Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Author
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 11, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Die Anker van Hoop 07.12.2024 3:10
Send us Fan Mail Hebreërs 6:19,20 Hierdie vooruitsig is soos ’n betroubare en stewige anker – ’n anker wat onbeweeglik vasgemaak is in die Allerheiligste van die hemelse heiligdom, net agter die binneste gordyn. Dít is tog waar Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan het – Hy wat ons ewige Hoofpriester geword het volgens die priesterorde van Melgisedek. (NLV) Het jy al daaraan gedink dat...
God Lieg Nie 06.12.2024 2:53
Send us Fan Mail Hebreërs 6:18 Daar is nou twee dinge wat soos ’n paal bo water staan en nooit verander sal kan word nie: daar is die belofte van God en die eed wat Hy geneem het. En God kan nie lieg nie. Ons wat na God toe is om gered te word kan daarom vir seker weet dat God sy beloftes sal hou. (DB) Daar is een ding in hierdie wêreld waarop ons absoluut kan staatmaak. Dit maak nie saak watter...
Die God van Alle Hoop 05.12.2024 3:01
Send us Fan Mail Romeine15:13 Ek bid dat God in wie julle al julle hoop stel, elke deeltjie van julle geloofslewe sal vol maak met blydskap en vreugde. Dan sal julle, deur die groot krag van die Heilige Gees in julle lewens, altyd oorvloedige hoop hê. Dan sal julle onwrikbaar vashou aan die Here, kom wat wil. (DB) Het jy al ooit gewonder hoe mense wat jou ontmoet, jou ervaar? Wie of wat beleef hu...
‘n Tydige Herinnering 04.12.2024 2:53
Send us Fan Mail 1 Petrus 3:11,12 Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na! Die Here sorg vir die opregtes en luister na hulle hulpgeroep, maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen.” Goed en kwaad – ons ken almal die verskil. Verstaan ons dit regtig? Dit is natuurlik soos swart en wit ... of verkies ons dalk skakerings van grys? Wat dink jy? Kom ons kyk wat gereeld ge...
Naby of Ver? 03.12.2024 2:46
Send us Fan Mail Psalm 73:27,28 Dié wat ver van U af is, gaan verlore, U vernietig dié wat aan U ontrou is. Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees. Ek het die Here my God gekies as my toevlug! Ek sal van al u werke bly vertel. Elektriese voertuie raak al hoe meer populêr. Ja, maar weet jy, nadat ek ‘n rukkie gelede so effens paniekerig geraak het toe my selfoon se battery pap...
U is my Krag 02.12.2024 3:14
Send us Fan Mail Psalm 73:25,26 Here, daar is niemand so belangrik soos U in die hemel nie, ook nie hier op aarde nie. U is my hele lewe. Ek wil niks anders as U hê nie. Al gee my kragte in en al sit ek op moedverloor se vlakte: U, God, is steeds my krag. U is die Rots by wie ek altyd wegkruip. Ek behoort aan U vir altyd. (DB) 'n Mens sien ‘n duidelike teken van volwassenheid by ‘n mens wann...
Onverdiende Liefde 01.12.2024 3:13
Send us Fan Mail Psalm 73:21-24 Ek was verbitterd in my hart en verskeurd in my binneste. Ek was dwaas en onnosel; ek was dom soos ’n dier voor U. Tog is ek nog altyd by U; U hou my regterhand vas. U lei my met u raad, daarna sal U my opneem en in heerlikheid ontvang. (NLV) Die toppunt van liefde is beslis die liefde wat ons ontvang, wanneer ons dit die minste verdien. Die liefde wat jy kry wanne...
Onkundige en Dom Gedrag 30.11.2024 2:43
Send us Fan Mail Psalm 73:21,22 Ek was verbitterd in my hart en verskeurd in my binneste. Ek was dwaas en onnosel; ek was dom soos ’n dier voor U. (NLV) Het jy al ooit 'n ballon met 'n naald geprik? Een oomblik is dit hierdie pragtige rooi ballon wat deur die lug dryf. Die volgende oomblik, hoor jy ‘n harde slag! En daar lê ‘n slap, lewelose stukkie plastiek op die grond. Ek het dikwels...
Die Potloodhouer 29.11.2024 2:37
Send us Fan Mail Numeri 6:22-27 Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: “Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën.” Ons het almal...
God se Oogmerk 28.11.2024 2:36
Send us Fan Mail Numeri 6:22-26 Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: “Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! Dis ongelooflik belangrik om iemand se motiewe te verstaan. Ja, ons het almal al geleer dat jy...
Wanneer Liefde Seëvier 27.11.2024 2:59
Send us Fan Mail 1 Johannes 3:18 Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings. (NLV) Kom ons kyk ‘n bietjie na die temas van rolprente. Jy sal sien dat liefdesverhale onder die gewildste van alle genres is. Baie mense geniet inderdaad aksie films of dramas en selfs gruwelfilms (nou nie heeltemal my ding nie!). Maar ek dink liefd...
Die Vermenigvuldigingsfaktor 26.11.2024 2:55
Send us Fan Mail Handelinge 9:31 En die gemeentes deur die hele Judea en Galilea en Samaria het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder. Volgens die media is die kerk besig om te sterf. Dit laat menige belangegroepe van vreugde juig. Wat egter selde genoem word, is dat die kerk in baie dele va...
Vrees, Vrede en Vertroosting 25.11.2024 2:53
Send us Fan Mail Handelinge 9:31 En die gemeentes deur die hele Judea en Galilea en Samaria het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder. Ons leef in onstuimige tye. Jy tel 'n koerant op en lees dikwels van mense in gesagsposisies se skokkende gedrag en van kerke deurspek met finansiële en...
