Francois Bredenkamp
Hoop Nogtans
Hoop Nogtans bediening deur Francois Bredenkamp https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/ https://www.youtube.com/@HoopNogtans
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
God verwelkom jou! 07.07.2026 28:44
In 1973 word die liedjie “Tie a yellow ribbon round the ole oak tree” vrygestel. Die liedjieskrywers vertel van ‘n man wat na drie jaar in die tronk vrygelaat word. Hy skryf ‘n brief aan sy beminde. Hy is nie seker of sy hom terug gaan verwelkom nie. Hy skryf hy gaan die bus neem en by haar huis verby ry. As sy hom nog wil hê, moet sy ‘n geel strik om die ou akkerboom bind. Dit sal vir hom die tek...
Alles wat verkeerd is in my lewe kan reggestel word 07.07.2026 26:42
Op 25 September 2000 neem ‘n jongman met die naam Kevin Hins die bus na die bekende Golden Gate brug in San Francisco. Hy kan net aan een ding dink. Spring van die brug af. Maak ‘n einde aan alles. Die stemme in sy kop moedig hom aan. Hy het bipolêre depressie, en is psigoties. In sy boek “Cracked, not Broken: Surviving and Thriving after a Suicide Attempt” skryf Kevin Hins, die oomblik toe hy spr...
Maak saak waar dit die meeste saak maak 27.06.2026 33:07
Soms sê een foto meer as duisende woorde. 5 Junie 1989 is die dag ná die bloedige onderdrukking van wekelange studenteprotes op Tiananmen-plein in Beijing. ‘n Toneel speel af amper 40 jaar later nog steeds ver buite die grense van China onthou word. 'n Reeks tenks van die Chinese Volksbevrydingsleër het deur die strate van Beijing vanaf die Tiananmen-plein deur die strate van Beijing beweeg. Skiel...
Ons kan nie God se weë altyd verstaan nie 27.06.2026 26:17
Iemand het vertel hoe die kabeljou bedryf in die noordooste van die VSA gesukkel het om vars kabeljou betyds by die markte ver van hul af te kry. As hulle dit vries, gaan iets van die smaak verlore. Hulle het toe begin om die kabeljou lewend in tenks met seewater te vervoer. Die vis se smaak was toe nie na wense nie, en die tekstuur ietwat papperig. Uiteindelik was iemand baie kreatief. Hulle het...
Die onveranderlike getrouheid van God 20.06.2026 25:21
Onlangse navorsing oor die grootste bekommernisse wat bejaarde mense vandag beleef, kan opgesom word as bekommernis oor wat van hulle gaan word soos hulle ouer word. Eerste op die lys van bekommernisse is kommer oor hulle gesondheid en onafhanklikheid. Hulle wonder, “Sal ek vir myself kan bly sorg? Wat gaan van my word?” Tweede op die lys, kommer oor finansiële sekuriteit. “Sal ek genoeg hê vir di...
Ons het ‘n Redder nodig 01.06.2026 19:26
Ek staan ‘n paar jaar gelede voor City Hall in San Francisco. Dit laat my dink aan die Uniegebou in Pretoria. Die belangrikste regeringskantore in San Francisco is in hierdie imposante gebou. In 1989 word die gebou deur ‘n aardbewing beskadig, en ‘n projek word geloods om die gebou te beveilig teen aardbewings in die toekoms. Dit het behels dat hulle die bestaande fondasie moes versterk, maar hoe...
Hoe lyk die fondasie 01.06.2026 25:35
Ek staan ‘n paar jaar gelede voor City Hall in San Francisco. Dit laat my dink aan die Uniegebou in Pretoria. Die belangrikste regeringskantore in San Francisco is in hierdie imposante gebou. In 1989 word die gebou deur ‘n aardbewing beskadig, en ‘n projek word geloods om die gebou te beveilig teen aardbewings in die toekoms. Dit het behels dat hulle die bestaande fondasie moes versterk, maar hoe...
So maklik mislei 22.05.2026 26:22
n Plasing op Facebook ‘n paar dae gelede trek my aandag. ‘n Amerikaanse soldaat is aan die woord, een wat onlangs in Israel diens gedoen het. Hy praat oor ‘n Bybelse drankie wat net twee bestanddele het en wat Alzheimer se siekte voorkom. Hierdie drankie is so effektief, dat daar vandag geen geval is in Israel van Alzheimer se siekte nie, sê hy, want hulle volg steeds hierdie resep. Nou luister ek...
