Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

God se Woord VARS vir jou Vandag

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

Author

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Category

Religion

Podcast website

christianityworks.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Satan se Aanklag 18.02.2024

Send us Fan Mail Job 1:10-12 U beskerm hom dan, en sy huis en al sy goed. U maak alles wat hy doen, voorspoedig. Selfs sy vee teel vinnig aan. Maar raak nou net aan sy besittings en kyk of hy U nie in u gesig vervloek nie. ”Toe sê die Here vir die Satan: “Alles wat hy het, gee Ek in jou mag oor. Net aan hom self mag jy nie raak nie.” Die Satan het daarna van die Here af weggegaan.  Daar word in di...

Gee die Here ‘n Kans 17.02.2024

Send us Fan Mail Psalm 34:7-9 Hierdie ellendige mens het geroep en die Here het gehoor. Hy het hom uit al sy benoudheid gered. Want die Engel van die Here hou wag oor almal wat Hom dien, en Hy red hulle. Beproef en sien dat die Here goed is. Geseënd is die persoon wat op Hom vertrou! (NLV)  Stel jouself hierdie situasie voor: Jy is besig om diamante te delf, maar na maande se uitputtende, sielsver...

Die Here Sal Jou Beskerm 16.02.2024

Send us Fan Mail Psalm 3:4 - 6 Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer en aansien. As ek na die Here roep, antwoord Hy my van sy heilige berg af. As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my.  Kan jy jou voorstel hoe absurd die begrip destyds was, dat 'n koning vir sy volgelinge 'n dienskneg kan wees? Nee, my vriend, die enigste konte...

Jou Pyn sal in Vreugde Verander 15.02.2024

Send us Fan Mail Johannes 16:19,20 Jesus het agtergekom dat hulle Hom daaroor wou uitvra, en Hy sê toe vir hulle: “Probeer julle onder mekaar agterkom wat Ek bedoel het met: ‘Nog ’n kort tydjie, dan sien julle My nie; en weer ’n kort tydjie, dan sal julle My weer sien’? Ek verseker julle, julle sal huil en treur, maar die wêreld sal juig. Julle sal baie hartseer wees, maar julle hartseer sal in bl...

Kies Jou Vriende Versigtig 14.02.2024

Send us Fan Mail Spreuke13:20 Hy wat met wyse mense meng, verkry self ook wysheid. Meng jou met dwase en jy word self soos hulle. (NLV)  Na wie se raad luister jy? As jy getroud is, is jou gade hopelik nommer een op daardie lys. Maar wat van die res van jou binnekring? Wie is hulle, en moet hulle regtig in jou binnekring wees? Dit is belangrike vrae omdat die antwoorde die verloop van jou lewe pos...

Sien om na Ander se Behoeftes 13.02.2024

Send us Fan Mail Romeine15:1-3 Dié van ons met ’n sterk geloof behoort die twyfel en vrese van ons medegelowiges met ’n sensitiewe geloof in aanmerking te neem en nie ons eie belange voorop stel nie. Ons moet aan die beswil van ons naaste dink en hulle so in hulle geloofslewe help opbou. Ook Christus het immers nie aan sy eie sin en wil voorkeur gegee nie. Soos die Skrif sê: “Dié wat U beledig, be...

Sy Beloftes is Waar 12.02.2024

Send us Fan Mail Psalm 18:31 God se pad is volmaak. Die Here se woorde is betroubaar. Hy beskerm dié wat by Hom skuil. (NLV)  Ek wil jou vandag ‘n baie belangrike vraag vra: Dink jy God kan vertrou word? Hy maak immers nogal baie beloftes in sy Woord. Party van sy beloftes lyk eerlikwaar verregaande in ons moderne haastige, deurmekaar lewe. Kan hierdie beloftes; kan Hy, vertrou word? Op byna elke...

Januarie / Februarie 2024 VARS NUUSBRIEF 11.02.2024

Send us Fan Mail Lees als hier Ons is opgewonde om na 'n verfrissende somervakansie nog 'n jaar in diens van ons Koning te begin. Ons bid dat die tydjie vir jou ryke seën ingehou het.   Waarna sien jy hierdie jaar uit? Waarmee gaan Jesus jou hierdie jaar verras? Het jy doelwitte wat jy graag wil bereik? ‘n Vakansie wat jy dalk wil beplan? Verhoudings waaraan jy aandag moet gee? Wie weet...

Bewys Empatie 11.02.2024

Send us Fan Mail Markus 6:34 Toe Jesus uit die skuit klim, het Hy 'n groot menigte mense daar gesien en Hy het hulle innig jammer gekry, want hulle was soos skape wat nie 'n wagter het nie. Hy het hulle toe baie uitvoerig begin leer.  Die wêreld waarin ons leef is baie mededingend. Mense wil al die aandag op hulle gevestig hê. Mense dring aan op poste, op indiensneming, op bevordering, o...

Wees Dapper 10.02.2024

Send us Fan Mail Hebreërs 4:14-16 Ons het dan nou ’n groot Hoofpriester wat deur die hemele beweeg het, Jesus die Seun van God. Laat ons voortdurend aan ons geloofsbelydenis aangaande hierdie Jesus vashou. Hierdie Hoofpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel, want Hy is in elke opsig op dieselfde manier as ons versoek, maar Hy het nie voor die sonde geswig nie. Kom ons gaan...

Moenie Bekommerd Wees Nie 09.02.2024

Send us Fan Mail 2 Kronieke 7:13,14 As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.  Op hierdie oomblik be...

