Jacques Loots
InJesus Bybelstudie
n Bybelstudie reeks waarin die fokus op ons Here Jesus gerig is en Sy fantastiese volmaakte werk aan die kruis. Ons wil jou graag help om 'n ware dissipel te wees van Jesus, iemand wat Hom dupliseer, sodat jý Jesus kan wees vir 'n stukkende wêreld. Jy is welkom om ons dienste op 'n Sondag by te woon om 16:00 elke Sondag middag by 93 Parkland dr, Kempton Park
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.podomatic.com
Author
Jacques Loots
Category
Podcast website
Latest episode
Nov 20, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Die Woord - Ep.9 - in Die Woord is Genesing 20.11.2026 31:13
Was Jesus ooit siek? Hoekom kan ons glo vir genesing? Op grond waarvan kan ons glo vir genesing?
Ep.8 - Die Woord is die Lewe 10.11.2026 17:59
Vandag kyk ons na Spreuke 4:20-22, en ons sien hoedat LEWE, die lewe, direk gekoppel is aan God se Woord.
Die Woord - Ep.7 - Die Woord bring Vermeerdering 20.10.2026 26:27
Vandag kyk ons na Spreuke 3:1 & 2, en ons sien hoedat die Woord van God die krag het om ons voorspoedig te maak, om vir ons lewe van invloed en dae en jare by ons lewe by te voeg. God se Woord is KRAGTIG. Waaroor wil jy graag hê moet ons volgende gesels? Los vir ons 'n comment.
Die Woord - Ep.6 - Soos 'n Boom geplant by Waterstrome 12.10.2026 19:22
Ps 1:3 gee ons hierdie fenomenale belofte, dat wanneer ons op die Woord fokus, en daaroor mediteer en dit gedurig voor ons hou, soos wat vers 2 sê, dan sal ons wees soos 'n boom wat geplant is waterstrome. Maar wat beteken dit alles? Kom luister gerus saam. (Het jy dalk iets waaroor jy wil hê ons moet gesels? Los dit gerus in die comments)
Die Woord - Ep.5 - Wat sê die Woord van Meditasie 05.10.2026 21:39
Ons kyk vandag verder na Psalm 1, en meer spesifiek vers 2. Kom luister gerus saam en lewer gerus jou kommentaar. Waaroor wil jy graag hê moet ons volgende gesels?
Die Woord - Ep.4 - Vreugde ten spyte van jou omstandighede 30.09.2026 17:35
Psalm 1:1 sê "Welgeluksalig is die man..." En dan gee Hy vir ons dinge wat so man nie doen nie, maar ook wat hy wel doen, om 'n lewe te lei waarin hy "wel" is, "gelukkig" is en "salig" is. Kom luisters saam. Skryf ook gerus in ons comments waaroor jy graag sal wil antwoorde hê.
Die Woord - Ep.3 - God is wakker oor Sy Woord om dit te volbring 25.09.2026 17:12
In Jeremia 1:12 kry ons hierdie mooi belofte: "Toe sê die Here vir my: Jy het goed gesien, want Ek is wakker oor my woord om dit te volbring." God is wakker oor Sy Woord, en Sy Woord in jou mond, in geloof, sal God volbring!
Die Woord - Ep.2 - Die Waarheid sal jou Vrymaak 18.09.2026 20:47
In Johannes 8:31 en 32 sê Jesus: "En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak." Dis net die waarheid wat jy ken en glo wat jou kan vrymaak. As jy nie tyd in die Woord spandeer nie, sal jy nooit wat is die waarheid daarin nie, en dan kan jy nooit die waarheid glo ni...
Die Woord- Ep.1 - Jesus is die Woord 16.09.2026 16:16
Hoe dink God oor Sy Woord? Hoe belangrik is Sy Woord vir Hom? Hoe belangrik is dit vir ons om oor Sy Woord te dink soos wat Hy daaroor dink? Kom luister gerus saam #GodseWoord #WoordvanGod #JesusisdieWoord
Geskep na Sy gelykenis - Wat beteken dit? - Ep.1 10.09.2026 23:22
Het jy al ooit gewonder wat beteken dit om na God se gelykenis geskep te wees? Is ons steeds in Sy gelykenis? Wat van sonde? Kom luister saam en rys saam met my deur die Woord.
