Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Author
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 11, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Wag Geduldig (2) 23.10.2025 2:53
Send us Fan Mail Psalm 37:7-8 Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van 'n skelm nie. Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende. So, sê my, waarvoor wag jy op die oomblik om te gebeur? Dit lyk asof ons altyd vir iets goeds wag om te gebeur, of vir iets slegs om verby te wees. En hoe langer...
Wag Geduldig (1) 22.10.2025 2:53
Send us Fan Mail Klaagliedere 3:25-26 Die Here is goed vir hulle wat op Hom wag en Hom soek. Dit is goed om geduldig te wag totdat die Here ons red. (NLV) Het jy al daaraan gedink hoeveel van jou tyd verlore gaan omdat jy moet wag? Soms moet jy by die verkeerslig wag en soms moet jy op 'n wonderwerk van God wag. Ja, my vriend, of jy daarvan hou of nie, dit is ‘n feit van die lewe - ons spand...
Staak Jou Besig-wees Sindroom 21.10.2025 3:08
Send us Fan Mail Prediker 4:5,6 Hulle sê dit is dwaas om met jou hande gevou te sit en niks te werk nie, want jy sal van die honger doodgaan. Maar ek sê: Wees eerder met minder tevrede as om heeltyd agter wind aan te hardloop. (DB) Ek wonder of jy met my sal saamstem dat die ewige besig-wees baie lewens verwoes. “Besig, besig, besig,” klink so belangrik; dit het amper ’n tipe van ‘n status simboo...
Wanneer Tevredenheid Buite Bereik Lyk 20.10.2025 3:10
Send us Fan Mail Hebreërs 13:5 Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” Voordat ons vandag afskop, wil ek jou ’n vragie vra: op 'n skaal van 0 tot 10, hoe tevrede is jy met jou lot in die lewe? Gedurende die 1ste eeu n. C. het Nero, die Romeinse keiser, geweldige mag gehad. Hy he...
Van Aangesig tot Aangesig met God 19.10.2025 2:53
Send us Fan Mail Openbaring 22: 3-4 Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en sy dienaars sal Hom dien. Hulle sal Hom sien, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees. Dis Sondag. Ek weet nooit of dit vandag die einde van jou week, of die begin van jou nuwe week is nie! Ek hou daarvan om aan Sondag te dink as die laaste dag van my...
Wag Net en Kyk! 18.10.2025 2:46
Send us Fan Mail 1 Korintiërs 2:9 Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet. Dit is glad nie snaaks om deur tye te gaan waar jy in 'n groef van ontevredenheid vasgevang voel nie. Ek het beslis al so gevoel. Wat dit so verwarrend maak, is dat...
Wat Beteken Dit Alles? 17.10.2025 2:49
Send us Fan Mail Deuteronomium 6:5 Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele siel en met al jou krag. (NLV) Daar is deesdae soveel verskillende vlakke waarop mense hulleself identifiseer: godsdiens, omgewing, politiek, sosiaal, wat ook al. Ons is geneig om ons eie idees, aan een tipe raamwerk vas te pen en met daardie groep te identifiseer. Maar wat beteken dit alles? Volgen...
Ons Moet Almal Gereeld Herinner Word 16.10.2025 3:07
Send us Fan Mail Psalm 86:5 U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp. Hoe ons onsself sien, het 'n massiewe impak op ons lewens. Dink net aan die stories wat ons vir onsself vertel oor waar ons in die groter prentjie inpas; die vergelykings wat ons tussen onsself en ander tref en hoe ons oor ons vorige mislukkings en huidige swakhede dink. Ja, dit...
Ag Here, Dis Moeilik om Nederig te Wees! 15.10.2025 2:43
Send us Fan Mail Efesiërs 4:2 Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. Nederigheid, sagmoedigheid en geduld is heel bo-aan ons lysie van wonderlike eienskappe wat ons wil hê dat ander mense teenoor ons moet betoon. Ja, dis darem die minste wat hulle aan ons verskuldig is! Maar kom ons wees eerlik; dit is ongelukkig eienskappe wat soms in óns houding en gedrag teenoo...
‘n Besondere Transformasie 14.10.2025 3:08
Send us Fan Mail Markus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.” Kom ons kyk vandag na die verskil tussen arrogansie en nederigheid. Hulle is wêrelde van mekaar verwyder, nè? Dink ‘n bietjie mooi – hoe sien ander jou? Is jy arrogant of nederig of êrens tussenin? Dis moeilik om in ons moder...
Probleme wat jou Geloof Toets 13.10.2025 2:50
Send us Fan Mail 1 Petrus 1:7 Die doel met die beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word. Julle geloof word getoets soos goud met vuur getoets en daardeur gesuiwer word; en onthou: Julle geloof is vir God baie kosbaarder as goud wat vergaan. As die toetse die egtheid van julle geloof uitwys, loop dit uit op lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus Christus aan...
God se Krag om jou te Beskerm 12.10.2025 3:19
Send us Fan Mail 1 Petrus 1:5-6 En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word. Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings Mag ek jou vandag vra, wat hou jou dag na dag aan die gang; ja, ek praat van die sonni...
