Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

God se Woord VARS vir jou Vandag

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

Author

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Category

Religion

Podcast website

christianityworks.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

‘n Skoenlapper-gedaantewisseling 18.10.2024

Send us Fan Mail Romeine 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.  Ek raai dat jy, soos die meeste van ons, ook dinge in jou lewe het wat jy graag sal wil verander. Jy wil graag 'n beter mens wees in dié area, of me...

Wat Saai Jy? 17.10.2024

Send us Fan Mail Galasiërs 6:8 Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes. Ek wil jou graag vandag uitdaag om diep asem te haal en jouself af te vra: hoe lyk my lewe ? Goed, ek weet die lewe is ingewikkeld, soms deurmekaar. Maar kom ons maak dit persoonlik en vra jou: hoe...

Reis Sonder Bagasie 16.10.2024

Send us Fan Mail Hebreërs 12:1 Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop,  Daar is 'n rede waarom suksesvolle baanatlete geneig is om nie te swaar van lyf te wees nie. As hulle was, sou hulle nie mededingend kon wees nie en...

Is ‘n Naam Belangrik? 15.10.2024

Send us Fan Mail Jesaja 43:1 Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.  Sukkel jy ook nes ek, om 'n persoon se naam, twee minute nadat jy hom ontmoet het, te onthou? Dit is moeilik, nè? En tog is hulle naam vir húlle ongelooflik belangrik. Die feit dat ons dit vergeet, laat hul...

Een Grootte Pas Nie Vir Almal Nie 14.10.2024

Send us Fan Mail Romeine 12:4-6 Ons besit elkeen een liggaam wat uit baie ledemate bestaan en wat elkeen sy eie spesiale funksie het. Net so is dit ook met Christus se liggaam. Al is ons baie, vorm ons saam een liggaam omdat ons aan Christus verbind is, en as ledemate van hierdie één liggaam hoort ons saam en het ons mekaar nodig. Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan...

Die Boodskap van die Begin Af 13.10.2024

Send us Fan Mail 1 Johannes 3:11-13 Dít is immers die boodskap wat julle van die begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhê. Moenie soos Kain wees nie. Hy het aan die Bose behoort en het sy broer vermoor. En waarom het hy hom vermoor? Omdat sy eie dade sleg was en sy broer s'n reg. Broers, moenie verbaas wees as die wêreld julle haat nie.  ‘Liefde’ is so 'n eenvoudige woord. En as jy di...

Die Uiteindelike Doel van God se Liefde 12.10.2024

Send us Fan Mail 1 Johannes 4:10-12 Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes. Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê. Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel vo...

Jy Kan Nog steeds Wen 11.10.2024

Send us Fan Mail Spreuke 17:27,28 Iemand wat kennis het, praat nie baie nie. Iemand met insig bly kalm. Wanneer ’n dwaas stilbly, kan dit lyk of hy wys is; en as hy sy mond toehou, lyk hy soos iemand met insig.  Ek en jy sal moontlik nooit die vinnigste, slimste of suksesvolste persoon in die wêreld wees nie. Maar daar is iets wat vir ons ‘n voordeel bo ander kan gee. Wil jy graag weet wat dit is?...

Jou Hartsverandering 10.10.2024

Send us Fan Mail Matteus 3:8 Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is.  Het jy al ooit probeer om 'n slegte gewoonte af te leer? Dis nie so maklik nie. Of dit nou rook is, of om die verkeerde kos te eet, om 'n nare persoon te wees, of om te skinder - wat dit ook al is – ja, my pêl, ons sukkel vir so ‘n rukkie en dan gooi ons tou op! Om onsself te verander en om ons lewens op &apos...

Vergifnis Klink Mooi, Totdat… 09.10.2024

Send us Fan Mail Efesiërs 4:32 Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.  Ek wil jou vandag graag vandag iets van myself vertel. Ek was glad nie 'n baie aangename mens nie. In my jonger jare was ek so gefokus daarop om te wen en om sukses te behaal, dat ek op ‘n ieder en ‘n elk sou trap om daar uit te...

Wees Net Dáár 08.10.2024

Send us Fan Mail Romeine 12:15,16 Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur. Wees eensgesind onder mekaar. Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie eiewys wees nie.  Enigeen wat al kinders grootgemaak het, weet hoe belangrik dit is om hul prestasies saam met hulle te vier en daar te wees vir hulle wanneer hulle seerkry. Ons weet dit instinktief....

Leerbaar 07.10.2024

Send us Fan Mail Spreuke 1:1-6 Spreuke van Salomo seun van Dawid, koning van Israel. Dié spreuke is bedoel om mense wysheid te leer en hulle te onderrig sodat hulle sal weet wanneer iemand verstandig praat. So sal hulle 'n behoorlike opvoeding ontvang en 'n sin vir regverdigheid, reg en billikheid. Wie nog nie kennis het nie, sal verstandig word, jongmense sal leer om met kennis en oorle...

Om Raad van ‘n Gevangene te Aanvaar 06.10.2024

Send us Fan Mail Efesiërs 4:2 Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.  As iemand vir jou 'n brief met raad oor hoe jy moet lewe, uit ‘n tronk skryf, sal jy daardie raad aanvaar? Ek dink dit hang af... maar jy sal skepties wees, nè? Die meeste gevangenes voel desperaat terwyl hulle hul onskuld in die beskuldigde-bank bepleit. Dink net aan die vrese wat hulle moe...

