Francois Bredenkamp
Hoop Nogtans
Hoop Nogtans bediening deur Francois Bredenkamp https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/ https://www.youtube.com/@HoopNogtans
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Glo ek regtig dat Jesus Christus die Here is? #2521 23.12.2025 23:34
Katarina die Grote, keiserin van Rusland het in 1787 ’n grootskaalse inspeksiereis onderneem langs die Dnieper River. Die reis is gereël deur Grigory Alexandrovich Potemkin (Potjomkin), een van Katarina se mees vertroude staatsmanne, wat haar wou beïndruk met sy bestuur van die provinsies. Dit word vertel dat Potjomkin vals papier- of kartondorpe langs die rivier opgerig het om Katarina doelbewus...
Dis maklik om ‘n front voor te hou #2520 20.12.2025 19:45
Dis maklik om ‘n front voor te hou en te maak asof alles reg is, terwyl jy so moedeloos is dat jy nie kans sien vir aangaan nie. ‘n Gewilde sanger Sia sing die volgende: Unstoppable All smiles, I know what it takes to fool this town I'll do it 'til the sun goes down and all through the night time Oh, yeah Oh, yeah, I'll tell you what you wanna hear Keep my sunglasses on while I shed a tear It's ne...
Ons verstaan God se hart baie keer verkeerd #2519 20.12.2025 25:37
n Klein seuntjie, so tien jaar oud, het die dinêr binnestap en by ’n tafel kom sit. Die kelnerin, reeds moeg ná ’n lang skof, kom vra wat hy graag wil hê. Die seuntjie kyk na die spyskaart en vra: “Hoeveel kos ’n roomys-sundae?” Sy gee vir hom die prys. Hy tel sy muntstukke stilletjies. Toe vra hy: “Hoeveel kos net gewone roomys?” Die kelnerin sug — daar wag baie klante — en sy noem die laer prys....
Ewige lewe #2518 03.12.2025 24:40
In die Spaanse stad Valladolid waar Christopher Columbus in 1506 sterf, staan ‘n monument ter ere van die ontdekkingsreisiger. ‘n Stukkie simboliek ingebou in die monument is ‘n aardbol met ‘n band oor, met die volgende woorde Ne Plus Ultra. Vir jare was Spanje se leuse: Ne Plus Ultra. Dit beteken, niks anderkant nie. Daar is geen land anderkant Spanje nie. Ingebou in die monument is ‘n leeu wat d...
Wees oud met waardigheid #2517 23.11.2025 22:24
Dis maklik vir ‘n persoon in hul senior jare om te voel dat hulle waardeloos is, oorbodig, selfs onwelkom, ‘n oorlas vir die samelewing. Om te voel jy word eenkant toe gestoot, miskien verdra, maar nie waardeer nie. Maar dis moontlik om ‘n vol lewe te lei in jou silwer-grys jare. Johann Goethe skryf sy meesterlike toneelstuk op die ouderdom van 81. Winston Churchill, op 82, skryf die eerste van 4...
Die waarheid is: God gaan vir die hart! #2516 21.11.2025 24:40
In die rolprent A few Good Men is daar ‘n toneel uit ‘n militêre verhoor. Kolonel Natan R Jessep onder kruisondervraging. Die prokureur Lt Daniel Kaffee is baie direk: Hy wil by die waarheid uitkom. Colonel Jessep ... "You want answers?" Lieutenant Kaffee ... "I think I'm entitled." Colonel Jessep ... "YOU WANT ANSWERS?" Lieutenant Kaffee ... "I WANT THE TRUTH!" Colonel Jessep ... "YOU CAN'T HANDL...
Daar is hoop vir hooplose mense #2515 21.11.2025 22:23
Die Centers for Disease Control and Prevention (CDC) in die VSA het in 2023 omvattende navorsing onder Amerkiaanse tieners gedoen. Hul bevindings is kommerwekkend. Meer as ’n kwart van Amerikaanse tieners het swak geestesgesondheid ervaar, en ongeveer 40% het aanhoudend hartseer en hopeloos gevoel. Die opname het ook bevind dat 20% van die leerlinge ernstig oorweeg het om selfmoord te pleeg, met s...
