Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Author
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 11, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
‘n Onaanvaarbare Konsep 07.04.2024 3:10
Send us Fan Mail Romeine 10:9 As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Dit maak nie saak onder watter regeringstelsel jy toevallig leef nie, maar ons het almal vandag die begeerte om vry te wees en om selfbeskikking te ervaar. Ja, ons hou nie daarvan om deur ander mense gesê te word wat om te doen en wat om nie te...
Wanneer Jy In Die Moeilikheid Is 06.04.2024 2:49
Send us Fan Mail Psalm 138:7,8 As die nood my oorval, hou U my in die lewe teen die woede van my vyande in: U strek u hand uit, u regterhand red my. Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie. Daar is tye in ons lewens wanneer die vermoë om met vertroue op die beloftes van God te staan, werklik belangrik...
Die Wat Ons Vooruit Is 05.04.2024 2:45
Send us Fan Mail 2 Timoteus 1:5,6 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos 'n vuur weer moet aanblaas. In hierdie vinnige, tegnologie-gedrewe wêreld waar jy jou aand...
Die Lig wat in jou Hart Skyn 04.04.2024 2:46
Send us Fan Mail Psalm 119:130 Begrip van u woord bring lig; dit gee insig aan die eenvoudige. (NLV) Jy ken daardie gevoel van frustrasie wanneer daar iets is, wat jy net nie mooi kan verstaan nie. Iets wat jy weet net nie heeltemal reg is nie, en die oplossing van die probleem ontwyk jou geheel en al. En dan skielik op ‘n dag maak dit sin - dit is asof … ‘n lig aangeskakel het. 'n Jong pred...
Nuusbrief April 2024 04.04.2024 4:43
Send us Fan Mail Download the newsletter here . Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY
Het jy Jou Geskenk Oopgemaak? 03.04.2024 2:43
Send us Fan Mail Handelinge 2:38,39 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.” Stel jou vir 'n oomblik voor dat...
Daar is Krag in hierdie Belofte 02.04.2024 2:49
Send us Fan Mail Handelinge 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Watter doelwit het God aan jou gestel vir jou lewe – die tyd tussen vandag en die dag wanneer jy jou laaste asem uitblaas? Hoekom het Hy jou op hierdie aarde gelos, eerder as o...
Onthou die Belofte 01.04.2024 2:46
Send us Fan Mail Johannes 14:26 en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. In die ou dae was seilskepe die algemeenste vorm van skeepsvervoer. Onverskrokke matrose het met seilskepe die aardbol deurkruis en groot oseane oorgesteek om nuwe wêrelde te ontdek. Hulle was aangedryf deur een din...
Laat die Lewe Begin! 31.03.2024 3:08
Send us Fan Mail 1 Petrus 1:3 Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. (NLV) Christus het opgestaan! Hy het waarlik opgestaan! 'n Refrein van Christene deur die eeue. &ap...
Heeltemal Verslaan, Maar Tog… 30.03.2024 2:52
Send us Fan Mail Psalm 149:4 Die Here se kinders gee Hom groot plesier. Mense sonder status en belangrikheid behandel Hy soos konings wanneer Hy hulle help. (DB) Paas-Saterdag. Is dit ‘n noemenswaardige dag? Dit is ‘n soort van ‘tussen-in-dag’ tussen die verskriklike gebeure van Goeie Vrydag en die skouspelagtige, wonderlike gebeure van Opstandingsondag. Wat dink jy het die dissipels op daardie e...
Hy het dit Vir Jou Gedoen 29.03.2024 2:59
Send us Fan Mail 1 Petrus 3:18 Ons moenie dink dis net ons wat onverdiend ly nie. Ook Christus het só gely toe Hy eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het. Hy het nooit enige sonde gedoen nie; tog het Hy vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom. Wat sy liggaam betref, het Hy gesterf, maar wat sy gees betref, is Hy lewend gemaak. (NLV) Wel, hier is ons. Dis die dag wat ons “Goeie V...
‘n Groot Belofte 28.03.2024 2:55
Send us Fan Mail Johannes 14:12 “Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan. Jesus het dinge gesê en gedoen wat heeltemal "onortodoks," en absoluut onverwags was. Ons staan dikwels in verwondering wanneer ons in die Evangelies van sy lewe lees. Oor die afgelope paar dae het ons gesien...
Maar dan Struikel Jy 27.03.2024 2:46
Send us Fan Mail Johannes 18:25-27 Simon Petrus was nog besig om hom te staan en warm maak toe iemand vir hom sê: “Is jy nie tog ook een van sy dissipels nie?” Hy het dit heftig ontken en gesê: “Nee, ek is nie!” Een van die hoofpriester se slawe, verwant aan dié een wie se oor Petrus afgekap het, vra toe: “Het ek jou nie ook in die tuin saam met hom gesien nie?” Petrus het dit weer ’n keer heftig...
