Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

God se Woord VARS vir jou Vandag

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: christianityworks.co.za

Author

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Category

Religion

Podcast website

christianityworks.co.za

Latest episode

Oct 1, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ten Spyte van jou Beste Voornemens 26.03.2024

Send us Fan Mail Johannes 13:36-38 Simon Petrus vra Hom: “Here, waarheen gaan U?” Jesus het geantwoord: “Waarheen Ek gaan, kan jy My nie nou volg nie, maar later sal jy My wel volg. ”Petrus sê toe vir Jesus: “Here, waarom kan ek U nie nou reeds volg nie? Ek sal my lewe ter wille van U opoffer.” “Sal jy regtig jou lewe ter wille van My opoffer?” vra Jesus. “Ek verseker jou, voordat die haan môre-og...

Daardie Diepgewortelde Skuldgevoel 25.03.2024

Send us Fan Mail Romeine 3:23,24 Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het – en dit sonder enige verdienste van ons kant. (NLV)  Ons het elkeen herkenbare eienskappe wat natuurlik daar is, omdat dit in ons DNA geënkodeer en van geslag tot geslag oorge...

Wanneer die Heilige Gees ons Verlaat 24.03.2024

Send us Fan Mail 2 Korintiërs 3:6 Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van 'n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend.  Sê my, wat is die verskil tussen om die reëls te volg en om Jesus te volg? Hoekom kan ons nie eers die padreëls gehoorsaam nie, en tog verander alles wanneer ons Jesus volg?...

Wette Los nie Probleme Op Nie 23.03.2024

Send us Fan Mail Romeine 8:3,4 Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natu...

Die Definisie van Mislukking 22.03.2024

Send us Fan Mail Lukas 12:20,21 Maar God het vir hom gesê: ‘Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het?’ So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie.”  Het jy al ooit hard gewerk en baie opgeoffer om iets te bereik, maar toe jy uiteindelik suksesvol is, het jy ontdek dat dit leeg, en hol voel, dat dit gla...

‘n Plan Vir Môre 21.03.2024

Send us Fan Mail Lukas 12:16-19 Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: “'n Ryk man se grond het goed gedra. Hy het toe by homself gedink: wat moet ek doen? Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie. Toe besluit hy: dit sal ek doen: Ek sal my skure afbreek en groter bou. Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar. Dan sal ek vir myself sê: ‘Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir...

Heeltemal Waardeloos 20.03.2024

Send us Fan Mail Lukas 9:25,26 “Wat help dit 'n mens as hy die hele wêreld as wins verkry, maar homself verloor of te gronde gaan? Elkeen wat hom vir My en my woorde skaam, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom, beklee met sy heerlikheid en die heerlikheid van die Vader en van die heilige engele.  Die aanloklikheid van al die dinge wat geld kan koop, word by die dag grote...

Dinge Wat Jesus Nooit Gesê Het Nie 19.03.2024

Send us Fan Mail Lukas 9:23,24 Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, sal dit behou.  Die storie waarmee die wêreld ons deesdae wil indoktrineer, gaan basies so: leef 'n goeie lewe en wees gelukkig. Dit klink nogal...

‘n Weerspieëling van Jou Geloof 18.03.2024

Send us Fan Mail 2 Korintiërs 3:17,18 Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.  Ons geloof, jou...

Jou Getuigskrif 17.03.2024

Send us Fan Mail 1 Johannes 3:17,18 Iemand wat ryk is aan aardse lewensmiddele en sy broer of suster sien gebrek ly, maar weier om ’n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon? Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings.(NLV)  Kan ek jou gou ‘n vraag vra: hoe ryk is jy? Want...

Die Rykdom van sy Heerlikheid 16.03.2024

Send us Fan Mail Filippense 4:19 Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het. (NLV)  In 'n wêreld wat al hoe meer welvarend word, word dit vir ons moeiliker en moeiliker om 'n grens tussen ons behoeftes en ons begeertes te trek. Ja, en ons raak so maklik deurmekaar met die twee wanneer ons bid.   Waar ek woon,...

Vervulling vir Jou Siel 15.03.2024

Send us Fan Mail Psalm 63:6-9 U versadig my meer as die rykste kos. Met vreugdeliedere sal ek U loof. As ek op my bed lê en aan U dink, oor U nadink in die nag, onthou ek hoe U my gehelp het. Dan wil ek sing in die skaduwee van u vleuels. Ek is aan U verbind u regterhand hou my staande. (NLV)  Tevredenheid. Bevrediging. Vervulling. Daardie drie woorde spreek van volledigheid, van welstand, van die...

Verwag Groot Dinge! 14.03.2024

Send us Fan Mail Psalm 126:1-6 Toe die Here die bannelinge teruggebring het na Sion toe, was dit vir ons soos ’n droom. Ons het toe gelag en van vreugde gesing. Die ander nasies het gesê: “Die Here het groot dinge vir hierdie mense gedoen. ”Die Here het groot dinge vir ons gedoen en ons is vol vreugde! Verander tog ons lot, Here, soos strome in die Suidland. Hulle wat met trane saai, sal met vreug...

