Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Author
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 11, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Untitled Episode 04.08.2024 3:08
Send us Fan Mail 1 Kronieke 28:10 En jy, Salomo... Besef nou dat die Here jou gekies het om 'n gebou as heiligdom op te rig. Pak nou die werk aan en doen dit!” Ons het almal hoop en drome. Eendag droom ons hieroor … en dan daaroor… En dit is 'n goeie ding. 'n Baie goeie ding. God werk kragtig deur daardie drome van ons. Maar eendag word dit tyd om hand aan die ploeg te slaan. Dit i...
Untitled Episode 03.08.2024 2:40
Send us Fan Mail 1 Kronieke 28:9 En jy, Salomo, my seun, jy moet die God van jou vader ken en Hom dien met jou hele hart en met 'n gewillige gemoed, want die Here ondersoek alle harte en ken die bedoeling van elke gedagte. As jy na Hom vra, sal Hy Hom deur jou laat vind, maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verwerp. Het jy al ooit beleef hoe iemand iets teen sy sin vir jou doen? Dit...
Jou Krag Kom van die Here 02.08.2024 3:10
Send us Fan Mail Psalm 62:11,12 Moenie vertrou op afpersing of valslik trots wees op rowery nie. En as jou rykdom vermeerder, moenie dat jou lewe daarom draai nie. God het duidelik gepraat, ek het dit telkens gehoor: die mag behoort aan God, (NLV) Daar is tye in die lewe wanneer dit, ten spyte van ons beste pogings, met baie energie en toewyding van ons kant af, lyk asof dinge net nie wil uitwerk...
Moenie Gevang Word Nie 01.08.2024 3:07
Send us Fan Mail Spreuke 29:25 As jy vir mense bang is, kan jy in 'n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig. Jy weet hoe ‘n angswekkende ervaring dit is om iewers vasgevang te wees! Stel jou voor dat jy vasgevang is in die kajuit van 'n sinkende skip. Stel jou voor dat jy iewers ondergronds vasgevang is. Stel jou voor … Nou nie ’n baie vrolike gedagte nie,...
As Jy Twyfel 31.07.2024 2:59
Send us Fan Mail Klaagliedere 3:22-24 Deur die Here se troue liefde is ons nie doodgemaak nie. Hy hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Ek sê vir myself: “My lewe behoort aan die Here. Daarom vertrou ek op Hom.” (NLV) Sal jy vandag saam met my terugreis in tyd? Onthou jy daardie onverwagte kinkels e...
Die Onsin van die Kruis 30.07.2024 2:55
Send us Fan Mail 1 Korintiërs 1:18,19 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.” Kan ek jou vandag ‘n bietjie vra: hoe slim is jy? En terwyl jy terugdink aan jou lewe: hoe lyk jou...
Hou op om te Argumenteer 29.07.2024 2:59
Send us Fan Mail 1 Korintiërs 1:10-13 En nou, broers en susters, pleit ek by julle in die Naam van ons Here Jesus Christus om eendragtig saam te staan – één in julle oortuigings. Daar mag nie groepvorming onder julle wees nie. Julle moet van harte saamstem in julle denke en in julle visie. Lede van die huisgesin van Chloë het aan my vertel, my broers en susters, dat daar allerlei struwelinge onder...
God Is Getrou 28.07.2024 3:14
Send us Fan Mail 1 Korintiërs 1:9 God sal dit beslis vir julle doen, want Hy hou altyd by sy woord. Dit is tog Hý wat julle geroep het om in hierdie wonderlike persoonlike verhouding met sy Seun, Jesus Christus ons Here, te deel. Alhoewel die onderwysstelsel deesdae so baie verander het, geld die konsep van slaag of druip steeds. Jy haal die paal óf jy haal dit nie. Jy slaag en kry daardie stuk p...
