GROOTfm 90.5

GROOTfm 90.5

GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat. Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op D...

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.grootfm.co.za

Author

GROOTfm 90.5

Category

Uncategorized

Podcast website

www.grootfm.co.za

Latest episode

Oct 14, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Route326: One Hit Wonders met Daantjie Dinamiet - Maria Tyl se 'Blue Eyes Crying in the Rain' 15.09.2026

One Hit Wonders met Daantjie Dinamiet - Maria Tyl se 'Blue Eyes Crying in the Rain'.

ABC van Ouerskap: R- RS Virus 15.09.2026

By die R van ons ABC van Ouerskap kyk ons vandag na RSV – die respiratoriese virus wat veral vir jong babas tot ernstige asemhalingsprobleme en selfs hospitalisasie kan lei. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het bevestig dat Suid-Afrika se 2026 RSV-seisoen reeds in Maart begin het, en RSV bly ’n belangrike oorsaak van laer lugweginfeksies by jong kinders. Sarina gesels met Dr Carin...

You Matter Walk 2026 15.09.2026

Die YouMatterWalk het onlangs by The Big Red Barn in Irene plaasgevind en weer honderde mense bymekaar gebring om 'n kragtige boodskap uit te dra: Jy maak saak. Die inisiatief is gebore uit persoonlike verlies, maar het oor die afgelope vyf jaar ontwikkel tot 'n beweging wat hoop bring, gesprekke oor geestesgesondheid aanmoedig en die stigma rondom selfdood help afbreek. Sarina gesels met Christa...

#OntbytMetDoepieEnNina - Posduif en Richann se nuwe enkelsnit 15.09.2026

Posduif & Richann Brüssow het kom gesels oor hulle splinternuwe enkelsnit “Maklik In Die Moeilikheid” en hoe dit was om saam te werk.

#OntbytMetDoepieEnNina - Huispraatjies met BetterBond 15.09.2026

Ons gesels vanoggend met Nadine Kallides, Huislening Konsultant by BetterBond oor wanneer jy aansoek doen vir 'n huislening, watter gewoontes jou aansoek verbeter?

5-uur Klub Inspirasie - Dinsdag 15 September 2026 15.09.2026

Charonike bring jou oggend inspirasie met Casting Crowns - Courageous

#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 15 September 15.09.2026

Inspirasie deur Nina vanoggend

#WeeksdaeVibesMetVenita - Neil Nachtrein | 14 September 14.09.2026

Christo staan in vir Venita en gesels met Neil Nachtrein oor sy nuutste enkelsnit "Asem In Die Strate".

Route326: Professor Renata Schoeman oor ADHD in die werksplek 14.09.2026

Professor Renata Schoeman oor ADHD in die werksplek.

Route326: Mode Moment met Simon Rademan - Maksimalisme 14.09.2026

Mode Moment met Simon Rademan - Maksimalisme.

5-uur Klub Inspirasie - Maandag 14 September 2026 14.09.2026

Charonike bring jou oggend inspirasie met Caleb & John - He hasn't healed you yet

#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 14 September 14.09.2026

Inspirasie deur Teodor van der spuy

Route326: André Schwartz oor 'Lief Vir Alles Hier' by die Fairtree Atterbury Teater 11.09.2026

André Schwartz oor 'Lief Vir Alles Hier' by die Fairtree Atterbury Teater.

Dink jouself gelukkig! 11.09.2026

13 September is Dink-positief-dag – ’n goeie geleentheid om ’n bietjie stil te staan by die krag van ons denke. Ons kan nie altyd kies wat met ons gebeur nie, maar ons kan leer om anders te kyk na dit wat met ons gebeur. En dit is presies waaroor Pieter van Jaarsveld se boek Dink jouself gelukkig gaan: die idee dat geluk nie noodwendig iets is wat ons buite onsself moet gaan soek nie, maar dat ons...

Episode 45 – Die profeet Jeremia 11.09.2026

9 Aug 2026 19:00 - 20:00 Tydens die uur gesels Dr Zander van der Westhuizen en Prof Chris de Wet oor die profeet Jeremia. Leer meer oor sy vroeë en latere lewe. Hulle vertel meer oor sy roeping en hoe sy roepingsgeskiedenis ons vandag kan inspireer oor hoe ons oor roeping dink. Leer ook nuwe feite oor die Bybel en vind ’n paar nuwe feite rondom navorsing uit.

#OntbytMetDoepieEnNina - Robbie Wessels - Als vir die Bok! 11.09.2026

Robbie Wessels se splinternuwe Springbok-geeslied “Als vir die Bok”🏉 ’n Lekker energieke, komiese lied vol rugbygees, geskryf op die wysie van die bekende “I Would Do Anything for Love”. Dis gemaak om te sing, lag en die Bokke te ondersteun!🔥

5-uur Klub Inspirasie - Vrydag 11 September 2026 11.09.2026

Charonike bring jou oggend inspirasie met Rhett Walker - Goodness of God

#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 11 September 11.09.2026

Inspirasie deur Janine Fourie

#WeeksdaeVibesMetVenita - Piper Connely & Esjay Jones | 10 September 10.09.2026

Dis weer tyd vir Charonike's VIBE Corner!! Charonike gesels met die 15-jarige Amerikaanse kunstenaar Piper Connely en Suid-Afrikaanse vervaardiger en musikant Esjay Jones oor Piper se nuwe enkelsnit "Unapolagetic". 

Oppinuus - Rianette Leibowitz oor AI op sosiale media 10.09.2026

Ons gesels oor hoe AI jou kind se inligting van jou profiele af gebruik en opgaar... Dus kan mense jou kind se adres, skool ens. kry. Rianette Leibowitz van Cyber Wellness verduidelik hoe jy kan veilig wees

Hoe lyk 'n goeie leier vandag? 10.09.2026

Die wêreld van werk het dramaties verander – en daarmee saam ook die manier waarop ons oor leierskap en bestuur moet dink. Werknemers soek vandag meer as net ’n baas wat opdragte gee; hulle wil ’n leier hê wat kan luister, afrig, aanpas en mense deur voortdurende verandering kan begelei. Van agile leadership en emosionele intelligensie tot generasieverskille en sielkundige veiligheid – moderne lei...

5-uur Klub Inspirasie - Donderdag 10 September 2026 10.09.2026

Charonike bring jou oggend inspirasie met Sidewalk Prophets - Father, let it be

#OntbytMetDoepieEnNina - Kultuur in die werksplek Deel 2 10.09.2026

Ons gesels verder met Marno Boshoff en sy span wat verantwoordelik is vir die Kultuur by King Price oor wat ons kan doen om ons werksplek kultuur te verander.

#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 10 September 10.09.2026

Inspirasie deur Doepie vanoggend

#GROOTtrauma | 9 September  09.09.2026

In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco oor: >Mediese Vasvrae Vraag - Waar of Onwaar: Jou dermgesondheid kan jou bui beïnvloed? >Tweedehandse rook: 1,7 miljoen mense sterf sonder om self te rook >Wêreld-Alzheimermaand - Gesprek met Dr Margo de Kooker >Waarna kyk dokters gedurende 'n dimensietoets >Dr Jaco se wenk vir die week

Listen to the GROOTfm 90.5 podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.