Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

God se Woord VARS vir jou Vandag

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

Author

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Category

Religion

Podcast website

christianityworks.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Die Here Gee Jou Krag 25.01.2024

Send us Fan Mail Habakuk 3:19 Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop.  Ons benodig krag, spoed en behendigheid om probleme te hanteer. Dit is wat ons nodig het wanneer dinge teen ons draai, wanneer twis, verwarring en pyn uit alle rigtings ons bedreig.  Gister het ons in die Ou Testament gesien hoe die profeet Habakuk, te...

Leef met Koersvaste Geloof 24.01.2024

Send us Fan Mail Habakuk 3:17,18 Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.  As die lewe maar net rosegeur en maanskyn was! As dinge maar net volgens pl...

Waar Vind ‘n Mens Rus? 23.01.2024

Send us Fan Mail Matteus11:28-30 Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik. Neem my juk op julle skouers. Kom leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal rus en nuwe moed vir julle lewe kry. Want my juk sal sag op julle skouers rus en my las is lig om te dra.” (NLV)  Watter beeld kom by jou op as ek die woord "rus" no...

Sal Jy Rus? 22.01.2024

Send us Fan Mail Matteus 11:28-30 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.” Dit is 'n ware paradoks, 'n raaisel, dat jy steeds alles behalwe goed uitgerus voel, selfs wanneer jy dit regkry om genoeg rus, ge...

Word Deur die Heilige Gees Weer Gebore 21.01.2024

Send us Fan Mail Titus 3:5-7 Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfg...

Los Jou Dwaasheid 20.01.2024

Send us Fan Mail Titus 3:3,4 Eens op ’n tyd was ons ook dwaas en ongehoorsaam. Ons was verlei en verslaaf aan baie begeertes en allerlei bose plesiere. Ons het ons lewens deurgebring in boosheid en jaloesie. Ons was haatlik en het mekaar gehaat. Toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir mense verskyn.  Nie een van ons hou daarvan om aan onsself as dwaas te dink nie en tog het ons...

Vervang Vrees Met Uitdaging 19.01.2024

Send us Fan Mail Psalm 18:4 -7 Ek het tot die Here geroep, Hy wat lofwaardig is, want Hy red my van my vyande. Bande van die dood omring my; strome van onheil oorweldig my. Bande van die dood draai my vas; strikke van die dood wag my in. In my angs het ek tot die Here geroep, tot my God geroep om hulp. In sy heiligdom het Hy geluister; my hulpgeroep het Hy gehoor. Ek wil graag vandag die woord: an...

Moenie jou Skaam oor Mislukkings Nie 18.01.2024

Send us Fan Mail 2 Timoteus 1:8 Jy moenie skaam wees om die boodskap van die Here te verkondig nie; en moet jou ook nie skaam vir my wat om sy ontwil 'n gevangene is nie. Inteendeel, dra jou deel van die ontberings vir die evangelie met die krag wat God jou gee.  Mislukking is iets waaroor ons nie graag praat nie, want soos ‘kriptoniet’ vir Superman is, so is mislukking vreesaanjaend vir ons...

Jou Krag om Vrees te Oorwin 17.01.2024

Send us Fan Mail 2 Timoteus 1:5-7 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos 'n vuur weer moet aanblaas. Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig n...

Leef Jou Geloof Uit 16.01.2024

Send us Fan Mail 2 Timoteus 1:5,6 Ek dink terug aan jou opregte geloof. Eers het jou ouma Loïs en jou ma Eunice hierdie geloof gehad en – daarvan is ek seker – jy het dit ook. Dit is waarom ek jou daaraan herinner om die geestelike gawe, wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos ’n vuur aan te blaas.  Hier is 'n tameletjie. As jy iemand is wat in Jesus glo, hoe weet jy dat j...

Sorg Dat Jou Geloof Eg Is 15.01.2024

Send us Fan Mail 2 Timoteus 1:5 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is.  Dit is 'n natuurlike menslike reaksie om in iets of iemand bonatuurlik te glo. Elkeen van ons gaan op 'n stadium na daardie "iets of iemand" om in te glo, soek; daardie "iets of iemand" om...

Moenie Wraak Neem Nie 14.01.2024

Send us Fan Mail Levitikus 19:17,18 Jy mag nie haatdraend wees teenoor jou volksgenoot nie. Maak die geskil openlik met hom uit, moenie wat hy verkeerd gedoen het, teen hom bly hou nie. Jy mag nie wraak neem of 'n grief koester teenoor jou volksgenoot nie, jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.  In 'n oomblik van woede, wanneer jy totaal oorbluf is oor die vreeslike onre...

