op ’n oomblik se kennis te vlug. Daardie nag beskerm God...
Die opstanding van Jesus Christus 20.04.2025 45:14
Die opstanding van Jesus Christus was die historiese vonk wat die Jesus-beweging ontbrand het — die begin van die Kerk — en dit bring al byna 2000 jaar lank lewe, geloof en transformasie aan volgelinge regoor die wêreld. Meer nog… die opstandingskrag van die Here gee ons nie net hoop vir die lewe ná die dood nie — dit is ook die morele, heilige, goddelike transformerende krag van God wat nou reeds...
WEERSTAAN DIE STORMS van die Lewe in Christus 06.04.2025 35:31
Sedert die COVID-pandemie verander die wêreld teen 'n ongekende tempo. Natuurrampe soos aardbewings, brande en orkane neem toe, terwyl politieke en ekonomiese krisisse wêreldwyd verskerp. President Donald Trump het op 2 April 2025 “Liberation Day” aangekondig met nuwe handelstariewe tot Amerika se voordeel. In Suid-Afrika is daar toenemende spanning oor die moontlike ineenstorting van die Rege...
In verbondenheid met Christus 30.03.2025 50:59
“Om in verbondenheid met Christus te leef, is die hoogste roeping en die diepste vervulling van die menslike bestaan. Hierdie eenwording ontstaan nie deur menslike strewe nie, maar deur ’n selflose oorgawe waarin Christus, deur die krag van Sy opstanding, Sy geregtigheid en Sy lewe in ons openbaar.” “Die uitdrukking ‘in Christus’, ‘deur Christus’ of ‘met Christus’ verskyn meer as 160 keer in die N...
Die toekoms van n gelowige 23.03.2025 33:47
Wat hou die toekoms vir ons in? Dis ’n vraag wat in hierdie tyd al hoe meer in ons harte opkom. Daar is vandag geen tekort aan doemprofete nie—mense wat voortdurend die einde van die wêreld aankondig. Soms, as ons luister na die chaos van die nuus, die verwarring van politieke ontleders, en die morele verval in die samelewing, vul ons harte met angs en onsekerheid. En dan wil die wêreld ons nog v...
Praktiese maniere om God se stem te onderskei 09.03.2025 40:35
'n era van internet soek enjins en AI maak ons nog tyd om God te raadpleeg? Vra ons na Sy Raad? Soek ons Sy wil? Hoor ons Sy stem? Om God se stem te hoor en te herken, is ’n kernonderwerp in byna elke kerk wêreldwyd. Ten spyte van ons verskille, is dit die diepste rede hoekom ons kerk toe kom—ons begeer om God se wil vir ons lewens te verstaan. Ons wil Hom beter leer ken, Sy hart begryp, en se...
OM TE BEHOORT AAN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS 16.02.2025 44:13
OM TE BEHOORT AAN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS “Ordinary Radicals” The Church needs to do three things right to have lasting cultural impact: BELIEF - BELONG - BEHAVIOR. Hoe vaar ons in hierdie snelbewegende inligtingsera om mense te laat voel dat hulle werklik behoort? Het ons dalk die kuns verloor om ‘n diep, betekenisvolle gemeenskap te skep? Sonder ‘n egte gevoel van behoort, bly geloof dikwels a...
Teruggeval, afgedwaal, moeg geraak in die wedloop van die geloof? 09.02.2025 44:56
DRAAI VANDAG TERUG NA DIE HERE! Ons leef in ‘n tyd van die groot afval (apostasy). Al hoe meer hoor mens selfs van predikante wat hul geloof prysgee en ‘n ander pad inslaan. "Die Here beweeg altyd vorentoe… as jy nie by Hom bly nie, val jy terug!” Ek worstel soms met die hardheid van mense se harte in ons gemeenskap. Vir 25 jaar het ons die Woord van die Here met eerlikheid en egtheid bedien—...
Ek kyk op na die berge 02.02.2025 32:39
Ek kyk op na die berge Kom my hulp daarvandaan? Nee, my hulp kom van die Here, wat hemel en aarde gemaak het. Psalm 121:1-2 Hou jy ook daarvan om op 'n hoogte, 'n berg te gaan sit en die uitsig te bewonder? Sedert die begin van menslike geskiedenis het berge ‘n simboliese betekenis gedra van mag, gesag en die woning van die gode. Van die hoë pieke van die Himalajas tot die piramides van an...
