Jaco Thom
Jaco Thom se podcast
Preke en boodskappe
Author
Jaco Thom
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 5, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kersfees 2021 Titus 3:4-7 25.12.2021 28:48
Toe die goedheid van God ons Verlosser verskyn het
Joh 1:1-18 Die vreemde vrede van Kersfees 19.12.2021 30:53
Dit is juis in hierdie tyd, soos in geen ander tyd van die jaar nie, dat 'n mens bewus word van die skrille kontras tussen die aankondiging van die engele op daardie eerste Kersnag, en die lewe van vandag. In die Kersverhaal soos Johannes dit opgeteken het, haas hy hom om ons te vertel dat die vrede wat Christus gebring het, nie ’n gewone menslike vrede is nie.
Fil 4:4-9 Gaudete! Wees bly! 12.12.2021 36:08
Vandag is die derde Adventsondag. Dit beteken dat ons nou halfpad met die Advent is; daarom steek ons ook vandag die pienk kers op om te sê: die wagtyd is oor die halfpadmerk. Dié dag se tema is daarom ook: vreugde, en dit is ook waarom hierdie besondere teks vir die 3e Advent voorgeskryf word. Paulus sê ons moet bly wees.
Luk 2:34-35 'n Duur vreugde 05.12.2021 22:18
Die Kerstyd is ’n tyd van vreugde. Nie goedkoop plesierigheid, soos baie mense dink die Kerstyd is nie. Nee, van die begin af maak die Bybel dit baie duidelik dat Kersvreugde ’n duur vreugde is; dat God ’n baie groot prys betaal het om dit Kersfees te kon laat word: Hy het sy Seun prysgegee.
Luk 2 Kersfees bring vreugde 28.11.2021 21:36
Preek by die Kerssangdiens op 28 Nov 2021
Rut 4 Sal mense jou onthou? 21.11.2021 22:28
Boas was ’n man wat ’n verskil gemaak het. Daarom noem die verteller hom ’n vermoënde man (letterlik ’n man van betekenis, swaarwigtig, Rut 2:1). Sy aandag was nie net op sy eie belange gevestig nie. Hy het ander raakgesien. Dís wat dit beteken om ’n gelowige te wees.
Hand 16:30-31 Hoekom doop ons babas? 19.09.2021 26:57
Die doop kan jou nie red nie; net Jesus kan, en daarvoor is geloof nodig. Moet ons dan babas doop? Moet ons nie liewer wag tot hulle oud genoeg is om self te kan glo nie? Paulus en Silas het nie so gedink nie.
Efes 6:10-18 Geestelike oorlogvoering 12.09.2021 32:21
Die magte van die Bose dreig om ons te vernietig. Is daar ’n kans dat ons hom kan wen? En hoe voer ons hierdie oorlog? Paulus gee vir ons lewensnoodsaaklike hulp en raad hiermee.
2 Tim 3:10-17 Bybelsondag 30.08.2021 28:46
Die Bybel is God se verhaal, van die skepping af tot die wederkoms, of herskepping. Jy skryf ook daagliks aan jóú deel van hierdie verhaal. Pas jou lewe in in die styl en intrige of plot van God se storie?
Joh 3:30 Is jy groot of is jy klein? 22.08.2021 28:24
Wanneer het jy as gelowige die hoogste sport bereik? As jy soos ’n Billy Graham voor duisende mense kan preek en tot bekering bring? As jy die Bybel op jou vingerpunte ken en vir almal raad kan gee? Johannes die Doper help ons om dié vraag te antwoord. Hy het gesê: “Hy moet meer word, en ek minder.” (Joh 3:30)
Num 21:4-9 & Joh 3:14-21 Die koperslang 15.08.2021 30:25
Die pandemie hou nou al lank aan, en dit maak ’n mens moeg. En geen einde in sig nie. Dalk wonder jy hoekom God niks aan die situasie doen nie. Dis wat die Israeliete in die woestyn gewonder het. God se antwoord op hulle moedeloosheid is baie anders as waarop die Israeliete gehoop het.
Job 38 - 42 Hoe moet ons God verstaan? 01.08.2021 50:09
Die kerk is die afgelope maand geruk met onthullings oor sg. besluite van die Algemene Sinode wat ’n mens se hare laat rys. Is dit regtig wat die kerk besluit het? Wat moet ons daarvan maak? God se gesprek met Job kan ons help om nuut oor Hom te dink, en tot rus te kom.
Psalm 91 Die beskerming van Ps 91 20.07.2021 36:28
Wanneer ’n mens lees wat mense oor die korona-pandemie te sê het, of jy gesels met mense oor hoe hulle dit hanteer en of hulle die entstof gaan neem of nie, kom jy vroeër of later uit by verwysings na Psalm 91. Dit klink min of meer só: “Ek bid net Psalm 91 en die bloed van Jesus oor my. Ek sal oukei wees.”
