Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Author
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 11, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Jou Bydrae tot Vrede 12.11.2024 2:51
Send us Fan Mail Titus 2:1-5 Maar jý moet die soort leefstyl bevorder wat die gesonde leer weerspieël. Leer die ouer mans om selfbeheersing te beoefen, om respek te verdien, en om verstandig te lewe. Hulle moet ’n gesonde geloof hê en vervul wees met liefde en geduld. Net so moet jy ook die bejaarde vroue onderrig om só te leef soos dit iemand betaam wat aan die Here toegewy is. Hulle moet nie ron...
‘n Vredesverklaring 11.11.2024 2:58
Send us Fan Mail Romeine 5:1 God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. Baie mense verstaan nie dat hulle baie emosionele energie mors deur van hul verlede te probeer vlug. Ek het dit self vir baie jare probeer doen. Wat van jou? Dit is uitmergelend om jou verlede; ja, om die dinge wat jy gedoen het en die verkeerde di...
Wees Heilig 10.11.2024 3:04
Send us Fan Mail 1 Petrus 1:15,16 Soos Hy wat julle geroep het heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel ook heilig wees. Hy het immers self gesê: “Wees heilig, want Ék is heilig! (NLV) Ek verwonder my oor die fantastiese prestasies wat top atlete behaal. Ek weet hulle sou dit nie sonder natuurlike talent kon doen nie, maar ek weet ook dat dit ongelooflike toewyding en harde werk van hulle...
Vrede van alle Kante 09.11.2024 3:02
Send us Fan Mail 1 Konings 4:24,25 Salomo het geheers oor alles wes van die Eufraatrivier, van Tifsag af tot by Gasa, oor al die konings wes van die Eufraat. Na alle kante toe was daar vrede, en solank Salomo geleef het, het die Judeërs en die Israeliete van Dan af tot by Berseba veilig gewoon, elkeen met sy eie wingerdstok en sy eie vyeboom om onder te sit. Ek wonder, met watter uitdagings jy op...
Die Belofte van Vrede 08.11.2024 2:43
Send us Fan Mail 1 Kronieke 22:9 Maar jy sal ’n seun hê wat vrede en rus in sy tyd sal beleef. Ek sal hom vrede met sy vyande en al die omliggende lande gee. Sy naam sal Salomo wees, en Ek sal vrede en rus in Israel gedurende sy regering gee. (NLV) Die ‘wêreld’ maak groot beloftes oor hoe jou lewe verander kan word deur ‘n wonderlike loopbaan, baie geld, fantastiese vakansies, ‘n nuwe kar, selfs...
Onbegryplik 07.11.2024 3:01
Send us Fan Mail Markus 2:15-17 Daarna het Jesus in Levi se huis gaan eet. Baie tollenaars en sondaars was saam met Hom en sy dissipels aan tafel, want daar was baie van hulle wat Hom gereeld gevolg het. Toe die skrifgeleerdes onder die Fariseërs sien dat Hy saam met sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gesê: “Waarom eet hy saam met tollenaars en sondaars?” Jesus het dit gehoor e...
Volg My 06.11.2024 2:55
Send us Fan Mail Markus 2:13,14 Jesus het weer na die see toe gegaan. 'n Hele menigte mense het na Hom toe gekom, en Hy het hulle geleer. Toe Hy by die tolhuis verbygaan, sien Hy vir Levi seun van Alfeus daar sit, en Hy sê vir hom: “Volg My!” Levi het opgestaan en Hom gevolg. Ek dink nie ek is ál een wat sal erken dat daar tye in my lewe was, wat ek vreeslik minderwaardig gevoel het en bang...
Strome van Seẽn 05.11.2024 3:07
Send us Fan Mail Johannes 7:37-39 “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang. Die Gees was nog nie uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie. Was jy al ooit tot oorlopens t...
Die Seën van Vrede 04.11.2024 2:49
Send us Fan Mail Levitikus 26:6 “Ek sal vir julle vrede gee in die land en julle sal gaan slaap sonder om bang te wees. Ek sal die wilde diere uit julle land wegneem en julle van julle vyande bewaar.” (NLV) Vandag word Wapenstilstandsdag, die dag toe die einde van die Eerste Wêreldoorlog aangekondig is, in talle lande herdenk. Destyds het hulle gesê dat daar nooit weer só ‘n oorlog op aarde sal w...
Selfs Nog Meer Genade 03.11.2024 2:56
Send us Fan Mail Jakobus 4:4-6 Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is. Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê? Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoog...
Die Ewige Geskenk 02.11.2024 2:55
Send us Fan Mail Johannes 5:24 “Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan. Ek onthou hoe dit my lank gelede geïrriteer het wanneer Christene gepraat het oor Jesus, sonde, vergifnis, "om gered te word" en die ewige lewe. Al daardie goed, was vir my ab...
Meer as Genoeg 01.11.2024 2:43
Send us Fan Mail 2 Korintiërs 12:8,9 Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Het jy al ooit jou vinger in 'n deur vasgeklap? Jou dag het so goed begin en toe......