Wees Geduldig in Tye van Teëspoed 08.02.2024

Send us Fan Mail Jakobus 5:11 Ons gee met reg eer aan dié wat in swaarkry uithou. Job is ’n voorbeeld van iemand wat geduldig volhard het. Uit wat uiteindelik met hom gebeur het, sien ons dat God se einddoel goed is. Die Here is mos vol innige meelewing en Hy gee onverdiend sy liefde. (NLV)  Beleef jy tans teëspoed? Wat is dit wat aan jou vreet? Wat beroof jou van jou lewenskwaliteit? En sê my, ho...

Aan Watter Groep Behoort Jy? 07.02.2024

Send us Fan Mail Galasiërs 2:20 ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.  Sedert die vroegste tye het die mensdom homself al in groepe verdeel – volgens geografie, kultuur, velkleur, politiek, selfs...

Die Obsessie om te Beheer 06.02.2024

Send us Fan Mail 1 Petrus 4:7,8 Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid. Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes.  Die beste manier om te verseker dat dinge, wat ook al daardie "dinge" is, uitwerk soos jy wil hê dit moet, is om dit self te beheer. Natuurlik is dit die antwoord. Beheer alles. Maar...

Die Drie Fases van Lewe 05.02.2024

Send us Fan Mail Matteus 6:19-21 Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”  Dit is ironies dat jou besittings jou baie maklik kan besit. Die dinge wat God...

Ken God se Wil 04.02.2024

Send us Fan Mail 2 Timoteus 3:16,17 Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek. Dit is God se manier om sy mense voor te berei vir hulle taak, ten volle toegerus vir elke goeie ding wat Hy wil hê hulle moet doen.  Die enkele, grootste kwaal van Christene in baie dele van die wêreld, i...

Moenie die Vyand Aanbid Nie 03.02.2024

Send us Fan Mail Daniël 3:5,6 ’n Aankondiger het hardop uitgeroep: “Luister na dié bevel, alle volke, nasies en tale: Sodra julle die trompet hoor blaas en die fluit, siter, lier, harp en ander blaas- en musiekinstrumente hoor, moet julle neerval en tot die goue beeld bid wat koning Nebukadnesar laat oprig het. Enigeen wat nie neerkniel om dit te aanbid nie, sal dadelik in ’n vuurwarm oond gegooi...

Bepaal Jou Prioriteite 02.02.2024

Send us Fan Mail Handelinge 20:24 Al is my lewe kosbaar, ag ek dit van geen waarde as ek nie my lewenstaak en my bediening wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaarmaak nie: Om die Goeie Nuus te verkondig dat God mense liefhet sonder dat hulle iets hoef te doen om dit te verdien.(NLV) Hoe gereeld evalueer jy jou prioriteite? Hoe gereeld weeg jy hulle in jou kop en hart op, om jou te help besl...

Wag vir ‘n Deurbraak 01.02.2024

Send us Fan Mail Galasiërs 6:9,10 Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges. Om op enige terrein van jou lewe, waar jy 'n deurbraak nodig het, op God te wag, kan ondraaglik wees. En het jy opgelet dat hoe groter jou b...

Juig en Treur 31.01.2024

Send us Fan Mail Romeine 12:15 Lag en vier fees saam met elkeen wat bly is. Huil saam met elkeen wat hartseer is. (NLV)  Hier is ontstellende navorsingsdata. Ons sal gemiddeld byna 17 jaar van ons lewens met ons neuse in ons selfone deurbring. Dit is 145 800 uur of 33% van ons wakker ure. Dit is ontstellend en laat jou kop duisel. Kom ons kyk net weer na daardie syfers. Oor 'n 24 uur periode...

Staak jou Geheime Sondes 30.01.2024

Send us Fan Mail Psalm 90:8 ...want U weet van al ons slegte dade. Selfs die verkeerde dinge wat ons vir U probeer wegsteek, is oop en bloot voor U.(NLV)  Oor die jare het ek en jy al gesien hoe 'n hele paar prominente Christenleiers in sonde verval. En sonder uitsondering het hul ondergang ontstaan uit die een of ander geheime, verborge sonde. Daarin lê vir ons 'n belangrike les. As jy...

Die Here is Ewig 29.01.2024

Send us Fan Mail Psalm 90:1,2 Here, U was ons toevlug van geslag tot geslag. Voordat die berge gebore is en U die wêreld voortgebring het, van ewigheid tot ewigheid, is U God.  Ons lewens bestaan hoofsaaklik uit daaglikse sleurwerkies. Ek sê nie dit is 'n slegte ding nie, dit is seker maar hoe die lewe is. Maar ons kan die risiko loop dat ons uiteindelik onder die onbeduidende klein dingetjie...

Die Here Kan Baie Meer Doen 28.01.2024

Send us Fan Mail Efesiërs 3:19,20 Dan sal julle Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan, beleef. Mag julle heeltemal met die volheid van God vervul word. Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. (NLV)  Elkeen van ons was seker al een of twee keer op moedverloor se vlakte. En as jy moed verloor, word jy...

Vestig Jou Hoop Op die Here 27.01.2024

Send us Fan Mail Efesiërs 3:18,19 Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.  'n Vriend in nood is 'n vriend in dood. Ek sal só ‘n vriend op wie jy kan staatmaak; iemand wat deur dik en...

Die Here Maak Jou Innerlik Sterk 26.01.2024

Send us Fan Mail Efesiërs 3:16,17 Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.  Het jy al opgelet hoe dit wil voorkom asof party mense  geestelike krag het en vasbeslote is om deur die storms en orkane van die lewe te...

Listen to the God se Woord VARS vir jou Vandag podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.