2 Kron 1:1-13 Salomo se gebed 16.07.2021 43:20
Waarvoor bid jy? Die jong koning Salomo het ’n geleentheid gekry wat net in sprokiesverhale moontlik is. Hy kon vra net wat hy wou, en God sal dit vir hom gee. Sy keuse is verrassend, maar dit dwing ons om vir onsself te vra waarvoor óns sou vra as ons in sy plek was, en waarvoor ons nóú vra.
1 Sam 13 Van haastigheid kom lastigheid 30.06.2021 36:11
Wat was Saul se groot probleem? Ongehoorsaamheid is darem ’n te algemene woord. Ek dink ons moet ander woorde byvoeg, soos eiesinnigheid en koppigheid en ongeduld en ongeloof. Dit was alles deel van Saul se probleem. Hy het sy eie kop gevolg en wou nie wag op die Here se leiding nie. Hy wou God dwing om op te tree op ’n tyd en soos hý dit wou hê, en toe dit nie gebeur nie, neem hy die reg in eie h...
Psalm 130 Die nagmaal -- God se spyskaart vir jou 05.06.2021 39:55
Die nagmaal vertel jou wie jy is, en dit vertel jou wie God is.
Pinksterfees 2021 Matt 6:13 en Rom 8:1-11 23.05.2021 37:45
Laat ons nie in die bersoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose Versoeking is ’n realiteit waaraan ons nie ontkom nie. Selfs die heiligste onder ons kom in versoeking. Ek wil amper sê: hoe heiliger jy leef, hoe hewiger word die versoeking. Hoe meer jy uit die genade leef, hoe meer word jy versoek om nie uit die genade te leef nie. Hoe ernstiger jy bid om die vergifnis van jou oortredinge, hoe...
Matt 6:9-13 Die Ons Vader-gebed 16.05.2021 29:19
Want wat doen ons as ons die Ons Vader bid? Ons stel onsself tot beskikking van die koms van Gods Koninkryk. ’n Mens kan nie vir iets bid as jy nie ook bereid is om daarvoor te werk nie. Jy kan nie die Ons Vader bid, sonder om ook bereid te wees om self verander te word nie.
2 Sam 11 Segs vir sondaars! 09.05.2021 1:01:22
Wat Dawid en Batseba in hierdie hoofstuk aanvang, is onverstaanbaar. Maar dis die aard van sonde, nie waar nie: dat jy wéét dis verkeerd, jy wéét jy gaan jouself blootstel vir probleme, en tog doen jy dit! Dis die misterie van die sonde, dat ons dink die (kortstondige) plesier wat ons daaruit kry, weeg swaarder as die probleme wat dit veroorsaak.
1 Pet 2:9-10 Jy is 'n priester! 02.05.2021 36:01
Ons is deur God gekies en spesiaal vir diens aan Hom aangestel. Ons is heilig. En ons taak as ’n heilige nasie is om ’n koninklike priesterdom te wees: koning Jesus se priesters in die wêreld, om tussen God en die wêreld te staan, om namens God voor die wêreld te staan, maar ook namens die wêreld voor die Here te staan.
Hand 2:47 Gasvryheid 25.04.2021 35:32
’n Kerk met insluitende gasvryheid Ons wil almal hê nuwe mense moet deel van die gemeente word. Hoe kan dit gebeur? Een van die foute wat ons maak, dink ek, is dat ons vriendelik is met vreemdelinge, maar nie uit ons pad gaan om mense tuis te laat voel nie.
2 Kor 1:3-11 Moedeloos of moedig? 17.04.2021 19:41
Wat maak 'n mens as jy in 'n krisis kom? Die maklikste is om by almal wat wil hoor en nie wil hoor nie, daaroor te kla. Of te sug en te sê dit lyk jou God stel nie eintlik in jou nood belang nie. Paulus wys hier vir ons dat daar 'n beter manier is: dat jy wéér sal kyk, op sal kyk, en God se hand, God se teenwoordigheid in jou krisis sal raaksien.
Hand 2:24 Jy kan, want God kan 11.04.2021 19:04
Dit was vir die dood onmoontlik om Jesus gevange te hou. Niks is immers by God onmoontlik nie. Geen situasie is só hopeloos en dood dat Hy dit nie lewend kan maak nie. Hy het jou óók opgewek om nuut te leef.
Paasfees 4 April 2021 03.04.2021 29:06
1 Kor 15:1-11 Die goeie nuus is -- Christus
Joh 12:12-19 Palmsondag 28 Maart 2021 29.03.2021 37:05
Die Man op die geleende donkie. Waar pas Jesus in in jou geloof?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.