Jy hoef nie bang te wees vir die dood nie 22.05.2026 24:31
Daar is ‘n ongemaklikheid by baie mense om te praat oor die dood. Hoeveel keer hoor het ons al gehoor iemand sê iets soos, “As daar iets met my gebeur, onthou tog my begrafnisboekie is bo in my kas in die boksie waar al my dokumente gebêre word.” As daar iets met my gebeur, sing tog op my begrafnis hierdie lied wat vir my so mooi is.” As daar iets met my gebeur... Dis nie ‘n geval van “as daar iet...
God meet nie jou bruikbaarheid volgens jou ouderdom nie 08.05.2026 26:40
Vir baie jare het die samelewing van ‘n mens verwag dat jy sal aftree as jy ‘n sekere ouderdom bereik. Daar is vir mense gesê: Dis tyd om af te skaal. Laat die jonger generasie die leisels oorneem. Geniet ‘n rustige lewe as bejaarde. Ek is bly saam met mense wat kan aftree. Al hoe meer mense kan nie, bloot om finansiële redes. Moet ons terugstaan net omdat ons oud word? God meet nie jou bruikbaarh...
God se antwoord vir jou hooploosheid 27.04.2026 36:17
Steve Jobbs se naam is sinoniem met die Apple maatskappy se sukses. Steve Jobbs was die dryfkrag agter so baie innovasies wat vandag alledaags is: Apple Mac, persoonlike rekenaars wat jy saam met jou dra; die iPad, ‘n klein rekenaar sonder ‘n sleutelbord wat geaktiveer word deur op ‘n skerm te druk; die iPod, ‘n klein elektroniese toestel om ‘n hele musiek en video versameling saam te dra en te sp...
God se plan met jou is groter as jou verlede! 23.04.2026 32:12
‘n Artikel ‘n paar jaar gelede in Golfdigest, die bekende tydskrif vir gholfentoesiaste, fokus op waar die woord mulligan in gholf sy oorsprong het. Een moontlike verklaring is dat David Mulligan, ‘n Kanadese amateur gholfspeler, die eerste keer die woord gebruik het in die 1920’s. Hy speel gholf met ‘n paar vriende. Mulligan se eerste hou is windskeef. Baie vies vir homself, sit hy ‘n nuwe gholfb...
‘n Moet-lees-gedeelte vir enigeen wat eensaam, angstig en vreesbevange is 23.04.2026 22:47
‘n Artikel op news.com.au op 25 Desember 2025 berig oor die ‘Lost generation’: Hidden crisis creeping into Australia. Miljoene mense regoor die wêreld sluit hulself in hul blyplekke toe, soms vir jare, met minimale kontak met die buitewêreld. Die Japanese het die verskynsel ‘n naam gegee: Hikikomori. Hikikomori verwys na mense wat hulself vir maande of selfs jare van die samelewing onttrek en mees...
Die Opstanding van Jesus 23.04.2026 25:03
‘n Geliefde opvoedkundige speletjie met kinders behels dat ‘n mens saam met ‘n kind ‘n torinkie met plat houtblokkies bou. Een vir een trek julle versigtig ‘n blokkie op ‘n slag uit totdat die toring omkantel, gewoonlik tot groot pret vir die kind. Die onderste ry blokkies is die belangrikste. As jy daar ‘n blokkie uittrek, dan kantel die toring . Die Opstanding van Jesus is die één waarheid wat s...
Dawid vra om nuutgemaak te word 29.03.2026 30:25
Die kerkvader Augustinus het as jongman sy rug op die Christelike geloof gedraai en homself oorgegee aan ‘n sondige lewenstyl. Hy kom kragdadig tot bekering, en sy hele lewe verander. Hy keer terug na sy tuisdorp in Noord-Afrika, en een van sy vorige meisies roep uit, “Augustinus! Dit is ek!” Hy draai na haar en antwoord, “Maar dit is nie ek nie!” Met ander woorde, hierdie man is ‘n nuwe mens. Toe...
God wil keer dat jou lewe uitmekaar rafel 29.03.2026 20:35
Ek onthou die dag nog so goed. Baie jare gelede is ek besig om aan my verhandeling vir my meestersgraad te werk. Ek werk destyds op ‘n ou Burroughs rekenaar. Dis ‘n massiewe rekenaar wat die hele lessenaar volstaan. Dit was toe al oud. ‘n Universiteit het hul rekenaarstelsel opgegradeer, en so het ek een van die oues bekom. Ek was baie dankbaar. Dit was my eerste rekenaar. Iets loop skeef daardie...
Stel jou vertroue in die God wat nooit teleurstel 29.03.2026 26:34
Die Griekse filosoof Diogenes (oorlede 323 v. C.) het besonderse maniere gehad om sy wysheid oor te dra. Een hiervan was om met ‘n lantern te loop en soek na iets - helder oor dag. Natuurlik sou mense vra waarmee hy besig is. Sy antwoord: Ek is op soek na ‘n eerlike man. As ons Miga 7 lees, dan ontmoet ons die profeet Miga wat ook op soek was na ‘n mens wat regverdig geleef het. Selfs net één mens...
