Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Author
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 11, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Luister God Regtig? 23.09.2024 2:45
Send us Fan Mail Jakobus1:5-6 Vra vir God as dit nie vir jou duidelik is wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie. Maar, as ’n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. (NLV) Het iemand al ooit vir...
Wysheid 22.09.2024 2:46
Send us Fan Mail Jakobus 1:5 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Dit is interessant hoe jou lewe beïnvloed word deur negatiewe ervarings en uitdagings uit die verlede, asook deur die druk waaronder jy vandag lewe. En dit laat jou dikwels verkeerde besluite neem. Maar wanneer jy dan die ge...
Verneder Jouself 21.09.2024 3:05
Send us Fan Mail Jakobus 4:8-10 Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom. Was julle hande van die sonde wat daaraan kleef, julle sondaars, maak julle harte skoon, julle tweegesigte wat nie kan besluit aan wie julle getrou wil wees nie. Trane moet wys julle is jammer oor die verkeerde goed wat julle aangevang het! Treur en huil! Julle gelag moet in droefheid verander, en julle blydskap in b...
Sout wat Laf word 20.09.2024 2:45
Send us Fan Mail Markus 9:50 “Sout is goed, maar as sout sy krag verloor het, waarmee sal 'n mens dit weer sout maak? “Julle moet werklik sout wees en in vrede met mekaar lewe.” Sout is iets wat die meeste van ons daagliks gebruik. Dit gee geur aan andersins vervelige kos. Sout verbeter die geur van lekker kos nog verder. Dis iets waaraan ons selde dink, en tog is dit so belangrik. In die ou...
Nie Een van Ons Nie 19.09.2024 2:46
Send us Fan Mail Markus 9:38-41 Johannes het toe vir Hom gesê: “Here, ons het iemand gesien wat in u Naam bose geeste uitdrywe. Ons het hom probeer keer, omdat hy ons nie volg nie.” “Moet hom nie keer nie,” sê Jesus, “want daar is niemand wat 'n kragtige daad in my Naam sal doen en net daarna minagtend van My sal kan praat nie. Wie nie téén ons is nie, is vír ons. “Elkeen wat vir julle '...
Opoffering 18.09.2024 2:39
Send us Fan Mail Markus 9:36,37 Toe het Hy 'n kindjie geneem en hom tussen hulle laat staan. Hy het sy arm om hom gesit en vir hulle gesê: “Elkeen wat so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang nie net vir My nie, maar ook vir Hom wat My gestuur het.” Om ander te dien, is iets wat ons aan die eenkant weet ons moet doen. Maar aan die anderkant vind on...
‘n Radikale Kopskuif 17.09.2024 2:50
Send us Fan Mail Markus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.” Baie van die struweling in hierdie wêreld, gaan oor mense wat stry oor wie die belangrikste is; wie die rykste is; wie as die mees indrukwekkende persoon en as die leier van die groep gesien word. Maar my vriend, hierdie wedy...
Skandelike Gedrag 16.09.2024 2:40
Send us Fan Mail Markus 9:33,34 Toe hulle daarna in Kapernaum by die huis kom, het Hy vir hulle gevra: “Waaroor het julle langs die pad geloop en praat?” Hulle het egter niks geantwoord nie, want hulle het langs die pad met mekaar gestry oor wie van hulle die belangrikste is. Die meeste mense wil graag hê dat ander mense hulle sal bewonder. Maar weet jy, ongelukkig word ‘n mens so maklik trots. D...
In Groot Aanvraag 15.09.2024 2:58
Send us Fan Mail Markus 1:35-37 Nog voor dagbreek die volgende oggend het Jesus opgestaan en alleen op ’n stil plek gaan bid. Later het Simon en die ander mense by hom agter Jesus aan gegaan en toe hulle Hom kry, sê hulle vir Hom: “Almal vra na U.” (NLV) Dit is vreeslik maklik om onsself te flous deur te dink dat ons belangriker is, as wat ons eintlik is. Ons mislei onsself deur te dink dat ons di...
Die Krag van Sy Woord 14.09.2024 2:56
Send us Fan Mail Markus 1:23-26 Skielik was daar in hulle sinagoge ’n man met ’n onrein gees wat begin uitroep: “Los ons uit, Jesus van Nasaret! Het jy gekom om ons te vernietig? Ek ken jou – jy is die Heilige van God!” Maar Jesus het hom bestraf en beveel: “Bly stil, en gaan uit hom uit!” Daarop het die onrein gees hom stuiptrekkings laat kry, hard geskreeu en uit hom uitgegaan.(NLV) As ons maar...
Wees Gereed om Sprakeloos te Wees 13.09.2024 3:11
Send us Fan Mail Markus 1:21,22 Jesus en sy dissipels het in Kapernaum aangekom. Op die Sabbatdag het Hy dadelik na die sinagoge toe gegaan en Hy was besig om daar onderrig te gee. Hulle was verbaas oor sy onderrig, want Hy het onderrig gegee soos iemand met ware gesag – heeltemal anders as die skrifkenners. (NLV) Ek weet nie hoeveel kerkdienste jy al in jou lewe bygewoon het nie, maar ek kan eer...
