Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

God se Woord VARS vir jou Vandag

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

Author

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Category

Religion

Podcast website

christianityworks.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Van Put tot Paleis 21.02.2026

Send us Fan Mail Genesis 50:20 Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat 'n groot volk nou in die lewe gebly het.  Die lewe is vol krissise. Jy het ongetwyfeld ook al baie beleef, of hoe? Party wat jy goed kan onthou - die grotes en die kleintjies. Alhoewel dit destyds ontstellend was, was dit op die ou end toe nie so sleg as wat jy gedink het dit sal wees...

Die Beste Terapie 20.02.2026

Send us Fan Mail Lukas 24:32 Hulle sê toe vir mekaar: “Het ons hart nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie?”  Het jy al ooit iemand wat jy ken op 'n onverwagte plek of in ‘n vreemde konteks raakgeloop? Jy herken hulle op ‘n manier, maar jy kan hulle nie heeltemal plaas nie. Soms herken jy hulle glad nie eers nie. Daardie onverwagte konteks verwa...

Kies: Vinnig of Ver? 19.02.2026

Send us Fan Mail Spreuke 27:17 Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.  Ons weet almal hoe die uitvinding van die motorkar ‘n totale omwenteling in die wêreld teweeggebring het. Sedert die eerste motor in 1886 gebou is, het dit gegroei tot meer as 1.5 miljard voertuie op die pad vandag. Maar dit was eers in 1913, toe Ford met massaproduksie begin het, dat dinge regtig vlamgevat het. In die vroeë da...

Fokus op die Toekoms 18.02.2026

Send us Fan Mail Jesaja  43:18-21 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. Die wilde diere sal My vereer, die jakkalse en die volstruise, omdat Ek water gee in die woestyn, riviere in die dr...

Komende Reünie 17.02.2026

Send us Fan Mail Johannes 14:1-3 “Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.  Reünies is so ongeloo...

Dit Tyd vir Huisskoonmaak 16.02.2026

Send us Fan Mail Psalm 51:12-14 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, Laat my U weer met toewyding dien. Het jy ook sulke klein ou dingetjies in jou lewe wat pla en jou sommer ongemaklik en moeg laat voel? Ek praat nie v...

Februarie Nuusbrief 15.02.2026

Send us Fan Mail Goeiemôre aan al ons VARS-potgooivriende.    Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Eerste  Februarie Nuusbrief.   Ek vertrou dat dit goed gaan met jou. Ons hoor van die verskriklike vure in die Suide en die ontsettende vloede in die Noorde, die ellende van Bek-en-Klouseer en ons wil vir julle almal sterkte en seën toebid.    Die boodskap van 3 Februarie oor die dissipels se...

Onnosel Maar Geroepe 15.02.2026

Send us Fan Mail Spreuke 3:5-6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.  Het jy al ooit heeltemal onbekwaam vir 'n taak gevoel?  Ja, ek het beslis ook al dikwels onnosel gevoel!  Ignatius van Loyola was 'n ydel, glorie-honger jong soldaat in die 16de eeu in Spanje. Hy was meer geïnteresseer...

Wanneer die Duiwel Wil hê Jy moet Moed Verloor 14.02.2026

Send us Fan Mail 2 Korintiërs 12:8-10 Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wi...

Wanneer die Verlede Roep, moenie Antwoord Nie 13.02.2026

Send us Fan Mail Filippense 3:13-14 Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee. (NLV)  Ongelukkig wil baie mense nie terugdink aan die ongeneesde wonde uit hulle verlede nie; hulle wil die seerkr...

Moenie die Gedruis Volg Nie 12.02.2026

Send us Fan Mail Galasiërs 1:10 Hoe klink dit vir julle? Wil ek in mense se goeie boekies kom? Of wil ek God tevrede stel? Probeer ek mense gelukkig maak? As ek nog steeds mense gelukkig wil maak, is ek nie ’n dienskneg van Christus nie. (NLV)  Ek dink nie daar is een van ons wat nie goeie verhoudings begeer nie. Dit behels in ‘n mate om aan ander mense se verwagtinge te voldoen, wat tot 'n s...

Moenie Vergelyk Nie 11.02.2026

Send us Fan Mail Galasiërs 6:4-5 Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van 'n ander te vergelyk. Elkeen sal rekenskap moet gee oor wat hy gedoen het.  Het jy al ooit jou lewensreis met dié van ander vergelyk? Jy skiet altyd tekort, of hoe? Dit lyk asof hulle lewe soveel beter as joune is. Waarom het ek so ’n simpel lewe ?  Ek...

Druk deur, moenie Probeer Ontsnap Nie 10.02.2026

Send us Fan Mail Psalm 23:4 Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. (1953)  Wanneer jy teëspoed ervaar of selfs wanneer jy so ‘n bietjie ongemaklik of verontrief voel, wil ‘n mens onmiddellike reageer: "Kry my net uit hierdie penarie uit!" Dis net natuurlik, nie waar nie? Jy moet dikwels besluit of...