Wat van Doop - Ep.2 20.08.2026 23:27
Doop is nie iets wat ons moet uitstel nie. Ek weet nie hoekom ons op 'n plek gekom het waar ons uitstel om gedoop te word vir 'n meer gerieflike tyd, plek of omstandighede nie, maar dis nie wat ek in die Handelinge kerk sien nie. Vir hulle was daar 'n dringendheid om gedoop te word wanneer jy tot bekering kom. Kom kyk saam met ons na die Woord, en los gerus vir ons jou gedagtes, of vra...
Wat van Doop - Ep1 05.08.2026 19:25
Hoe belangrik is dit om gedoop te word? Wat gebeur wanneer jy gedoop word? Is dit iets wat ons doen omdat ons denominasie dit doen, of nie doen nie?
Geloof wat Berge Verskuif - Ep25 29.07.2026 19:05
Wanneer ons in geloof bid, in ooreenstemming met die Woord, dan het ons reeds ontvang waarvoor ons gebid het. Reeds, Verlede tyd...
Geloof wat Berge Verskuif - Ep24 24.07.2026 17:55
Ongeloof het selfs Jesus gekeer om te kan doen wat Hy graag wou doen in Nasaret, Sy eie tuisdorp.
Geloof wat Berge Verskuif - Ep23 19.07.2026 16:37
Dis absoluut moontlik vir 'n wedergebore gelowige, om ook ongeloof en twyfel te hê. En ons moet die guts hê om dit te erken, te bely, en dit los te sny sodat ons kan beryk wat God in en deur ons wil beryk.
Geloof wat Berge Verskuif - Ep22 15.07.2026 14:18
Ons moet ernstig wees daaroor om twyfel en ongeloof uit ons lewens te verwyder, want dit kan verhoed dat ons bereik wat God in en deur ons wil bereik.
Geloof wat Berge Verskuif - Ep.21 10.07.2026 20:52
As ek en jy 'n afspraak maak vir 'n spesifieke tyd, moet ons seker maak dat ons hou by ons woord, want so leer ons ons vlees dat ons bedoel wat ons sê.
Geloof wat Berge Verskuif - Ep20 07.07.2026 19:40
Jou woorde, wat glo en saamstem met God se Worode, het die krag en die mag om die verloop van die toekoms, en sodoende geskiedenis, te verander.
Geloof wat Berge Verskuif - Ep19 03.07.2026 17:04
Ons geloof word deur ons woorde geaktiveer. As dissipels van Jesus is ons veronderstel om 'n honger en verwagting hê na die bonatuurlike wat God vir ons beskikbaar het.
Geloof wat Berge Verskuif - Ep18 30.06.2026 11:55
Daar is soveel meer krag in ons woorde as wat ons besef.
Geloof wat Berge Verskuif - Ep17 - Geloof is 'n bewys van dit wat ons nog nie sien nie 24.06.2026 16:17
Hebr 11:1 sê "Geloof dan ... is 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie." Hoe bewys ons wat ons glo?
Geloof wat Berge Verskuif - Ep16 18.06.2026 11:56
Volgens Hebr 11:1 is Geloof is vaste vertroue in die dinge wat ons hoop. Bybelse hoop is nie 'n 50/50 storie soos wat ons aan gewoond geraak het in ons elke dag manier van praat nie. Bybelse hoop is 'n verwagting in iets definitiefs. Kom luister gerus saam soos ons hierdie bietjie bekyk. #GeloofwatBergeVerskuif #Geloof #Hoop
Geloof wat Berge Verskuif - Ep15 16.06.2026 15:46
Ons kan nie lief hê sonder God nie. Dis onmoontlik. God is liefde. Hy is ons verwysingsraamwerk. Hy is ons BRON van liefde. Ons kan net lief hê as ons van Hom trek, as ons weet hoe lief Hy ons het. En wat is die bewys van Sy liefde? Is dit 'n gevoel? Is dit daai hoendervleis teen my rugraat af in die kerk? Kom luister saam wat sê die Woord
Geloof wat Berge Verskuif - Ep14 11.06.2026 11:56
Geloof wat deur Liefde werk - Dis waar die krag is.
Geloof wat Berge Verskuif - Ep13 08.06.2026 11:52
As Jesus sê, ons sal kan doen wat Hy gedoen het, wat het Hy daarmee bedoel?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.