Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Author
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 11, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Wanneer Jou Broek Bewe 10.07.2024 3:08
Send us Fan Mail Psalm 18:3 Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting. Vrees is ‘n emosie wat baie meer algemeen, baie meer wydverspreid, baie meer pandemies voorkom, as wat ons dalk dink. Ja, my vriend, dit is nie net jy nie! Vrees kan enige tyd toeslaan, veral in die lig van onverwagte teëspoed. Tydens ons w...
Beoordeel Jou Dade 09.07.2024 3:04
Send us Fan Mail Johannes 3:20,21 Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie. Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.” As ek op 'n radioprogram 'n onderhoud met jou kon voer en jou vra om met die gehoor, dié een...
Wag Anders 08.07.2024 3:22
Send us Fan Mail Psalm 27:13,14 Tog is ek daarvan oortuig: Die Here se goedheid sal ek sien hier in die land van die lewendes. Vertrou op die Here! Wees sterk en skep moed! Ja, vertrou op die Here! (NLV) Is dit vir jou lekker om te sit en wag dat dinge gebeur? Iets goeds, iets belangriks, iets waarna jy uitgesien het, iets wat moet gebeur; of indien dit nie gebeur nie, dit groot probleme kan vero...
Loof Hom 07.07.2024 3:15
Send us Fan Mail Psalm 150:1-6 1 Prys die Here! Prys God in sy heiligdom, prys Hom hier onder sy magtige hemelgewelf! Prys Hom oor sy kragtige dade, prys Hom in sy magtige grootheid! Prys Hom met die ramshoring, prys Hom met harp en lier! Prys Hom met tamboeryn en koordanse, prys Hom met snaarinstrumente en fluite! Prys Hom met simbale, prys Hom met galmende simbale! Laat alles wat asemhaal, die H...
Neem jou Sabbatsrus 06.07.2024 3:06
Send us Fan Mail Markus 2:27,28 Toe sê Hy vir hulle: “Die Sabbat is daar ter wille van die mens – nie die mens ter wille van die Sabbat nie. 28Daarom het Ek, die Seun van die Mens, seggenskap ook oor die Sabbat.” Welkom by Saterdag, die dag waarop God sy volk beveel het om te rus. Die sabbat, of Shabbat in Hebreeus, duur van sononder Vrydag tot sononder Saterdag. Daardie woord, Shabbat, word ge...
Hou aan Bid 05.07.2024 3:05
Send us Fan Mail Lukas 18:6,7 Toe sê die Here: “Hoor wat sê die onregverdige regter. Sal God dan nie aan sy uitverkorenes, wat dag en nag tot Hom roep, reg doen nie? Sal Hy hulle lank laat wag? Ek sê vir julle: Hy sal hulle help, en gou ook! Voel jy ooit asof die antwoorde wat jy nodig het, net nie kom nie; dat die deurbraak wat jy so broodnodig het, weerhou word; dat God óf nie luister nie, óf n...
Dis Nie Jy Net Nie! 04.07.2024 3:10
Send us Fan Mail 1 Kronieke 16:11,12 Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid. Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het, aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel, Wanneer ons net mooi genoeg gehad het, wil ons moed verloor. Die tydstip wanneer ons krag faal; ons oë dof word; ons hande swak word en ons entoesiasme om dít te doen waarvoor God ons ge...
Kom steeds Nader aan God 03.07.2024 3:04
Send us Fan Mail Psalm 9:10,11 Vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here 'n toevlug, 'n skuilplek in tye van nood. Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U, want U, Here, laat dié wat vra na u wil, nie in die steek nie. Ek verstaan; jy is elke dag besig om jouself oorhoeks te werk, om ‘n regte ou werkesel te wees, om 'n goeie lewe te probeer lei; om te probeer om aan almal...
Doen wat Jy Kan 02.07.2024 3:20
Send us Fan Mail Esra 10:4,5 Die saak is in u hande. Ons ondersteun u. Staan op, pak dit aan en doen dit.” Esra het toe opgestaan en die leiers van die priesters en die Leviete en ook die hele Israel 'n eed laat aflê dat hulle dit sou doen. Hulle het die eed afgelê Wanneer dinge heeltemal skeefloop, wanneer jy teenkanting in die gesig staar, wanneer dit seer maak, wanneer jy bang en verslae v...
Soveel Ellende 01.07.2024 3:06
Send us Fan Mail 2 Kronieke 30:9 As julle terugkom na die Here toe, sal julle broers en julle seuns medelye vind by dié wat hulle gevange weggevoer het en sal hulle na hierdie land toe terugkom. Die Here julle God is genadig en barmhartig. Hy sal nie afsydig staan as julle na Hom toe terugkom nie.” Weet jy wat my opval van hierdie tyd waarin ons leef? Daar is soveel ellende in die lewens van so b...
Leer My 30.06.2024 3:02
Send us Fan Mail Psalm 143:10 Leer my om u wil te doen, want U is my God! Laat u goeie Gees my op 'n gelyk pad lei. Een van die duidelikste eienskappe van nederigheid wat enigeen van ons ooit kan hê, is 'n leerbare gees. Trouens daarsonder kan jy nooit werklik 'n nederige lewe lei nie. Nederigheid is 'n ongelooflike mooi ding, veral by talentvolle of invloedryke mense. Ons vin...
