Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Author
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 11, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Het jy al ooit Gewonder Waarom … 29.08.2024 3:02
Send us Fan Mail Psalm 51:13,14, Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien. Het jy al ooit gewonder hoekom dit soms voel asof die vreugde wat jy eens gehad het; die vreugde wat jy glo God wil hê jy moet hê, verdamp het? Poef, weg is dit! Dit is amper asof God jou ver...
Intense Reiniging 28.08.2024 2:59
Send us Fan Mail Psalm 51:12 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Wanneer ons stilstaan en daaroor nadink, weet ons instinktief dat ons optrede direk vloei uit wat in ons harte aangaan. Die probleem is dat ons nie gereeld genoeg stilstaan en daaroor nadink nie. Wanneer laas het jy irrasioneel opgetree? Hoekom het jy beheer verloor? Wat het dit veroorsaak? N...
Wees Leerbaar en Laat God Jou Vergewe 27.08.2024 2:56
Send us Fan Mail Psalm 51: 8,9 Maar U verwag opregtheid diep in 'n mens se hart: laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe. Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees. Ons wil instinktief weghardloop en wegkruip vir God wanneer ons besig is om die spoor byster te raak; wanneer ons weet dat dít wat ons gedoen het, verkeerd is. Dis...
Wanneer Sal die Bose Tot Niet Gaan? 26.08.2024 2:58
Send us Fan Mail Matteus 25:46 En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.” Met alles wat dwarsdeur die wêreld aangaan, vra baie van ons onsself die vraag af: wanneer gaan hierdie verskriklike boosheid eindig ? En dit is glad nie 'n onredelike vraag nie. Wanneer gaan dit eindig? Waarom laat 'n God van liefde al hierdie oorloë toe...
Die Mag van Woorde 25.08.2024 3:10
Send us Fan Mail Spreuke 18:21 Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde. As ons maar net kon besef hoeveel impak ons woorde het ... Ek het eenkeer iemand hoor sê dat woorde houers vol krag is - emmervol. Die dinge wat ons vir ander mense sê, kan werklik lewe of dood bring. Ek het onlangs 'n spreker op YouTube gehoor...
Jy Kan God Vertrou 24.08.2024 2:53
Send us Fan Mail Psalm 89:2,3 en 15 Ek sal altyd sing van die Here se liefdesdade, sy trou verkondig aan komende geslagte. Ek sê: “U liefde en u trou wankel nooit, U troon is gebou op geregtigheid en reg, liefde en trou staan in u diens. Wat doen jy as jy jouself in 'n benarde situasie bevind en heeltemal alleen voel? Sê my! Wat doen jy? Stoei jy alleen daarmee? Of roep jy tot God? Dis nie n...
Wanneer Probleme Wonderwerke Word 23.08.2024 2:59
Send us Fan Mail Johannes 2:1-3 Op die derde dag was daar 'n bruilof in Kana in Galilea, en die moeder van Jesus was daar. Jesus en sy dissipels is ook na die bruilof toe genooi. Toe die wyn opraak, sê Jesus se moeder vir Hom: “Hulle het nie meer wyn nie.” Die lewe bestaan hoofsaaklik daaruit om dag na dag dieselfde dinge te doen. Soos 'n wyse mentor van my graag sê, party dae moet jy n...
Die Dividende van Dissipline 22.08.2024 2:46
Send us Fan Mail Hebreërs 12:10,11 Ons vaders het ons wel 'n kort tydjie na hulle goeddunke getug, maar Hy tug ons tot ons beswil sodat ons in sy heiligheid mag deel. Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, 'n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wi...
Die Bewys van Jou Geloof 21.08.2024 3:04
Send us Fan Mail Johannes 14:21,23 “Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar.” Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon. Het jy al ooit gewonder of ander mense agterkom dat jy ander...
Sterf Daagliks saam met Christus 20.08.2024 3:01
Send us Fan Mail Galasiërs 2:19, 20 ...ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. As ons heeltemal eerlik met onsself is, sal ons ruiterlik erken dat baie van die dinge wat ons in hierdie wêreld bege...
Radikale Chirurgie Word Vereis 19.08.2024 2:53
Send us Fan Mail Spreuke 28:13 Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang. Die meeste van ons verstaan die verskil tussen reg en verkeerd. En daarom het ons begin om meer van die regte dinge te probeer doen. Net 'n bietjie meer regte dinge. Net 'n bietjie minder verkeerdes. Hopelik sal dit die oplossing wees. Stel jo...
Die Resep Vir Vrede (5) 18.08.2024 2:56
Send us Fan Mail Kolossense 3:17 En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom. Vrede gaan oor meer as die hantering van dít wat met jou gebeur - die mense, die omstandighede, die uitdagings - al daardie eksterne faktore. Ware vrede behels ook dat jy vrede het met wie jy is; dat jy jou plek in die wêreld verstaan en waardeer. ‘n...
