Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Author
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 11, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Fokus op Jesus 12.12.2025 3:04
Send us Fan Mail Jesaja 53:5 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. Soos die lewe sy loop neem en terwyl ons fokus op die dinge wat oor ons pad kom; die afsprake in ons dagboek; ons verpligtinge; ons vermaak en ontspanning; die dinge wat ons dalk wil koop ... is dit so m...
Wees Bereid om 100% te Gee 11.12.2025 3:10
Send us Fan Mail Galasiërs 2:19-20 ...ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. Hoe gewillig is jy om ‘n kortpad te kies wanneer dit kom by die dingetjies wat jy elke dag moet doen; jou werk, of die...
Wees Jesus vir Ander 10.12.2025 2:55
Send us Fan Mail 1 Johannes 2:3-6 As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken. Iemand wat sê: “Ek ken Hom,” maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie. Wie sy woord egter gehoorsaam – in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self...
Verag en Verstoot 09.12.2025 3:16
Send us Fan Mail Jesaja 53:3 Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie. Dis snaaks hoe ons in hierdie moderne wêreld soveel dinge as noodsaaklik beskou. Dinge soos ‘n goeie regering, 'n eerlike regbank, koue en warm lopende water en natuurlik elektrisiteit. Ja, as j...
Wees Onkonvensioneel 08.12.2025 3:05
Send us Fan Mail Galasiërs 1:10 Klink dit nou asof ek die guns van mense soek, of soek ek die guns van God? Probeer ek by mense in die guns kom? As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie. Sê my, wat maak jou anders as enigiemand anders wat jy ken? Is dit 'n spesifieke talent of vermoë wat jy het; jou motivering, of dalk jou geloof? Sê my: Hoe voel jy...
Dis Meer as net Vergifnis 07.12.2025 3:05
Send us Fan Mail Handelinge 3:19,20 Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis. En dan sal daar tye van verkwikking van die Here af kom en sal Hy Jesus stuur, wat vooraf vir julle as die Christus aangewys is. Om ‘n byna perfekte lewe te leef, is nie maklik nie. As dit was, sou almal dit gedoen het. Maar ons weet niemand slaag daarin nie. Ja, wel, soms besluit ons om h...
Herskep in die Wildernis 06.12.2025 2:47
Send us Fan Mail Lukas 4:14-15 Jesus het na Galilea toe teruggegaan vol van die krag van die Gees, en berigte oor Hom het deur die hele omgewing versprei. Hy het die mense in die sinagoges geleer, en almal het met lof van Hom gepraat. Dit voel party dae asof jou swaarkry vir ewig gaan aanhou en nooit gaan ophou nie. Jy sien geen hoop op ‘n uitkoms of selfs verligting van jou situasie nie. Die dru...
Dit is My Geliefde Seun 05.12.2025 2:58
Send us Fan Mail Markus 1:12-13 Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn in, waar Hy veertig dae lank gebly het en deur die Satan versoek is. Jesus was daar saam met die wilde diere, en die engele het Hom versorg Jy weet hoe dit gaan. Ons weet dat die lewe sy hoogte- en laagtepunte het, sy stampe en kneusplekke, en dan is daar ook af en toe ‘n haakhou teen die kop. En tog, diep binne-in,...
Herstel die Skade 04.12.2025 3:05
Send us Fan Mail Psalm 107:19-20 “Here, help ons!” het hulle geroep in hulle nood, en Hy het hulle uit al hulle ellende gered. Met ’n woord wat Hy gestuur het, het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk. (NLV) Om in hierdie onvolmaakte wêreld van ons te oorleef, eis sy tol van elkeen van ons. Jy is vol stampe en kneusplekke, om nie eens van die gevolge van ‘n volstruisskop so af en toe t...
Politiek en Godsdiens 03.12.2025 3:08
Send us Fan Mail Matteus 9:12-13 Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.’ Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.” Die afgelope jaar was 'n onstuimige een op die wêreldfront, of hoe? Dink net aan die geopolitieke...
Gaan met Vrymoedigheid na God 02.12.2025 2:39
Send us Fan Mail Hebreërs 4:15,16 Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word. Daar is 'n groot verskil tussen dapperhe...
Aan Versoeking Onderwerp 01.12.2025 2:59
Send us Fan Mail Hebreërs 4:15 Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Het jy jouself al afgevra waarom die lewe soms so ’n geswoeg is? Waarom moet ek hierdie swaar las dra? Waarom kan my lewe nie sonder probleme wees nie? Baie mense het al seker vir jou v...
Here, Ek Is Jammer! 30.11.2025 2:52
Send us Fan Mail Matteus 3:7-8 Toe hy merk dat baie van die Fariseërs en die Sadduseërs kom om deur hom gedoop te word, sê hy vir hulle: “Julle slange, wie het julle wysgemaak dat julle die dreigende toorn kan ontvlug? Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is. Hulle sê woorde wek, maar voorbeelde trek, met ander woorde, daar kan 'n baie groot verskil wees tussen wat ons sê en wat ons...