Hoe Jy Deur Die Lewe Reis 29.06.2024 2:48
Send us Fan Mail 2 Timoteus 1:7 Want God het ons nie ’n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. (NLV) Hoe ver beweeg jy elke dag? Miskien pendel jy werk toe en terug. Miskien gaan jy ook uit om te draf of te stap. Elke nou en dan gaan jy dalk op 'n langer reis. Dink ‘n bietjie: hoe ver beweeg jy gemiddeld elke dag? Volgens 'n onlangse artikel in die BB...
Goeie Nuus, Slegte Nuus 28.06.2024 2:36
Send us Fan Mail Handelinge 17:30,31 God het wel mense se vroeëre onkunde oorgesien, maar nou roep Hy alle mense oral op om die afgode te los en hulle tot Hom te bekeer. Hy het immers ’n dag bepaal waarop ’n Man wat Hy beskik het, in geregtigheid oor die wêreld gaan oordeel. As bewys vir almal wie dié Man is, het Hy Hom uit die dood laat opstaan.” (NLV) Wel, vandag is daar goeie nuus en daar is s...
Skynheiligheid en Selfbedrog 27.06.2024 2:56
Send us Fan Mail Matteus 5:14-16 Julle is die lig wat die wêreld moet verlig. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan mos nie weggesteek word nie! ’n Mens steek ook nie ’n lamp op en maak dit onder ’n emmer toe nie. Inteendeel! Jy sit dit bo-op ’n lampstaander. Dan maak dit lig vir almal in die huis. “Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle ’n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien...
Ignoreer Kultuur 26.06.2024 3:14
Send us Fan Mail Matteus 4:17 Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” Myns insiens is die heel beste soort humor die soort wat jou laat lag maar ook stof tot nadenke bied; die soort wat snaaks is, maar terselfdertyd so na aan die waarheid kom dat dit jou tot in jou diepste wese skud. Ek het onlangs daardie einste soort humor in &a...
Die Mees Radikale Oplossing 25.06.2024 2:52
Send us Fan Mail Lukas 6:27-31 Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word; seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word. As iemand jou op die een wang slaan, bied hom ook die ander een aan. En vir iemand wat jou boklere vat, moet jy ook jou onderklere nie weier nie....
Jou Blik Op die Ewigheid 24.06.2024 2:31
Send us Fan Mail Openbaring 7:9,10 Hierna het ek 'n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande. Hulle het hard uitgeroep: “Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!” Het jy al ooit gewens dat jy 'n blik...
Moed Bring Vrede 23.06.2024 3:11
Send us Fan Mail Johannes 16:31-33 Daarop sê Jesus vir hulle: “Glo julle nou? Kyk, daar kom 'n tyd, en dit is nou al hier, dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen sy eie koers in, en dat julle My alleen sal laat; en tog is Ek nie alleen nie, omdat die Vader by My is. Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wê...
Hoe Belangrik Is Geloof? 22.06.2024 2:49
Send us Fan Mail Hebreërs 11:6 As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon. Die werklike stryd wat ons vandag in die gesig staar, vereis werklike geloof - aktiewe geloof. Geloof wat ook na vore kom wanneer dit moeilik gaan. Geloof wat ons help om die wêreld te oorwin. Het jy al ooit gewonder h...
Geloof Wat die Wêreld Oorwin 21.06.2024 3:16
Send us Fan Mail Hebreërs 11:29-34 Omdat die Israeliete geglo het, het hulle deur die Rooisee getrek soos oor droë grond, terwyl die Egiptenaars verdrink het toe hulle dit ook probeer doen het. Omdat die Israeliete geglo het, het die mure van Jerigo geval nadat hulle sewe dae daaromheen getrek het. Omdat Ragab, die prostituut, geglo het, het sy die verkenners vriendelik ontvang en het sy nie omgek...
Waar is Jou Vestings? 20.06.2024 3:01
Send us Fan Mail 2 Korintiërs 10:3-5 Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit...
Oorkom Struikelblokke 19.06.2024 3:02
Send us Fan Mail Romeine 8:35-37 Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. Ek is redelik seker dat ons almal met die te...
Geloof Wat Oorwin 18.06.2024 2:48
Send us Fan Mail 1 Johannes 5:3-5 Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie, want enigeen wat 'n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof. Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? Waarom laat G...
Reddende Geloof 17.06.2024 2:59
Send us Fan Mail Efesiërs 2:8,9 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie Geloof is 'n wonderlike gawe om te hê, veral as ons geloof in iets of iemand is wat nooit sal misluk nie. Maar hoe goed hou jou gelo...
‘n Ander Perspektief 16.06.2024 3:04
Send us Fan Mail 1 Petrus 1:24,25 Die Skrif sê: “Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom; die gras verdor en die blom val af maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.” En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is. Dit word al hoe moeiliker vir enigiemand wat in Jesus glo, om aan te hou glo wat in die Bybel staan. Stem jy saam? Miskien dink jy soos so baie m...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.