Wanneer Stilbly Slim Is 09.02.2026

Send us Fan Mail Prediker 3:7b 'n tyd om stil te bly, 'n tyd om te praat,  Ons leef vandag in ‘n era waar die sosiale media, koning kraai. Ons word iedere dag met buitensporige opinies en miljoene leuens gekonfronteer. Ons word selfs aangemoedig om deel te neem aan elke argument wat op die sosiale media na ons kant kom. En tog is dit baie slimmer om nie in sulke gevaarlike lokvalle te tr...

Klein Gewoontetjies, Groot Resultate 08.02.2026

Send us Fan Mail Galasiërs 6:7-9 Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat 'n mens saai, dit sal hy ook oes. Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes..  Soveel dinge is deesdae sonder veel moeite onmiddellik beskikbaar. Jy vra net jou gunstelin...

Tevredenheid is Nie die Doelwit Nie 07.02.2026

Send us Fan Mail Filippense 4:11-13 Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom. Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort. Ek kan alles doen deur Hom wat my krag...

Moenie Bang Wees om Oor te Begin Nie 06.02.2026

Send us Fan Mail Johannes 21:17   Jesus vra hom die derde keer: “Simon seun van Johannes, het jy My lief?” Petrus het bedroef geword omdat Jesus hom die derde keer gevra het: “Het jy My lief?”, en hy antwoord Hom: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my skape wei.  Ek weet nie van jou nie, maar ek haat dit om foute te maak; want wanneer jy voor almal ‘n gek van j...

Waaraan Het Jy Gedink? 05.02.2026

Send us Fan Mail Romeine 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.  Staan jy ooit stil om te dink aan die dinge waaraan jy vandag gedink het? Wat hou jou gedagtes besig? Waaroor peins jy ... en watter invloed het dit op d...

Enige Vordering is Vooruitgang 04.02.2026

Send us Fan Mail Sagaria 4:10 Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie. Die mense sal bly wees wanneer hulle sien Serubbabel gaan aan met die bouwerk.  As jy een van daardie mense is wat koersvas en vasberade goeie dade verrig, kan jy soms moedeloos voel wanneer jy bitter min vordering beleef. Dis asof niks gebeur nie, totdat jy skielik eendag terugkyk om te ontdek hoe ver jy in werklikhe...

Dis Veilig Hier 03.02.2026

Send us Fan Mail Matteus 14:28-29 Toe sê Petrus vir Hom: “Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom.” “Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom.  Sommige mense hou daarvan om in hulle gemaksone te bly, terwyl ander na avontuur en onvoorspelbaarheid smag. Ek was nog nooit besonder lief vir oefening nie, en tog weet ek, veral...

Jy Kan Nie Met ‘n Leë Tenk Ry Nie! 02.02.2026

Send us Fan Mail Markus 6:30-31 Die apostels het na Jesus toe teruggekom en vir Hom alles vertel wat hulle gedoen en wat hulle die mense geleer het. Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle: “Kom julle alleen saam na 'n stil plek toe en rus 'n bietjie.”  Hier is ‘n feit wat soos ‘n pa...

Januarie Nuusbrief 2 01.02.2026

Send us Fan Mail Die teks inhoud is beskikbaar in die "transcript" en ook beskikbaar in PDF hier Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY

Bewys Empatie 01.02.2026

Send us Fan Mail Romeine 12:15 Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur.  Die sterkste band wat ons met iemand kan bou, is die een wat "empatie" genoem word. Wat behels empatie? Dit beteken dat ons met aandag na hulle luister; dat ons voel wat hulle voel; of hulle nou reg of verkeerd is. Maar die belangrikste is seker dat húlle voel dat hulle gesien word; voel dat...

Seën Julle Vervolgers 31.01.2026

Send us Fan Mail Romeine 12:14 Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.  Hoe voel jy teenoor iemand wat jou sleg behandel? Kwaad, bitter, wraaksugtig? Nouja, jy weet jy is veronderstel om hulle te vergewe ... maar dis nie altyd maklik nie. Elizabeth Elliot was 'n sendeling, ‘n skrywer en spreker wat miljoene mense geïnspireer het. In 1956 is Jim, haar man, in Ecuado...

Wees Gasvry 30.01.2026

Send us Fan Mail Romeine 12:13 As medegelowiges in nood verkeer, wees jy die een om ’n helpende hand na hulle toe uit te steek. Maak ’n gewoonte daarvan om gasvry te wees – maak nie saak of dit oor kos of slaapplek gaan nie. (NLV)  Nouja, vandag is een van daardie dae wat ek jou met 'n moeilike vraag gaan konfronteer. Hier is dit: Hoe behandel jy vreemdelinge? As jy iemand sien wat jy nie ken...

Listen to the God se Woord VARS vir jou Vandag podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.