Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

God se Woord VARS vir jou Vandag

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: christianityworks.co.za

Author

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Category

Religion

Podcast website

christianityworks.co.za

Latest episode

Oct 1, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ondersoek God se Woord 02.06.2024

Send us Fan Mail Hebreërs 4:12,13 Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.  Het jy al...

Goeie Teologie is nie Genoeg nie 01.06.2024

Send us Fan Mail Matteus 23:23,24 “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle gee tiendes van kruisement, anys en koljander, maar wat volgens die wet van God die swaarste weeg, laat julle na: geregtigheid, barmhartigheid en betroubaarheid. Juis hierdie dinge moet 'n mens doen en die ander nie nalaat nie. Blinde leiers! Julle skep die muggie uit julle beker uit, maar...

Wonderlike Goeie Nuus 31.05.2024

Send us Fan Mail Romeine 8:3,4 Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natu...

Liefde is Nooit Oorbodig Nie 30.05.2024

Send us Fan Mail Matteus 27:27-31 Daarna vat die soldate van die goewerneur vir Jesus in die ampswoning in en bring die hele leërafdeling rondom Hom bymekaar. 28Hulle trek toe sy klere uit en gooi Hom 'n pers mantel om. Hulle vleg 'n doringkroon en sit dit op sy kop en gee Hom 'n stok in sy regterhand. Toe bespot hulle Hom deur voor Hom te buig en te sê: “Ons groet u, Koning van die...

Wanneer Veiligheid Oorskat Word 29.05.2024

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 15:30-32 En waarom sal ons ons lewens uur na uur in gevaar stel? Dag na dag verkeer ons op die randjie van die dood. Dit is die absolute waarheid, broers en susters, net so seker as dat julle ons trots is oor wat Christus Jesus ons Here vir julle gedoen het. Verder, waarom sou ek as’t ware met wilde diere in Efese geveg het as dit alles verniet was? As daar geen opwek...

Moenie Aanstoot Neem Nie 28.05.2024

Send us Fan Mail Galasiërs 6:2,3 Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet. Julle weet dat mense wat baie van hulleself dink, terwyl hulle niks is nie, hulleself bedrieg. (NLV)  Wanneer iemand verkeerd teenoor jou optree, is dit so maklik om aanstoot te neem. Trouens, in 'n wêreld wat al hoe meer oorheers word deur 'n gevoel van selfgeregtigheid,...

Die Definisie van Skynheiligheid 27.05.2024

Send us Fan Mail 1 Johannes 4:19-21 Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy 'n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê.  Kom ons erken dit, om ander mense lief t...

Wees Versigtig Hoe Jy Leef 26.05.2024

Send us Fan Mail Efesiërs 5:15-17 Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.  Ons het net een lewe om op hierdie aarde te leef en die dae flits so vinnig verby....

Die Wêreld het Genoeg Kritici 25.05.2024

Send us Fan Mail Efesiërs 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (NLV)  Kritiek en konflik is deesdae hoogmode in die normale domein. Dit kom oral voor: in die politiek, in die ideologie, die sosiale sfeer en ook in die geloofslewe. Dit voel asof mense daarop uit is om alles en almal te kritiseer. En dit i...

Wat God Regtig van Jou Wil Hê 24.05.2024

Send us Fan Mail Amos 5:21-24 Ek hou glad nie van hierdie feeste wat julle vir My hou nie. Ek het hoegenaamd geen plesier daarin wanneer julle bymekaarkom om tot My te bid nie. “Ek het niks daaraan wanneer julle vir My offers op die altaar brand of graan vir My kom aanbied nie. Ek sien dit nie eens raak wanneer julle offers bring wat julle saam met My wil eet nie. Dit roer My nie eens as julle die...

Selfs Wanneer Jy Oud Word … 23.05.2024

Send us Fan Mail Psalm 92:13-16 Maar regverdiges sal blom soos ’n palmboom, en welig groei soos ’n seder van die Libanon. Geplant in die Here se huis, groei hulle weelderig in die voorhowe van ons God. Al is hulle oud, sal hulle steeds vrugte dra hulle is vars en lewenskragtig. Hulle sal sê: Die Here is regverdig. Hy is my rots. By Hom is daar geen onreg nie.” (NLV)  Een van die groot tragedies wa...

Iets om te Onthou 22.05.2024

Send us Fan Mail Psalm 16:7,8 Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het; selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer. Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie.  Ons voel dikwels heeltemal alleen wanneer ons teëspoed in die gesig staar; die een of ander stryd voer; of in een of ander gemors vasgevang is. Ons ís dalk nie alleen nie, maar dit is h...

‘n Gawe wat Dikwels Oor die Hoof Gesien 21.05.2024

Send us Fan Mail Titus 1:8 Hy moet gasvry wees en alles wat goed is, liefhê. Hy moet met wysheid lewe en regverdig wees. Hy moet ’n toegewyde en gedissiplineerde lewe lei.  Hoe meer ek sien hoe mense lewe, hoé meer word ek geraak deur die realiteit dat elkeen van ons in een of ander stryd gewikkel is. Wat van jou? Gelukkig is daar kort tye wanneer alles klopdisselboom gaan. Maar dit neem nie te la...

Die Perfekte Landing 20.05.2024

Send us Fan Mail Openbaring 5:8 Net toe die Lam die boek neem, het die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom gekniel. Elkeen van hulle het 'n siter gehad en 'n goue bak vol wierook, die gebede van die gelowiges.  Weet jy dat navorsing vir ons sê dat die meeste mense wel bid. Maar het jy al ooit gedink aan wat met jou gebede gebeur wanneer jy bid? Verdwyn hulle ne...

