Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Author
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 11, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Slaan jou oë Hemelwaarts 01.01.2025 3:14
Send us Fan Mail Jesaja 40:26 Kyk op na die hemel. Wie het die sterre gemaak? Hy laat hulle soos ’n leërmag uitmarsjeer, die een ster na die ander, en roep elkeen by sy naam. Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie. (NLV) Dis hier! 2025 is hier! Kan ek jou op hierdie eerste dag van die nuwe jaar 'n waarlik geseënde jaar toewens? En, weet jy in hierdie deurmekaar...
Die Verlede is Verstreke 31.12.2024 2:34
Send us Fan Mail 2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Stel jou voor dat jy alles wat jy besit saam met jou in twee tasse moet ronddra. Soos jy meer goed koop, word hulle swaarder, en hulle word oorvol. Dan koop jy 'n rugsak, en dan ‘n skouersak. Uiteindelik trek die verskriklike vrag jou rug so krom, dat jy skaars kan...
Dit is Tyd om Om te Blaai 30.12.2024 2:31
Send us Fan Mail Filippense 3:13,14 Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee. (NLV) Ons het aan die einde van 2024 gekom. Daar is nog net vandag, en môre begin nog 'n jaar. Dit is nou t...
Maak Vrede met die Verlede 29.12.2024 2:52
Send us Fan Mail Filippense 3:13,14 Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee. Stel jou vir 'n oomblik voor jy is 'n soldaat op pad na ‘n oorlogsituasie. Dis ‘n ernstige geveg om lewe...
Verwerk die Verlede 28.12.2024 2:36
Send us Fan Mail 2 Korintiërs 7:10 want hartseer volgens die wil van God lei tot inkeer, wat weer lei tot verlossing waaroor ’n mens nooit spyt sal wees nie. Daarteenoor lei wêreldse hartseer tot die dood. (NLV) Oor net 'n paar dae gaan ons kalender oorskakel na 'n nuwe jaar. Nou wel, in werklikheid is dit maar net nog 'n dag. Maar die idee van nog 'n jaar wat wegglip, is gene...
God, Sigbaar vir Almal 27.12.2024 2:39
Send us Fan Mail Johannes 1:18 Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak. Vir baie mense is God net ‘n terloopse faktor in hul lewens. Miskien dink hulle so nou en dan aan Hom; stuur hulle so af en toe ‘n skietgebedjie op, maar te midde van die gewoel en gewerskaf van die lewe, is dit omtrent al waaruit hul verhouding me...
Die Krag van God se Genade 26.12.2024 2:36
Send us Fan Mail Johannes 1:16,17 Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. Kan ek jou vra … wat beteken die woord ‘genade’? Vir party mense is dit 'n godsdienstige term wat só gereeld en lukraak gebruik word, dat dit amper betekenisloos geword het. En tog is genade die magtigste krag vi...
Halleluja 25.12.2024 3:07
Send us Fan Mail Johannes 1:14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. Hier is ons. Dit is Kersdag. Laat ek dus ons tyd saam afskop deur vir jou en almal vir wie jy lief is, 'n waarlik geseënde Kersfees toe te wens – want wat ook al jou situasie is, wat ook al jou oms...
Die Krag van God 24.12.2024 2:45
Send us Fan Mail Johannes 1:12,13 Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore. Oukersaand. Hoe voel jy werklik oor Kersfees? In 'n sekere sin eis vanaand 'n antwoord van ons elkeen op die vraa...
Die Verstote Skepper 23.12.2024 2:45
Send us Fan Mail Johannes 1:10,11 Hy wás in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie. Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. Vir baie mense is die viering van Kersfees, ‘n dag om sommer maklik te ignoreer – om Hom te ignoreer. Ag, kry tog net klaar met die aaklige bome, die versierings, die pronkery en ka...
Van Voor Tyd Begin Het 22.12.2024 3:10
Send us Fan Mail Johannes 1:1-5 In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie. We...
Juig Sommer Nou 21.12.2024 2:34
Send us Fan Mail Romeine 5:11 Bo alles kan ons nou ook jubel in God omdat Jesus Christus ons Here ons bevoorreg het om nou God se vriende te wees. (NLV) Dit is amper Kersfees. My Kersfees. Jou Kersfees. Ja, my vriend, ek en jy sal op verskillende plekke en op verskillende maniere feesvier. Kan ek jou vandag vra: is jy regtig lus om fees te vier? Of het die bekommernisse van hierdie wêreld enige...
Jou Vriendskap met God 20.12.2024 2:45
Send us Fan Mail Romeine 5:9,10 Ons is nou vrygespreek deur Jesus se dood. Hoeveel te meer sal Hy ons nie, deur Jesus, verlos van die toekomstige oordeel nie! Want as God ons, terwyl ons nog sy vyande was, deur die dood van sy Seun tot sy vriende gemaak het, hoeveel te meer sal Hy ons nie noudat ons sy vriende is, deur Hom, die lewende Jesus, van die oordeel red nie! (NLV) Kersfees is 'n tyd...
Die Logika van Liefde 19.12.2024 3:02
Send us Fan Mail Romeine 5:9 Ons is nou vrygespreek deur Jesus se dood. Hoeveel te meer sal Hy ons nie, deur Jesus, verlos van die toekomstige oordeel nie! (NLV) Daar is iets wat my vir baie jare lank gepla het. En miskien pla dit jou ook terwyl ons aan Kersfees dink. Waarom het God Jesus na ons wêreld gestuur, om 'n mens te word, om uiteindelik aan 'n Kruis te sterf, om vir ons sondes...
