Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Author
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 11, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Help die Hulpbehoewendes 29.01.2026 2:58
Send us Fan Mail Romeine 12:13 As medegelowiges in nood verkeer, wees jy die een om ’n helpende hand na hulle toe uit te steek. Maak ’n gewoonte daarvan om gasvry te wees – maak nie saak of dit oor kos of slaapplek gaan nie. (NLV) Vrygewigheid is so 'n wonderlike ding, nè? Wanneer iemand vrygewig teenoor ons is, hetsy dit met hul tyd, talente of skatte is, voel ons ongelooflik gewaardeerd, o...
Volhard in Gebed 28.01.2026 3:10
Send us Fan Mail Romeine 12:12 Wees bly oor die wonderlike toekoms wat God vir julle beplan. Volhard in tye van swaarkry; moenie verslap in die gebed nie.(NLV) Ek dink jy sal saamstem dat deursettingsvermoë 'n belangrike eienskap is wat iemand moet hê. As jy aan jou gunsteling fliek dink, draai dit seker om 'n held wat onmoontlike uitdagings beleef en dan op die ou end seëvier. En tog i...
Volhard 27.01.2026 3:02
Send us Fan Mail Romeine 12:12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. Het jy al opgemerk hoe stadig tyd verbygaan wanneer jy swaarkry? Die res van die wêreld gaan op sy gewone drafstap voort, maar jou lewe loop in stadige-aksie – uiterste stadige- aksie, soos elke minuut op die horlosie stadig aftik. En jy weet hoe jou geduld onder daardie omstandighede baie vinnig...
Dans van Vreugde 26.01.2026 3:05
Send us Fan Mail Romeine 12:12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. Het jy hoop vir die toekoms? Die probleem is dat wanneer dinge swaar gaan, daardie gevoel van hoop soos mis voor die môreson verdwyn. Die Roemeense pastoor, Richard Wurmbrand, is in 1948 in hegtenis geneem en vir veertien jaar gevange gehou onder die wrede Kommunistiese regime. Hy is gemartel; hy...
Wees Entoesiasties 25.01.2026 2:56
Send us Fan Mail Romeine12:11 Moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties; wees werklik diensbaar vir die Here. (NLV) Dis so lekker wanneer jy jou unieke gawes en vermoëns tot voordeel van ander kan gebruik, nè? Jy geniet dit wanneer jy besig is om iets te doen wat so reg in jou kraal is. Dit gee jou sommer nuwe energie en ywer om nog meer te doen. Maar wees versigtig: ywer...
Moenie Lui Wees Nie 24.01.2026 3:17
Send us Fan Mail Romeine 12:11 Moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties; wees werklik diensbaar vir die Here. (NLV) Kom ons gesels ‘n bietjie oor jou werk. Daar is twee ewe vernietigende uiterstes. Aan die eenkant kan jy die werkslaaf, wees wat bereid is om jou gesondheid en jou familie op die altaar van sukses te plaas. Aan die anderkant kan jy die luiaard wees wat die mi...
Respekteer Ander 23.01.2026 3:11
Send us Fan Mail Romeine 12:10 As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer. (NLV) Om ander met respek te behandel, klink baie mooi en eerbaar. Ons weet intuïtief dis wat ons veronderstel is om te doen; ons weet ons moet mekaar eer en respekteer. Die probleem is net dat dit nogal ongerieflik is, nè? In hierdie...
Die Liefde Bring ons Nader 22.01.2026 2:59
Send us Fan Mail Romeine 12:10 As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer. (NLV) In 1905 het Albert Einstein sy relatiwiteitsteorie gepubliseer. Hy en baie ander wetenskaplikes het gedink dat die heelal uit net een sterrestelsel bestaan. Vandag praat geleerdes van 'n ongelooflike heelal wat uit, omtrent...
Hou Vas aan die Goeie 21.01.2026 3:14
Send us Fan Mail Romeine 12:9 Moenie veins dat jy ander liefhet nie; doen dit uit jou hart. Haat alles wat verkeerd is; kies kant vir wat goed is. (NLV) Ons het elke dag baie belangrike keuses om te maak. Dis nogal moeilik. Hoeveel eenvoudiger sou dit nie gewees het om die maklike pad te kies, eerder as die heilige een nie? Om selfsug, woede, oneerlikheid en wraak te kies, eerder as 'n opreg...
Haat Alles wat Verkeerd Is 20.01.2026 2:53
Send us Fan Mail Romeine 12:9 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. Is dit nie uiters ontstellend wanneer diegene met mag korrup is nie? Dis so verkeerd! Die onskuldiges kry swaar omdat die mense wat veronderstel is om hulle te beskerm en vir hulle te sorg, korrup is. Die klein mensies – die armes en die behoeftiges is die mense wat die meeste ly onder die m...
Liefde moet Opreg Wees 19.01.2026 2:50
Send us Fan Mail Romeine 12:9 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. Ons sal soms, dikwels as dit te laat is, ervaar dat party van die mense met wie ons skouers skuur, selfs mense in ons binnekring, vals is. Die ergste is wanneer iemand van wie jy lojaliteit verwag, jou in die rug steek. Het jy dit al ooit ervaar? In 1651, teen die einde van die Engelse Burge...
Januarie Nuusbrief 18.01.2026 3:07
Send us Fan Mail Goeiemôre aan al ons VARS potgooivriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Eerste Januarie Nuusbrief: VERLUSTIG JOU IN DIE HERE So lekker om weer met jou te gesels! Ek het met hierdie Nuwejaarsvieringe ervaar dat daar buitengewoon baie vuurwerke in ons omgewing afgevuur is. Het jy dit ook so beleef, of is dit net ek? Dit het my laat dink...Was dit net omdat mense...