Jou Ewige Hoop 11.10.2025 2:55
Send us Fan Mail 1 Petrus 1:3-4 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. Terwyl ons dag vir dag voortploeter, dink ek...
Waarop Vertrou Jy? 10.10.2025 2:42
Send us Fan Mail Filippense 3:18-20 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind. Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag. Sou dit nie wonderlik wees...
God se Perfekte Plan vir Jou 09.10.2025 2:33
Send us Fan Mail Johannes 17:15-18 Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose moet bewaar. Hulle behoort nie tot die wêreld nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid. Ek dink ons almal ervaar dat daar gedurig iets besig is om in ons lewens te gebeur; iets wat ons eerder s...
‘n Besliste Plan 08.10.2025 2:58
Send us Fan Mail 1 Petrus 1:1-2 Hierdie brief kom van Petrus, ’n apostel van Jesus Christus. Ek skryf aan God se uitverkore volk wat as uitlanders verstrooid leef in Pontus, Galasië, Kappadosië, die provinsie Asië en Bitinië. God die Vader het julle lank gelede al uitgekies en deur die Gees aan Homself toegewy.(NLV) Ek weet nie van jou nie, maar ek hou nie daarvan om te ly nie. Ek hou nie eens da...
Voel Jy soos ‘n Vlugteling? 07.10.2025 3:11
Send us Fan Mail 1 Petrus 1:1-2 Hierdie brief kom van Petrus, ’n apostel van Jesus Christus. Ek skryf aan God se uitverkore volk wat as uitlanders verstrooid leef in Pontus, Galasië, Kappadosië, die provinsie Asië en Bitinië. God die Vader het julle lank gelede al uitgekies en deur die Gees aan Homself toegewy. Die gevolg is dat julle gehoorsaam is aan Hom en deur die bloed van Jesus Christus skoo...
Onregverdig Gestraf 06.10.2025 2:52
Send us Fan Mail Romeine 8:35-37 Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. In ‘n volmaakte wêreld sal alles regverdig w...
Die Gawe van Vrygewigheid 05.10.2025 2:47
Send us Fan Mail Hebreërs 10:24-25 Laat ons voortdurend aandag gee aan mekaar – oor hoe ons mekaar kan aanspoor tot liefde en goeie dade. En laat ons tog nie – soos party gemeentelede die gewoonte het – versuim om die gemeentebyeenkomste by te woon nie. Kom ons moedig mekaar aan, nog meer omdat ons sien dat die dag van Christus se koms al hoe nader kom. (NLV) Ek hoop jy sal my vergewe as ek jou v...
Die Vrou se Plig Teenoor Haar Gesin 04.10.2025 2:43
Send us Fan Mail Spreuke 31: 25 – 29 Sy het innerlike krag en waardigheid. Sy is nie bekommerd oor die toekoms nie. Sy praat met wysheid, sy gee raad saam met liefde. Sy hou toesig oor alles wat in haar huis gebeur. Sy verdra nie luiheid nie. Haar kinders staan op en prys haar. Haar man spog met haar: “Daar is baie knap vroue, maar jy is die beste van almal!” (NLV) Jare gelede het vroue geen regt...
Die Man se Plig Teenoor Sy Gesin 03.10.2025 2:40
Send us Fan Mail 1 Petrus 3 : En julle, mans, behandel julle vroue met respek. Leef saam met jou vrou in die besef dat, al is sy fisiek swakker as jy, sy saam met jou deel in die lewe wat God as geskenk gee. As jy haar só behandel, sal jou gebede nie geblokkeer word nie. (NLV) Dwarsdeur die wêreld, verbrokkel gesinne. Nouja, ons erken dat daar ook nog gelukkige gesinne is, maar hulle word al hoe...
Op pad na Vernietiging 02.10.2025 2:55
Send us Fan Mail Matteus 7:13-14 “Gaan die koninkryk deur die nou poort binne. Want wyd is die poort, en breed is die pad wat na ondergang lei, en daar is massas mense wat daar ingaan. Hoe nou is die poort, en hoe smal is die pad na die lewe nie! Min is die mense wat dit kry!” (NLV) Die verhouding tussen werk en rus is interessant. Baie mense werk so hard dat dit hulle vernietig. Ander mense ly w...
Wees Bereid om Leerbaar te Wees 01.10.2025 2:49
Send us Fan Mail 2 Korintiërs 12:8,9 Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.”. Hou jy daarvan om uitgedaag te word? So ‘n bietjie, solank dit my net nie ongemaklik laat voel nie. Ons gee nie om vir so 'n bietjie fisiese, intellektuele of emosionele uitdaging ni...
Jou Stoutste Verwagtinge Oortref 30.09.2025 2:53
Send us Fan Mail Spreuke 16:9 ’n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming.(NLV) Elkeen van ons het soveel potensiaal. Selfvoldaanheid, oftewel selftevredenheid, is die hartseerste gesindheid van alle menslike gesindhede, want dit het die nare gewoonte om ons van ons potensiaal te beroof. Wie wil nou aan die einde van hul lewe kom en wonder … hoe anders kon my lewe nie gewees het n...
Hoe Nader Jy Kom … 29.09.2025 2:24
Send us Fan Mail Matteus 7:3-5 “Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar 'n balk in jou eie oog? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal. M...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.