Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

God se Woord VARS vir jou Vandag

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

Author

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Category

Religion

Podcast website

christianityworks.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Sy Verlossingsplan 07.12.2023

Send us Fan Mail Sefanja 3:16,17 Daardie dag sal vir Jerusalem gesê word: “Moenie bang wees nie, Sion! Moenie moedeloos word nie. Die Here jou God is by julle. Hy is ’n magtige Verlosser. Hy is buitengewoon bly oor julle. Sy liefde sal julle rustig maak. Met uitroepe van vreugde sal Hy oor julle jubel.” (NLV) Wanneer ons deur ‘n swaar tyd gaan . . . dan begin ons moeilike vrae vra. Het ek te ver a...

Swaard Met Twee Snykante 06.12.2023

Send us Fan Mail Spreuke 10:2-4 Goed wat deur onreg bekom is, bring geen voordeel nie; om te lewe volgens die wil van God, red 'n mens van die dood. Die Here laat die mens wat reg doen, nie honger ly nie, die Here laat die begeerte van dié wat verkeerd doen, nie bevredig word nie. ‘n Mens wat nie sy hande uit sy mou steek nie, word arm; dit is vlyt wat ryk maak.  Elke goeie ding kan maklik in...

Maak Kinders Groot om Veerkragtig te Wees 05.12.2023

Send us Fan Mail Spreuke 23:13 Moenie huiwer om 'n kind te straf nie, want as jy hom slaan, red jy sy lewe.  Die ou Bybelse spreekwoord dat diegene wat die roede spaar, die kind bederf, word deesdae as polities nie korrek beskou nie. En, ja, daar is baie beter maniere om ons kinders te dissiplineer as om hulle te slaan. Maar ons moet hulle dissiplineer. Ons moet! Ek het tydens my leeftyd ‘n a...

Die Vryheid Paradoks 04.12.2023

Send us Fan Mail Galasiërs 5:13 Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde.  Vryheid is iets waarna ons almal smag. Vryheid van dié dinge wat ons moedeloos maak; ons laste, ons verantwoordelikhede; en wat van moeilike verhoudings! Ja-nee, ons wil vry wees daarvan. En dit is glad nie snaaks n...

Die Doelgerigte Dissipel 03.12.2023

Send us Fan Mail Lukas 14:25-27 ‘n Groot menigte het saam met Jesus gereis. Hy draai toe om en sê vir hulle: “As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe. Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie.  Die woord “gelykheid” word d...

‘n Verkeerde Beeld van God 02.12.2023

Send us Fan Mail Galasiërs 3:26,27 Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword.  In hierdie wêreld, vol luukse goedere soos handsakke, skoene, klere, ensovoorts, is daar 'n massiewe en groeiende bedryf wat bestaan uit die vervaardiging en smokkel van nagemaakte produkte....

‘n Wêreld Buite Beheer 01.12.2023

Send us Fan Mail Jesaja 40:22-25 God het sy troon bokant die hemelkoepel, die aardbewoners is vir Hom soos sprinkane. Hy span die hemel oop soos 'n tentdoek, oop soos 'n tent vir die mense om onder te woon. Hy maak die vername mense tot niks, die heersers van die wêreld asof hulle nie bestaan nie. Skaars is hulle geplant, skaars is hulle gesaai, skaars het hulle wortelgeskiet, of Hy blaa...

Blaffende Honde 30.11.2023

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 2:1-5 Broers en susters, toe ek destyds vir die eerste keer na julle toe gekom het, het ek nie ’n stortvloed woorde of indrukwekkende wysheid gebruik om aan julle God se groot geheim, naamlik die Goeie Nuus, te verkondig nie. Want ek het besluit om as ek by julle is, net op Jesus Christus te konsentreer en veral op sy kruisdood. Ek het na julle gekom in swakheid – ang...

Vriende Soos Dié 29.11.2023

Send us Fan Mail Lukas 5:17-20 Op een van dié dae, terwyl Jesus besig was om die mense te leer, het daar ook Fariseërs en leermeesters van die wet van Moses gesit wat van oral af uit die dorpe van Galilea en Judea en selfs uit Jerusalem gekom het. En die Here het vir Jesus die krag gegee om mense gesond te maak. Onverwags kom daar mense met 'n verlamde man op 'n draagbaar aan, en hulle p...

Weier om ‘n Alledaagse Lewe te Lei 28.11.2023

Send us Fan Mail Johannes 1: 12,13 Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore.  Dit is 'n groot stap - 'n baie groot besluit om in Jesus te glo: Om vir eens en vir altyd te aanvaar dat Hy is w...

Die Waarheid Geopenbaar 27.11.2023

Send us Fan Mail Johannes 14:8-11 Toe sê Filippus vir Hom: “Here, wys vir ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.” En Jesus sê vir hom: “Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: ‘Wys vir ons die Vader’? Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom...

Geen Stomp Voorwerpe 26.11.2023

Send us Fan Mail Johannes 14:5-7 Tomas sê toe vir Hom: “Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die weg daarheen ken?” Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.”  “Waarheid” is 'n interessante konsep. Dit het ni...

