Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Author
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 11, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Volhard en Eer God 17.11.2025 2:50
Send us Fan Mail Galasiërs 6:9 Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. Kom ons wees eerlik, sommige dae voel jy net nie lus om vrolik en opgewek te wees nie; die redes daarvoor kan wissel, maar party dae voel jy net nie lus vir mense en ander aktiwiteite nie. Sommige dae voel dit sommer die beste opsie om in die...
Op ‘n Goeie Dag 16.11.2025 2:42
Send us Fan Mail Deuteronomium 8:17-18 Hy het dit gedoen sodat jy nie moet dink dit is deur jou eie krag en energie waardeur jy ryk geword het nie. “Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het. (NLV) Die lewe is ‘n fees! Ja, dis ‘n fees wanneer alles vir weke of maande sommer klopdissel...
Byt Vas! 15.11.2025 2:46
Send us Fan Mail Jakobus 1:12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet. Ons word omring deur soveel talentvolle mense, nè? Mense wat dinge kan doen wat ons nooit sal kan doen nie; mense wat hoogtes bereik wat ons nooit sal bereik nie; mense wat so perfek lyk, da...
Die Goeie Nuus 14.11.2025 2:42
Send us Fan Mail 1 Johannes 1:9 Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. Kan ek jou vra om terug te dink aan al die foute; groot en klein; wat jy in jou lewe gemaak het. Dink aan finansies, gesondheid, verhoudings, loopbaan, trots … die hele spul. Jy kan seker, soos ek, 'n boek daaroor skryf! Daardie foute kan s...
Wanneer die Duiwel Los Rondloop 13.11.2025 3:05
Send us Fan Mail 1 Johannes 4:4 Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is. Volgens die jongste ramings is daar meer as 5 miljoen potgooie en 600 miljoen blogs of webrubrieke daar buite. Hulle publiseer gesamentlik byna 8 miljoen episodes en plasings per dag. Dit is benewens die "tradision...
Hoe die Terugval Begin 12.11.2025 2:47
Send us Fan Mail 1 Petrus 2:2-3 L Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry. Julle het immers ondervind dat die Here goed is. Byna al die goeie dinge wat jy jou voorneem om te doen, behels dat jy skouer aan die wiel moet sit en dit doen. Dit begin as 'n goeie idee, maar na ‘n ruk word die v...
Moenie die Spoor Byster Raak Nie! 11.11.2025 2:43
Send us Fan Mail Matteus 4:4 Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” Stel jou vir 'n oomblik voor dat jy honger ly. Sê nou, jy het weke laas geëet. Jy is besig om dood te gaan, jou liggaam wil nie meer reg funksioneer nie. Die lyding is onuitspreeklik. So, wat sal jy doen om kos in jou maag te kry? In...
Moenie Net daar Sit Nie! 10.11.2025 2:36
Send us Fan Mail Johannes15:5 “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. Het jy al ooit daarvan gedroom om iets wonderliks te doen, iets diepsinnigs, iets wat hierdie wêreld 'n beter plek sal maak? Ons almal het, of hoe? Maar dis asof daar soveel struikelblokke voor jou lê, wat almal saamsweer om te keer dat da...
Die Kernwaarheid 09.11.2025 3:02
Send us Fan Mail 1 Petrus 1:19 Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is Sommige mense het 'n ware aanleg om komplekse konsepte in 'n enkele sin so slim en kragtig op te som, dat dit eeue nadat hulle oorlede is, steeds aangehaal word. Sint Franciskus van Assisi, het in die laat tweede en vroeë derde eeue n. C. in...
Moenie Jou Geloof Ondermyn Nie 08.11.2025 2:51
Send us Fan Mail 1 Petrus1:14,15 As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Tensy jy een van daardie geseënde mense is, wat nooit nodig gehad het om oor hul gewig te bekommer nie, is die kanse goed dat jy...
Besluit 07.11.2025 2:46
Send us Fan Mail 1 Petrus 1:13 Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus. Sommige mense is geseën met 'n natuurlike innerlike krag en selfvertroue. Dis wonderlik. Goed gedaan. Maar vir ander verwoes emosies en omstandighede alte dikwels hul gevoel van sekerheid. Dit maak nie saak waar jy op...
Liefde Daag Op 06.11.2025 3:07
Send us Fan Mail Johannes 3:16-17 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. Hier is vir jou 'n verstommende feit: meer as 150 miljard teksboodskappe word daagliks d...
Liefde Dien 05.11.2025 2:37
Send us Fan Mail Lukas 10:33-36 “Toe het ’n Samaritaan verbygekom, en toe hy die man sien, het hy hom innig jammer gekry. Die Samaritaan kniel toe langs hom, behandel sy wonde met medisyne, en verbind dit. Toe het hy die man op sy eie donkie gehelp en hom na ’n herberg geneem en daar verder versorg. Die volgende dag gee hy vir die herbergier twee silwermuntstukke en vra hom om die man te versorg....
‘n Positiewe Verandering 04.11.2025 2:51
Send us Fan Mail 2 Timoteus 1:9 Dit is God wat ons verlos en gekies het om ’n toegewyde lewe te lei. Hy het dit gedoen, nie omdat ons dit verdien het nie, maar omdat dit sy plan was lank voor die begin van die wêreld, naamlik om sy genade aan ons te bewys deur Christus Jesus. (NLV) As ons aanvaar dat jy, soos die meeste mense, 'n beter lewe wil lei – wat dit ook al vir jou beteken – wat sou...