Hy Sal Jou Laat Volhard 27.07.2024 2:49
Send us Fan Mail 1 Korintiërs 1:8 Hy sal julle enduit vas laat staan sodat, op die groot dag wanneer ons Here Jesus Christus terugkom, geen vinger na julle gewys sal kan word nie. (NLV) Volharding klink na harde werk, nè? Dis nie iets waarvan ons so baie hou nie, want dit spreek van lyding en beproewing om tot aan die einde deur te druk. Wie het dít nou nodig? Nie jy nie, nie ek nie, of hoe sê ek...
Jy het So Baie Ontvang 26.07.2024 3:07
Send us Fan Mail 1 Korintiërs1:7 Gevolglik ontbreek dit julle aan geen enkele genadegawe nie en sien julle gretig uit na Jesus Christus ons Here se verskyning by sy wederkoms. (NLV) Sommige mense hou vreeslik baie daarvan om geskenke te ontvang - dis hoe hulle gemaak is. Dit is hulle liefdestaal; dit is die manier waarop hulle liefde en toegeneentheid ontvang. Ander mense is nie so erg daaroor ni...
Jy is Geseënd 25.07.2024 2:56
Send us Fan Mail 1 Korintiërs 1:4-6 Ek sê voortdurend vir God dankie vir julle, want Hy het julle, omdat julle met Christus Jesus verenig is, met genade oorlaai. Deur Hom het God julle in elke opsig ryk gemaak – ryk in elke vorm van welsprekendheid en kennis. Op hierdie manier is my boodskap aangaande Christus onder julle bevestig. (NLV) Kom ons wees eerlik. Daar is tye wanneer nie elke dag Krismi...
Guns en Vrede Vir Jou 24.07.2024 2:55
Send us Fan Mail 1 Korintiërs 1:3 Mag die genade en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus met julle wees. (NLV) Wanneer jy iemand raakloop wat jy lanklaas gesien het, hoe groet jy hulle? Of wanneer jy vir iemand 'n brief stuur (deesdae, waarskynlik 'n e-pos of ‘n teksboodskap), hoe sal jy dit afskop? Die Nuwe Testament bestaan hoofsaaklik uit 'n versameling briewe wat...
Jy is Uitgekies 23.07.2024 2:53
Send us Fan Mail 1 Korintiërs 1:2 Ons skryf aan die gemeente van God in Korinte, julle vir wie God deur Christus Jesus vir Homself afgesonder en geroep het om sy eie mense te wees. En verder skryf ons ook aan almal, waar hulle ook al mag wees, wat Jesus Christus ons Here aanbid. (NLV) Ek wonder hoe dit vir 'n sportman of -vrou moet voel om gekies te word om hul land tydens 'n internasio...
Groete van Sostenes 22.07.2024 2:50
Send us Fan Mail 1 Korintiërs 1:1 Hierdie brief kom van Paulus. Deur die wil van God is ek geroep om ’n apostel van Christus Jesus te wees. Ons broer Sostenes skryf hierdie brief saam met my. (NLV) Ons leef in 'n wêreld wat behep is met supersterre … met die aantreklike mense, met die suksesvolle mense, met diegene wat toevallig die meeste aandag in die media trek … terwyl die res van ons ge...
Ware Vryheid 21.07.2024 3:04
Send us Fan Mail 2 Korintiërs 3:17,18 “Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. Wil jy graag vr...
Weg met die Oue, Bring die Nuwe 20.07.2024 3:13
Send us Fan Mail 2 Korintiërs 3:11,12 As die bediening van die ou verbond wat eintlik net tydelik was, gestraal het van heerlikheid, hoeveel meer sal die altyd blywende bediening van die nuwe verbond nie skitter van heerlikheid nie! Terwyl ons só ’n verwagting koester, doen ons ons werk met groot vrymoedigheid. (NLV) Ek is redelik seker ons sal almal kan saamstem dat wette oor die algemeen noodsa...