Die Wapenrusting 25.11.2023

Send us Fan Mail Romeine 13:12-14 Die nag is byna verby; dit is amper dag. Laat ons dan ophou met die werke van die duisternis; laat ons die wapens van die lig opneem. Ons moet welvoeglik lewe soos dit in die daglig hoort. Daar moet geen drinkery en uitspattigheid, geen ontug en onsedelikheid, geen rusie en jaloesie wees nie. Nee, julle moet lewe soos volgelinge van die Here Jesus Christus en nie...

Lang Dae, Kort Jare 24.11.2023

Send us Fan Mail Romeine13:10,11 Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet. En dit alles is nodig omdat julle weet hoe laat dit al is. Die uur is reeds daar dat julle uit die slaap moet wakker word, want die tyd van ons finale verlossing is nou nader as toe ons tot die geloof gekom het.  Terwyl die gemiddelde lewensduur van ‘n gemiddelde p...

Maklik Mislei 23.11.2023

Send us Fan Mail Efesiërs 6:17 … Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.  Ek wil jou vandag met ‘n interessante idee konfronteer en vra wat jy dink. Hier is dit: Enige Christen wat nie besef dat hy op 'n geestelike slagveld lewe nie, mislei homself. Nouja, wat het jy gedink? Het jy saamgestem of gedink: "Nee wat, dis mal, dis die gevaarlike fun...

Gevoelens of Waardes? 22.11.2023

Send us Fan Mail Spreuke 11:3 Die opregtheid van eerlike mense bepaal hulle koers; die valsheid van onbetroubares bring hulle ondergang  Ons emosies is 'n groot deel – nee, 'n massiewe deel - van wie ons is. Jy kan nie en mag nie jou emosies ignoreer nie. Maar onthou net dat hulle jou maklik op 'n dwaalspoor kan lei. Die nasies van hierdie wêreld val in een van twee kategorieë; die...

Wraak of Restourasie? 21.11.2023

Send us Fan Mail Matteus 18:15 “As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen.  Dink aan die laaste keer wat jy beledig, verontwaardig en verneder gevoel het. Ja, ek weet daar is baie verskillende oorsake. Soms is jy net in 'n slegte bui en dan kan die kleinste dingetjie jou ontwrig. Wat ook al d...

Hanteer Kritiek Korrek 20.11.2023

Send us Fan Mail Spreuke 15: 32,33 Wie goedbedoelde raad ignoreer, doen skade aan homself. Iemand wat hom laat reghelp, ontwikkel sy insig. Om respek vir die Here te hê, leer ’n mens wysheid. Nederigheid kom eerste, daarna volg eer. (NLV)  Veerkragtigheid is iets wat ons by ons kinders moet inskerp om hulle voor te berei vir ‘n lewe wat volop uitdagings bied. Maar hoe veerkragtig is ons? Hoe goed...

Lewe ‘n Vervulde Lewe 19.11.2023

Send us Fan Mail Efesiërs 3:16-19 Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy...

‘n Ambassadeur se Wysheid 18.11.2023

Send us Fan Mail Kolossense 4:5,6 Tree met wysheid op teenoor die mense wat nog buite die gemeente is. Maak die beste gebruik van elke geleentheid. Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord.  Daar was nog altyd, en ek vermoed daar sal altyd 'n aansienlike mate van wrywing bestaan tussen mense van geloof en ongel...

Veranderende Waardes 17.11.2023

Send us Fan Mail 1 Johannes 2:15-17 Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie. Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld. En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die...

Lyding wat Jou Hart wil Breek 16.11.2023

Send us Fan Mail 1 Petrus 5:10 God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle 'n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak.  Lyding is een van daardie onverklaarbare dinge in die lewe wat jou geloof maklik kan vernietig. Hoe kan 'n liefdevolle God toelaat dat ek so swa...

Vir Wie Sal God Sterk Maak? 15.11.2023

Send us Fan Mail 2 Kronieke 16:9 Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou. Maar nou het jy dwaas opgetree en daarom sal jy van nou af oorlog hê.  Een van die dinge wat ek van God bewonder, is sy begeerte om ons te help; om ons krag te gee wanneer ons swak is; om ons deur situasies te help wat ons nie op ons eie kan baasraak nie. Ek hou daarv...

Dié wat Jou Beledig 14.11.2023

Send us Fan Mail Spreuke 12:16 ‘n Dwaas wys dadelik dat hy beledig voel; 'n verstandige mens laat nie blyk dat hy gekrenk is nie.  Dit lyk vir my asof daar feitlik elke dag iemand daar buite is wat ‘n mens wil beledig; jou aanstoot wil gee - hetsy direk, persoonlik, of net deur daarop aan te dring dat jy aan hulle idees en hulle norme moet voldoen. Het jy dit ook opgemerk? Baie – nie almal ni...

Aan die Anderkant 13.11.2023

Send us Fan Mail Johannes 14:1-3 “Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.  Was jy al ooit net ef...

Listen to the God se Woord VARS vir jou Vandag podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.