Jaco Thom

Jaco Thom se podcast

Religion AF ↓ 158 episodes

Preke en boodskappe

Author

Jaco Thom

Category

Religion

Podcast website

www.bybelkoerant.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Heb 10:19-25 28.08.2022

Lig op jou kop!

Heb 5:13 14.08.2022

Melkkossies gaan ons nie help om geestelik volwasse te word nie.

Heb 3:7-19 07.08.2022

Jou keuses elke dag is belangrik

Luk 9:57-61 26.06.2022

Om Christus te volg, stel hoë eise

Luk 8:26-39 Die besetena van Gerasa 19.06.2022

Lukas teken vir ons ’n prentjie van Jesus wat sterker is as Satan, en daarom is ons veilig by Hom; van Jesus wat met mense op die naam werk, ook met jou; van Jesus wat heel maak, nie stukkend nie; en van Jesus wat Hom nie aan mense opdring nie, maar deur jou en my by hulle wil uitkom. 

Joh 14:15-31 Pinksterfees 06.06.2022

God se teenwoordigheid in jou lewe

Openbaring 1:12-20 29.05.2022

Draai om!

Apie en die krokodil 22.05.2022

Kinderpreek oor die gevaar van versoekings. Jak 1:14-15

Hand 11:1-18 Almal welkom 15.05.2022

Die kerk was van die begin af 'n verwelkomende gemeenskap

Joh 21:1-19 Tyd met Jesus, tyd vir mekaar 08.05.2022

Jy gaan nie in 'n geestelike reus verander sonder tyd in die Here se teenwoordigheid nie.

Joh 20:24-29 Twyfel jy ook soms? 01.05.2022

Bybelse geloof is nie om oortuig te wees deur onomstootlike feite nie, maar om oorrompel te word deur die Persoon van Jesus Christus. 

Paasfees Joh 20:17 Jy het familie! 17.04.2022

Jesus se Vader is nou ook óns Vader! Ons het familie geword. Ons hele bestaan het verander. Ons status in die wêreld het verander. Ons is broers en susters van Koning Jesus. Ons is seuns en dogters van God die Vader.

Matt 21:1-11 Palmsondag 19 April 2022 10.04.2022

Wie is Jesus vir jou? Die skare het gejuig, want hulle het gedink Jesus kom hulle van die Romeinse verdrukking bevry. Hulle ontnugtering toe Hy dit nié was nie, het daartoe gelei dat hulle Jesus verwerp het.

Joh 19:28-30 "Ek is dors." 03.04.2022

Jesus se kruisdood was nie 'n tragiese lot wat oor Hom gekom het nie, maar 'n doelbewuste en gewillige oorgee van Homself tot in die dood. Dit sien ons in alles wat by die kruisiging gebeur, veral ook waar Jesus uitroep: "Ek is dors!"

Mark 15:33-34 My God, my God, waarom het U My verlaat? 27.03.2022

Die dag toe God padgegee het

Luk 13:1-9 13.03.2022

'n Vyeboom sonder vye?

Ps 111: 4 God weet van ons kort geheue 06.03.2022

Nagmaalspreek

Eks 34 Blink jou gesig ook? 27.02.2022

Vandag, op Verheerlikingsondag, dink ons aan die verheerliking van Christus op die berg (Luk 9:28-36). Daar het die glans van sy heerlikheid, wat Hy as ewige Seun van God het, deur sy menslikheid gestraal. In die verhaal in Eks 34 beleef Moses ook iets daarvan. Die glans van God se heerlikheid was só oorweldigend dat sy gesig begin blik het.

Psalm 1 Vrugteboom, of kaf? 20.02.2022

Hierdie Psalm sê vir ons ’n mens kry 2 soorte mense: party mense is soos ’n pragtige vrugteboom wat by ’n plek met baie water staan. Sy blare is lieflik groen, hy dra sy vrugte op die regte tyd. ’n Mooi, gesonde, sterk boom (vs 3). Ander mense, weer, is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word (vs 4).

Luk 5:1-11 Die Here se aanspraak op jou lewe 06.02.2022

'n Mens kan nooit té gerus wees as jy in God se teenwoordigheid in die kerk kom sit nie. Dit het Simon daardie dag agtergekom. Want toe hy hom kom kry, sit Jesus binne-in sy skuit! Al wat hy wou doen, was om sy nette skoon te kry en huis toe te gaan, maar toe hy weer sien, roei hy met Jesus in sy skuit 'n entjie die see in sodatJesus sy skuit kan gebruik as 'n preekstoel.

Jer 1:5 God, jy en jou roeping 30.01.2022

God se werk in jou en my lewe het baie lank gelede al begin. Dit het begin voor ons nog mens was. Tóé het Hy al besluit dat Hy jou en my wil gebruik in Petrusburg in 2022. God beplan deeglik, en lank vooruit. Jou en my deelwees van sy werk in Petrusburg is nie toevallig of nou maar een van daardie dinge nie. God het sy huiswerk deeglik gedoen. Hy het baie tyd en energie en beplanning in jou belê....

Joh 15:9-17 Liefhê soos Jesus 23.01.2022

Uit Jesus se woorde is dit duidelik dat LIEFDE die vrugte is wat ons moet dra as lote van die ware Wingerdstok. In hierdie paar verse kom die begrip liefhê altesaam 9 keer voor, sodat ’n mens dit net nie kan mislees nie, en boonop word die opdrag dat ons moet liefhê, 5 keer gegee. Maar dan is dit nie sommer gewone liefde nie; dit is liefde soos die Here Jesus vir sy dissipels het, liefde soos die...

Joh 15:1-17 Geloof verg vrugdra 16.01.2022

Baie van ons het grootgeword met die idee dat jou saak met God reg is as jy die Here Jesus as jou persoonlike Verlosser aangeneem het. Dan is jou plek in die hemel as ’t ware bespreek. Maar dit is nie die hele verhaal nie. Ons word nie verlos om God se kinders te wees, net maar om eendag in die hemel te kom nie. Ons word verlos om God se gestuurdes na die wêreld te wees. Ons word God se kinders so...

Josua 1:1-9 Nuwejaar 2022 02.01.2022

God, ons en die toekoms Josua staan aan die vooraand van 'n nuwe fase in die volk Israel se geskiedenis, en hy is onseker of hy die mas gaan opkom. God se woorde aan Josua lê die vinger sekuur op die wond.

Ps 90 Oujaarsdiens 2021 01.01.2022

God leer ons hoe om te lewe

Listen to the Jaco Thom se podcast podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.