Francois Bredenkamp

Hoop Nogtans

Religion EN ↓ 60 episodes

Hoop Nogtans bediening deur Francois Bredenkamp https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/ https://www.youtube.com/@HoopNogtans

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: rss.com

Author

Francois Bredenkamp

Category

Religion

Podcast website

rss.com

Latest episode

Nov 16, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 10M+ downloads · 4.7+ rating iOS soon

Episodes

‘n Mooi toekoms belowe - Psalm 37:37 #2510 21.11.2025

Dr Winter, hoogsbekwame geneesheer in Chicago ‘n aantal jaar gelede word wakker gebel een uur die oggend. Hul benodig hom dringend by die hospitaal. ‘n Seun is ernstig beseer in ‘n ongeluk. Daar is niemand wat so bekaam is soos Dr Winter nie. As daar iemand is wat die seun se lewe kan red, dan is dit Dr Winter. Daar is ‘n kortpad deur een van die berugste buurtse in Chicago. Dis ‘n baie gevaarlike...

Hoe sieker jy is, hoe meer opreg bid jy - Psalm 6 #2509 21.11.2025

Ek dink ‘n mens bid anders wanneer jy regtig siek is. Hoe sieker jy is, hoe meer opreg bid jy. Jy steek niks weg vir God nie. Jy kruip nie weg agter mooi woorde nie. Jy is nie gepla of jy die korrekte woorde gebruik wat God sal beindruk nie. Jy bid diep uit jou hart. Jy roep uit na God want jy besef hoe nodig jy Hom het. Psalm 6 gaan oor ‘n tyd toe Dawid baie siek was. Ons kan so baie by Dawid lee...

'n Rede om optimisties te wees - Psalm 27 #2508 21.11.2025

’n Hele paar jaar gelede slaap ek een nag in ‘n gastehuis in die Karoo. Ek word wakker in die middel van die nag. Alles is donker om my. Stikdonker. Die gordyne hou die sterrelig buite. Ons is so gewoond aan lig, ons ken amper nie donkerte nie. Daar is straatligte wat die vertek verlig, die oranje liggie van ‘n verwarmer of die groen liggie van die alarmstelsel of die rooi liggie van die elektroni...

Staan uit weens jou Persoonlike integriteit - Psalm 15 #2507 21.11.2025

Op 22 Februarie 2011 sal onthou word as die dag toe ‘n aardbewing verwoesting in Christchurch aangerig het. 185 sterf in die aardbewing. 115 van hulle toe die CTV gebou inmekaar stort. 62 persent van die lewensverlies omdat een gebou se strukturele integriteit nie op standaard was nie. Strukturele integriteit het te doen met dinge soos die behoorlike ontwerp van die gebou, en dat die bouregulasies...

Dawid kry te doen met valse beskuldigings - Psalm 26 #2506 19.11.2025

Die New York Post berig op 5 September 2025 oor Bryan Hooper wat na 27 jaar in die tronk vrygelaat is. Hy was in die tronk vir die moord op ‘n 77-jarige vrou in 1998. Al die tyd onskuldig. Die eintlike moordenaar, Chalaka Young was destyds die hoofgetuie teen hom. Sy het nou eers skuld beken. Dis ‘n uitsonderlike geval, maar illustreer hoe magteloos enigeen van ons voel wanneer jy valslik beskudig...

Dawid leer ons bid wanneer jy nie weet wat om te doen nie - Psalm 5 #2505 19.11.2025

Dalk onthou jy die rolprent Cast Away, vrygestel in 2000 met Tom Hanks in die hoofrol. Hanks speel die rol van Chuck Noland wat vir FedEx werk. Noland se vliegtuig val en hy spoel uit op ‘n verlate eiland erens in die Stille Oseaan. As jy die fliek gekyk het, gaan jy onthou wie Wilson is. Wilson is ‘n volleybal wat saam met Noland uitgespoel het. In sy eensaamheid praat Noland met Wilson, die voll...

Dawid het die swaarkry kant van die lewe geken - Psalm 16 #2504 19.11.2025

Dawid het die swaarkry kant van die lewe geken. Praat van tragedie, teleurstelling, trauma, trane en teenspoed. Hy het dit alles geken. Vir jare moes hy vlug vir koning Saul wat hom met ‘n passie gehaat het en met alle geweld wou dood maak. Later in sy lewe, toe hy self koning was, moes hy vlug voor sy seun Absalom wat hom onttroon as koning en hom uit die weg wil hê. Dawid het die geheim geken om...

Dawid in 'n dorre woestyn - Psalm 63 #2503 18.11.2025

n Paar jaar gelede het ek die geleentheid gehad om ‘n paar dae in die Australiese Outback deur te bring in die omgewing van Uluru, ‘n massiewe rooi sandsteenformasie 348 meter hoog en ‘n omtrek van 9.4 kilometer. Die dag toe ons daar kom, sê die toerleier daar is iets wat julle moet weet. Vergeet van gevaarlike slange. Die kans dat jy deur ‘n slang gepik gaan word, is gering. Daar is ‘n groter gev...

Gee jou kommer oor aan die HERE - Psalm 55_23 #2502 18.11.2025

Bondi Beach in Sydney is een van Australië se mees gewilde strande, en ‘n TV program oor hul lewensredders wek wêreldwye waardering vir hulle. Nie sonder rede nie. In hul jaarverslag vir 2023-2024 word genoem dat hulle 377 lewens gered het in daardie jaar. Een van die grootste probleme waarmee lewensredders te doen kry, is wanneer iemand so spartel en spook dat hulle die lewensredder se veiligheid...

Die domste dinge wat Dawid ooit gedoen het - Psalm 34 #2501 18.11.2025

Ons almal het seker een of ander storie oor ‘n dom ding wat ons gedoen het. Soms is dit humoristies. Soms met verreikende gevolge. Psalm 34 is een van die mees inspirerende psalms in die Bybel. Maar dis gebore uit een van die domste dinge wat Dawid ooit gedoen het. - https://www.bible.com/bible/6/PSA.34.AFR83 - https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/ 2501

Listen to the Hoop Nogtans podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.