Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Author
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 11, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Die Duurste Prys 15.06.2024 2:37
Send us Fan Mail Romeine 12:1 Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. (NLV) Die sentrale boodskap van die Evangelie – die 'Goeie Nuus'– is dat Jesus,...
‘n Nuwe Manier om te Dink 14.06.2024 2:49
Send us Fan Mail Romeine 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. Kan ek jou vra: wat oorheers jou gedagtes? Waaraan dink jy onwillekeurig weer en weer? Jy sal met ‘n skok besef wat die antwoord van so ‘n onthullende oe...
Beheer Jou Gedagtes 13.06.2024 3:04
Send us Fan Mail Spreuke 9:10 Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig. Vrees is 'n emosie wat niemand geniet nie. Beslis nie! Trouens, as dit van ons afhang, sou ons dit vir die res van ons lewe heeltemal vermy. Maar soms lei ons gedagtes en emosies ons direk in vrees se kloue in. Daar is soveel idees, opinies en gelowe wat deesdae die ronde doen – bai...
Wanneer moet jy Optree? 12.06.2024 2:49
Send us Fan Mail Josua 1:10,11 Josua het die leiers van die volk beveel: “Gaan deur die kamp en sê vir die mense om padkos reg te kry. Oor drie dae gaan julle deur die Jordaan trek om die land wat die Here julle God vir julle gee, in ontvangs te neem.” (NLV) Wanneer moeilike emosies soos vrees en ontsteltenis ons beetpak, is ons geneig om te versteen. Soos 'n bok wat verblind is deur ‘n skie...
Hoe om Vrees en Moedeloosheid te Oorwin 11.06.2024 2:52
Send us Fan Mail Josua 1:9 Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.” Het jy al opgelet wat met jou emosies gebeur wanneer dinge skeefloop? Die tye wanneer omstandighede baie sleg lyk en wanneer die donker wolke om ons saampak en ‘n massiewe storm vorm, wat dreig om ons te vernietig. Ja,...
Meer as wat Jy Jou Kan Indink 10.06.2024 3:05
Send us Fan Mail Efesiërs 3:20,21 Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. Die kerk wat aan Christus Jesus verbind is, moet Hom prys deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid! Amen. (NLV) Voel jy ooit … magteloos met alles wat in jou hart en verstand aangaan? Moedeloos met alles wat in jou lewe aangaan? Moe...
Begryp die Onbegryplike 09.06.2024 3:14
Send us Fan Mail Efesiërs 3:18,19 Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. Kyk jy ooit op na die uitgestrektheid van die naghemel en verwonder jy jou aan die ontelbare sterre daar bo? En ons w...
Hierdie Is Vir Jou 08.06.2024 2:42
Send us Fan Mail Efesiërs 3:17 dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Dis naweek – hoera! Hopelik is dit vir jou ook geleentheid vir 'n ruskansie. Maar op hierdie rusdag is daar iets wat ek graag met jou wil deel. Dit is vir my ‘n seën en enorme voorreg om saam met jou en baie ander mense dwarsdeur die wêreld oor die d...
As ons maar net … 07.06.2024 3:02
Send us Fan Mail Jesaja 48:17,18 So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan. As jy maar aan my gebooie gehoorsaam was, sou daar voorspoed en redding vir jou gekom het, so onkeerbaar soos ‘n rivier, soos die golwe van die see. Ons moet elke dag baie besluite neem. Ons moet besluit of ons...
Verootmoedig Jouself Voor God 06.06.2024 2:59
Send us Fan Mail Filipense 2:10,11 Só sal by die noem van Jesus se heerlike Naam elke knie in die hemel en op die aarde en onder die aarde buig, en elke tong sal bely: “Jesus Christus is Here!” En só sal God die Vader verheerlik word! (NLK) Elke nou en dan praat God deur die een of ander skynbaar onbenullige gebeurtenis met ons. Dit kan ‘n piepklein dingetjie wees, maar sy boodskap kom op ‘n magt...
Moenie Vergeet Om die Here Te Prys Nie 05.06.2024 2:52
Send us Fan Mail Psalm 96:1-4 Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde! Sing tot eer van die Here, prys sy Naam, verkondig elke dag sy reddingsdade! Vertel die nasies van sy mag, al die volke van sy magtige dade. Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode. Ons gevoelens wissel tussen positief en negatief. Wanneer alles...
Jy Kan Op Hom Vertrou 04.06.2024 2:55
Send us Fan Mail Psalm 37:5-9 Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag. Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van 'n skelm nie. Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende. Die skel...
Trap Versigtig 03.06.2024 2:53
Send us Fan Mail Psalm 37:1-4 Moenie jou vererg oor boosdoeners nie. Moenie die kwaaddoeners beny nie. Want soos gras verlep hulle gou. Soos plante verdroog hulle vinnig. Vertrou op die Here en doen wat goed is. Woon in die land en geniet veiligheid. Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee. (NLV) Elke nou en dan gebeur dinge wat ons laat reageer – goeie dinge en slegte ding...
