Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Author
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 11, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Leef met ‘n Plan en die Regte Perspektief 05.01.2026 3:04
Send us Fan Mail Psalm 90:12-15 Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom. Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom? Ontferm U tog oor ons. Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees. Soveel dae as dié waarin U ons verdruk het, soveel jare as dié waarin ons gely het, gee ons soveel jare van blydskap Dis snaaks hoe ons vasgevang raak in die din...
Omhels Jou Identiteit in Christus 04.01.2026 3:11
Send us Fan Mail 2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Heelwat mense hier op aarde leef vandag minder-as-ideale lewens. Of eintlik moet ek sê: verskriklike lewens, nie uitsluitlik as gevolg van hul omstandighede nie, maar omdat hulle waardeloos voel. Ek wonder of jy iemand ken wat so voel? Ja, my vriend, sommige mense leef w...
Gebruik jou Tyd Slim 03.01.2026 2:53
Send us Fan Mail Efesiërs 5:15-17 Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen. Kyk, ek verstaan hoe sommige mense hierdie nuwe jaar sleepvoetend, moeg en uitgepu...
Vertrou God met Jou Planne 02.01.2026 2:40
Send us Fan Mail Spreuke 16:2-3 Alles wat hy doen, kan vir die mens reg lyk. Die Here weet egter waarom hy dit alles doen. Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag. (NLV) Dit kan terselfdertyd opwindend en ontsenuend wees om iets nuuts te beplan. Dink aan 'n jong paartjie wat hul eerste kind verwag. Hulle sal opgewonde wees oor die vooruitsig om 'n nuwe le...
Los die Verlede Nou Uit! 01.01.2026 3:13
Send us Fan Mail Jesaja 43:18-19 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. Wel, hier is ons. Ek bid vir jou 'n gelukkige en geseënde nuwe jaar toe. Maar voordat ons hierdie nuwe jaar...
Dink baie Deeglik oor Jou Toekoms 31.12.2025 3:17
Send us Fan Mail Spreuke 4:26-27 Merk jou pad vir jou duidelik af, dan sal jy seker wees waarheen jy gaan. Moenie links of regs van jou koers afwyk nie. Bly weg van wat verkeerd is. (NLV) Wel, hier is ons, op die drumpel van nog 'n nuwe jaar. Die oue is so te sê iets van die verlede en gereed om in die anale opgeteken te word. Die nuwe jaar is op die punt om te begin. Laat my dus toe, om vir...
Kyk Dieper 30.12.2025 3:05
Send us Fan Mail 2 Korintiërs13:5 Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie? So nie, het julle die toets nie deurstaan nie. Is dit vir jou ook ongelooflik moeilik om jou eie foute te erken, om die werklikheid in die gesig te staar; die krake in jou wapenrusting raak te sien en verantwoordelikheid daa...
Asem Diep in 29.12.2025 2:45
Send us Fan Mail Klaagliedere 3:39-41 Wat kla 'n mens oor sy lewe? Hy moet liewer sy sonde oorwin. Laat ons ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here bekeer, laat ons met ons hele hart ons hande na God in die hemel uitsteek. Ek is in hierdie paar dae aan die einde van ‘n ou jaar nogal geneig om ‘n bietjie nostalgies te voel en te peins oor die jaar wat verby is, voordat ek my ge...
Die Werklikheid Is Hier! 28.12.2025 2:59
Send us Fan Mail Jesaja 43:19 Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom, Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. Noudat Kersfees verby is, begin die werklikheid, dat nog 'n jaar so te sê verbygesluip het, ons oorweldig. Nog 'n jaar, kan dit wees? Dit is eintlik net datums op 'n kalender, maa...
Winskopies na Kersfees 27.12.2025 2:50
Send us Fan Mail Johannes 1:46 Maar Natanael sê vir hom: “Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?” “Kom kyk,” het Filippus hom geantwoord. Ken jy Na-Kersfees-uitverkopings? Dis interessant om te sien dat hierdie verkopings ook in lande, wat nie tradisioneel Christelik is nie; lande soos China, Japan, Suid-Korea en selfs in dele van die Midde-Ooste, voorkom. Vandag is 'n paar skoene xRand werd....
Die Eerste Openbare Getuienis 26.12.2025 3:01
Send us Fan Mail Lukas 2:17,18 Toe hulle Hom sien, het hulle vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is. Almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat die skaapwagters hulle vertel het Nouja, hoe was jou Kersdag gister? Ek vermoed die meeste van ons het 'n ete saam met ons geliefdes geniet. As jy egter 'n gelowige is; hét jy die geleentheid gebruik om jou geloof tydens die ete...