Kom ons Verstaan Mekaar Mooi! 29.11.2025 2:55
Send us Fan Mail Jakobus 4:4 Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is. Huigelary en ontrouheid is vir ons afstootlik. En tereg. Wie wil geassosieer word met iemand wat ‘n tweegesig is? Iemand wat hul ware motiewe wegsteek? Iemand wat jou uiteindelik sal verraai?...
Dis Alles Beplan 28.11.2025 2:37
Send us Fan Mail Jesaja 64:8 U is ons vader, Here, ons is klei en U het ons gevorm, ons is almal die werk van u hande. Het jy al ooit in die spieël gekyk en gedink: Wel, as ek myself gemaak het, sou ek dit anders gedoen het? En nou praat ons nie net van jou voorkoms nie, maar ook jou persoonlikheid, jou familie, jou lyding langs die pad, jou huidige situasie...Wat sou jy verander het as jy God se...
Moenie Jou Tweede Kans Weggooi Nie 27.11.2025 3:01
Send us Fan Mail 1 Petrus 2:24 Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees. Stel jou vir 'n oomblik voor dat iemand 'n orgaan in ‘n oorplanting ontvang wat hul lewe red. Wonderlik. Maar dan, ná die operasie, gaan hulle voort met dieselfde leefstyl wat ve...
Die Regte Tyd Sal Aanbreek 26.11.2025 3:10
Send us Fan Mail Habakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie. Daar is tye in ons lewens wanneer iets werklik belangriks aan ‘n draadjie hang – 'n kritieke gesondheidsprobleem, 'n huwelik, 'n finansiële krisis, wat dit ook al mag wees. E...
Beslis Te Besig!! 24.11.2025 2:46
Send us Fan Mail Lukas 10:39-42 Sy het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!” Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maa...
Selfkennis is die Sleutel 24.11.2025 2:59
Send us Fan Mail Psalm 139:23-24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! Het jy al ooit gesien hoe iemand ‘n absoluut simpel ding doen of sê, en gewonder: As hulle net kon sien hoe dom hulle lyk! Dis ook maar goed dat ek en jy nooit so optree nie. Nè? Selfkennis is om te weet wat ons dr...
‘n Goeie Leier se Profiel 23.11.2025 2:36
Send us Fan Mail Nehemia 1:6-7; 4:6 luister tog, gee tog ag op die gebed wat ek, u dienaar, sonder ophou tot U bid. “Ek bid vir u dienaars, die Israeliete, ek doen belydenis van die sondes wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig. Ons het U nie geëer nie, ons was ongehoorsaam aan die gebooie, die voorskrifte, die bepalings wat U aan u dienaar Moses gegee het.… Ons het bly bou a...
Indien Nie Jy Nie, Wie Dan? 22.11.2025 2:33
Send us Fan Mail Mattheus 9:11-13 Toe die Fariseërs dit sien, vra hulle vir sy dissipels: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?” Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.’ Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie,...
Spring In: Slaan jou Hand Aan Die Ploeg 21.11.2025 2:59
Send us Fan Mail Matteus 23:27-28 “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle is soos witgeverfde grafte, wat van buite mooi lyk maar daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerheid is. So is julle ook: van buite lyk julle vir mense vroom, maar van binne is julle vol huigelary en minagting van die wet.” Sommige mense staan jou beslis nie aan nie. Die oomblik wanneer...
Wanneer die Bose Jou Aanval (3) 20.11.2025 3:07
Send us Fan Mail Handelinge 4:29-31 “En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus. Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woor...
Wanneer die Bose Jou Aanval (2) 19.11.2025 2:24
Send us Fan Mail Handelinge 8:9,20-24 In dieselfde stad was daar 'n man met die naam Simon, wat die inwoners van Samaria met sy toorkunste verstom het. Maar Petrus antwoord hom: “Gaan na die verderf met jou geld en al! Dink jy jy kan die gawe van God met geld koop? In hierdie werk is daar vir jou geen plek nie, want jou gesindheid teenoor God is nie reg nie. Bekeer jou van hierdie dwaling en...
Wanneer Die Bose Jou Aanval (1) 18.11.2025 2:33
Send us Fan Mail 1 Johannes 3:8 wie aanhou sonde doen, behoort aan die duiwel, want die duiwel hou van die begin af aan met sondig. En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak. ‘Boos’, is ’n sterk woord. Daar is nie baie dinge in ons lewens wat ons as boos sou bestempel nie. ‘Boos’ pas by ’n moordenaar, of ’n kindermolesteerder, nè? Maar dinge in ons eie lewens?...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.