Moenie Jou Eie Gevolgtrekkings Maak Nie 18.01.2026 2:56
Send us Fan Mail Spreuke 18:15,17 ’n Mens met insig kry steeds meer kennis. Wyse mense hou altyd hulle ore oop. Hy wat eerste praat in ’n regsaak, lyk altyd onskuldig. Eers by kruisondervraging kom die waarheid uit. (NLV) Glo jy alles wat jy op sosiale media lees? Natuurlik nie! Maar hoekom is dit dan dat soveel mense in die wurmtonnels van samesweringsteorieë vasgevang word? Bloot omdat hulle op...
Sê Wat Jy Bedoel 17.01.2026 3:08
Send us Fan Mail Efesiërs 4:14-15 Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie. Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof, Sommige mense verander voortdurend...
Vermy Skinderstories 16.01.2026 3:17
Send us Fan Mail Spreuke 18:8 Skinderstories is so soet soos lekkernye, dit sink tot diep in jou gemoed. (NLV) Ek dink jy sal saamstem dat skinderpraatjies, soos 'n tweesnydende swaard is. As ons eerlik met onsself is, weet ons dat dit verskriklik vernietigend kan wees om deel van skinderpraatjies te wees; maar dis tog so aanloklik, so sappig, so heerlik, nè? Die Salem-hekse-verhore waarin m...
Luister Eers; Praat Dan 15.01.2026 3:22
Send us Fan Mail Spreuke 18:2 Die dwaas stel nie belang in insig nie, hy wil net sy eie opinie bekend maak. Was jy al ooit só oortuig daarvan dat jy reg is en dat jou siening van ‘n saak die absolute en enigste korrekte perspektief is? En dan op ‘n dag ontdek jy dat jy verkeerd is; want jy wou nooit raad vra of na ander mense se opinies luister nie. Jy het al die tyd vas geglo dat jou "waarh...
Erken as Jy ‘n Fout Begaan Het 14.01.2026 2:56
Send us Fan Mail Genesis 3:12-13 Die mens het geantwoord: “Die vrou wat U my gegee het om my by te staan, sy het vir my van die boom se vrugte gegee, en ek het geëet.” Toe vra die Here God vir die vrou: “Wat het jy nou gedoen?” en sy sê: “Die slang het my mislei, en ek het geëet.” Niemand van ons hou daarvan om foute te maak nie. En wanneer jy een maak, is dit soms baie moeilik om dit te erken. D...
Wees Elke Keer Vroeg 13.01.2026 3:13
Send us Fan Mail 1 Korintiërs 13:4-5 Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, Mense verskil! Nie almal heg dieselfde waarde aan dinge nie. Dink net aan tyd – dit beteken verskillende dinge vir verskillende mense. Sommige mense is baie georganiseerd en is s...
Hou Altyd Jou Woord 12.01.2026 2:46
Send us Fan Mail Psalm 15:2 - 4 Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here? Wie mag op u heilige berg vertoef? Hy wat onberispelik wandel en doen wat reg is, wat met sy hele hart die waarheid praat, nie kwaadpraat nie, sy medemens nie kwaad aandoen nie en niemand beledig nie; hy wat dié verag wat deur God verwerp is, maar almal eer wat die Here dien; wat sy woord hou, selfs tot sy eie skade, R...
In die Oggend is daar Vreugde 11.01.2026 3:13
Send us Fan Mail Psalm 30:5,6 Sing tot eer van die Here, julle wat getrou is! Loof sy heilige Naam. Sy toorn duur net ’n oomblik, maar sy genade is lewenslank! In die nag vloei die trane, maar in die oggend is daar vreugde. (NLV) Hoe voel jy wanneer jy aan die ontvangkant van iemand se woede is; of dit nou geregverdig is of nie; of dit nou vergelding behels of nie? Dis beslis nie aangenaam nie; i...
Die Put Wat Nooit Opdroog Nie 10.01.2026 3:05
Send us Fan Mail Johannes 4:13,14 Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” Het jy al ooit ‘n tyd van emosionele en geestelike droogte ervaar...
‘n Verdorde Droë Land (2) 09.01.2026 2:55
Send us Fan Mail Jesaja 41:18-20 Ek sal op die kaal bergtoppe riviere laat ontspring, en in die laagtes fonteine laat uitborrel. Ek sal woestyngebied in rietvlei verander, dor land in fonteinwêreld. Ek sal in die woestyn seders laat groei, doringbome, mirte en olyfbome. Ek sal in die barre wêreld sipresse laat groei saam met platane en denne. Dan sal die mense sien en erken, almal sal begryp en in...
‘n Verdorde Droë Land (1) 08.01.2026 3:13
Send us Fan Mail Jesaja 41:17 Die hulpeloses en die armes soek water, maar daar is nie; hulle versmag van dors. Maar Ek, die Here, sal hulle gebede verhoor, Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie. Het jy al ooit uitgedor en afgemat gevoel? Jy weet waarvan ek praat, nè? Daardie gevoel dat die vreugde, die afwagting, die lewenslus wat jy eens vir die lewe gehad het, heeltemal verdamp het...
Jy Hoef Dit Nie Alleen Aan te Pak Nie 07.01.2026 2:40
Send us Fan Mail Johannes 7:37-39 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”Hiermee het Hy na die Gees verwys... Ek dink die meeste van ons wil goeie en edel dinge doen, nè? Maar, o, ek weet ook, d...
Stel God Eerste 06.01.2026 3:05
Send us Fan Mail Matteus 6:33 Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. Sê my, wat is die belangrikste ding in jou gedagtes wanneer ons hierdie nuwe jaar aanpak? Waarop het jy jou visier gestel? Wat wil jy bereik? Wat is die belangrikste probleem in jou lewe wat opgelos moet word? Watter verhouding moet gekoester word?...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.