Lig Verbreek die Duisternis 25.12.2025 3:17
Send us Fan Mail Lukas 2:11,12 Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.” Dis Kersdag. Maar eerder as om jou 'n Gelukkige Kersfees toe te wens, is my gebed; my hoop vir jou, dat jy en jou geliefdes 'n waarlik geseënde Kersfees sal...
Sluit dit Uit, nie Af Nie! 24.12.2025 2:40
Send us Fan Mail Lukas 2:6-7 Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word. Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. My vriend, ten spyte van hoe goed of edel jou lewe is en hoe wonderlik jy jou roeping uitleef, is die versoeking baie groot om wanneer om...
Die Lang, Moeilike Pad 23.12.2025 2:52
Send us Fan Mail Lukas 2:4-5 En omdat Josef ’n afstammeling van koning Dawid was, moes hy vanaf die dorp Nasaret in Galilea na Judea gaan, na Betlehem, Dawid se tuisdorp. Hy het sy verloofde, Maria, wat swanger was, saamgeneem om te gaan registreer. (NLV) Vandag is dit twee dae voor die viering van Jesus se geboorte. As ons die horlosie sou terugdraai na daardie tyd in die geskiedenis, was Josef...
Wanneer God Dinge Omverwerp 22.12.2025 2:59
Send us Fan Mail Lukas 1:38 Maria het geantwoord: “Ek is die Here se dienares en gewillig om te aanvaar wat Hy ook al wil hê. Mag alles wat jy gesê het, waar word.” Toe het die engel weggegaan. (NLV) Die mensdom strewe na gemak. Ons wil almal 'n sagte, warm bed hê om in te slaap, 'n warm stort wanneer ons wakker word. En ons wil hê die lewe moet voorspelbaar wees. Ja, kom ons sê dit, di...
‘n Onverwagte Uitnodiging 21.12.2025 2:42
Send us Fan Mail Lukas 2:8-11 Daar was skaapwagters in daardie omgewing wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. Meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik. Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot bly...
Gedoemde Verwerping 20.12.2025 2:58
Send us Fan Mail Johannes 1:11 Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. Het jy al ooit in die geselskap van jou eie mense – jou vriende, familie en geliefdes – gevoel dat jy op een of ander manier anders is; op een of ander manier nie in die binnekring hoort nie; op een of ander manier net nie dieselfde is as al die ander nie? En dis 'n eensame plek om...
Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (5) 19.12.2025 2:58
Send us Fan Mail Matteus 2:14,15 Josef het toe opgestaan en in die nag die Kindjie en sy moeder geneem en na Egipte toe vertrek en daar gebly tot die dood van Herodes. So is vervul wat die Here deur 'n profeet gesê het: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep.” As ek jou vra om 'n raaiskoot te waag oor hoeveel vlugtelinge daar vandag in die wêreld is, hoeveel sou jy sê? Wel, in totaal is daar...
Desember nuusbrief 18.12.2025 2:55
Send us Fan Mail Die teks inhoud is beskikbaar in die "transcript" en ook beskikbaar in PDF hier . Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY
Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (4) 18.12.2025 2:53
Send us Fan Mail Matteus 2:13 Nadat hulle vertrek het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef verskyn en gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte toe en bly daar totdat ek jou sê om terug te kom, want Herodes is van plan om die Kindjie te soek en Hom dood te maak.” Wanneer ‘n mens in lewensgevaar verkeer, verloor jy fokus op die gewone dinge rondom...
Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (3) 17.12.2025 3:11
Send us Fan Mail Lukas 2:7 Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. Enige vrou wat al ooit geboorte gegee het, weet dat dit ‘n pynlike en emosionele ervaring is om 'n nuwe lewe in hierdie wêreld te bring. En hoewel God vroeg reeds vir Adam en Eva sy rede daarvoor gee, maak d...
Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (2) 16.12.2025 2:58
Send us Fan Mail Matteus 1:19-21,24 Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat...
Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (1) 15.12.2025 3:19
Send us Fan Mail Lukas 1:30-33 Die engel sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. Jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewighe...
Die Werklikheid van Verwerping 14.12.2025 2:55
Send us Fan Mail Johannes 15:20-21 Onthou wat Ek vir julle gesê het: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle my woorde ter harte geneem het, sal hulle julle s'n ook ter harte neem. Maar hulle sal dit alles aan julle doen omdat julle my Naam bely en hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie. Verwerping is een van die py...
Deur jou Eie Mense Verwerp 13.12.2025 2:45
Send us Fan Mail Lukas 4:28-30 Almal in die sinagoge was woedend toe hulle hierdie dinge hoor. Hulle het opgespring, Hom uit die dorp uitgejaag en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom van die krans af te gooi. Maar Jesus het tussen hulle deur geloop en weggegaan. Verwerping is ‘n verskriklike ding. Maar ek kan jou eerstehands vertel dat wanneer jy deur dieg...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.