RSG

Hoe verklaar jy dit?

Science AF ↓ 733 episodes

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Science

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 25, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Hoe verklaar jy dit? 9 November 2025 09.11.2025

‘n Luisteraar het ‘n videogreep ingestuur waar ‘n kewer ‘n ander laat ontplof! Waar gaan daar aan? Hoe verander sekere spesies van geslag? Watter omstandighede veroorsaak hierdie verandering?

Hoe verklaar jy dit? 2 November 2025 02.11.2025

Hoe verskil waterkewers van landlewende kewers? Wat presies is ryp, onder watter weersomstandighede vorm dit, en wat is die verskillende soorte ryp?

Hoe verklaar jy dit? 26 Oktober 2025 26.10.2025

Die wonder van vlug – mense vra gereeld hoe dit moontlik is vir vliegtuie om op te styg en in die lug te bly. Hoe is dit moontlik dat ‘n klip van 100 x 55mm en ‘n gewig van 160 gram, in ‘n bosbok se maag gevind is. Eet hulle klippe?

Hoe verklaar jy dit? 19 Oktober 2025 19.10.2025

Wat maak Suid-Afrika se orgedieë só spesiaal teenoor spesies in ander lande? Hoe pas sekere insekte in die ekostelsel in?

Hoe verklaar jy dit? 12 Oktober 2025 12.10.2025

Mannetjie-voëls is gewoonlik meer kleurvol as die wyfie. Is dit dieselfde geval by reptiele? Wat is die mees verrassende of teen-intuitiewe bevinding wat uit die navorsing oor insek/plant-interaksies kom?

Hoe verklaar jy dit? 5 Oktober 2025 05.10.2025

Hoe kry die sypikslang dit reg om van die kant van sy kop te kan pik? Hoe vorm sinkplaat-oppervlaktes op grondpaaie?

Hoe verklaar jy dit? 28 September 2025 28.09.2025

Hoekom is daar apies wat na Potchefstrooms se universiteit toe gaan? Hoe lank kan brulpaddas onder die grond bly voor hulle moet uitkom? Waarvan lewe dassies, en hoe het gebeur dat hulle in woongebiede voorkom, en nie net op berge en koppies nie?

Hoe verklaar jy dit? 21 September 2025 21.09.2025

Hoekom jeuk ‘n mens? Wat is ’n paar merkwaardige voorbeelde van inseknavigasie en insekmigrasiepatrone?

Hoe verklaar jy dit? 14 September 2025 14.09.2025

Papegaaie kan soms so duidelik praat, maar hoekom reageer die honde en katte nie op hulle stemme, of unstriksies nie? Wat is fassinerend aan die Nylmonitor-likkewaan in Suid-Afrika, en hoe speel hulle 'n deurslaggewende rol in hulle ekostelsels?

Hoe verklaar jy dit? 7 September 2025 07.09.2025

Is dit waar dat ‘n nuwe stokinsek in Australië ontdek is? Hoe is dit moontlik dat niemand dit al vroeër opgelet het nie? Waarom kry seekoeie en krokodille so min sepsis met sulke diep oop wonde wat tydens gevegte opgedoen word, in die vuil water waarin hulle leef? Kan ons iets daaruit leer?

Hoe verklaar jy dit? 31 Augustus 2025 31.08.2025

Is die jag van diere ʼn goeie of slegte ding vir die ekologie, en hoe kan iemand seker wees? Hoekom word sodawater van koolsuurgas en CO2 gemaak, en nie van suurstof en O2 nie?

Hoe verklaar jy dit? 24 Augustus 2025 24.08.2025

Is dit so dat insekte mekaar kan naboots, en indien wel, wat sou die rede hiervoor wees? Voed muskiete op paddas?

Hoe verklaar jy dit? 17 Augustus 2025 17.08.2025

‘n Slang en ’n voël - watter een is die predator? Hoe het vervloë dae se kristalradios gewerk?

Hoe verklaar jy dit? 10 Augustus 2025 10.08.2025

Daar is ‘n droë dam, bietjie reën en die babers is vollop, waar kom hulle vandaan? Wat beïnvloed die tyd wanneer bome uitloop, en hoekom is dit nie altyd dieselfde tyd nie?

Hoe verklaar jy dit? 3 Augustus 2025 03.08.2025

As duiwe so volop is, hoekom vang valke en arende selde of ooit een? Moes daar, in terme van evolusie, nie 'n aanwas van roofvoëls plaasgevind het teen hierdie tyd nie? Hoe kommunikeer walvisse en dolfyne met behulp van klank onder die water?

Hoe verklaar jy dit? 27 Julie 2025 27.07.2025

Hoe werk aposematisme by insekte om d.m.v. kleure en geure roofdiere af te skrik? Wat maak die Namib-duinadder uniek?

Hoe verklaar jy dit? 20 Julie 2025 20.07.2025

Mense met sinestesie kan kleure sien wanneer musiek speel, of geure proe wanneer hulle sekere woorde hoor. Hoe word spieëlaanraking-sinestesie verklaar? Wat beïnvloed of veroorsaak temperatuur?

Hoe verklaar jy dit? 13 Julie 2025 13.07.2025

Wat gebeur in ‘n kameelperd se elelange nek en keel wanneer hulle water drink, en hoe affekteer hulle bene se posisie die drinkproses? Hoe werk aposematisme by insekte om d.m.v. kleure en geure roofdiere af te sit?

Hoe verklaar jy dit? 6 Julie 2025 06.07.2025

Hoe het die rotsluislang die ekostelsels in Suid-Afrika beïnvloed, en watter bewaringspogings is daar om hierdie spesie te beskerm? Hoekom is daar ‘n skielike toename in groot bruin motte in die Vrystaat?

Hoe verklaar jy dit? 29 Junie 2025 29.06.2025

By die Augrabiese Waterval is strepe teen die berg opgelet. Wat het die strepe veroorsaak? Kan ‘n troosmiddel (placebo) mense regtig beter maak, of is dit alles maar net in die persoon se kop?

Hoe verklaar jy dit? 22 Junie 2025 22.06.2025

Is dit waar dat daar tans geen teengif vir slangbyte in Suid-Afrika is nie? Hoe het water ontstaan op aarde?

Hoe verklaar jy dit? 15 Junie 2025 15.06.2025

Hoe haal die oranjelonglose-spinnekop asem as dit nie longe het nie? Is houtkewers gevaarlik vir mense? Sosialiseer insekte, en watter lesse kan ons uit hulle kommunikasie leer?

Hoe verklaar jy dit? 8 Junie 2025 08.06.2025

Wat presies is ekosisteemdienste, en hoe noodsaaklik is dit vir menslike welstand? Wat maak die Tambotieboom so ongelooflik?

Hoe verklaar jy dit 1 Junie 2025 01.06.2025

Wat is klipsweet, en watter rol speel dit in parfuum? Hoe is dit moontlik dat ‘n stralekrans om iemand se kop gevorm kan word, en wat is die presiese omstandighede om dit te kan vasvang?

Hoe verklaar jy dit? 25 Mei 2025 25.05.2025

Is dit waar dat spraak voor die genus Austrolopiticus nie moontlik was nie aangesien hulle in daardie stadium nie beskik het oor 'n tongbeen of hyoïdbeen nie? En, ons sit die gesprek oor inseksosialisering voort.

Listen to the Hoe verklaar jy dit? podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.