God Bemoedig Jou 18.05.2024

Send us Fan Mail 2 Korintiërs 7:4-6 Ek is baie openhartig met julle; ek is ook baie trots op julle. En ek is regtig vol moed en oorstelp van blydskap ten spyte van ons swaarkry. Want toe ons in Masedonië aangekom het, kon ons geen rus vind nie. Op elke moontlike manier is daar druk op ons uitgeoefen: van buite – aanvalle; van binne – vrese. Maar God, wat die vernederdes bystaan, het ons ondersteun...

Reinig Jouself 17.05.2024

Send us Fan Mail 2 Korintiërs  7:1 Geliefdes, ons hét hierdie beloftes; laat ons onsself dan suiwer van elke verontreiniging van die liggaam en die gees om ons toewyding, uit eerbied vir God, volkome te maak. (NLV)  God maak kosbare beloftes aan diegene wat hul vertroue in Jesus stel. Hy belowe dat Hy ons God sal wees en dat ons sy volk sal wees; dat Hy by ons sal woon. Dit spruit voort uit sy die...

Wanneer Vriende Jou Verlaat 16.05.2024

Send us Fan Mail Spreuke 19:4 Rykdom bring baie mooiweersvriende. ’n Arm man het geen vriende nie. (NLV)  Daar is niks wat ons meer van stryk af bring, niks wat meer ontstellend is, niks wat meer teleurstellend en … sommer net pynlik is, as wanneer iemand wat jou vriend is wanneer dit voorspoedig gaan, jou verlaat wanneer dit sleg gaan. Het jy al ooit daardie ervaring gehad? Dis alles behalwe lekk...

Wie se Fout is Dit? 15.05.2024

Send us Fan Mail Spreuke 19:3 ‘n Mens se eie dwaasheid ontwrig jou lewe, dan verkwalik jy nog die Here daarvoor.  Ek het al 'n paar dwase dinge in my lewe aangevang. Wat van jou? Ons wens ons kon hulle ongedaan maak … maar ons kan nie. En, heel moontlik, ervaar jy steeds die gevolge van daardie optrede. Ons haat dit om ons eie foute te bely; om te erken dat ons verkeerd was; om te erken dat o...

Hoe om God Te Eer 14.05.2024

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 6:19,20 Of verstaan julle nie dat julle liggame ’n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is teen ’n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik. (NLV)  Mense doen deesdae 'n paar vreemde goed met hulle lywe. Hulle deurboor dit op baie vreemde pl...

Die Strik van Rykdom 13.05.2024

Send us Fan Mail Deuteronomium 8:17,18 Hy het dit gedoen sodat jy nie moet dink dit is deur jou eie krag en energie waardeur jy ryk geword het nie. “Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het.  Is dit eerbaar of oneerbaar vir 'n belydende Christen om 'n gerieflike neseier vir...

Met Wie Kan Ons Hom Vergelyk? 12.05.2024

Send us Fan Mail Jesaja 46:5,6 Met wie wil julle My vergelyk, aan wie wil julle My gelykstel? Wie is soos Ek, om hom met My te vergelyk? Mense gooi goud uit ’n sak, en weeg silwer af op ’n skaal. Hulle huur ’n goudsmid om ’n afgodsbeeld te maak. Dan buig hulle en aanbid die afgodsbeeld. (NLV)  Vandag is Sondag. Vir sommige mense beteken dit die einde van een week; vir ander die begin van die volge...

Hartseer wat tot Verlossing Lei 12.05.2024

Send us Fan Mail 2 Korintiërs 7:9,10 Nou is ek bly – nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat julle hartseer tot julle inkeer gelei het. Julle was hartseer volgens die wil van God. Julle is dus in geen opsig deur ons skade aangedoen nie, want hartseer volgens die wil van God lei tot inkeer, wat weer lei tot verlossing waaroor ’n mens nooit spyt sal wees nie. Daarteenoor lei wêreldse...

God Sal Jou Dra 11.05.2024

Send us Fan Mail Jesaja  46:3,4 Luister na My, nageslag van Jakob, almal wat oor is uit die nageslag van Israel, julle vir wie Ek gedra het van julle geboorte af, wat Ek vasgehou het vandat julle daar is. Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou julle dra en julle red.  In 'n wêreld wat so om sukses wentel, ka...

Loop op die Regte Pad 10.05.2024

Send us Fan Mail Spreuke 12:28 Op die weg van geregtigheid is daar lewe, maar die pad van hulle wat 'n wrok koester, lei na die dood.  Die lewensreis het baie kinkels en draaie, en baie vurke in die pad. Jy kan ongetwyfeld terugkyk en sien hoe 'n onbeduidende klein besluitjie om hierdie kant toe te loop, in plaas van daardie kant toe, die loop van jou lewe heeltemal verander het. Baie ja...

‘n Evangelie van Teenstrydighede? 09.05.2024

Send us Fan Mail 2 Korintiërs 5:21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.  Weet jy daar is tye, wanneer die goeie nuus van Jesus glad nie soos goeie nuus voel nie. Hy het immers self vir ons gewaarsku dat om sy dissipel te word, harde werk van ons sal vra. Hoe kan ons dit as goeie nuus bes...

Listen to the God se Woord VARS vir jou Vandag podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.