Jesus begin Sy Werk 12.09.2024 2:55
Send us Fan Mail Markus 1:14,15 Later, nadat Johannes gearresteer is, het Jesus na Galilea toe gegaan om God se Goeie Nuus aan te kondig. Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek. God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin! Kom tot inkeer en glo die Goeie Nuus!”(NLV) Om 'n nuwe projek aan te pak, is altyd ‘n groot uitdaging. Jy gee daardie eerste tree nogal versigtig. Jy wil hê dit mo...
Versoeking 11.09.2024 3:01
Send us Fan Mail Markus 1:12,13 Dadelik hierna het die Heilige Gees Jesus na die woestyn laat gaan. Hy was daar vir 40 dae terwyl Hy deur Satan versoek is. Hy was daar saam met die wilde diere, en engele het Hom versorg. (NLV) Het jy opgemerk dat wanneer dinge besig is om jou onder te kry en jou plat te slaan – hetsy dit fisies, emosioneel of geestelik is, voel dit boonop asof daar soveel versoek...
Doop van die Heilige Gees 10.09.2024 2:49
Send us Fan Mail Markus 1:7,8 Hy het aangekondig: “Daar kom Iemand ná my wat belangriker is as ek – soveel belangriker dat ek nie eers werd is om soos ’n slaaf te buk en sy sandale los te maak nie. Ek het julle met water gedoop, maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop.” (NLV) Het jy al ooit gewonder waaroor die doop gaan? Dit is 'n vreemde ritueel wat al vir duisende jare beoefen word -...
Maak die Pad vir die Here Gelyk 09.09.2024 3:13
Send us Fan Mail Markus 1:4-6 Hierdie boodskapper was Johannes die Doper. Hy het in die woestyn opgetree en gepreek dat die mense hulle moes laat doop as teken dat hulle tot inkeer gekom het en so vergifnis van sonde ontvang het. Skares mense van Jerusalem en van oor die hele Judea het na Johannes toe gekom, en nadat hulle hulle sondes bely het, het hy hulle in die Jordaanrivier gedoop. Johannes s...
Ewigheid 101 08.09.2024 3:02
Send us Fan Mail 2 Korintiërs 4:16 - 18 Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die si...
Offer 101 07.09.2024 3:10
Send us Fan Mail Filippense 2:3-5 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Mense dink deesdae baie anders oor belangrike sake. Dis asof daar 'n groot verskuiwing in mense se...
Heiligheid 101 06.09.2024 2:55
Send us Fan Mail Hebreërs 12:14 Beywer julle vir vrede met alle mense asook vir 'n heilige lewe, waarsonder niemand die Here sal sien nie. Kan ek jou vandag vra om net ‘n bietjie stil te staan en te dink aan wat die nommer een prioriteit in jou lewe is? Jy weet mos dis belangrik, want jou prioriteite bepaal die res van jou lewe. As ons nie gereeld oor ons prioriteite nadink nie, sal ons outo...
Heiligmaking 101 05.09.2024 2:56
Send us Fan Mail 1 Tessalonisense 4:3-6 Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid. Elkeen van julle moet weet dat hy met sy vrou heilig en eerbaar moet saamlewe; julle moenie deur hartstog en begeerte gedrywe word soos die heidene wat vir God nie ken nie. Ook mag niemand hom in hierdie verband te buite gaan en sy broer bedrieg nie, want die Here straf al su...
Bemagtiging 101 04.09.2024 3:05
Send us Fan Mail Handelinge 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Ons weet baie keer alte goed dat ons lewens nie is, wat dit behoort te wees nie; dat ons in sekere areas beter moet vaar. Maar dit is so moeilik as jy so baie hooi op jou vurk...
Bekering 101 03.09.2024 2:59
Send us Fan Mail Handelinge 2:38 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. Hier is ‘n vraag vir jou: As God deur Jesus se offer aan die Kruis, ons sonde vergewe het, moet ons dan die manier waarop ons leef, verander? Moet ons wegdraai van ons sonde wat...
Redding 101 02.09.2024 3:02
Send us Fan Mail Handelinge 16:29-31 Toe het die bewaarder 'n lig gevra, die sel ingestorm en bewend voor Paulus en Silas neergeval. Hy het hulle buitekant toe gevat en gevra: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” Hulle antwoord hom: “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.” Dit is baie sinvol om elke nou en dan terug te gaan na die basiese dinge om te versek...
Jy is Geskape vir die Oorwinning 01.09.2024 3:08
Send us Fan Mail 1 Korintiërs 15:56-58 Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God. Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie. In 'n era...
Die Wese van Empatie 31.08.2024 2:59
Send us Fan Mail Matteus 7:12 Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen. Dit is die kern van die wet en die profete.” Empatie is een van die mees aangrypende en kragtigste uitdrukkings van liefde. Om dáár te wees vir iemand; saam met hulle seer te ervaar … of inderdaad om saam met hulle fees te vier; spreek van liefde soos niks anders nie. Ja, my vriend, empatie is &apo...
Die Offer wat vir God Aanvaarbaar is 30.08.2024 2:46
Send us Fan Mail Psalm 51:19 Die offer wat U wil hê, o God, is ’n gebroke gees. ’n Gebroke en berouvolle hart sal U nie verwerp nie, o God. (NLV) Wat dink jy wanneer jy 'n man met 'n bos blomme in die straat sien afloop? Wonder jy hoekom hy dit gekoop het? Is dit 'n spontane daad van liefde, 'n spesiale geleentheid ... of is dit 'n skuldige gewete? Kom ons kyk na hierdie s...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.