Ons het Almal dié Basiese Behoefte 31.10.2024 2:49
Send us Fan Mail Romeine 11:5,6 Net so is dit ook vandag: daar is 'n oorblyfsel wat uit genade deur God uitverkies is. En as dit uit genade is, dan is dit nie uit verdienste nie, anders sou die genade nie meer genade wees nie. Ons het almal van tyd tot tyd die goedgesindheid van ander mense nodig. Ons het hulle deernis en hul goedhartigheid nodig om ons deur moeilike omstandighede te help. J...
Deur Genade Verander 30.10.2024 2:58
Send us Fan Mail 2 Petrus 3:17,18 Geliefdes, julle weet dit nou vooruit. Wees dus op julle hoede dat julle nie meegesleep word deur die dwaling van beginsellose mense en so van julle eie standvastigheid beroof word nie. Sorg daarenteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en tot in ewigheid! Amen. Elke oue...
Is Jy ‘n Leuenaar? 29.10.2024 2:33
Send us Fan Mail 1 Johannes 2:3-6 As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken. Iemand wat sê: “Ek ken Hom,” maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie. Wie sy woord egter gehoorsaam – in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self...
Is jou lewe ‘n Bootvaart? 28.10.2024 2:53
Send us Fan Mail Openbaring 3:3 Dink daaraan hoe julle die evangelie ontvang en daarna geluister het. Hou daarmee vol en bekeer julle. As julle nie wakker word nie, sal Ek onverwags kom soos 'n dief, en julle sal nie weet wanneer Ek op julle sal afkom nie. Bootvaarte het baie populêr geword. Trouens, meer as 30 miljoen mense dwarsdeur die wêreld het verlede jaar bootvaarte onderneem, en dis...
Daardie Tyd Kom! 27.10.2024 2:59
Send us Fan Mail Openbaring 21:22-24 Ek het nie ’n tempel in die stad gesien nie, want die Here God, die Almagtige, en die Lam is sy tempel. Die stad het ook nie die son en die maan nodig om dit te verlig nie, want die heerlikheid van God het dit verlig, en die Lam is sy kandelaar. Die nasies sal in die stad se lig lewe en die konings van die aarde bring hulle glorie daarheen. Stel jou 'n wê...
Getransformeer deur Jesus se Heerlikheid 26.10.2024 3:05
Send us Fan Mail 2 Korintiërs 3:18 Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. Wanneer jy terugkyk na jou lewe, wat is die dinge – die mense, die verhoudings, die omstandighede, die b...
Jesus is die Woord 25.10.2024 2:45
Send us Fan Mail Johannes 1:14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. 'n Pragtige sonnige dag laat jou sommer lekker voel, nè? Het jy al ooit gewonder hoekom dit so is? Hoekom verkies ons sonskyn bo reën; 'n warm briesie bo 'n koue wind? Een van die belangr...
Ondersoek jou Motiewe 24.10.2024 2:40
Send us Fan Mail Filippense 2:3,5 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Dink ‘n bietjie terug aan die laaste keer wat jy iets gesê of gedoen het wat beslis nie die regte ding was nie. Maar, toe jy dit besef, het jy jouself afgevra waarom jy dit gedoen het....
Wees Versigtig! 23.10.2024 2:36
Send us Fan Mail Matteus 6:1,2 “Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie. As jy byvoorbeeld armes help, moet dit nie uitbasuin nie. Dit doen die skynheiliges in die sinagoges en op straat, sodat mense met lof van hulle kan praat. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning...
Vrees vir Verwerping 22.10.2024 2:58
Send us Fan Mail Johannes 12:42,43 Nietemin het selfs baie van die lede van die Joodse Raad tog ook tot geloof in Hom gekom, maar uit vrees vir die Fariseërs het hulle dit nie openlik bely nie, sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie; want hulle het verkies om liewer deur mense geëer te word as deur God. Om teen die stroom op te probeer swem; om 'n standpunt in te neem waarmee jo...
Hoe Kan Jy Glo wanneer … 21.10.2024 2:52
Send us Fan Mail Johannes 5:44 Hoe kan julle ook in My glo terwyl julle gesteld is op die eer wat julle van mekaar ontvang en nie die eer soek wat van die enigste God af kom nie? Het jy al ooit gevoel dat jy tussen twee vure sit? Het jy al gevoel dat daar 'n onoorbrugbare verskil bestaan tussen dít wat jy graag wil hê; met ander woorde die manier waarop jy jou lewe graag wil leef, en die man...
Volg die Herder 20.10.2024 2:49
Send us Fan Mail Johannes 10:4,5 Wanneer hy al sy skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit, en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. Hulle sal nooit 'n vreemde volg nie maar van hom af weghardloop, omdat hulle nie die stem van vreemdes ken nie.” Om in hierdie onvoorspelbare tyd iemand anders se leiding onvoorwaardelik te volg, is vir baie mense verregaande. Komaan man, ek wil my ei...
Volg vir Arnie 19.10.2024 3:01
Send us Fan Mail Judas 1:20 Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees. Enige atleet sal vir jou sê, dat jy moet oefen as jy sterker wil word. Die probleem is dat so baie mense eenvoudig nie oefening geniet nie, en ek moet erken, dat ek myself hierby insluit. Op 15-jarige ouderdom het die Hollywood-akte...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.