Gód kan deur die grens van die hooplose situasie breek #2514 21.11.2025 21:31
Vir baie jare het mense geglo dat dit onmoontlik is om die klankgrens te breek. Sou jy vinniger vlieg as die spoed van klank – om en by 1100 km per uur – dan sal jou vliegtuig disintegreer. Dit sal wees asof jy teen ‘n onsigbare muur vasvlieg. Een persoon wat dit nie geglo het nie, was Chuck Yaeger, ‘n Amerikaanse vegvlieënier wat op 14 Oktober 1947 die teendeel bewys het. Chuck Yaeger het by vers...
Niks gebeur sommer net nie! #2513 21.11.2025 31:08
Victor Frankl was ‘n Joodse psigiater voor die Tweede Wêreldoorlog in Weenen, Oostenryk. In sy werk Man’s search for meaning, gepubliseer in 1946, net na die oorlog, verduidelik hy hoe die sentrale idees in hierdie boek hom gehelp het om die swaarkry in die konsentrasiekamp te oorleef. In kort, as ‘n mens rede het om voor te lewe, kan jy onmenslike swaarkry verdra. Sonder iets wat betekenis aan jo...
God kan ingryp in die mees hopelose situasies - 2 Konings 4:38-41 #2512 21.11.2025 23:35
Jare gelede het ‘n mnr Van der Merwe vir die Waterraad in Namibië gewerk. Op ‘n dag was hy in die Namibwoestyn op pad Walvisbaai toe. Sy voertuig oorverhit en gaan staan. Hy besef dit kan tot twee dae neem voordat hulle na hom gaan begin soek. Die beste ding wat hy kan doen is om te stap tot by die kus, en dan noordwaarts al met die kus langs te stap. Hy weet daar is ‘n navorsingspan wat daar eren...
Hierdie waarhede dra jou deur die moeilikste tye #2011 21.11.2025 24:21
Rebecca St James is een van die groot name in die kontemporêre Christelike musiekwêreld. Sy is gebore in Australië. Haar pa het groot musiekbyeenkomste gereël in Australië, en was baie suksesvol. Maar om een of ander rede misluk een van die toere wat hy reël, en hy sit met ‘n halfmiljoen dollar se skuld en die gesin verloor alles. Die gesin verhuis na die VSA in 1991. Die werk wat haar pa sou ry,...
‘n Mooi toekoms belowe - Psalm 37:37 #2510 21.11.2025 20:16
Dr Winter, hoogsbekwame geneesheer in Chicago ‘n aantal jaar gelede word wakker gebel een uur die oggend. Hul benodig hom dringend by die hospitaal. ‘n Seun is ernstig beseer in ‘n ongeluk. Daar is niemand wat so bekaam is soos Dr Winter nie. As daar iemand is wat die seun se lewe kan red, dan is dit Dr Winter. Daar is ‘n kortpad deur een van die berugste buurtse in Chicago. Dis ‘n baie gevaarlike...
Hoe sieker jy is, hoe meer opreg bid jy - Psalm 6 #2509 21.11.2025 24:05
Ek dink ‘n mens bid anders wanneer jy regtig siek is. Hoe sieker jy is, hoe meer opreg bid jy. Jy steek niks weg vir God nie. Jy kruip nie weg agter mooi woorde nie. Jy is nie gepla of jy die korrekte woorde gebruik wat God sal beindruk nie. Jy bid diep uit jou hart. Jy roep uit na God want jy besef hoe nodig jy Hom het. Psalm 6 gaan oor ‘n tyd toe Dawid baie siek was. Ons kan so baie by Dawid lee...
'n Rede om optimisties te wees - Psalm 27 #2508 21.11.2025 22:44
’n Hele paar jaar gelede slaap ek een nag in ‘n gastehuis in die Karoo. Ek word wakker in die middel van die nag. Alles is donker om my. Stikdonker. Die gordyne hou die sterrelig buite. Ons is so gewoond aan lig, ons ken amper nie donkerte nie. Daar is straatligte wat die vertek verlig, die oranje liggie van ‘n verwarmer of die groen liggie van die alarmstelsel of die rooi liggie van die elektroni...