Kweek ‘n Gesindheid van Dankbaarheid 24.11.2024 2:43
Send us Fan Mail Psalm 86:12,13 Met my hele hart sal ek U prys, Here, my God. Ek sal u Naam vir altyd verheerlik, want u liefde vir my is baie groot. U het my uit die doderyk gered. Hoe ons die lewe ervaar – wat ons kry, wat ons gee en of ons dit geniet … of nie – word in 'n groot mate deur ons gesindheid bepaal. Dink net hoe sal ‘n onvergenoegde persoon, of een met 'n slagoffermentalit...
Leer my u Pad, Here 23.11.2024 2:46
Send us Fan Mail Psalm 86:11 Leer my u pad, Here, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien. Met my hele hart sal ek U prys, Here my God, u Naam altyd eer, Het jy al ooit op 'n vreemde plek verdwaal? Watter kant is noord? Hierdie kaart is verouderd; die straatname het verander. Moet ek hierdie kant of daardie kant toe stap? Waar is die bushalte? Is dit ooit die regte straat? H...
Daar is Geen god soos U nie 22.11.2024 2:49
Send us Fan Mail Psalm 86:8-10 Luister na my gebed, Here, gee tog ag op my smeekgebed. Op die dag van my nood roep ek na U, U sal my gebed verhoor. Daar is geen god soos U nie, Here, niks kan met u werk vergelyk word nie. Dink jy soms aan jou lewe as die reis van 'n pelgrim op soek na iets? Die meeste van ons sal seker antwoord dat hulle bitter selde aan hul lewensreis dink. Ek is immers besi...
God, Hoor U My? 21.11.2024 2:53
Send us Fan Mail Psalm 86:6,7 Luister na my gebed, Here, gee tog ag op my smeekgebed. Op die dag van my nood roep ek na U, U sal my gebed verhoor. Het jy al gevoel asof almal praat, maar niemand luister nie? Jy word daagliks in hierdie deurmekaar wêreld gebombardeer deur soveel mededingende stemme; soveel opinies; soveel e-posse; soveel boodskappe. Dit kan veral in 'n tyd van beproewing, &ap...
God is Goed 20.11.2024 3:02
Send us Fan Mail Psalm 86:5 U is waarlik goed, Here, U vergewe. U is vol liefde vir almal wat by U hulp soek. (NLV) Het jy al opgelet hoe maklik dit is om die werklik belangrike dinge in die lewe uit die oog te verloor wanneer jy spook en spartel om dag vir dag te oorleef? Nouja, ek is hier om jou elke nou en dan vriendelik te herinner aan wat regtig belangrik is. My vrou Jacqui is ‘n besondere m...
Die volle verhaal 19.11.2024 2:46
Send us Fan Mail Psalm 118:5,6 In my nood het ek na die Here geroep, die Here het my gebed verhoor en my bevry. Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan 'n mens aan my doen? Ons is voortdurend in ‘n stryd gewikkel. En wanneer ons in die middel van ‘n konfliksituasie is, dink ons ons moet ten alle koste wen. Die meeste van die kere is dit nie so belangrik nie, maar in die hitte van d...
Ware Christenskap 18.11.2024 2:49
Send us Fan Mail Romeine 6:1,2 ...Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe? Om jou hele lewe na ander mense se pype te dans en hulle te probeer tevrede stel, is harde werk, want mense is wispelturig. Hulle kan eendag aan jou kant wees … en die volgende dag teen jou draai. Jy het dit seker ook al beleef? '...
Vrede Begin By die Huis 17.11.2024 3:02
Send us Fan Mail Eksodus 20:1 2 “Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee. Deesdae verskil die manier waarop kinders grootgemaak word, in baie dele van die wêreld, merkbaar van hoe dit in die verlede geskied het. En weet jy, in 'n groot mate is daardie veranderinge die kern van baie van die probleme wat ons vandag in die samelewing on...
Vrede in die Huis 101 16.11.2024 2:48
Send us Fan Mail Genesis 2:24 Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word. Om deel van 'n liefdevolle gesin te wees, is een van die grootste seëninge in die lewe; maar dit kan ook harde werk wees om deel van so ’n liefdevolle gesin te wees. Daar kom ook konflik. Daar kom ook stres. En soms verbrokkel selfs ‘perfekte’ gesinne. Wat die mee...
Verslaaf aan Verontwaardiging 15.11.2024 3:05
Send us Fan Mail Titus 3:1,2 Herinner die mense om hulle aan die regeerders en gesagsinstansies te onderwerp. Hulle moet aan hulle gehoorsaam wees, altyd gereed om te doen wat goed is. Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie bakleierig wees nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd saggeaard teenoor almal optree. Kom ons vra ‘n ongemaklike vraag: hoe voel jy oor die mense wat jou land, jou pro...
Suiwer Hoop 14.11.2024 3:01
Send us Fan Mail Titus 2:13,14 ...terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag. Op daardie dag sal die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus, verskyn. Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen. So baie mense is swartgallig in hul uitky...
Die Trefkrag van Vrede 13.11.2024 2:51
Send us Fan Mail Titus 2:11,12 Die liefdevolle goedheid van God wat verlossing bring, het inderdaad vir almal sigbaar geword. Dit voed ons op om die goddelose leefstyl en die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd, volgens die wil van God en toegewyd aan Hom, in die huidige tyd te leef. Is dit nie interessant hoe jou gesindheid en verhouding teenoor iemand verander wanneer hulle vriendelik t...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.