Praat Openlik van die Kruis 13.03.2024

Send us Fan Mail Handelinge 4:11,12 Hy is: ‘Dié klip wat deur julle bouers geminag is; Hý het nou die sluitklip geword. “Daar is geen verlossing by iemand anders nie. Daar is geen ander naam op aarde wat mense kan aanroep om verlos te word nie.”  Die rede waarom ek doen wat ek doen; die ding wat my elke oggend uit die bed laat opstaan, is 'n intense begeerte om soveel mense as moontlik van Je...

Die Liefde Vergaan Nooit 12.03.2024

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 13:8,13 Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak.  En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!  Ons het 'n wonderlike vermoë om te fokus op die dinge wat op die ou end glad nie saak maak nie. En...

Ongelooflik, Wonderlike Genade 11.03.2024

Send us Fan Mail Johannes 1:16 Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang.  Genade is deesdae 'n seldsame kommoditeit. Die wêreldstelsel verwag van jou om te konformeer en te presteer. Dit verwag van jou om jou ou klein rolletjie as 'n onbeduidende ou ratjie in sy masjien te speel. As dit net 'n bietjie te verdoemend klink, kyk maar om jou rond. . . Hoe vergewensgesind i...

Geloof en Vertroue 10.03.2024

Send us Fan Mail Hebreërs 11:1 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.  Hou jy ook daarvan om by mense wat ‘n gevoel van rustige selfvertroue en van stille tevredenheid uitstraal, te kuier? Om by hulle te wees, laat jou sommer beter oor jouself voel. Wat is anders aan daardie mense? Ek kan aan 'n halfdosyn sulke mense i...

Knorrigheid is Aansteeklik 09.03.2024

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 13:5 om nie ongeskik te wees nie, maar jou so te gedra dat ander nie ongemaklik saam met jou voel nie; om nie net heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink nie; om nie sommer vir niks kwaad te word nie, en om nie elke liewe dingetjie wat iemand verkeerd doen te onthou sodat jy hom kan terugkry nie. (DB)  Party dae, is ek knorrig en iesegrimmig. Jy het sekerlik o...

Wag Daarvoor 08.03.2024

Send us Fan Mail Jesaja 30:18 Tog wag die Here gretig dat julle terugkom na Hom toe. Hy wil genade aan julle bewys. Die Here is ’n God wat regverdig is. Hy seën die mens wat op Hom vertrou vir hulp.  Ons het in die weermag 'n gesegde gehad: “Maak gou en wag.” Dit het gelyk of ons altyd aangejaag word om betyds iewers te wees, net om ure lank te staan en wag vir iets om te gebeur. Ag nou ja, o...

Hoe om Sterk Te Wees 07.03.2024

Send us Fan Mail Jesaja 30:15-17 So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê. Maar dit wou julle nie; julle het gesê: “Nee, ons sal op perde wegjaag, ons sal vinnige perde ry. ”Dan sál julle vlug, maar julle agtervolgers sal vinniger wees. Duisend van julle sal vlug as één julle bedreig,...

‘n Instrument van die Here 06.03.2024

Send us Fan Mail Psalm 34:18-20 As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal.  Ons lees dwarsdeur die Ou en Nuwe Testament van God se reddende hand. En dit is goeie nuus. Trouens, dit is wonderlike  nuus. Ja, wann...

Moenie Speletjies Met God Speel Nie 05.03.2024

Send us Fan Mail 2 Timoteus 2:20,21 In ’n rykmanshuis is sommige gebruiksartikels van goud en silwer, en ander weer van hout en klei. Die kosbare artikels word by spesiale geleenthede gebruik en die goedkoperes is vir gewone gebruik. As jy jouself skoon hou van die verkeerde, sal jy ’n kosbare item wees, ’n spesiale besitting van die Huiseienaar, een wat Hy nuttig kan gebruik en wat gereed is vir...

Moenie die Duiwel Vatkans Gee Nie 04.03.2024

Send us Fan Mail Efesiërs 4:26,27 As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie.  Ek is seker jy het opgemerk dat mense deesdae baie kwaad in hulle ronddra. Ja, ek weet, daar is inderdaad genoeg dinge in die wêreld aan die gang om ‘n mens die hele tyd kwaad te maak: mense, politiek, omstandighede, houdings, noem maar op. Woede ko...

Haat Jou Sonde 03.03.2024

Send us Fan Mail 1 Timoteus1:15,16 Dit is 'n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste. Maar juis daarom was God my genadig sodat Christus Jesus aan my, as die grootste sondaar, al sy verdraagsaamheid sou betoon en ek 'n voorbeeld kon wees vir almal wat in die toekoms in Hom sou glo o...

Onderskei Jouself 02.03.2024

Send us Fan Mail Matteus 5:40-42 As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie.”  Wanneer ek stil word en my eie hart ondersoek, word ek hartseer as ek besef hoe ek so deur die kultuur waarin ek...

Listen to the God se Woord VARS vir jou Vandag podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.