Weet Dan Nou Verseker! 03.11.2025 2:51
Send us Fan Mail Deuteronomium 7:9 “Weet dan nou: die Here jou God, Hy is God. Hy is die betroubare God wat sy verbond in stand hou en sy troue liefde betoon tot aan die duisendste geslag van hulle wat Hom liefhet en sy gebooie gehoorsaam, Jy kan absoluut 100 % seker wees van iets – dood, doodseker – tot ‘n bal jou uit die skeelkant tref; jou heeltemal onkant betrap en jou alles waarvan jy eens s...
Op Gelyke Vlak 02.11.2025 2:53
Send us Fan Mail Romeine 3:22-24 God spreek ons vry deur geloof in Christus Jesus en dit geld sonder onderskeid vir almal wat glo. Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het – en dit sonder enige verdienste van ons kant. Bravade en grootpratery is dee...
Leef Jou Lewe in Ware Vertroue 01.11.2025 2:34
Send us Fan Mail Jeremia 17:5-8 So sê die Here: Daar rus 'n vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag soek by sterflike mense en van My af wegdraai; hy is soos 'n kaal bossie in droë wêreld wat nooit water kry nie; 'n bossie wat in 'n klipwoestyn staan, in 'n brak wêreld waar niemand woon nie. Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel,...
Sekerheid in ‘n Onseker Tyd 31.10.2025 3:10
Send us Fan Mail Deuteronomium 31:6 “Wees sterk! Wees dapper en vol geloofsvertroue! Moenie bang wees vir al hierdie mense nie! Die Here jou God trek voor julle uit. Hy sal julle vyande verslaan. Hy sal julle nie in die steek laat nie. Julle is nie alleen nie. Die Here is saam met julle!” (DB) Dink ‘n bietjie terug aan ‘n tyd toe jy so gespanne en onseker was, dat jy net nie geweet hoe jy die kri...
Die Stres van Wanorde 30.10.2025 2:55
Send us Fan Mail 1 Korintiërs 14:33,40 God is tog nie 'n God van wanorde nie, maar van orde en vrede. Soos in al die Christelike gemeentes …Alles moet egter gepas en ordelik geskied. Dit lyk asof mense in ons wêreld óf georganiseerd óf ongeorganiseerd; netjies óf deurmekaar is. En aangesien teenoorgesteldes mekaar aantrek, lyk dit amper onvermydelik dat huweliksmaats dikwels aan teenoorgeste...
Wees Gewaarsku: Bly Weg! 29.10.2025 2:58
Send us Fan Mail Jesaja 47:13-14 Jy het jou moeg gemaak met jou baie voortekens. Laat jou voorspellers nou optree, laat hulle jou help, hulle wat die hemel opdeel en die sterre bekyk, hulle wat elke maand bekend maak wat oor jou gaan kom. Maar hulle het soos stoppels geword, hulle gaan verbrand. Hulle kan hulleself nie red van die vlamme nie. Daar bly nie eens kole oor om jou by warm te maak nie,...
Ware Krag 28.10.2025 2:40
Send us Fan Mail Efesiërs 3:16-17 Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. So, op 'n skaal van nul tot tien, hoe sterk, hoe slaggereed voel jy vir die toekoms? Die antwoord hang waarskynlik af van jou natuur...
Jou Betroubare Vriende 27.10.2025 2:46
Send us Fan Mail Spreuke 11:12-13 'n Onverstandige mens praat met minagting van 'n ander; 'n verstandige mens swyg. Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; 'n betroubare mens bewaar 'n geheim. Ons weet almal dat nie alle mense in hierdie wêreld vertrou kan word nie. Ja, daar is selfs diegene ná aan jou, wat iets wat jy in die geheim aan hulle vertel het, nie vertroul...
Die Ondergang van die Christendom 26.10.2025 3:02
Send us Fan Mail Matteus 24:35 Selfs al sou die hemel en die aarde ophou bestaan, sal my woorde nog vir altyd vas bly staan.” (NLV) Mense praat al eeue lank oor die ondergang van die Christendom. Dit was egter net wensdenkery van hulle kant af. En terwyl kerkbywoning in sommige denominasies afgeneem het, is dit in ander weer aan die toeneem. Voltaire, die agtiende-eeuse Franse filosoof, skrywer e...
Die Vier Wyse Apies 25.10.2025 2:45
Send us Fan Mail Jakobus 1:19 My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie. As jy kwaad is, kan jy nie doen wat God wil hê nie. (NLV) Jy het ongetwyfeld al die storie van die drie wyse apies teëgekom – Hoor Geen Kwaad (met sy hande oor sy ore), Sien Geen Kwaad (met sy hande oor sy oë) en Spreek Geen Kwaad (met sy hande...
Wees Geduldig met Ander 24.10.2025 2:52
Send us Fan Mail 1 Tessalonisense 5:14 Broers en susters, ons druk julle dit op die hart: Wys die leeglêers tereg, praat die kleinmoediges moed in, ondersteun die swakkes, wees geduldig met almal. (NLV) Mense kan regtig ‘n pyn wees, nè? Hulle tree nie op soos ons van hulle verwag nie. Hulle lewer nie die resultaat wat ons wil hê nie. Hulle stem nie met ons saam nie. En hoe nader hulle aan ons is,...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.