GROOTfm 90.5
GROOTfm 90.5
GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat. Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op D...
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.grootfm.co.za
Author
GROOTfm 90.5
Category
Podcast website
Latest episode
Oct 15, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sarina gesels vrouegesondheid 01.09.2026 9:28
Sarina gesels met Dr Joy Saville, direkteur by Drs M Emeran J Saville Inc oor Perimenopause en Menopause. Back-a-buddy
ABC van Ouerskap: P - Pa's 01.09.2026 12:55
Pa's speel ’n unieke en belangrike rol in ’n kind se ontwikkeling – van emosionele veiligheid en selfvertroue tot sosiale vaardighede en hoe ’n kind later verhoudings verstaan. Maar wat sê die kenners? Watter verskil maak ’n betrokke pa werklik in ’n kind se lewe, en hoe lyk betekenisvolle vaderskap in die praktyk? Dr Wietske Boon, berader en spelterapeut sluit by ons aan.
#OntbytMetDoepieEnNina - C12 Konferensie, wat jy kan verwag. 01.09.2026 6:52
Ons gesels met C12 se Stian Veldman oor die waarde wat die konferensie vir jou en jou besigheid kan inhou asook watter gassprekers verwag kan word.
#OntbytMetDoepieEnNina - Blomme om ons positief te maak 01.09.2026 14:46
Vandag gesels ons met Linda van der Walt, kreatiewe konsultant by LVG Plants en die persoon agter LND Living. Linda werk baie met plante, kreatiwiteit en wellness, en veral met die idee dat plante nie net mooi is nie , hulle kan ook ’n positiewe invloed hê op hoe ons voel.
#OntbytMetDoepieEnNina - Huispraatjies met BetterBond 01.09.2026 4:53
Ons gesels vanoggend met Colin Strumpher, Betterbond Verkoopsbestuurder en Verband-konsultant oor watter dokumente moet voornemende kopers vandag al begin insamel?
5-uur Klub Inspirasie - Dinsdag 1 September 2026 01.09.2026 5:40
Charonike bring jou oggend inspirasie met Matt Redman - 10 000 Reasons (Bless the Lord)
#OntbytMetDoepieEnNina - Is jy Okay? 01.09.2026 16:20
Ons spelterapeut Arette Burger kom gesels vandag vandag en deel wenke met haar jare se onderwining hoe om ons liggaam, siel en gees fiks en gesond te kry en te hou.
#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 1 September 01.09.2026 4:31
Inspirasie deur Charonike vanoggend
#WeeksdaeVibesMetVenita - Tim Hendricks | 31 Augustus 31.08.2026 17:42
#WeeksdaeVibesMetVenita gesels met Tim Hendricks oor sy nuutste enkelsnit en EP, "After Midnight".
Route326: Mode Moment met Simon Rademan - Dolly Parton 31.08.2026 4:39
Mode Moment met Simon Rademan - Dolly Parton.
C12 - Eckhardt Olivier 31.08.2026 10:38
Kan 'n besigheid méér wees as net 'n manier om wins te maak? Kan dit ook 'n plek wees waar mense dien, beïnvloed en 'n verskil in die wêreld maak? Dit is die hart van C12, 'n wêreldwye netwerk wat sakeleiers toerus om hulle geloof doelbewus in die werkplek uit te leef. Elrica gesels met Eckhardt Olivier van C12, oor besigheid as bediening én oor die eerste Africa Catalyst Conference wat binnekort...
Motivering 31 Augustus - Ons kan kies hoe om te reageer 31.08.2026 3:20
Ons almal staan soms voor dinge wat ons nooit sou kies nie — 'n verlies, 'n teleurstelling, 'n pad wat skielik krom loop. Ons kan nie altyd die storm keer nie, maar ons kan wel kies hoe ons daardeur loop.
#OntbytMetDoepieEnNina - FAK & Staatsteater herlewing 31.08.2026 19:46
Onss gesels met FAK en Staatsteater verteenwoordigers oor 'n nuwe historiese samewerkingsooreenkoms tussen die FAK en die Suid-Afrikaanse Staatsteater om Afrikaanse teater en uitvoerende kunste opnuut op die Staatsteater se verhoë te vestig.
5-uur Klub Inspirasie - Maandag 31 Augustus 2026 31.08.2026 4:16
Charonike bring jou oggend inspirasie met Big Daddy Weave - The only name (Yours will be)
#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 31 Augustus 31.08.2026 2:11
Inspirasie deur Teodor Van Der Spuy
Snoete-goete: TAWI en Pedal4Paws 28.08.2026 10:06
900 kilometer. Nege dae. Net ’n fiets. Dit is die uitdaging wat Attie Jacobs en sy span op 18 September aanpak wanneer hulle van Johannesburg tot by Port Edward fietsry as deel van Pedal4Paws. Maar hierdie is veel meer as net ’n fietsry-uitdaging. Elke kilometer word ’n geleentheid om geld in te samel vir TAWI, die Transkei Animal Welfare Initiative, wat broodnodige veeartsenykundige sorg aan van...
5-uur Klub Inspirasie - Vrydag 28 Augustus 2026 28.08.2026 4:11
Charonike bring jou oggend inspirasie met David Leonard - Heavenly Father
#OntbytMetDoepieEnNina - Ivan Roux 28.08.2026 15:27
Die geliefde Suid-Afrikaanse sanger Ivan Roux is terug met ’n kragtige nuwe enkelsnit wat luisteraars reg in die hart tref. Met sy kenmerkende diep stem & innige lirieke lewer hy ’n roerende ode aan onvoorwaardelike liefde, getrouheid en diepe verbindings wat enige storm kan weerstaan.
#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 28 Augustus 28.08.2026 2:21
Inspirasie deur Janine Fourie
#ALT-Fokus - Amy Tjasink | 27 Augustus 27.08.2026 13:45
Venita gesels met Amy Tjasink oor haar nuutste enkelsnit, “Kommetjie Boys”. Amy vertel meer oor die inspirasie agter die liedjie en die storie wat sy met hierdie nuwe vrystelling wil vertel.
VERSKILMAKERS: Ouma en Oupa Kersprojek 27.08.2026 10:58
Vir baie van ons is Kersfees 'n tyd van familie, liefde en saamwees. Ongelukkig is dit nie vir elke ouma en oupa die werklikheid nie. Die Ouma en Oupa Kersprojek sorg al nege jaar lank dat duisende bejaardes regoor Suid-Afrika 'n persoonlike Kersgeskenk ontvang – spesiaal saamgestel volgens hul eie wenslys. Elaine Bron, Marelize van Staden en Karin van Staden sluit by ons aan om meer te vertel.
#OntbytMetDoepieEnNina - GrootGeld met Frikkie van IFSA 27.08.2026 13:41
Ons gesels alles GROOTGELD met Frikkie Van Loggerenberg van IFSA.
5-uur Klub Inspirasie - Donderdag 27 Augustus 2026 27.08.2026 6:40
Charonike bring jou oggend inspirasie met John Waller - Surprise me
#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 27 Augustus 27.08.2026 5:29
Inspirasie deur Doepie vanoggend
#GROOTtrauma | 26 Augustus 26.08.2026 46:39
In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco oor: >Mediese Vasvrae Vraag - WAAR OF ONWAAR: Jy is langer in die oggend as in die aand. >Kan ’n artritis-middel alopecia areata behandel? >Jou oë as ’n venster na jou gesondheid >Dr Jaco se wenk vir die week
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.