Iets Om Oor Na Te Dink 18.12.2024 2:30
Send us Fan Mail Romeine 5:6-8 Ja, juis toe ons nog totaal hulpeloos was, het Christus vir ons, die goddeloses, kom sterf. ’n Persoon sal kwalik bereid wees om vir ’n regverdige mens te sterf. Miskien sal iemand nog kans sien om vir ’n besonder goeie mens te sterf. God laat blyk sý liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was. (NLV) Ter...
Te Midde van ons Probleme 17.12.2024 2:45
Send us Fan Mail Romeine 5:3-5 Dis egter nie al nie – ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter; en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting. En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestor...
Wat is die Doel? 16.12.2024 2:43
Send us Fan Mail Romeine 5:1,2 As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, het ons nou vrede met God op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het. Deur Jesus Christus het ons, deurdat ons glo, toegang verkry tot hierdie heerlike posisie van genade waarin ons ons nou bevind, en ons jubel vol verwagting oor die heerlikheid wat God aan ons gaan gee. (NLV) Waar kom die begrip "Ker...
Kersfees Kom 15.12.2024 3:07
Send us Fan Mail Jesaja 7:13,14 Toe het Jesaja gesê: “Luister baie mooi, julle koninklike familie van Dawid! Julle is nie tevrede om my geduld te beproef nie. Nou beproef julle God se geduld ook! Nou goed dan, die Here sal dan self ’n teken kies. Die jong vrou sal verwagtend raak. Sy sal geboorte skenk aan ’n seun en hom Immanuel noem. Kan jy dit glo, dis net tien dae voor Kersfees! Tien dae! Wat...
Wie se Kind Is Jy? 14.12.2024 2:43
Send us Fan Mail 1 Johannes 3:9,10 Iemand wat 'n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly; en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy uit God gebore is. Hiéraan is dit duidelik wie kinders van God en wie kinders van die duiwel is: iemand wat nie regverdig lewe nie en nie sy broer liefhet nie, behoort nie aan God nie. Hoe jy leef en hoe jy mense behandel, vertel...
Bygelowe... 13.12.2024 3:10
Send us Fan Mail 1 Johannes 3:8 Elkeen wat aanhou sonde doen, is familie van die duiwel omdat die duiwel van die heel begin af sonde gedoen het. Juis daarvoor het die Seun van God verskyn: om die dade van die duiwel te vernietig. (NLV) Dit is vandag Vrydag die 13de, 'n dag wat in die Westerse kultuur beskou word as ‘n ongelukkige dag. Daar bestaan al vir eeue lank, wêreldwyd, bygelowe soos d...
Moenie Mislei word Nie 12.12.2024 2:58
Send us Fan Mail 1 Johannes 3:7 Liewe kinders, moenie dat iemand julle mislei nie: wie regverdig lewe, is regverdig soos Hy regverdig is; Om nuwe mense te ontmoet en vriende te maak, is deesdae nie so maklik nie. Die lewe het aan die eenkant óf besig en transaksioneel, óf aan die anderkant, vir baie mense, stil, geïsoleerd en eensaam geword. Maar moenie moed verloor nie, tegnologie het altyd &apo...
Jou verhouding met Christus 11.12.2024 2:50
Send us Fan Mail 1 Johannes 3:4-6 Elkeen wat aanhou sonde doen, doen ook wat teen die wet is, want sonde is wetteloosheid. Julle weet tog dat Hy verskyn het om die sonde weg te neem en dat daar geen sonde in Hom is nie. Elkeen wat in ’n hegte verhouding met Hom leef, hou nie aan sonde doen nie. Elkeen wat aanhou sonde doen, het Hom nie gesien nie en het ook nie ’n begrip van Hom nie. (NLV) Dit ka...
Suiwer Hoop 10.12.2024 2:39
Send us Fan Mail 1 Johannes 3:3 Almal wat uit hierdie Christusverwagting leef, hou hulleself vlekkeloos soos Hy vlekkeloos is. (NLV) Die woorde "suiwerheid en reinheid" skep ‘n baie positiewe prentjie. Ons praat van suiwer goud, suiwer vreugde, maar het jy al ooit 'n mens ontmoet wat as ‘n ‘rein mens’ bestempel kan word? Iemand wie se diepste gedagtes en motiverings aan die eenkant...
Wanneer Christus Weer Kom 09.12.2024 2:39
Send us Fan Mail 1 Johannes 3:2 Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God, maar dit is nog nie duidelik wat ons sal wees nie. Wat ons wel weet, is dat ons net soos Hy sal wees wanneer Hy verskyn. Ons sal Hom dan sien soos Hy regtig lyk. (NLV) Een van die mees frustrerende dinge in die lewe, is dat jy nie weet hoe dit op die ou end gaan uitwerk, wanneer jy jou aanvanklik tot iets verbind nie; ie...
‘n Kind van God 08.12.2024 2:59
Send us Fan Mail 1 Johannes 3:1 Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie ken nie. Soos ons volwasse word, groei ons hopelik in wysheid. Maar terwyl jy, te midde van die gewoel en gewerskaf van die lewe, meer bewus word van jou eie beperkings, kan iets anders kop uitsteek om jou te pootjie. Dit...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.