Word ‘n Gewillige Dienaar 19.07.2024 2:53
Send us Fan Mail 2 Korintiërs 3:6 Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van 'n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend. Miskien het jy al van ensieme gehoor, maar onthou jy wat hulle doen? Wel, dit is proteïene wat as biologiese katalisators optree deur chemiese reaksies te versnel. Trouens, i...
Toe het Jesus ‘n ander Storie Vertel 18.07.2024 3:13
Send us Fan Mail Matteus 13:33 Hy het hulle nog 'n gelykenis vertel: “Die koninkryk van die hemel is soos suurdeeg wat 'n vrou gevat en in 'n groot skottel meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.” Hoe sterk is jou geloof werklik? Sukkel jy om tot op die vlak van geloof, wat ons almal begeer, te groei? Sukkel jy om jou geloof in Hom eerste in jou lewe te stel... laat ek...
God se Koninkryk is so … 17.07.2024 3:18
Send us Fan Mail Matteus 13:31,32 Hier is nog ’n gelykenis wat Hy vir hulle vertel het: “God se koningsheerskappy is soos ’n mosterdsaad wat iemand in sy tuin geplant het. Dit is die kleinste van alle saadsoorte, maar as dit groei, word dit groter as al die ander plante in die tuin. Dit word so ’n groot boom dat die voëls in sy takke kan kom nesmaak.” (NLV) Hier is iets waarmee baie mense sukkel:...
Jou Hoop op Heerlikheid 16.07.2024 3:11
Send us Fan Mail Kolossense 1:27 God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe wonderlik die heerlikheid van hierdie geheim vir alle volke is. Die geheim is: Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in die hemelse heerlikheid sal deel. (NLV) Wat deesdae in hierdie wêreld as ‘die waarheid’ voorgehou word, is meer en meer ‘n bose konsep wat lewens vernietig. Daarom vermy baie van o...
Hoe om ‘n Leuen uit te ken 15.07.2024 3:09
Send us Fan Mail Psalm 86:11 Leer my u pad, Here, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien. Het jy al daaraan gedink, dat jy ‘n pad as vol draaie sal kan beskryf, net omdat jy dit met 'n reguit pad vergelyk? Maar jy weet ook dat om dit te kan doen, moet jy weet hoe ’n reguit pad lyk. Op dieselfde manier sal jy nooit 'n leuen kan uitken as jy nie die waarheid ken nie. En...
God is Getrou 14.07.2024 3:11
Send us Fan Mail Psalm 145:17-20 Die Here is regverdig in al sy handelinge, getrou in alles wat Hy doen. Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in opregtheid aanroep. Aan dié wat Hom dien, gee Hy wat hulle vra, Hy hoor as hulle om hulp roep, en Hy red hulle. Die Here beskerm almal wat Hom liefhet, maar al die goddeloses verdelg Hy. Dit is moeilik om God se beloftes na waarde te ska...
‘n Buitengewone Lot 13.07.2024 3:08
Send us Fan Mail Genesis 41:41,42,44 Die farao het verder nog vir Josef gesê: “Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipte.” Toe haal die farao sy seëlring af en steek dit aan Josef se vinger. ...Toe het die farao vir Josef gesê: “Ek bly die farao, maar sonder jou toestemming mag niemand in Egipte 'n vinger verroer of 'n voet versit nie.” Het jy al ooit die moontlikheid oorweeg dat God jou...
Wanneer Alles Verlore Is 12.07.2024 3:00
Send us Fan Mail Matthew 16:24-26 Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry. Wat sal dit 'n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal 'n mens gee in ruil vir sy lewe? Dit...
Hanteer Jou Vrees 11.07.2024 3:04
Send us Fan Mail Psalm 23:4 Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. Hoe reageer jy wanneer vrees jou wil verswelg? Jou eerste instink is om na veiligheid terug te trek. Aan die anderkant, weet jy voor jou siel dat jy iets daaraan moet doen; dat jy dit moet hanteer. Een van my gunsteling spotprentkarakters, Charlie Brown, het eenkee...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.