Roep Tot God 05.10.2024

Send us Fan Mail Psalm 86:5 U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp.  Het jy al ooit ervaar dat jy iemand vir wie jy lief is, so seergemaak het, dat jy jou nie kan indink hoe jy jouself daarvoor gaan vergewe nie? Jy kan nie glo dat hierdie verhouding die pyn sal oorleef nie. En dan … dan vergewe daardie persoon jou... Wanneer iemand jou vergewe vir iets...

Sal jy ‘n Kompromie Aangaan? 04.10.2024

Send us Fan Mail Deuteronomium 6:4,5 “Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag.  Soms kom jy voor 'n morele dilemma te staan. Aan die een kant weet jy wat reg is en in jou hart wil jy die regte ding doen. Maar die korttermyn belonings wat dit inhou om die verkeerde ding te doen, is so groot, dat jy v...

Waar Pas Jy In? 03.10.2024

Send us Fan Mail Johannes 19:25 -27 Naby die kruis van Jesus het sy ma, sy ma se suster en Maria, die vrou van Klopas, en Maria Magdalena gestaan. Toe Jesus sy ma sien, en die lieflingdissipel wat by sy ma staan, sê Hy vir haar: “Vrou, dáár is u seun.” Daarna sê Hy vir die dissipel: “Kyk, dáár is jou ma.” Van daardie uur af het die dissipel Jesus se ma by hom aan huis geneem. (NLV)  Het jy al ooit...

Wat God Voorberei het vir Jou 02.10.2024

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 2:8,9 Nie een van die heersers van hierdie wêreld het hierdie wysheid geken nie. As hulle dit geken het, sou hulle nie die Here van die heerlikheid gekruisig het nie. Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet. Wanneer...

‘n Onpopulêre Wysheid 01.10.2024

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 2:7,8 Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was en wat God van ewigheid af vir ons voorbestem het tot ons ewige heerlikheid. Nie een van die heersers van hierdie wêreld het hierdie wysheid geken nie. As hulle dit geken het, sou hulle nie die Here van die heerlikheid gekruisig het nie  Die wêreld se invloedrykes – die nasionale leie...

Wysheid Voor die Wêreld Begin Het 30.09.2024

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 2:6,7 Tog is wat ons verkondig wysheid, maar net vir dié wat daarvoor ryp is, en dan 'n wysheid wat nie van hierdie wêreld is of van die heersers van hierdie wêreld nie. Hulle is buitendien aan die ondergaan. Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was en wat God van ewigheid af vir ons voorbestem het tot ons ewige heerlikheid. ...

Die Leiers Verloor hulle Mag 29.09.2024

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 2:6 Tog is wat ons verkondig wysheid, maar net vir dié wat daarvoor ryp is, en dan 'n wysheid wat nie van hierdie wêreld is of van die heersers van hierdie wêreld nie. Hulle is buitendien aan die ondergaan.  As jy na die wêreldleiers kyk, is daar talle van hulle wat despote is. Hulle dikteer hoe mense moet leef en wat hulle moet glo. Dis skrikwekkend. Maar daardi...

Krag, Liefde, Toevlug 28.09.2024

Send us Fan Mail Psalm 59:17,18 Maar ék sal sing van u mag, elke môre sal ek jubel oor u trou, want U is vir my 'n veilige vesting, 'n skuilplek in tyd van nood. Tot u eer wil ek sing, U, my Sterkte, want U is my veilige vesting, U is my troue God.  Weet jy hoe jy soms iemand ontmoet en dit lyk vir jou asof hulle geen probleme het nie? Hulle het die perfekte werk, baie geld en 'n ge...

Ek Het U Lief, My Here 27.09.2024

Send us Fan Mail Psalm 18:2,3 ...Ek het U baie lief, Here; U is my sterkte. Die Here is my rots, my vesting en my redder, my God, en my rots by wie ek skuil. Hy is my skild, my magtige redder, my veilige vesting. (NLV)  Daar is min dinge so skrikwekkend soos 'n aardbewing... Wanneer die grond onder jou voete begin bewe, wag jy in vrees vir die oomblik wat die gebou om jou gaan ineenstort en j...

Nuwe Woorde, Ou Woorde 26.09.2024

Send us Fan Mail Psalm 33:4-5 Want die woord van die Here is waarheid, en alles wat Hy doen, staan vas. Hy het regverdigheid en reg lief, en sy troue liefde vul die aarde. (NLV)  Ons sien hoe nuwe woorde en frases só gereeld by ons Afrikaanse Woordelys gevoeg word, dat ons nie kan byhou nie. Maar dit is geensins 'n nuwe ding nie. Volgens 'n onlangse artikel wat ek raakgeloop het, het Wil...

‘n Rein Hart 25.09.2024

Send us Fan Mail 1 Kronieke 28:9 “En jy, Salomo, my seun, sorg dat jy die God van jou pa leer ken. Dien en aanbid Hom met jou hele hart en met ’n gewillige verstand. Want die Here sien elke hart en verstaan en ken elke plan en gedagte. As jy na Hom soek, sal jy Hom vind. Maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verwerp. (NLV)  Wat ervaar jy wanneer iemand met ‘n mooi gesindheid; met 'n re...

Wanneer ‘n Miljardêr Sterf 24.09.2024

Send us Fan Mail Jakobus1:9-11 Gelowiges wat nie status in die samelewing het nie, moet trots wees op die status wat God aan hulle gee. Gelowiges wat ryk is, moet bly wees oor hulle nederige status voor God. Want hulle rykdom sal soos die veld se blomme net ’n rukkie hou. Julle weet mos: Die warm son kom met gloeiende hitte op en verskroei die veld. Die blomme val af, en die veld se prag is weg. S...

Listen to the God se Woord VARS vir jou Vandag podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.