Ten Spyte van jou Beste Voornemens 26.03.2024 2:49
Send us Fan Mail Johannes 13:36-38 Simon Petrus vra Hom: “Here, waarheen gaan U?” Jesus het geantwoord: “Waarheen Ek gaan, kan jy My nie nou volg nie, maar later sal jy My wel volg. ”Petrus sê toe vir Jesus: “Here, waarom kan ek U nie nou reeds volg nie? Ek sal my lewe ter wille van U opoffer.” “Sal jy regtig jou lewe ter wille van My opoffer?” vra Jesus. “Ek verseker jou, voordat die haan môre-og...
Daardie Diepgewortelde Skuldgevoel 25.03.2024 2:52
Send us Fan Mail Romeine 3:23,24 Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het – en dit sonder enige verdienste van ons kant. (NLV) Ons het elkeen herkenbare eienskappe wat natuurlik daar is, omdat dit in ons DNA geënkodeer en van geslag tot geslag oorge...
Wanneer die Heilige Gees ons Verlaat 24.03.2024 2:56
Send us Fan Mail 2 Korintiërs 3:6 Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van 'n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend. Sê my, wat is die verskil tussen om die reëls te volg en om Jesus te volg? Hoekom kan ons nie eers die padreëls gehoorsaam nie, en tog verander alles wanneer ons Jesus volg?...
Wette Los nie Probleme Op Nie 23.03.2024 2:36
Send us Fan Mail Romeine 8:3,4 Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natu...
Die Definisie van Mislukking 22.03.2024 3:08
Send us Fan Mail Lukas 12:20,21 Maar God het vir hom gesê: ‘Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het?’ So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie.” Het jy al ooit hard gewerk en baie opgeoffer om iets te bereik, maar toe jy uiteindelik suksesvol is, het jy ontdek dat dit leeg, en hol voel, dat dit gla...
‘n Plan Vir Môre 21.03.2024 3:01
Send us Fan Mail Lukas 12:16-19 Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: “'n Ryk man se grond het goed gedra. Hy het toe by homself gedink: wat moet ek doen? Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie. Toe besluit hy: dit sal ek doen: Ek sal my skure afbreek en groter bou. Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar. Dan sal ek vir myself sê: ‘Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir...
Heeltemal Waardeloos 20.03.2024 2:51
Send us Fan Mail Lukas 9:25,26 “Wat help dit 'n mens as hy die hele wêreld as wins verkry, maar homself verloor of te gronde gaan? Elkeen wat hom vir My en my woorde skaam, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom, beklee met sy heerlikheid en die heerlikheid van die Vader en van die heilige engele. Die aanloklikheid van al die dinge wat geld kan koop, word by die dag grote...
Dinge Wat Jesus Nooit Gesê Het Nie 19.03.2024 2:48
Send us Fan Mail Lukas 9:23,24 Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, sal dit behou. Die storie waarmee die wêreld ons deesdae wil indoktrineer, gaan basies so: leef 'n goeie lewe en wees gelukkig. Dit klink nogal...
‘n Weerspieëling van Jou Geloof 18.03.2024 3:02
Send us Fan Mail 2 Korintiërs 3:17,18 Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. Ons geloof, jou...
Jou Getuigskrif 17.03.2024 2:48
Send us Fan Mail 1 Johannes 3:17,18 Iemand wat ryk is aan aardse lewensmiddele en sy broer of suster sien gebrek ly, maar weier om ’n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon? Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings.(NLV) Kan ek jou gou ‘n vraag vra: hoe ryk is jy? Want...
Die Rykdom van sy Heerlikheid 16.03.2024 2:55
Send us Fan Mail Filippense 4:19 Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het. (NLV) In 'n wêreld wat al hoe meer welvarend word, word dit vir ons moeiliker en moeiliker om 'n grens tussen ons behoeftes en ons begeertes te trek. Ja, en ons raak so maklik deurmekaar met die twee wanneer ons bid. Waar ek woon,...
Vervulling vir Jou Siel 15.03.2024 3:05
Send us Fan Mail Psalm 63:6-9 U versadig my meer as die rykste kos. Met vreugdeliedere sal ek U loof. As ek op my bed lê en aan U dink, oor U nadink in die nag, onthou ek hoe U my gehelp het. Dan wil ek sing in die skaduwee van u vleuels. Ek is aan U verbind u regterhand hou my staande. (NLV) Tevredenheid. Bevrediging. Vervulling. Daardie drie woorde spreek van volledigheid, van welstand, van die...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.