Die Resep Vir Vrede (4) 17.08.2024 3:01
Send us Fan Mail Kolossense 3:15,16 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike l...
Die Resep Vir Vrede (3) 16.08.2024 3:02
Send us Fan Mail Kolossense 3:15 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. Watter gedagtes oorheers jou denke? Wat beïnvloed jou gedrag en persoonlikheid? Die meeste mense sal sê … hul omstandighede, die mense rondom hulle en die posisies waarin hulle hulself bevind...
Die Resep Vir Vrede (2) 15.08.2024 2:47
Send us Fan Mail Kolossense 3:12-14 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte ee...
Die resep Vir Vrede (1) 14.08.2024 2:53
Send us Fan Mail Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Soveel dinge in die lewe kan jou van jou vrede beroof. Maar bo-aan die lys is me...
In die Oog van die Storm 13.08.2024 2:58
Send us Fan Mail Psalm 46:2-4,11 God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood. Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge tot in die dieptes van die see, al druis en skuim die waters van die see al skud die berge deur sy onstuimigheid.… Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde. Dinge wat met...
Hoe Om ‘n Leuen Uit Te Ken 12.08.2024 3:01
Send us Fan Mail Johannes 8:31,44 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; 32en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”… Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van...
Hoe Dikwels Kla Jy?? 11.08.2024 2:52
Send us Fan Mail 1 Korintiërs 10:10,11 En moenie mor soos sommige van hulle nie, want dit is die rede waarom God die doodsengel gestuur het om hulle dood te maak. Al hierdie dinge het met hulle gebeur as ’n voorbeeld vir ons, en is neergeskryf om ons te waarsku – ons wat hier teen die einde van die wêreldgeskiedenis leef. (NLV) Daar is niks erger as 'n neulkous nie. Is daar? Iemand wat gedur...
Onrealistiese Verwagtinge 10.08.2024 2:52
Send us Fan Mail Johannes 16:33 Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” Sê my, watter begeertes koester jy vir jou onmiddellike toekoms? Jy het ongetwyfeld 'n paar goeie dinge in gedagte, nè? Dalk wil jy ontsnap van die druk en probleme van elke dag? Maar dinge werk nie altyd so uit nie, of...
Reis Vinnig of Reis Ver 09.08.2024 2:58
Send us Fan Mail Spreuke 27:17 Yster slyp yster, vriende vorm mekaar. Spanwerk word orals opgehemel. Oral waar jy kyk – in suksesvolle maatskappye, sportspanne, kerke, gesinne... Dit is 'n wonderlike konsep, maar my maat, daardie mense in my maatskappy/kerk/gesin kan so 'n pyn in die nek wees! Die probleem met spanwerk is dat ons almal uit verskillende perspektiewe na sake kyk. En dan, w...
Wat Sal God Nie Seën Nie? 08.08.2024 2:53
Send us Fan Mail Jesaja 59:1,2 Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie. Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie. Daar is tye in die lewe wanneer God 'n miljoen kilometer ver weg voel. En dit is 'n ontstell...
Hoekom Aan Heilgheid Werk? 07.08.2024 2:53
Send us Fan Mail 1 Petrus 1:14-16 Wees gehoorsaam aan God, want julle is sy kinders. Moenie weer soos vroeër julle natuurlike neigings die oorhand laat kry nie. Julle het destyds nie van beter geweet nie. Soos Hy wat julle geroep het heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel ook heilig wees. Hy het immers self gesê: “Wees heilig, want Ék is heilig!” (NLV) Om deugsaam te wees en goed te doen...
Is die Bybel ‘n Feëverhaal? 06.08.2024 2:53
Send us Fan Mail Jesaja 55:10,11 Reën en sneeu kom uit die hemel, en dit gaan nie daarheen terug nie. Dit maak die aarde nat om die plante te laat bot en vrugte te laat dra sodat daar saad is om te saai en brood om te eet. Net so is dit met die woord wat uit my mond kom: Dit sal nie leeg na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het. (NLV) ...
Wanneer Gebrokenheid ‘n Seën Word 05.08.2024 2:49
Send us Fan Mail Jeremia 17:14 Here, U alleen kan my gesond maak. U alleen kan my red. U alleen prys ek! (NLV) Was jy al ooit op moedverloor se vlakte? Het jy al ooit gevoel dat iets nie reg is nie; dat jy net nie meer krag oor het om al die probleme wat na jou kant toe kom, te hanteer nie? Ons praat nie te veel daaroor nie … maar in die in-mandjie van my rekenaar is daar al hoe meer artikels s...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.