Herontdek die KUNS om te WAG - Die geheim tot Sy KRAG. 26.01.2025 35:59
Herontdek die KUNS om te WAG - Die geheim tot Sy KRAG. Die meeste mense hou glad nie van wag nie. Geestelike mense, daarenteen, is geoefen in 'n houding van geduldige afwagting op die Here. Hulle leer om in afhanklikheid te wag totdat Hy die teken gee, en beweeg dan met oortuiging en krag in Sy wil en tydsberekening . #oorwin #Sukses #akkuraatheid #Heiligmaking #Ootmoed #meekness
Hoe Lyk die Tuin van Jou Hart? 12.01.2025 41:42
Hoe Lyk die Tuin van Jou Hart? Een van die grootste misleidings in die lewe is om so besig te raak met dinge wat onbelangrik is, maar skynbaar dringend lyk, dat ons die werklik belangrike aspekte van die lewe verwaarloos. Neem byvoorbeeld die opvoeding van kinders—dit behoort die nommer een prioriteit te wees vir regerings en sakelui, aangesien dit die fondament van ons samelewing en toekoms vorm....
5 wesenlike vaardighede om te FLOREER in Christus 05.01.2025 44:53
"The world has yet to see what God can do with a man fully consecrated to Him." Dwight L Moody Soos ons gereed maak vir 'n nuwe jaar, vol belofte en uitdagings, moet ons ons prioriteite eerste reg kry! Om te leef vanuit SY geregtigheid is die absolute deurbraak en oorwinning vir elke gelowige! Trotseer elke uitdaging, krisis, onsekerheid, donker boosheid in jou lewe IN SY GEREGTIGHEID! Ons gaan in...
Laaste Samekoms in persoon van 2024! Vrolikheid | Vreugde | Blydskap Die beste ontspanning te wêreld IN CHRISTUS! 15.12.2024 29:50
Last Gathering in person of 2024 ! “Cheerfulness” “Joy” “Gladness” The best relaxation in the world IS IN CHRIST! The Lord does not want us to serve Him like slaves without joy. (Deut 28:47) That is why the Jewish Calendar was filled with 7 festivals. God wants us to be able to celebrate! (Ezra 6:22) Who doesn't like PLEASURE and FUN? However, it is sad to see, how few people are "happy" and "stay...
#6 Breaking down the barriers that prevent me from hearing God's voice. 01.12.2024 42:37
Breaking down the barriers that prevent me from hearing God's voice. Our victory in this life begins with hearing God's voice. When we, like Jesus, just do and say what we hear from the Lord, we will never commit mistakes. The ability to listen deeply is becoming a lost art! In this sermon, learn how to break down the barriers that prevent you from hearing God's voice. Preeknotas :
#5 Leef in oorwinning- VAN SMEEKGEBEDE TOT PROFETIESE VERKLARINGS 24.11.2024 43:30
Gebede vanuit ‘n regeerders-posisie Soms klink gebede soos desperate pleidooie van bedelaars—asof Hy onwillig is om te antwoord. Maar die Bybel openbaar ’n ander benadering tot gebed, een wat diep gewortel is in die begrip van God se wil. In Jakobus 5:16-18 lees ons van Elia, ’n man wat "soos ons aan gevoelens onderworpe was," maar wat met oortuiging en gesag gebid het, en die hemel het gereageer....
#4 Leef in Oorwinning - 'n goddelike verbeelding 17.11.2024 39:49
Jesus het die mees ondenkbare lyding verduur, deurdat Hy alreeds die heerlikheid en oorwinning gesien het. Droom weer opnuut nuwe drome saam met die Here, en laat toe dat Hy jou verbeelding vernuwe en heilig om te sien wat Hy sien. Preek Notas : #geloof #sien #droom #openbaring #heerlikheid
#3 Leef in oorwinning -Die Outoriteit van die Gelowige 03.11.2024 46:43
Die kerk geskiedenis is ryk aan uitstaande geloofshelde wat nie net onverskrokke in God se roeping en woord geglo het nie, maar presidente en konings getrotseer het, en selfs regeringsbesluite help verander het. Dink aan William Wilberforce, Hans Hauge, David Livingstone, Moeder Sabrina en onlangse figure soos Reinhardt Bonke en Billy Graham. Die teendeel is ongelukkig ook waar, Christene is 'n re...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.