Staan uit weens jou Persoonlike integriteit - Psalm 15 #2507 21.11.2025 38:50
Op 22 Februarie 2011 sal onthou word as die dag toe ‘n aardbewing verwoesting in Christchurch aangerig het. 185 sterf in die aardbewing. 115 van hulle toe die CTV gebou inmekaar stort. 62 persent van die lewensverlies omdat een gebou se strukturele integriteit nie op standaard was nie. Strukturele integriteit het te doen met dinge soos die behoorlike ontwerp van die gebou, en dat die bouregulasies...
Dawid kry te doen met valse beskuldigings - Psalm 26 #2506 19.11.2025 20:04
Die New York Post berig op 5 September 2025 oor Bryan Hooper wat na 27 jaar in die tronk vrygelaat is. Hy was in die tronk vir die moord op ‘n 77-jarige vrou in 1998. Al die tyd onskuldig. Die eintlike moordenaar, Chalaka Young was destyds die hoofgetuie teen hom. Sy het nou eers skuld beken. Dis ‘n uitsonderlike geval, maar illustreer hoe magteloos enigeen van ons voel wanneer jy valslik beskudig...
Dawid leer ons bid wanneer jy nie weet wat om te doen nie - Psalm 5 #2505 19.11.2025 31:40
Dalk onthou jy die rolprent Cast Away, vrygestel in 2000 met Tom Hanks in die hoofrol. Hanks speel die rol van Chuck Noland wat vir FedEx werk. Noland se vliegtuig val en hy spoel uit op ‘n verlate eiland erens in die Stille Oseaan. As jy die fliek gekyk het, gaan jy onthou wie Wilson is. Wilson is ‘n volleybal wat saam met Noland uitgespoel het. In sy eensaamheid praat Noland met Wilson, die voll...
Dawid het die swaarkry kant van die lewe geken - Psalm 16 #2504 19.11.2025 30:04
Dawid het die swaarkry kant van die lewe geken. Praat van tragedie, teleurstelling, trauma, trane en teenspoed. Hy het dit alles geken. Vir jare moes hy vlug vir koning Saul wat hom met ‘n passie gehaat het en met alle geweld wou dood maak. Later in sy lewe, toe hy self koning was, moes hy vlug voor sy seun Absalom wat hom onttroon as koning en hom uit die weg wil hê. Dawid het die geheim geken om...
Dawid in 'n dorre woestyn - Psalm 63 #2503 18.11.2025 19:25
n Paar jaar gelede het ek die geleentheid gehad om ‘n paar dae in die Australiese Outback deur te bring in die omgewing van Uluru, ‘n massiewe rooi sandsteenformasie 348 meter hoog en ‘n omtrek van 9.4 kilometer. Die dag toe ons daar kom, sê die toerleier daar is iets wat julle moet weet. Vergeet van gevaarlike slange. Die kans dat jy deur ‘n slang gepik gaan word, is gering. Daar is ‘n groter gev...
Gee jou kommer oor aan die HERE - Psalm 55_23 #2502 18.11.2025 25:19
Bondi Beach in Sydney is een van Australië se mees gewilde strande, en ‘n TV program oor hul lewensredders wek wêreldwye waardering vir hulle. Nie sonder rede nie. In hul jaarverslag vir 2023-2024 word genoem dat hulle 377 lewens gered het in daardie jaar. Een van die grootste probleme waarmee lewensredders te doen kry, is wanneer iemand so spartel en spook dat hulle die lewensredder se veiligheid...
Die domste dinge wat Dawid ooit gedoen het - Psalm 34 #2501 18.11.2025 25:14
Ons almal het seker een of ander storie oor ‘n dom ding wat ons gedoen het. Soms is dit humoristies. Soms met verreikende gevolge. Psalm 34 is een van die mees inspirerende psalms in die Bybel. Maar dis gebore uit een van die domste dinge wat Dawid ooit gedoen het. - https://www.bible.com/bible/6/PSA.34.AFR83 - https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/ 2501
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.