Ondersoek God se Woord 02.06.2024 2:58
Send us Fan Mail Hebreërs 4:12,13 Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee. Het jy al...
Goeie Teologie is nie Genoeg nie 01.06.2024 3:04
Send us Fan Mail Matteus 23:23,24 “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle gee tiendes van kruisement, anys en koljander, maar wat volgens die wet van God die swaarste weeg, laat julle na: geregtigheid, barmhartigheid en betroubaarheid. Juis hierdie dinge moet 'n mens doen en die ander nie nalaat nie. Blinde leiers! Julle skep die muggie uit julle beker uit, maar...
Wonderlike Goeie Nuus 31.05.2024 2:56
Send us Fan Mail Romeine 8:3,4 Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natu...
Liefde is Nooit Oorbodig Nie 30.05.2024 2:53
Send us Fan Mail Matteus 27:27-31 Daarna vat die soldate van die goewerneur vir Jesus in die ampswoning in en bring die hele leërafdeling rondom Hom bymekaar. 28Hulle trek toe sy klere uit en gooi Hom 'n pers mantel om. Hulle vleg 'n doringkroon en sit dit op sy kop en gee Hom 'n stok in sy regterhand. Toe bespot hulle Hom deur voor Hom te buig en te sê: “Ons groet u, Koning van die...
Wanneer Veiligheid Oorskat Word 29.05.2024 2:42
Send us Fan Mail 1 Korintiërs 15:30-32 En waarom sal ons ons lewens uur na uur in gevaar stel? Dag na dag verkeer ons op die randjie van die dood. Dit is die absolute waarheid, broers en susters, net so seker as dat julle ons trots is oor wat Christus Jesus ons Here vir julle gedoen het. Verder, waarom sou ek as’t ware met wilde diere in Efese geveg het as dit alles verniet was? As daar geen opwek...
Moenie Aanstoot Neem Nie 28.05.2024 3:07
Send us Fan Mail Galasiërs 6:2,3 Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet. Julle weet dat mense wat baie van hulleself dink, terwyl hulle niks is nie, hulleself bedrieg. (NLV) Wanneer iemand verkeerd teenoor jou optree, is dit so maklik om aanstoot te neem. Trouens, in 'n wêreld wat al hoe meer oorheers word deur 'n gevoel van selfgeregtigheid,...
Die Definisie van Skynheiligheid 27.05.2024 2:55
Send us Fan Mail 1 Johannes 4:19-21 Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy 'n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê. Kom ons erken dit, om ander mense lief t...
Wees Versigtig Hoe Jy Leef 26.05.2024 2:48
Send us Fan Mail Efesiërs 5:15-17 Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen. Ons het net een lewe om op hierdie aarde te leef en die dae flits so vinnig verby....
Die Wêreld het Genoeg Kritici 25.05.2024 2:46
Send us Fan Mail Efesiërs 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (NLV) Kritiek en konflik is deesdae hoogmode in die normale domein. Dit kom oral voor: in die politiek, in die ideologie, die sosiale sfeer en ook in die geloofslewe. Dit voel asof mense daarop uit is om alles en almal te kritiseer. En dit i...
Wat God Regtig van Jou Wil Hê 24.05.2024 3:07
Send us Fan Mail Amos 5:21-24 Ek hou glad nie van hierdie feeste wat julle vir My hou nie. Ek het hoegenaamd geen plesier daarin wanneer julle bymekaarkom om tot My te bid nie. “Ek het niks daaraan wanneer julle vir My offers op die altaar brand of graan vir My kom aanbied nie. Ek sien dit nie eens raak wanneer julle offers bring wat julle saam met My wil eet nie. Dit roer My nie eens as julle die...
Selfs Wanneer Jy Oud Word … 23.05.2024 2:58
Send us Fan Mail Psalm 92:13-16 Maar regverdiges sal blom soos ’n palmboom, en welig groei soos ’n seder van die Libanon. Geplant in die Here se huis, groei hulle weelderig in die voorhowe van ons God. Al is hulle oud, sal hulle steeds vrugte dra hulle is vars en lewenskragtig. Hulle sal sê: Die Here is regverdig. Hy is my rots. By Hom is daar geen onreg nie.” (NLV) Een van die groot tragedies wa...
Iets om te Onthou 22.05.2024 2:36
Send us Fan Mail Psalm 16:7,8 Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het; selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer. Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie. Ons voel dikwels heeltemal alleen wanneer ons teëspoed in die gesig staar; die een of ander stryd voer; of in een of ander gemors vasgevang is. Ons ís dalk nie alleen nie, maar dit is h...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.