Vergewe Iemand Wat Berou Toon 13.01.2024

Send us Fan Mail Lukas 17:1-4 Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is. So 'n mens kan eerder met 'n groot klip aan die nek in die see gegooi word as dat hy vir een van hierdie kleintjies 'n struikelblok word. Wees dus self op julle hoede. “As jou broer verkeerd optree,...

Moenie die Struikelblok Wees Nie 12.01.2024

Send us Fan Mail Lukas 17:1-3a Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is. So 'n mens kan eerder met 'n groot klip aan die nek in die see gegooi word as dat hy vir een van hierdie kleintjies 'n struikelblok word. Wees dus self op julle hoede. Een van ons ou vriend, die dui...

Struikelblokke Kom Verseker 11.01.2024

Send us Fan Mail Lukas 17:1 Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is. Versoeking is nie 'n onderwerp waaroor ons graag praat nie, want in die geheim is ons bang dat dit net ons is wat dit ervaar. Hoekom het ek hierdie slegte gedagtes? Hoekom ervaar ek hierdie verkeerde begeertes ?...

Rig julle Gedagtes op God 10.01.2024

Send us Fan Mail Matteus 16:21-23 Van toe af het Jesus dit vir sy dissipels duidelik begin stel dat Hy Jerusalem toe moet gaan en baie moet ly onder die familiehoofde, die priesterhoofde en die skrifgeleerdes, en dat Hy doodgemaak moet word, en die derde dag uit die dood opgewek moet word. Petrus het Hom toe opsy geneem en Hom begin berispe: “Mag God dit verhoed, Here! Dit sal beslis nie met U geb...

Laat Jesus jou Transformeer 09.01.2024

Send us Fan Mail Efesiërs 4:32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.  Ek weet nie van jou nie, maar ek vind dit moeilik om my eie diepgewortelde slegte gewoontes te verander. Trouens, as ons eerlik met onsself gaan wees, is dit byna onmoontlik. Dit laat ons voor 'n probleem te staan kom; want God se Woord is vol opdragte om &a...

Kyk Op En Sien 08.01.2024

Send us Fan Mail Filippense 3:20 Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.  Sê my, wat is die dinge wat jy werklik geniet om te doen? Jou stokperdjies, jou tydverdrywe, die dinge wat jou vreugde verskaf? Dit is lekker om net aan hulle te dink, maar in watter mate het hulle slagysters geword? Wel, dit klink nou ‘n bietjie negatief, of hoe? H...

Fokus op die Einde 07.01.2024

Send us Fan Mail Filippense 1:6 Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.  Wel, die eerste week van die jaar is amper verby. Sê my, wat is jou plan vir die tweede, die derde, die vierde week? En nog belangriker, wat dink jy is God se plan vir jou lewe? Dis nou 'n interessante...

Kies die Eerbare Weg 06.01.2024

Send us Fan Mail Filippense 3:18-20 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind. Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.  Daar is deesdae baie dinge...

Vertrou Volkome op die Here 05.01.2024

Send us Fan Mail Spreuke 3:5,6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.  Het jy al opgelet dat wanneer jou motor ‘n slaggat tref, of jy op ‘n onverwagte skerp draai afkom, dit jou so ontwrig dat jy 'n bietjie verskrik en bewerig voel? Sê my, begin jou geloof ook soms skielik onseker en wankelrig...

Laat God Die Beplanning Doen 04.01.2024

Send us Fan Mail Spreuke 16:3 Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag. (NLV)  Ons dink graag hierdie tyd van die jaar oor ons verwagtings, drome en planne vir die jaar wat voorlê. Miskien sal dinge hierdie jaar anders wees; miskien sal dinge verbeter en miskien daag die Here uiteindelik op! Dit is die natuurlikste ding in die wêreld, om gedurende die eerste paar dae...

Vertroue in Onseker Tye 03.01.2024

Send us Fan Mail Prediker 7:14 Wees bly op die dag van voorspoed, en as daar 'n dag van teëspoed kom, sien dit so: soos die een het God ook die ander gegee, sodat die mens nie sal weet wat vir hom voorlê nie.  Eksterne faktore sal sonder twyfel 'n impak hê op hoe ons oor die lewe voel. Ja, hierdie faktore beïnvloed ons in alle situasies waarin ons onsself ook al op die oomblik bevind, en...

Omhels die Nuwe Jaar 02.01.2024

Send us Fan Mail Jakobus 4:13-15 Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en 'n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.” Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar 'n damp wat 'n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. Julle moet eerder sê: “As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.  Nouja, wa...

Jy Kan Daardie Bergpiek Bereik 01.01.2024

Send us Fan Mail Kolossense 3:23, 24 Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan.  Wanneer laas was jy gekonfronteer deur 'n berg wat so hoog is, dat dit onmoontlik gelyk het om uit te klim? Onthou jy hoe uitdagend dit gevoel het...

Listen to the God se Woord VARS vir jou Vandag podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.