As Job maar geweet het van Jesus. Deel II 14.03.2026 23:51
Aaron Beck het baanbrekerswerk gedoen om depressie te verstaan en te behandel. Hy identifiseer dat iemand met depressie drie negatiewe sienings het: 1. Negatiewe siening van hulself ’n Persoon begin glo daar is iets fout met hulself. 2. Negatiewe siening van die wêreld (omstandighede) Die persoon begin die lewe en sy omgewing sien as onregverdig, oorweldigend of onmoontlik. 3. Negatiewe siening va...
As Job maar geweet het van Jesus #2606 14.03.2026 25:36
Kelly Pruitt was ‘n bekende skilder en beeldhouer wat in 2009 oorlede is. Sy laaste jare het hy deurgebring op ‘n plaas naby die Rio Grande rivier in die suidweste van die VSA. ‘n Paar weke voor sy dood begin hy sy eie graf grawe. Hy vorder halfpad, toe hy daarin gaan lê om te sien of hy inpas. Sy kommentaar, “Dis nogal gemaklik.” Baie mense maak ligtelik opmerkings oor hulle dood. Maar dit neem n...
Ek is eenvoudig geroep om getrou te wees #2605 22.02.2026 30:39
In die boek Second Calling skryf Dale Bourke dat sy jare gelede ’n konferensie bygewoon het. Toe dit verby was, het haar vriend Bruce aangebied om haar lughawe toe te neem. Net toe hulle wou vertrek, het ’n ander man gevra of hy saam met hulle kon ry. Terwyl hulle van die hotel af weg gery het, het sy en Bruce die man gevra waar hy werk, en hy het genoem dat hy by ’n spesifieke Christelike organis...
Die ouer broer #2604 21.02.2026 29:39
Die spesifieke Sondag is die kerk gepak. Dis kindertoewyding die oggend en daar is baie familie en vriende om die geleentheid met die gesin te deel. Ek is dankbaar om die oggend die geleentheid te hê om die evangelie te deel met mense wat moontlik selde in die kerk kom. Een van die ouderlinge maak later sy beswaardheid aan my bekend. “Ons hou nie van jou styl van bediening nie. Jy trek mense na di...
‘n Verkeerde siening van die Vader se hart #2603 25.01.2026 21:06
Rosaria Butterfield was ’n universiteitsprofessor, ’n ateïs, en openlik gekant teen die Christelike geloof. Sy het geglo dat Christenskap skadelik is vir mense en intellektueel minderwaardig. Nadat sy ’n artikel geskryf het waarin sy Christelike oortuigings gekritiseer het, het sy talle reaksies ontvang. Een brief het uitgestaan — dit was respekvol geskryf deur ’n predikant wat haar uitgenooi het...
Die Verlore Seun #2602 20.01.2026 23:46
Aljazeera berig op 21 Julie 2025 uit Palkistan dat die owerhede minstens 13 mense, insluitende ‘n stamleier, in hegtenis geneem het op wat as ‘n eerwraakmoord (“honour killing”) beskou word. Bano Bibi en haar man Ehsan Ullah is vermoor as wraak omdat hulle getrou het teen die wense van hulle familie. Hulle het daardeur skande oor die familienaam gebring. Daar is in 2024 landswyd in Pakistan 547 ee...
Ontdek of Herontdek Die hart van God vir jou #2601 05.01.2026 18:54
Onthou jy nog die liedjie “Nobody likes me, everybody hates me, I guess I’ll eat worms!” Die liedjie gee nogal weer hoe baie mense voel. Oor hulself. Hoeveel mense voel niemand is lief vir hulle nie. Hulle voel onwaardig. Hulle kan nie eens dink dat iemand van hulle sal hou nie. Die evangelie van Jesus Christus vertel ‘n heel ander storie oor ons. Ons is kosbaar in God se oë. Hy kies om ons lief t...
Voel dit tevergeefs? #2522 05.01.2026 26:19
In die Griekse mitologie is daar die storie van Sisyfus, die stigter en koning van Korinte (Efyra). As mens was hy aanmatigend en arrogant, en die gode straf hom. In die onderwêreld kry hy die taak om ‘n groot rots teen ‘n bult uit te stoot, en net soos hy amper bo is, dan rol die rots al die pad terug, en dan moet hy oor begin. So hou dit vol, dag vir dag, tot in ewigheid. Stoot. Amper daar. Teve...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.